AFRIKAANS KAN DANS

9-11 Augustus 2002

Revel In Gettaway Lodge, Rustenburg

Stof daai pointers af en lig jou gat - Pollie ons gaan paartiehou. Dis langnaweek en Wat Kyk Jy? en Revel In gooi 'n windgat jol net so entjie uit Pretoria uit. Kom chill uit in die Bosveld, strompel dronk deur gras en klippe en luister befokte tunes. Met live bands, piele platejoggies, lekker holswaai en keelnatmaak.


Lekker live bands

Heelwat lekker local musikante van Bremen opgelaain om ons te kom vermaak met hulle tunes van regoor die land. Kan jy nou bekostig om by die huis te sit terwyl so lekker gig onder jou neus afspeel? Die manne met die kitare is:

Vrydag:

  • 15:00 Vilja
  • 16:30 Andries Solo
  • 18:00 Francois van den Merwe
  • 20:00 Albert Frost Band
  • 22:00 Plank Solo

Saterdag:

  • 13:00 Vilja
  • 14:00 Francois v/d Merwe
  • 15:00 Duin 7
  • 16:30 Scicoustic
  • 17:30 Kampvuur stories
  • 18:30 Rikku Latti
  • 19:30 Vuurkleur
  • 21:00 Brixton Moord en Roof
  • 22:30 Plank

<<< terug boontoe

Piele platejoggies

Die volgende burgers het plegtig belowe om sonder verwyl te vermaak met net die beste tracks, van kitaamusiek tot doef-doef, van lounge tot rock, van beats tot reggae en van Afrikaans tot Zef. Daar is altyd die Zef. Die ouens het al by verskillende jols gespeel in Pretoria, Jo'burg, Kaapstad en so aan. Hulle fokken weet wat hulle doen:

  • DJ Dikwels
  • DJ Briekmerk
  • DJ T!
  • DJ Hooker
  • DJ Slyt
  • DJ PK
  • DJ Dooie Jan
  • ... en ander

<<< terug boontoe

Great Bosveld venue

Net twee ure uit Pretoria uit, op 'n vet nice spot in die Bosveld met lekker mense, lekker tunes en 'n lot drank. Wie kan nou vir meer vra? Daars ook fokkol kans lat iemand jou kar gaan zoi nie. Dit alles vir R65 (camping included).

Revel In is 'n possie wat al vele parties gehou het. Dis net buite Rustenburg en het 'n backpackers lodge, bungalows, 'n vol bar, restaurant, braaifasiliteite, nature trail, swembad, hammocks, veld, klippe, bome en dies meer.

  • Klap die N4 highway tot verby Rustenburg.
  • Skiet regs op die Bokfontein afdraai so 40km uit Rustenburg (disse grondpad).
  • Hou 6.5km aan met Bokfontein. Revel In is op linkerhand.

Kry 'n map, check pics van die spot uit, of kry meer inligting by die Revel In websait.

<<< terug boontoe

Min skille, baie pret

Net R65, ons tune mos. Dit kry jou in en betaal vir jou om jou tent of caravan te park. Vir net Satrag of die hele naweek. Daar's bound om Sondag nog gekuier te word.

As jy 'n sissie is en nie uitmaak van kamp nie, bel 082-797 1702 vir rates en availability van die backpackers en bungalows.

<<< terug boontoe

Benoni-gdhede

  • Buddies, stukkies, boyfriends, enige iemand wat cool is
  • Geld (om in te kom en dop & chow te koop)
  • 'n Tent of iets om in te kamp ('n swart sak en 'n mop kan ook werk)
  • Warm klere en slaapgoed
  • 'n Kamera (lat jy kan onthou wat so snaaks was en vir ons kan pics stuur)
  • Ou, gemaklike skoene
  • Rooivleis (as jy meen om te braai)
  • 'n Glimlag

Los maar jou troeteldiere en gewere by die huis. Drop ook maar die houding vir die naweek.

<<< terug boontoe

Meer inligting

Waar kan ek nog info kry?

  • Kontak Wat Kyk Jy? per e-pos of op 084-722 1989.
  • Kontak Revel In per e-pos of op 082-797 1702.

<<< terug boontoe




FastCounter by bCentral