| snotstorie |
Vrywaring
- Hierdie sait is hier om mense te laat lag (baie soos rondkyktwak sonder die moegheid). As jy nie hou van humor nie, sny ‘n lyn.
- As jy maklik offended raak deur gevloekery, kaalgeit, sifgeit, blasphemy, haatspraak is ons jammer om te hoor. Jou lewe moet hel wees.
- As jy van kak soos Touched by an Angel of Tom Hanks hou, fokof sommer by voorbaat. And get over yourself.
- Moenie simpel wees nie. As jy nie uitmaak van hardekwas vermaak nie, skiet uit na ‘n lame-ass sait wat omgee. Wat Kyk Jy? is nie vir sissies nie.
- Jy gebruik hierdie sait op eie risiko. As jou medulla oblongata invark terwyl jy die sait browse of as gevolg daarvan, hoop ons jy is by Discovery.
- As jy onder 18 is, weet jy tien teen een al hierdie goed klaar. Slaan jou deur toe, sit die musiek hard aan en skree op jou ouers dat hulle jou nie verstaan nie. Sê ook asseblief vir hulle van Wat Kyk Jy? lat hulle dit skelmpies by die werk kan surf.
- Geen beslissing is finaal nie, en mens kan gewoonlik wegkom met meer as wat jy dink.
- Die Dood is wel finaal. Sorry.
- Wat Kyk Jy? vat geen verantwoordelikheid nie. Vir ewig en ewig. Amen.
|