![]() | |||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|
|   | |||||||
| skakels | zef slang | grapgat | spec-takel | kont-ak | ou koeie | snotstorie | |
|   | briewe | komieks |   | ||||
|   |
SkakelsAs dit nie hier is nie, is dit kak.Nordic Sweaters - CHopper Pragtige Noorse handgeweefde truitjies beter as wat Ouma kon brei. Ek kan nie glo dis real nie, iemand trek ons ... wel, mou. Vir daai belaglike 'doosbrein' look. Datsun Hell - CHopperHeavy hillbilly se sait oor sy dooie Datsun wat hy uit die water gehaal en lewe in sy ribbes geblaas het. Kyk, ek het nou maar eenmaal 'n sagte plek vir 'n Datsun. The Pocket Rocket - AliHier is waar die Golf blare hulle cross drilled, grooved vented rotors & twin upswept stainless steel tailpipes-tipe stuff strut. Nouprajy. The Insanity Test - MiaMaak hierdie sait oop, watch die petret wat laai, draai jou sound op tot in die hemel en wag vir so minuut of twee lat die ding loop laai. Hulle sê mens is simpel as jy lag in 60 sekondes. Nie ons nie. Ons is gone in 60 seconds china. Body Perks Nipple Enhancers - CHopperBaie fokken simpel sait wat actually 'n ware produk adverteer. Nou kan chicks Jelly Tots smokkel met plestiek onder hulle bloesies. 'n Dead-end loser fokken concept as ek ooit een gesien het. In Sy Hand Bediening - Atatat"Dat alle vroue in Suid-Afrika sal besef God het hulle lief en dat Hy hul graag in Sy hand sal wil hou." Hectic. Om alle vroue in Suid-Afrika in jou hand te hou. Bloemfontein Online - CHopperAlmal se gunsteling "Why bother?" dorp slaan terug met 'n aanlyn aanwesigheid wat skrik vir niks ... ja right. Goed vir 'n snigger. The Chronic - HonnestrontHe he he. Lekker satire, nogal in Engels van alle tale. Snaaksie artikels oor baba Ecstacy, moer vir Winnie of traai net bietjie lag vir 'n rukkie. Nie te kak nie. Alpha -ChopperGedink hierdie is die FAK of Broederbond se sait. Nooit bra, dis erger, veel erger as wat iemand kon voorspel. Dinge van die kjerk sê ek julle wat nou finaal en empiries bewys dat Afreakaners kleintjies dood het aan geloof. Ironies dat die gejubel in Engels is ... The T'inator -ChopperNie amazing gedoen nie, maar die site vat ons almal se favourite 80s bad guy, B.A. Baracus en laat hom sites 'pity'. Basically add dit woorde soos 'sucka fool' ens. in. En prentjies van die man. Dis wat ek van laaik. The Alternative Visitor's Guide to Bracknell -KookinengelandVolgens vrind Kookinegeland is hierdie die Verenigde Koningkrans se eie Brakpan. Snaakeserig met zef meriete. 'One feature of Bracknell often highly praised by visitors is that it is extremely easy to leave.' Nyl Krokodyl -CHopperSo die jol in 'toria met al die takhaar bands is ok oppie web - kan jy nou meer? Gaan check hieso vir lewendige entertainment, hoe om die spot te suss, bands en dies meer. Beplan jou uitgaantyd stiptelik. Kruie-ekstase -CHopperVir al jou aankope in chemikalieë oppie wille wille web. En jou ma het gesê dis illegal. Kan iemand ons verduidelik hoe dié scam werk? Kan 'n man dan nie? Dr. Mango se celebrity duimnaels -CHopperKyk, celebrities is nou maar een maal 'n trekpleister. Elke duim die moeite werd, as julle weet wat ek bedoel. Daar's wel bietjie effort om by die saucy bits uit te kom, maar jy sal dit nie regret nie. Trust vir CHopper. Best Bowling -CHopper As 'n man smaak van balle rol, is die possie die moeite werd. Kyk, 'n mens moet weet waarvan jy praat. As iemand nou net vir Kingsleys ook 'n websait wil maak met updateable league standings en dies meer ... terug |
  | |||||