skakels zef slang grapgat spec-takel kont-ak ou koeie snotstorie
 

Skakels

As dit nie hier is nie, is dit kak.


The Chronic - Honnestront

He he he. Lekker satire, nogal in Engels van alle tale. Snaaksie artikels oor baba Ecstacy, moer vir Winnie of traai net bietjie lag vir 'n rukkie. Nie te kak nie.

Alpha -Chopper

Gedink hierdie is die FAK of Broederbond se sait. Nooit bra, dis erger, veel erger as wat iemand kon voorspel. Dinge van die kjerk sê ek julle wat nou finaal en empiries bewys dat Afreakaners kleintjies dood het aan geloof. Ironies dat die gejubel in Engels is ...

The T'inator -Chopper

Nie amazing gedoen nie, maar die site vat ons almal se favourite 80s bad guy, B.A. Baracus en laat hom sites 'pity'. Basically add dit woorde soos 'sucka fool' ens. in. En prentjies van die man. Dis wat ek van laaik.

The Alternative Visitor's Guide to Bracknell -Kookinengeland

Volgens vrind Kookinegeland is hierdie die Verenigde Koningkrans se eie Brakpan. Snaakeserig met zef meriete. 'One feature of Bracknell often highly praised by visitors is that it is extremely easy to leave.'

Nyl Krokodyl -CHopper

So die jol in 'toria met al die takhaar bands is ok oppie web - kan jy nou meer? Gaan check hieso vir lewendige entertainment, hoe om die spot te suss, bands en dies meer. Beplan jou uitgaantyd stiptelik.

Kruie-ekstase -CHopper

Vir al jou aankope in chemikalieë oppie wille wille web. En jou ma het gesê dis illegal. Kan iemand ons verduidelik hoe dié scam werk? Kan 'n man dan nie?

Dr. Mango se celebrity duimnaels -CHopper
Kyk, celebrities is nou maar een maal 'n trekpleister. Elke duim die moeite werd, as julle weet wat ek bedoel. Daar's wel bietjie effort om by die saucy bits uit te kom, maar jy sal dit nie regret nie. Trust vir CHopper.

Best Bowling -CHopper

As 'n man smaak van balle rol, is die possie die moeite werd. Kyk, 'n mens moet weet waarvan jy praat. As iemand nou net vir Kingsleys ook 'n websait wil maak met updateable league standings en dies meer ...