die WKJ? storie <<
 
interviews <<
 
21 snotstories <<
 
21 spec-takels <<
 
21 skakels <<
 
Komieks <<
 
Kont-ak <<
 
terug na snotstorie indeks

World Summit whatever

(Uit Wat Kyk Jy? #20)

CHopper CHarlie

Nuuskyk was lanklaas so snaaks gewees. Net noudiedag het grootkoppe by die World Summit ooreengekom dat water 'n basiese reg is. NO FUCKING SHIT. Hoekom 'n multimiljoen dollar varkskou reël om dit te bepaal?

Die brein ril.

Nou in theory is die Summit seker 'n piele idee. Dit gaan kamstig oor development en so aan, maar die fok weet, dis 'n gemors. Ons armgat lande soek net van skuld afskryf, die ryk dose wil breker trek en tussenin wil mense met issues nog betoog ook.

My afgryse het begin toe een of ander SA minister voor die fiasko begin het met kak van Suid-Afrikaners moet hulle harte oopmaak en professioneel optree want dis 'n groot opportunity vir ons en bla bla bla gaap bla bla bla. Wat sy eintlik wou sê is dat dit 'n groot opportunity is vir poesduur hotelle in Sandton om nog meer zak te maak sodat hulle hulle neuse nog hoër kan lig. Verder moet veral ons sex workers hulle harte (en bene) oopmaak vir die sogenaamde "dignitaries". 'n Big up vir die twee wat die buitelandse joernaliste Rohepnol gevoer het en al hulle valuta besteel het. You go girls.

Terug by die actual Summit en almal in Johannesburg het nou nog meer verkeer en fokken kopseer om mee te deal. Van geldmaak is daar fokkol sprake want die buitelanders het juis gehoor alles is so goddamn goedkoop in Afrika.

Elke dag word lank kak gepraat en nog langer dokumente gemaak wat net sowel dieselle pad as die Enron dokumente kon vat. Die verskil is dieselfde. Is dit nie snaaks dat die mense in die townships nog nie juis overly excited lyk oor die hele Summit nie? "Hulle" verstaan seker nie waaroor dit alles gaan nie.

Die jirre weet, ek doen nie ...

Wat my wel blymaak van die Summit is dat Amerika glo vieslik deurloop en uitgekak word. About time. Nie dat dit die Groot Wit Bully gaan pla nie. Noddefok china. Back at the ranch is alles nog sharp. McDonalds is oop, Irak word geliberty en na die Summit is die Wit Huis vol staaltjies van Afrika se peculiarities en houtkamele.

Hopelik word daar na die Summit nog geld vir Afrika geleen dat ons nog meer in die kak kom en mense nog meer fokken sukkel. Afrika is mos hard en mense is mos taai hier. Hopelik lei die World Summit on Shut the Fuck Up tot vier meer toeriste per jaar. Hopelik gee een of twee lande bietjie small change vir actual projekte. Hopelik het van die grootkoppe nou agtergekom water is iets wat mens nodig het om te lewe, en nie noodwendig Valpre nie.

Maar ek doubt dit.

 
terug na snotstorie indeks
comment op hierdie storie
mail die skrywer
terug boontoe