| die WKJ? storie << |
|   |
| interviews << |
|   |
| 21 snotstories << |
|   |
| 21 spec-takels << |
|   |
| 21 skakels << |
|   |
| Komieks << |
|   |
| Kont-ak << |
|   |
![]() |
Wat kyk jy? - 'n beknopte geskiedenisIn die begin was die Wille Wille Web moerse woes en leeg. Mense het baie simpel Afrikaanse saits gemaak. Dit was lekker vir niemand nie. Simpelgeit in ons skole, ons kerke en ons cyberspace. Dit kon nie so aangaan nie. Iemand moes iets doen... So kom dit dat vier oud-Tukkiestudente wegraak in Magnoliadal. Vyftien minute later word hulle tapes gevind ... Die begin van die Zef Millenium Dis die jaar 2000, die jaar van die Draak. 'n Naïewe jongman (wat later in grifFin sou verander) act in 'n musicvideo vir die Radio Rats waar Jonathan Handley hom voorstel aan Moermekaar wyn. In Klerksdorp van alle plekke. Instruksies op die wyn tune mens moet dit drink, kots, pomp, jou vriend diep in die oë kyk en tune "Wat kyk jy?" en mekaar dan moer. Die lewe het gein sin maak ... Laataand na 'n gefuifery in Pretoria, die grootste Afrikaanse stad in die heelas, besluit vier Tuks Aluminati toe om 'n websait te begin. Die websait sou goue strate hê met geen armes nie en riviere van wyn - 'n ware Vigiti Magna. ' Stuk of vier biere later is die websait se naam Wat kyk jy? omdat dit is wat spierbeertjies vir jou skree net voordat jou tande met jou kleintongetjie konnek en jy op jou gebreekte rib lê. Die vier beskonke burgers is grifFin, CHopper CHarlie, Super Deluxe 3000 en Skipper Glen. Junie 2000 en die eerste beskeie uitgawe van Wat Kyk Jy? sien die lig van vyftig of wat monitors meestal dié van vriende en ander gesteelde e-pos adresse. Lesers word entertain met die zefste artikels (Snotstories), petrette (Spec-takel), skakels, lelike komieks wat mense nie verstaan nie omdat hulle te dom is en ander goeters wat apartheidsjare se kind skrik oppie lyf jaag. Moet ok nie vergeet van die creché level websait design nie. Die lekker ou fokken dae darem. Maand op maand swel die getalle soos skoolmeisies in die ander tyd en die waens kreun onder die gewig van nuwe pelgrims wat hierdie nuwe, gerepte lande binnetrek. Dis 'n harde wêreld en sommige mense pak hulle hoërskool sportsakke en vetrek weer in die gesig van sulke blatante zefgeid en donnerse gefokkenvloekery. Poes. Onstuimige tye Kont-ributors kom en gaan in hierdie ongenaakbare wêreld en gedurende 2001 word Super Deluxe 3000 'n hensopper en kap 'n lyn Britland toe. Hy woon steeds daar as eks-patriot. Ons vermoed dat hy dalk iets te doen mag hê met 9-11. Penvriend Slyt (van Moedwil) help uit in Super Deluxe se plek maar vir die grootste deel van 2001 word die websait gedra deur CHopper CHarlie en grifFin. Somewhere in 2001 word die Watkykistan kabinet aangevul deur ene Briekmerk Onnebroek. Hy sien om na tegniese aspekte en werk ook stilletjies aan Watkykjy? se se kernwapens vir massaverpoesting. Die Trojaanse perd kry mags en rol stilletjies voort deur Jerigo se poorte. Die Daspoort Tonnel word ook nie oorgesien nie. Respect. Dan gebeur dit ook so dat die hoogs geheimsinnige Wat Kyk Jy? militante vleuel werk kry in die Sesdaagse orlog teen M-Web Afrikaans. Die oorlog word ontketen nadat ou koeie deur die brand aangeja word na M-Web Afrikaans toe. Watkykertjies oor die wêreld heen ruk op en oorlaai forums met spitsvondighede, e-mails met antraks attachments laat mense nies en Wat Kyk Jy? seëvier nadat die M-connections 'n apologetiese opelyf brief stuur rakende genoemde koeie. Selah. 2002 en beyond Die jaar is 2002, die jaar van die Aap en WKJ? se kabinet hou beraad. Mense geniet hulleself nie meer nie, pleeg meer selfmoord, slaan hulle vroue en kinders en drink al hoe minder om hulle probleme weg te steek. So kon dit nie voort nie. 'n Oplossing was norig. Mense se stywe gatte moes beginte swaai op die beat van die Zef. So kom dit toe dat Watkykjy? besluit om moerse paarties te beginte gooi. Die Afrikaans Kan Dans Festival en die voorbrand en nasorg paarties is 'n moerse hit met almal. Onder andere bands soos Brixton Moord en Roof, Frosted Orange en Duin 7 laat weet dat hulle lekker fokken gepartytjie het en uitsien na toekomstige collaborations. Zef is nog altyd lekker gewees. Die sait se twennyfirst in Oktober was ook 'n huge sukses. Danksy Zef Sketse, ons Piele Platejoggies en die vriendelike mense van Jagermeister skud die paartie tot 6 uur - min of meer dieselfde tyd wat die DJ's uitpass van drank en partytjiegangers verboureerd opstaan van die vloer en couches af. Almal hoop net dat die kamera's van KykNet hulle misgekyk het, want volgende jaar in Februarie word 'n documentary uitgesaai en vele dronk Watkertjies moet solank begin bid dat hulle nie onterf gaan word nie. Dis nou nie juis jou top tipe kerkmateriaal nie, maar sulke sekte partytjies is nou maar net een maal befok. Ongelukkig was ons te dronk om die selfmoorddrankies uit te deel, maar mense het goed reggekom by hulleself. Verder is daar ook op nuwe kont-ent afgekom, soos interviews met breezes soos Casper de Vries, Kobus!, Brixton Moord en Roof, Not My Dog en wie kon nou die exclusive breaking news vergeet met bra Steve Hofmeyr wat 'n blaar uit sy skoene ge-etter het by KKNK? Lekker woes. So gaan watkykjy ook maar verder aanfok met wat ons die heel beste doen: net waarvan die fok hou. Ons belowe plegtig om hard te partyjie, julle uit te nooi, die sait te laat te update, mense bly te maak, mense af te pis, meer te drink, minder te drink, opkyk na mense, neersien op nog meer...Die lys is eindeloos. Hou maar gerus daai padkaart ogies op skrefies en polish die Sannas en die Voorlaaiers. Watkykjy? mag dalk ongenooid jou dorp binneval mette 'n moerse broadie en vet beats. Onthou net volgende keer as iemand met jou kaksoek en jou tune: "Watkykjy?" Hulle bedoel dit gewoonlik. Onthou dit tog om vadersnaam net ... |
| comment op hierdie storie |
| terug boontoe |
|   |