die WKJ? storie <<
 
interviews <<
 
21 snotstories <<
 
21 spec-takels <<
 
21 skakels <<
 
Komieks <<
 
Kont-ak <<
 
terug na snotstorie indeks

Ode aan Sam

(Uit Wat Kyk Jy? #1)

Super Deluxe 3000

Samantha Karen Fox maak haar wonderlike groen ogies vir die eerste keer oop op 15 April 1966. Sy is gebore en getoor in Mile End, Londen waar sy onder die wakende oog van haar ma Carole en haar pa Patrick saam met haar suster Vanessa groot geword het. Contrary to popular belief was Sam 'n gebore blondine en nie soos die snert wat sommige mense kwyt raak, 'n "bottel blond" nie.

Samantha het skool begin by die St. Mary Magdalene katolieke skool in Islington, 'n noordelike voorstad van Londen waarheen haar ouers verhuis het. Sy het musiek op skool beoefen en die blokfluit was haar gunsteling instrument. Dwarsdeur die loop van haar skooljare het sy getoon dat sy 'n belowende sanger was.

Toe Sam net veertien jaar oud was het sy haar eerste popgroep op die been gebring. Musiek was haar lewe, maar op sestien ontvang sy 'n vier jaar modelkontrak by 'n nasionale koerant. Sy was net sestien met die gesig van 'n tiener, maar die lyf van 'n vrou.

En die res, nou ja ... is soos hulle sê geskiedenis. Sy het die glansryke hoogtes ingeskiet met haar gesig op die voorblad van elke tydskrif en koerant in Engeland. Op 'n stadium het koerante bepaal dat die vroue in Engeland waarvan die meeste foto's geneem is Margaret Thatcher, Prinses Diana en Samantha Fox was.

Samantha Fox was 'n huishoudelike naam, amper soos Jik of Handy Andy, as jy so daaraan wil dink. Sy het beslis 'n kop vir besigheid gehad. Op twintigjarige ouderdom (1985) neem sy haar eerste album en single, Touch Me, op. Met die voorafgaande vier jaar se blootstelling (letterlik) het die album 'n totaal van 24 Platinum-, Goud- en Silwer toekennings ingepalm. Hierdie en drie ander albums, het liedjies opgelewer wat die nommer een posisie in nie minder as vyftien lande beklee het nie. Liedjies soos "I Wanna Have Some Fun" en "Naughty Girls Need Love Too" het reguit tot mans van regoor die wêreld gespreek en word vandag nog op sekere chauvinistiese radiostasies gespeel. Gedurene hierdie tyd was Sam op toer waar sy sale van 30 000 volgepak het. Sy het deur lande soos Kanada, Amerika, Maleisië, Taiwan, Singapoer en Korea getoer. In Montreal het sy die loketrekord gebreek en in 'n tydperk van 'n jaar het sy voor meer as 'n miljoen aanhangers opgetree.

Sy was later 'n VJ vir MTV, het ook in 'n sitkom gespeel en met top Amerikaanse musiekregisseurs saamgewerk. Ten spyte van 'n aantal hofsake wat haar loopbaan probeer kelder het, was sy deurentyd gefokus. Sy het 'n sterker mens aan die anderkant uitgekom - en sy's weer reg om die wêreld aan te vat. Gedurende die laaste paar jare woon sy in Spanje waar sy besig is om nuwe materiaal te skryf. Sy het weer konserte begin hou, dié keer in ongewone plekke soos Bosnië, Rusland en Siberië. By 'n onlangse optrede in Indië het sy Bruce Springsteen se rekord gebreek toe sy voor 70 000 mense die verhoog betree het. Sy h het aanhangers in plekke wat jy nie eers kan spel nie. Sy is die "people's choice" - al is hulle hoofsaaklik mans.

Samantha Fox feite

  • Naam: Samantha Karen Fox
  • Verjaardag: 15 April 1966
  • Geboorteplek: Mile End, Londen E1
  • Sterreteken: Ram
  • Oogkleur: Groen
  • Haarkleur: Blond
  • Lengte: 5'1"
  • Stokperdjies: Kung fu, videos kyk, slaap, gim, skopboks en swem
  • Slegste gewoonte: Rook
  • Gunsteling drankies: Sjampanje en tee
 
terug na snotstorie indeks
comment op hierdie storie
mail die skrywer
terug boontoe