| die WKJ? storie << |
|   |
| interviews << |
|   |
| 21 snotstories << |
|   |
| 21 spec-takels << |
|   |
| 21 skakels << |
|   |
| Komieks << |
|   |
| Kont-ak << |
|   |
![]() |
| terug na snotstorie indeks |
Kyk die nuus op e (op e)(Uit Wat Kyk Jy? #21)CHopper CHarlieDis seweuur. Tyd om 'n Red Bull of 'n Valpré te kry en op 'n kussing te gaan sit en tande kners en chill. Dis nuustyd - op e. Imagine. 'n Laidback San Reddy groet hartlik en deel SA dan glimlaggend die grim headlines mee. Dit terwyl hy in semi-formele klere staan en uittoring bo 'n vingertaal aanbieder wat soos 'n wafferse Mini-me die onderste kwadrant van die screen ontsier. e-News is nie lekker nie. Maar ek het dit uitgefigure. At last. Mens kyk net die nuus op e op e. Almal is vriendelik, allles vat betreklik lank, daar's 'n lekker chilled vibe, dit voel (en lyk) soos iemand se living room met kak Afrika art en die weer ... ... hoe fokken trippy is die weer nie? Heavy 80s Atari 3D graphics met sonnetjies wat skyn, windkousies wat waai en alles draai sooooo staaadig man. I love you man. Dis amper asof mens astral travelling doen in 'n bad TV console game. En die alewige human element en kwasi-responsible journalism. Dis nou daai slim sinnetjies aan die einde van reports soos, "Maybe next time they won't be so hasty," as hulle van skilpaaie praat. Hiperkak. Gewoonlik ook geskiet op een of ander lame-ass location soos by Pretoria Fonteine of langs 'n lapswaaier in Utrecht. Jirre ouens. Noem my old skool, maar ek verkies nuusmense wat oud en kak en ernstig is. Oor fokken alles. Riaan Pruikwagen is fantasties. Always has been, always will be. In fact, vir my part kan hulle dat robotic voice recognition software die headlines teruglees terwyl hulle random footage speel. Fok die human element, dit maak dit nie beter as 'n actual mens my vertel dat die petrolprys opgaan nie. Die incompetent dog vriendelike mense wat rondstaan en ballas vroetel in e-tv se leefkamer impress niemand nie. Ons generasie het met TV grootgeraak en weet dis net soveel kak soos die kamtige "computers" in die agtergrond. Ons weet van die Spectra Videos en die 286'e. Stupitte e-tv. |
|   |
| terug na snotstorie indeks |
| comment op hierdie storie |
| mail die skrywer |
| terug boontoe |
|   |