Category Archives: wkj interviews

WKJ & Kobus! Die beste Afrikaanse band en sait in die heelal.

Na 'n vieslike Nuwejaarspaarty waar ons heeltemal te gespat geraak het en omtrent R600 se drank oppie beach in Sedgefield gelos het, het ek besluit om die volgende dag deur te skiet Kaap toe en te check of ek dit terug ook in drie ure kon doen. Vier ure later klop ek aan by bra Francois Blom van Kobus! om so bietjie kak te praat en so paar happe agter die blad te kry.

grifF: Jirre, is dit 'n normale ding om melktert te vriet as mens Gin drink?

Francois: Hey pellie jy's nou in KOBUS!-country. Jy moes hier gewees het die dag met die Klippies en Crème Brule.

grifF: Uhm, OK. Wie se Simba Roar With Flavour go-cart hang daaso in die garage teen die muur?

Francois:Dis deel van 'n time-machine wat ek besig is om te bou. Ekt 'n sticker van 'n leeu opgeplak in case ek in 'n gevaarlike tyd land waar Ron Perlman grotmanne my dalk wil aanrand, maar dan is ek veilig want hulle sal skrik vir die leeu. Daars nog net 'n paar goeitjies om uit te stryk, soos hoe om dit te laat time travel, maar dis die minste van my probleme. En dan's ek outahere ou pellie. Dan vlieg ek trug in tyd en steel al die Beatles en Elvis en die Stones en Kiss en Sabbath en Robbie Clay se songs voor hulle dit doen en dan raak ek die heer en meester van Rock 'n Roll. Hiers die plan: Ek record al die beste songs of all time en release hulle one shot op 'n 10 vinyl set in 1960. Dan fake ek my eie dood, (dadelik legend status) vlieg terug na die hede en lewe op die royalties en lag vir die rylopers wat in die reën staan.

grifF: Hierie melktert is fokken lekker. Het jou ma dit by Spar gekoop?

Francois:Nee, ons boikot Spar want ek het nou al derduisende rande by hulle spandeer op Lotto kaartjies en het nog nooit die jackpot gewen nie.

grifF: Klink soos my kafee ommie hoek. Jy sê daar is 'n tune op die nuwe CD wat die opvolg van Sondagmiddag (van die vorige Kobus! CD) is. Gaan die liedjie ook oor vleisiebraai of het dit meer te doen met waar jou huis is? Of sê jy so omlat RSG hom ook so baie gaan speel soos die ander tunes?

Francois:Dis nie soveel 'n opvolg as wat dit dieselfde feeling is nie. En dis alles waar, dis op feite gebaseer. Dis 'n epic suburbs song. "Bonnie Brae". Daar is 'n hint na vleisiebraai maar ons mention net die skoorsteen. By the way, ons dring daarop aan dat die woord "BRAAIKRAAI" in die H.A.T. opgeneem word. Dis 'n nuwe Kobus!-woord. As daar enige ou toppies is wat hierdie soort goed mee te make het, maak asseblief werk daarvan want ons sal nie rus voor "BRAAIKRAAI" sy volwaardige, regmatige plek in die Afrikaanse milieu en samelewing volstaan nie. Maar ek dink RSG gaan 'Sien Jou Weer' speel.

grifF: He-he, BRAAIKRAAI! Hoekom mag ons net in die fokken garage rook? Mens kan mos nie drink sonder om te rook nie man!

Francois:Dis goed vir die time machine se duco. Dis soos camo.

grifF: Ek is seker. Julle nuwe CD, 100% Skuldgevoelvry word eintlik as 'n DVD iewers in Maart ge-release. Kan jy die gabbas bietjie meer daarvan vertel en what's up met al die freak fokken nagmerrie mannetjies op die cover? Francois:Nie 'n DVD nie. Die CD mag dalk 'n video op hê as 'n bonus feature. Dis of Hoenderman of Boereplaas. Ek weet nogi watr een nie. Daars 15 tracks op die album en elke song het sy eie mannetjie, wat binne in die 20 page booklet in sy eie omgewing is. Voor op die cover staan hulle saam met my en Theo in 'n groepfoto. Die hele album word op die omslag gerepresent. Onthou jy "die goeie ou dae" van vinyl. Jy't 'n plaat gekoop en dan na die cover gekyk terwyl jy dit speel. As ek deesdae ou songs hoor sien ek altyd die albumcover voor my. So, ons CD booklet het 'n karakter vir elke song wat jy na kan kyk as dit luister. Want dis so main.

grifF: Was daar enige veranderinge aan die band van laas jaar af? Ek sien byvoorbeeld jy gryp nou lewendige poppe op stage. Dit lyk lekkerder as daai plastic zaberpoppe van Adult World.

Francois:Ja ons speel nou met 'n volle band. Wel, so vol soos dit kan kom. Baie van die nuwe songs is volle band-style geskryf, so dit moet so perform word. Ons speel steeds die electronic songs met backtracks, want dis hoe hulle geskryf was. So, 'n live set sal vol band en backtracks wees. Ek weet nie hoeveel ekstra musicians mens moet hê om die puriste tevrede te stel nie, maar ons het 'n drummer en 'n bassist by, hired guns. Ek en Theo is steeds KOBUS! Ek het vir Hannelie weggegee by n birthday party wat ons in Stellenbosch gespeel het. Die birthdayboy wou haar by my koop, toe gee ek haar mar weg as 'n present. Sy was gepuncture in elk geval. So nou het ek nie 'n stage-prop nie, nou gebruik ons maar dames uit die gehoor.

grifF: Ja, hulle ruik ook lekkerder. Ek laaik daai tune van die Duiwel en die Engel wat tennis speel oor die muur wat die hemel en die hel verdeel. Is daar future avonture vir hierdie twee laities wat so goed oor die weg kom?

Francois:Ja, daar is in fact nog 'n song oor hulle maar die album het klaar 15 tracks plus 'n video, toe besluit ons dat ons hom maar hou vir 'n latere album of 'n download van ons website af. P.S. Net vir die record, dit gaan nie noodwendig oor 'n duiwelkie en 'n engelkie nie. Luister bietjie dieper, Tannie.

grifF: Hey, wie's jou tannie? Ek park in Nigeria en dis faktap, behalwe dat mens heeltyd fles vat. Jy sit in Dubai waar dit net so poeswarm is. Wat maak dit so cool daaso?

Francois:Dit is nie cool nie. Dis 'n Arabierse Las Vegas sonder die dobbelary. Hier gan fokol aan nie.

grifF: So by the way, hoe proe daai sooibrand steakroll van jou?

Francois:Lekker saam met die Gin. Hey het jy geweet die chick wie se pen gesteel was is 'n jong Jennifer Aniston? Nou toe daar het jy dit.

grifF: Sy was nogal huilerig oor die penne. Daai nuwe song 'Kultuurfeestent' hap nogal kak met die ou gewone faktap SA bands en veral die Afrikaanse groepe wat fokol talent het maar sale (veral skole en kerke s'n) uitverkoop. Wie het julle finaal afgepis lat julle hierie song gedoen het of is daar 'n hele spul roomyskinders gewees?

Francois:"Ons is gyselaars in een groot Kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent". Dis deedae baie maklik om iets op te neem, maar moeilik om vrygestel te kry. Toe skryf ek die 'as jou pa die geld het kan jy maar die vonke laat spat' liriek. Niemand het ons finaal afgepis nie, dis maar hoe ek nog altyd gevoel het. Kyk maar na die afrikaanse CD rakke. Ons het meer Afr CD's persentasiegewys teenoor die Afr bevolking as enige ander op aarde! Maar nou ja dis hoe dit is. En om nie te praat van musiekfeeste nie. Daars baie! En vandaar die ander song 'Volk van Main'. "Geniet wat jy luister moenie daaroor baklei en dan sal jy deel wees van die Volk van Main". Mense kan se ons contradict onsself, maar dis die hele punt. KOBUS! is skitsofrenies. 100% Skuldgevoelvry!!

grifF: Fokken main! Daar is 'n stuk backward-masking iewers op 100% Skuldgevoelvry en dis fokken snaaks as mens dit terugspeel. Wie't in die messelaai geslaap om so skerp idee te kry?

Francois:Nee ek weet nie waarvan jy praat nie, no comment, never heard of it, hey kyk daar's 'n olifant!

grifF: Dis my acid wat inskop. As daar drome te bestel was, wat sou jy koop?

Francois:Eks klaar besig daarmee. Die Simba Time Machine.

grifF: Hoe lyk 2004 vir julle? Is daar lekker toere en performances om na uit te sien?

Francois:Ja, die Kaapstad album launch is die 3de April, die Joburg launch is 15 April. Dan doen ons 8 shows in Gauteng en Bloem van 16 to 24 April. Hou die emails en ons website dop vir meer details – www.kobusmusic.co.za . Na die launch shows gaan ons weer Kaap toe.

grifF: Julle is die beste Afrikaanse band in die heelal. Wie is die beste Afrikaanse Websait in die heelal?

Francois: www.kobusmusic.co.za en die tweede wat hiermee gelykstaan, jy moet jou naaste. nee wag, www.watkyk.co.za

grifF: Waar kan mens julle nuwe album in die hande kry en presies min of meer wanneer? Om nou presies te wees. Min of meer.

Francois:Hoewel die CD eers 3 April in die winkels sal wees, kan lede van die volk van main dit klaar in die hande kry deur pre-orders te bestel deur ons record label te mail by ent@worldonline.co.za of check op ons website.

grifF: Enige laaste gedagte wat jy nie dalk hardop wou sê nie en moet hardop sê?

Francois:Ek gee nie om vir vergelykings nie
Maak nie saak of Kobus! Music jou gelukkig maak of siek
Afgesonder sit ons volkie oor musiek en debatteer
Famous vir Apartheid, rugby en gekskeer

Hou jy van die Mamba? Of hou jy van Steve?
Is Karen jou ding, is jy vir Sokkietreffers lief?
Geniet wat jy luister, moenie daaroor baklei
En dan sal jy deel wees van die Volk van Main!

Soos die musiekbedryf groei in Afrikaanse tong
Groei die skinderbek-bedryf ook baie vinnig saam met hom
Ek voel niks vir die gestry en agterlangse gery
Want hier kom Theo met nog 'n kitaarbom

Voel niks of hierdie cd vir jou cool is of nie
'Gee my enigiets te drink solank dit gin is of whiskey'
Luister wat jy wil en laat verdraagsaamheid skyn
Wedergebore as die Volk van Main!

Ja 'n blink toekoms wag, 'n wereld sonder vrees
Waar ons vry van mekaar se musieksmaak kan wees
'n Wereld vol geluk, 'n wereld sonder pyn
waar ons almal hande vat as Die Volk Van Main!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in wkj interviews | Tagged , | Leave a comment

Albert Frost: Die man, die kitaar, die sin vir humor

As daar nou iemand is wat 'n kitaar kan pak slae gee dat hy huil vir nog dan is dit nou bra Albert Frost. Al van kleins af jol die man saam met die grotes soos Die Blues Broers, Valiant, Ollie Viljoen en nou saam met Arno Carstens. Tussenin doen hy ook sy eie ding saam met Agent Orange onner die naam "Frosted Orange". Skiet bra grifF hom mos kaarte noudiedag. Chekkityt!

grifFin: Is jy familie van daai sneeuman, Jack Frost?
Albert: Ja, maar ek gan julle nie bore met details nie (dis regtig 'n afgewaterde storie).

grifFin: Wat is jou kitaar se naam?
Albert: Whiskers …

grifFin: Is daar iets beter as die N1 wat uit Kaap kom?
Albert: Ja, die N2.

grifFin: Daar was so oulike meisie by Trek 2000 in Worcester. Jirre maar sy het 'n mooi rooi sweater aangehad. Wie was dit?
Albert: As jy praat van die girl met die rooi sweater en die rooi hare sal dit my ex-wees. Ons het ontmoet in Worcester, ons het vir twee jaar saamgebly in Slaapstad (in daai tampon torings, nogal).

grifFin: Watse CD is currenlty beskikbaar en is jy beisg om weer te record, of toer jy jouself nog in 'n koma in?
Albert: Arno Carstens se album Another Universe is sopas vrygestel, my solo album Catfish is ook beskikbaar en ek en Ollie Viljoen het planne om 'n Afrikaanse blues album te maak. Wat toer aanbetref, New Porn tref die land volgende maand …

grifFin: Hou jy meer van Kellog's Frosties of daai Special K poefpap?
Albert: Wats daai pienk Rice Crispies se naam nou weer? Ek chow nie poefpap nie.

grifFin: As jy al meer as 20 groupies gebrand het, moenie hierdie vraag antwoord nie. En?
Albert: Kyk hier, nê, ek record en toer al vir 9 jaar. Wat sou jy doen?

grifFin: Watse gig tot dusver was vir jou die hecticste gewees van almal en hoekom?
Albert: Dis verseker die heel eerste show wat ek alleen gedoen het so vier jaar terug in Somerset-Wes by 'n klein bar genaamd "Ye Olde Bell". Snaaks, dis minder stresvol om voor 10000 mense te speel!

grifFin: Al ooit daaraan gedink om 'n cross-dress band te begin en dit die Bloes Broers te noem?
Albert:

grifFin: Jy laat die snare al fokken lank huil. Kan jy vir ons uitwerk (in maande) hoe lank jy al kitaar speel?
Albert: 144 mane, 4320 dae, 103680 ure, 6220800 sekondes, so seize the moment en figure self uit hoeveel jare dit is.

grifFin: Watter deel van die land is vir jou die beste om te toer, i.t.v. crowd support, drankpryse en die weer?
Albert: Moeilik om te sê … Sorry ouens, sal moet gaan vir Stellenbosch (jy't vergeet om girls te mention), maar Pretoria is kort op sy hakke.

grifFin: Wat kyk jy?
Albert: Na die screen, poepol.

grifFin: Baie van die SA muso's staan TV se kant toe en van die TV actors begin musiek maak soos bv about die helfte van die cast van 7de Laan. Ek wil byvoorbeeld nie vir Macks Papo hoor of sien sing nie. Wat skiem jy hiervan?
Albert: Dis nogal 'n moeilike een. Ek skiem dis cool op 'n manier want dit expand sekere kunstenaars se horizons (ek gaan nou nie name noem nie), maar aan die ander kant moet jy fokken seker wees wat jy wil doen want jy kan maklik soos 'n poes lyk. Kyk byvoorkeeld vir Candice – nice pair of voice, maar die sprong van ktv presenter na rokchick is net te veel. Good luck to her, regtig.

grifFin: Wat is jou all-time favourite tune?
Albert: Kak vraag … elke week 'n ander een, maar die most classicste tjune vir my as ek nou terug dink sal verseker "Dazed and confused" van Led Zeppelin wees. Maak my altyd lus vir zol en bier.

grifFin: Is daar iets wat jy oppie hart het en met die watkykertjies wil deel?
Albert: Wees nice met jou ma en moenie jou naels byt as jy jou gat krap nie.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in wkj interviews | Tagged | Leave a comment

Boo! china. Skrik ek sê

grifFin & CHopper CHarlie

Ons het geskiem die latte van Boo! is heavy mal en maak nca musiek. Toe tune ons hulle so paar vrae en check wat sê hulle. Lekker freaky stylie. Check uit vir hulle by 'n mal jol naby julle. Once.

WKJ: Wat kyk jy?
Ampie: Ek loer net
Chris: Ek kyk net wat jy kyk, wat kyk jy hê? Kyk vir jou ma, bra!
Leon: Altyd na mooi meisies. Maar 'n bier sal ook doen.

WKJ: Wie het al die fokken penne gesteel?
Ampie: Die computer geeks
Chris: Dit moet daai ysterfokkenvark wees. Kom ons lê hom voor en bak hom 'n poets!
Leon: Bill Gates.

WKJ: Hoekom brass ouens? Hoekom?
Ampie: Want dis so mooi en exciting
Chris: Sonner brass skyn die nipples deur en dan laaik die oumense dit nie en ek wil oud word en myself nog laaik en nie soos my ma al haar Jimmy Swaggart plate weggooi oor 'n blaps met 'n sloerie nie.
Leon: Want Ampie kan dit speel. As hy trek klavier gespeel het, was dit seker maar so.

WKJ: Julle het lekker in Amerika gaan dinge doen. Watse dinge was dit en hoeveel van dit was illegal?
Ampie: In die independant homeland van Ampie Omo wat 10m in alle rigtings van my naeltjie strek, is alles wettig en dus was niks van die aktiwiteite in Amerika illegal nie. Dit was veel pret maar verder is alles top secret
Chris: In Amerika is alles illegal. Dis hoekom Amerikaners vandag soos Afrikaners gister is – lekker stjoepit en goed op pad om hulle die ondergang te bewerkstellig. Maar die meisies was almal ouer as 16 ek sweer my gabba en die zol is nie eens so sterk soos origanum nie en die vuurwapen op daai bus was die Yanks s'n ons weet niks. OK dis oor die tas vol dollers op die lughawe wat hulle ons die land van Coke en burgers verbied het, maar dit was ook nie ons s'n nie.
Leon: Ek het 'n sigarette uit die venster gegooi in LA. Die cops het ons gestop en die meisie wat bestuur het gearresteer. Nie oor die sigarette nie (dit was maar net die verskoning om ons te stop) maar wel omdat sy nie op die reguit streep kon loop nie. Ek kan dit nie eers nugter doen nie.

WKJ: Daai nuwe musicvideo met die chick oppie fiets en julle almal wat musiek maak in haar..em..doos…Waar in LaMerika is dit geshoot en wat is die connection met die Rasta Celebrity?
Ampie: IN LA, en ek weet nie van daai rasta nie, ek was innie boks.
Chris: Dis in Los Angeles verfilm in 'n stoedio en op straat en ek was besig met die chickie toe Ampie die rasta opgechat het so ek ken nie die conneksie nie, behalwe dat hy ook vir ons origanum gegee het.
Leon: Dis in LA geskiet. Die celeb is die drummer van Dead Kennedys. Mr. T was veronderstel om die joint uit sy hand te neem en sê "fool". Maar ons kon hom nie opspoor nie. Dead Kennedys se klank ingenieur is 'n moerse fan van ons. Thus die connection. Hulle is nog steeds besig om mekaar te dagvaar. Dis Amerika vir jou.

WKJ: Hoe gaan julle image verander van hier af vorentoe en hoekom?
Ampie: Ons gaan net vorentoe en kyk maar self wat gebeur
Chris: Image is soos brekfis. Jy kots voor eerste pouse na een jaar van net Raais Krispies so jy moet dit afwissel. Eers was ek daai cherrie and toe het ek baie steek gekry maar toe nie meer nie en toe is ek 'n plein ou maar dit wou heeltemal nie werk nie (dit was die jaar) so nou gaan ek volgende jaar 'n verassende nuwe brekfis, Rice Chrispies Chameleon of iets anders traai. Dit hou die lewe interessant soos 'n mullet in Sandton al laaik ons nie wat hulle verkoop nie.
Leon: Ek word 'n drummer volgende jaar.

WKJ: Moer ons met 'n interessante oneliner. Julle bestes. Moenie tune van die hond in die geveg en daai tipe kak nie.
Ampie: As iemand vir jou 'n breathmint offer, NEEM DIT!
Chris: Ass jy nie my mullet laaik nie moet jy fokof. Huh huh? Goed hê?
Leon: Brucespringsteensunscreamcream.

WKJ: Wie is die coolste band saam wie julle al perform het?
Ampie: Das Kodas
Chris: Ons is die enigste cool band bra.
Leon: Op Montreux Jazz Festival in Swizerland. Goldfrapp. En Nina Hagen op ZMF in Duitsland was ook befok.

WKJ: As Chris Chameleon opgooi, sal die opgooi op sy hemp soos Chris lyk omlat hy 'n Chameleon is?
Ampie: Nee
Chris: Hey mannetjie! Probeer jy fokken snaaks wees of wat? Ek ken tae kwon do so watchit!
Leon: Ek dink dit sal fokken snaaks wees.

WKJ: Het julle geweet dat www.boo.com moerse kak lyk en dat www.boolive.com eintlik julle regte websait is en befok lyk en klink?
Ampie: Rerig?
Chris: Fanks my china, ag ek het sommer gespeel, ek wil jou nie regtig moer nie. Dis net my cherrie het boelimia gehad en so ek laaik nie kotskwinkslae nie. Pies.
Leon: Ja die fokkers. Hulle het dit 2 maande geregistreer voordat ons dit kon doen. Nou wil hulle nie die naam vir ons gee, even terwyl hulle bankrot is nie.

WKJ: Daai apie op julle sait is moerse flaai. Wie se boetie is dit?
Ampie: Boney Leonie sin
Chris: OK genoeg is genoeg gaan staan solank buite en bloei ek kom nou!
Leon: Die blêrrie aap het nog steeds nie die tapes afgelewer nie. EK soek hom en sy boetie.

WKJ: Is Europa lekkerder om te toer assie land vannie Yanks?
Ampie: Baie lekkererder, daai yanks mense is bietjie funny (en ek bedoel nie hulle het kief oneliners nie)
Chris: Dis orals heavy lekker dude. Mense is orals eintlik fokken naais. Waas daai juffrou Pistorius? Is sy hot hê?
Leon: Europa is die beste plek in die wêreld om te speel. Daai mense like van music. Hulle support dit van ground level tot government level. As hulle jou eers begin support dan is jou nek deur.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in wkj interviews | Leave a comment

Valiant Swart interview

CHopper CHarlie en grifFin

Valiant sit sy gedagtes neer oor eye shadow, soogdiere, Katryn en topics wat ons almal ongemaklik maak soos daai onnie wat die hele tyd in jou gat opkruip.

Wat is die gevaarlikste soogdier op aarde (spietkops tel nie)?
Kitaarspelers. No contest.

Is dit waar dat jy 'n kitaar het wat nie deur conventional weapons vernietig kan word nie?
Ou Trusty is nogal taai. Ek beskou alle elektriese kitare as weapons of mass distraction.

Hoe lank het jy al vir Trusty Rusty? (dis sy kitaar as julle nie weet nie)
So twaalf jaar.

Wie na jou mening, dra te veel eye shadow?
Brooke Logan. Sy's 'n slet.

Raak mens partymaal moeg vir van jou ou songs of bly hulle altyd cool?
Nee, ek raak maar van tyd tot tyd gatvol vir sekere songs. As dit gebeur, drop ek hulle dadelik uit die set. Anders moet ek fake op stage, en dit sal nie deug nie.

Is daar songs wat jy nog nooit live gedoen het nie?
Bohemian Rapsliedjie.

Wat is die grootste gig wat jy al gejol het (behalwe Big Brother II se eviction) en wat's die kleinste gig?
Hulle voel vir my almal ewe groot, waar ek ookal is. As dit nie lekker is nie, maak ek my oë toe en verbeel my ek's by die Koppi.

Wat was die laaste album wat jy gedoen het en wanner kom die volgende een?
Die laaste een was Song vir Katryn. Ek het pas Die Melkterte van Jeffreysbaai se debuutalbum klaar ge-produce. In Augustus gaan ek en 'n ou china van my studio toe om 'n album te maak. Details to follow.

Wat is jou gunsteling musiek behalwe Toto en Air Supply?
Reo Speedwagon, Survivor en Europe.

Het die dokter jou al hom haal?
Nee, ek bly net hier.

Hoe gaan die song vir Katryn, is dit die een met die kitaar wat so tjieng- tjieng-tjieng gaan?
Nee, hy gaan so: wang tang tang dang, da da dang, da da dong, ding dong.

Wat kyk jy?
Bold.

Gaan jy volgende week in Egoli ook speel?
Rizlalose Jare.

Wat is daai anner show op kykNET waarin jy was? So Deliverance storie van die Mississippi Delta met mense wat nie tanne het nie.
Veertig dae deur die Delta. Moet sê, die locals se tande was oor die algemeen nogal sleg. En baie leftie-kitaarspelers.

Soen die chick wat Katryn jol lekker?
Ek kan nie onthou nie. Dit het alles so vinnig gebeur.

Watse goeters pis jou verskriklik af?
Ander karre op die pad. Dis my pad.

Watse goeters sitte smaail om jou mondhoeke?
Rondry, dans en die buitelewe.

Hoes die res vannie crew en die producers op Song vir Katryn? Jol julle saam of is dit kamera, aksie, skiet en dan huistoe soos Beeskraal?
Ons het 'n jol gehad! Hulle is almal rock 'n rollers.

As jy wyse woorde virre graad een klas moet gee, wat sal dit wees?
It will be over before you know it.

Any last thoughts?
Wat dink jy?

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in wkj interviews | Tagged | Leave a comment