Hulle smaak pienk, hulle smaak popmusiek, hulle like van amper fokol klere dra en hulle maak popmusiek. Ontmoet The Soapgirls. Hierdie twee gawe stukkies (wat ook sussies is) van Kaapstad het ons een middag gebel en gevra om saam met hulle 'n milkshake te gaan drink. Baie oulike kinders.
Hulle plan is om eventually supergroot in Japan te gaan.
Hier is hulle interview met griff (hulle gee ook lekker drukkies):
Hulle nuutste video se naam is Hurricane en jy kan ook hulle website gaan uitscope vir meer info.









Watkykjy interview – Brett Wild. Film maker. Mal persoon.
Ons het julle so ruk terug vertel van die mal ouens, Brett Wild en Antone Crone wat Blink Stefanus saam met hulle gaan sleep op 'n roadtrip op in Afrika in. Dit alles in een van daai kak klein faktap Smart karretjies.
So twee weke terug het ons saam met Brett omtrent 'n kas bier gaan drink in 'n Thai restaurant en met hom ge-chat oor sy fokken dom plan. Hulle fokof hierdie Woensdag en daar word vir hulle 'n moerse farwell party gegooi hier iewers in Joburg. Ons sal daar ook 'n paar happe gaan maak en kyk of die ouens huil voor hulle in die klein 700cc tjorretjie klim vir hulle journey.
Julle kan die ouens se mission op hulle website volg: http://www.smartinafrica.co.za/ en hulle het ook laat weet dat hulle challenges sal accept. Julle kan hulle roete gaan uitcheck en hulle byvoorbeeld challenge om sekere missions te accept. Iets soos byvoorbeeld: "Gaan melk 'n fokken bok in die eerste village, meng dit met 'n shot whiskey en neem af hoe jy die shooter drink en gorrel terwyl jy tune 'Hierdie is vir Hendrik se chick!' of wat die geval ook mag wees. My persoonlike mission vir hulle sal wees om vir 'n polisieman met 'n AK47 "Watkykjy!" te skree en dit af te neem,.
Die ouens is moerse fun, fokken snaaks en game vir enige iets. Ek dink net nogsteeds dis 'n fokken dom plan…