Ek het oor die Paasnaweek die voorreg gehad om 'n lekker kakpraat sessie met Rudi van die band Ashtray Electric te hê in Kleinmond, wou eintlik
Bellville toe gery het om die res van die brasse ook te interview, maar my kar se radiator is fucked en die engine sal uitbrand as ek verder as 20km met die ding ry. Lekker armgat zef vibes.
Dit herhinder my aan 'n storie wat een van my tjomme my vertel het van Parow (die plek). Die bra cruise by Parow in vir die eerste keer in sy lewe en tune sy ander tjom: "Oh so dis nou Parow, ag dit lyk nie SO zef hierso nie." Sy woorde was nog nie koud nie toe check hulle 'n fucked up Ford Sierra wat van die pad af swerve, stop en die hele maplotter gesin, ouma included, by die deure uitbliksem om te try wegkom, moerse vuur in die engine. En BP petroljoggies met gieters wat aangehardloop kom met 'n kakspoed om die vlamme te try blus. True story my bra.
Anyway hier gat ons. (CB sal wees wat ek getune het, RC sal wees wat Rudi getune het – moenie deurie kak wees nie.)
CB: Ashtray Electric het 'n unique style, en julle smaak dit nie as mense julle musiek in 'n genre probeer sit nie. Hoe sal jy Ashtray se vibe beskryf aan iemand wat nie julle tunes ken nie?
RC: Nee, ons smaak dit net mooi fokol. Mense wil mos altyd mens in n boks druk. Ek dink dis seker maar om hulleself beter te laat voel of iets. Ons maak eintlik net tunes vir romantiese bliksems wat wil wyn drink saam met hulle girls en dan gelukkig raak na die tyd.
CB: As ek jou nou 'n plane ticket aangebied het om enige plek in die wêreld 'n gig te gaan jol, waarheen sou jy gaan en hoekom?
RC: Seker maar New York. Daar of Swede – ek was al daar en die plek het lekker vroumense.
CB: In die song "Quite Overstared" sing Andre "the wine tastes sweeter with you".Is daai song vir 'n spesifieke pop geskryf of net vir lekker girls in general? Wie doen die skryfwerk?
RC: Daai een is vir al die lekker girls daar buite. Eintlik dink ek nie die song is eers vir n girl geskryf aan die begin nie, maar nou het die girls (en die moffies) dit ge-claim. Andre skryf meeste van die lirieke, en ons almal skryf saam aan die tunes.
CB: Ek het eendag sit en channel hop en toggos vryf toe ek op Studio 1 afkom, toe skiem ek fok ek ken daai bra! Jy't so moerse jakkals grin op jou gesig gehad, was jy gesuip?
RC: Jassis bra, kameras maak my kak bang. Veral as dit vir live TV is. Ons drink altyd by n tjommie van my, ‘Beef’, se pa se Ierse pub net so af in die straat van die M-Net studios af. So ja, ek was n paar groot biere sterk.
CB: Of moes jy jouself in toom hou om nie aan die aanbieder se nannas te vat nie?
RC: Daaroor het ek al baie gedroom.
CB: Okay sy IS moer hot maar ek smaak haar nie, sy doen 'n kak job as aanbieder. Sy val haar gaste in die rede, drop awkward sarcasm en try roll
met lingo en slang wat sy clearly nie verstaan nie. Waarmee is Ashtray op die oomblik besig?
RC: Ek het al kakker as sy gehad bra. Sy’s ok scheme ek. Ons skryf bedoosde nuwe tunes vir die volgende album. Pre-production en daai kak op die oomblik.
CB: As jy saam met enige 4 mense in die wêreld 'n paar biere kon hit, saam met wie sou dit wees?
RC: Tiger Woods, Thom Yorke, Jesus en daai bra van Chelsea, Roman Abromavich.
CB: Ashtray se tunes is als in Engels. Skiem jy julle sal ooit iets in Afrikaans doen?
RC: Nee wat. Daai ander bra’s doen Afrikaans baie beter as wat ons dit kan doen. Ons gaan maar tunes maak vir die souties.
CB: Julle rol saam met ander groot name in die biz soos Van Coke en Parow – sal julle ooit colab vir 'n tune of is julle maar net brasse wat saam wyn drink en chill?
RC: Ons het n song gedoen saam met n bra vir n colab, maar hy’s nie van Bellville af nie. Die song is ook nog nie klaar nie so ek gaan maar my bek hou vir eers daaroor. Maar ja, ons is brasse wat saam chill. Hulle drink bier, en ons drink wyn.
CB: Ek sien jy't altyd 'n vleisblom aan jou sy, is die ander members ook so lucky? Wat was sover die hoogtepunt van die hele rockstar lifestyle?
RC: Vleisblomme is mos lekker? Die ander bra’s het almal girlfriends op die oomblik so hulle vat dit maar rustig, anders is hulle balle in n vice grip. Ek aan die ander kant hou mos daarvan om kak aan te vang.
CB: Jack Parow het getune in 'n interview sy hoogtepunt was toe 'n girl hom met 'n bra gegooi het en dit op sy mic geland het, toe rap hy net aan. Het meisies julle al met onderklere gegooi?
RC: Nee, ons is nog nie gegooi nie, maar ons het al n hele paar keer ge-flash. Dis altyd befok om n paar tiete te sien terwyl mens speel.
CB: Ek sal nie mind as betties my met onderklere gooi nie, net nie panties nie, dis fokken grim. Hulle staan heel aand in die crowd en rondspring met hulle dronkgatte, heavy natgesweet, dan launch hulle daai ding jou kant toe. Siss man.
RC: Nie as jy die een was wat die panties so nat gelaat raak het nie.
CB: Julle het 2 albums uit verstaan ek? Nog een in die pyplyn? En Waar kan die WKJ lesers julle CD's in die hande kry?
RC: Wel, dis n vollengte album (Bonjour) en n EP (The Dave Sessions). Die EP kan net ge-download word. Dit was dik limited edition shit gewees. Maar Bonjour moet by al die groot CD winkels wees. As hy nie daar is nie, moet die mense hulle hassle sodat hulle dit kan inkry.
CB: Shot vir die chat en die Jagermeisters bra, als van die beste vir Ashtray in die toekoms. Rock on brother!
RC: Jy weet mos hoe gaan dit hier in Kleinmond. Dis altyd wild. My broer is een aand hier 6 Stroh Rums gevoer.
Skiet uit na Ashtray Electric se website toe. Click Hieso.

























Interview – Henry Rollins
Henry Rollins is een van daai complicated take-no-shit tipe van mense. Terug in dae van sy band, Black Flag het hy even PKs uitgedeel onder die
fans wat hom kak gegee het. Hy is 'n heavy intense bra wat stand-up kan mix met movies, boeke, rock 'n roll en sy eie TV en radio shows.
Oor twee weke kom skiet hy 'n draai in Suid Afrika. Donderdag 6 Mei is hy by die Staatsteater in Snor City, Vrydag 7 Mei gooi hy 'n draai by The Bassline in Joburg en Saterdag 8 Mei kan jy hom speck by die Baxter in Kaapstad. Dis Henry Rollins se Frequent Flyer Tour. As jy nie uitmaak nie, check die video aan die einde van die interview om jou 'n idee te gee van wat om te verwag (buiten nou die PK).
Vir die mense in Pretoria het ons goeie nuus. Jy staan 'n kans om twee kaartjies (dis nou een double ticket) te wen vir die Staatsteater performance. Dis like meer as 500 skille werd. Al wat jy hoef te doen is om ons te oortuig hoekom jy die tickets moet wen. Ons sal die fans spot. Klap dit sommer in die comments section hieronder. Ons maak die wenner volgende Vrydag 30 April bekend. Die mees oortuigende antwoord wen. Vriende en familie van Watkykjy is ook welkom om deel te neem. Hulle sal nie noodwendig wen nie – die beste oortuiging wen. Jirre, ons het kak reels. Ons rol nie soos Coca Cola nie. Deal with it.
As jy wil tickets koop vir een van sy shows, check dit hieso uit. Check net jou region. Kom kry ook jou branna, kiekie en PK saam met Henry na die tyd. (Henry drink nie, so jy kry dalk jou PK eerste)
Dit is hoe die streng, dog regverdige interview verloop het:
griff: What car do you drive?
Henry Rollins: A Subaru.
griff: Your public figure seems quite serious. What makes you laugh? Are you a funny guy at bbq's or dinner parties?
Henry Rollins: I can be funny, of course. All kinds of things make me laugh, perhaps too many things. I tend to be quite at gatherings and do more listening than anything.
griff: How badly has George Bush fucked the US and is Obama improving and fixing things? What in your opinion is Obama still lacking and what needs to be done?
Henry Rollins: Bush broke the economy and started two wars that got a lot of people killed and still keep killing. So, America is in for a rough ride. I think president Obama needs to be harder on the opposition and not waste time trying to be so cool. President Obama needs to get out of Iraq, Afghanistan and Gitmo now.
Henry Rollins: Anger has inspired my curiosity. I have always been an intense person. I don't know if any of this has helped me get anywhere, it is more something I deal with day to day. It is very much a part of me.
griff: You've been to Africa a couple of times over the last decade and you've also done a trip or two to South Africa. What has Africa (but more specifically South Africa) taught you over the last decade? How has it changed something for you for better or for worse?
Henry Rollins: I have seen examples of great humanity in South Africa, like in the townships. I can't find anything in me that the vist to South Africa has changed though.
griff: You're only here for three days in May. What do you expect to experience differently in South Africa this time around? I suppose you check out a country's news before a tour.
Henry Rollins: I have really no idea what to expect, I will take it as it goes. I definitely try to keep up on events in any country I am going to or in at the time, as best I can.
griff: Favourite country or city you've been to or most memorable?
Henry Rollins: Afghanistan was the most memorable, perhaps there and Kenya. I had never been anywhere like these places before and they had quite an effect on me.
griff: If not America, where would you live?
Henry Rollins: Australia, England maybe, perhaps Canada.
griff: Let's say you are given a god-like super power to fix or fuck something up in the USA by implementing 2 solutions or aspects from Africa.
what would it be?
Henry Rollins: I am not aware of anything coming from Africa that would be help America.
griff: How would you use the same god-like super power to fix 2 things in Africa by using 2 things from the USA?
Henry Rollins: Foodstuffs and agricultural technology.
griff: Does it bother you that America is fighting fundamentalist Islam in some countries but not others – e.g. Afghanistan vs. Saudi Arabia?
Henry Rollins: It bothers me that we are fighting it anywhere. It only makes for more extremists, which is the goal anyway, it's just an investment in the next war. It's America's economy.
griff: Does it bug you how other countries generally see Americans?
Henry Rollins: People are friendly to me everywhere I go. So far, I have been doing fine as an American abroad.
griff: Have you explored any South African music? Any favourites?
Henry Rollins: Miriam Makeba is a favorite.
griff: You obviously like talking a shitload more than making music or acting in movies but what would take second place?
Henry Rollins: I like my radio show very much, perhaps that.
griff: I know you work hard everyday and hardly have any time off, but let's assume someone tells you: "Sit the the fuck down and listen! For today and today only you're gonna do something different. Here's enough cash or whatever you need. Go out and go do something you never do". What would that be?
Henry Rollins: I don't know. I do all the things that interest me.
griff: Do you have any cool moments that stood out on any specific film-set?
Henry Rollins: Joking around with Al Pacino will live long in the memory.
griff: Having your own publishing company must rock. You've written and published a lot. How often would you like to bring out a new book?
Henry Rollins: I average a book a year. It depends on what I am trying to do. I put out two last year, none will come out this year. Hopefully one next year. It's not as if anyone will notice if one comes out or not. It's one of the advantages of being small of fame.