Category Archives: WKJ gigs

Score tickets na ‘n paar lekker gigs toe. Even Kaapstad.

Ons het 'n hele vuis vol kaartjies na verskillende events toe om weg te gee, so ons looi sommer alles vandag in een kalenderpes inskrywing. Jy moet nou mooi kophou, maar ons sal jou help.

Hier is wat in die volgende twee weke gebeur (jy kan kaartjies na elkeen van hierdie events toe wen):

Centurion
Hierdie Woensdag, 14 Maart is Melt Sieberhagen se one-man show, 100% Volroom Melt by die Centurion Teater om 20:00 (ons gee twee double tickets weg)

Kaapstad
Hierdie Vrydag, 16 Maart jol aKing, Just Jinger en Louise Day by Trinity in Kaapstad om 20:00 (ons gee een set double tickets weg)

Die soortvan Joburg omgewing
Tarlton International Raceway hou die SA National Drag Racing Championship op Woensdag, 21 Maart (vakansiedag, wat 'n voldag event beteken en ons gee 3 double tickets weg)

Pretoria
Volgende Sondag, 25 Maart gooi Park Acoustics weer 'n groot event met 'n hele paar live bands by die Voortrekker Monument (ons gee 2 double tickets weg)

Hier is wat jy moet doen om te wen en dis fokken maklik:

Neem 'n foto van die mooiste of zefste kledingstuk wat jy besit. Die kledingstuk waarop jy die heel trotsste is. Dit kan jou belt, jou tekkies, jou onderbroek, jou wolmussie of daai kouse met die tone wees. Mail dit na griffin@watkykjy.co.za en tune ons na watter event toe jy kaartjies sal wil score. Hoe gouer, hoe beter. Ons sal die wenners se entry foto's op Watkykjy drop sodra ons submissions vir al die events het. First kam, first surf.

Die details vir al die events:

100% Volroom Melt. Centurion Teater. Woensdag 14 Maart 2012, 20:00.

Die debuut eenmanvertoning van Ventersdorp se vreemdste uitvoerproduk. Ooit. Hierdie vertoning word geklassifiseer as 'n stand-up komedie aanbieding. Alhoewel die kunstenaar betrokkemelt sieberhagen by hierdie spesifieke aanbieding ook te sien en te hoor is in ander aanbiedinge is hierdie aanbieding bloot 'n aanbieding van persoonlike ervarings, humoristiese opmerkings, kwinkslae en sommige flou grappies wat jy eers in die kar gaan vang, net voor jy by die huis kom. Alle opinies in die aanbieding is die van die aanbieder self en reflekteer nie die opinies van enige
ander aanbiedings waarby die aanbieder in die aanbieding daarvan betrokke is nie.

- Book by Computicket

aKing, Just Jinger en Louise Day, Vrydag 16 Maart, 20:00 by Trinity in Kaapstad.

Venue: Trinity Club, 15 Bennett Straat, Kaapstad

aking_JJ_2_v2

Tickets: R130 Presold by www.webtickets.co.za – R150 by die deur, R250 VIP

Meer oor Louise Day: 2010 saw the start of pre-production work on the second album which was planned to showcase the more rock-orientated, edgier sound that had developed naturally over the last year of intensive creative exploration, with one of the SA’s top producers, Theo Crous, coming on board to add to the magic. These developments got the attention of some of the top major record labels in the industry and the band signed with Sheer Music in 2010. The bands second debut album “Swallowed by the City” was released in October 2010 and received a SAMA (South African Music Awards) nomination for best Pop Album.

Suid-Afrika se National Drag Racing Championships, Woensdag, 21 Maart. Tarlton International Raceway, Krugersdorp.

Dit is round 1 van die 2012 National series. Wat die event special gaan maak is dat hulle 'n bra van Swede het wat n “Top Fuel Funny Car” ge-import het. Hierdie ou wil die SA rekord kom breek. Die kar hardloop op 97% Nitromethane en maak so 6000 perde oop op die tekkies. In Europa het die monster 'n fokken wilde 4.81 seconds op die quartermile gedoen en behoort 5.4 to 5.6 hier in SA te kan gooi. As dit nie vir die lugdrul was nie, sou hy dit miskien vinniger kan doen.
 
Die huidige rekord staan nou op n 5.677 sekondes teen 414km/h en behoort aan Nico van Rensburg wat die rekord in 1998 opgestel het. Dis effens vinniger as Gareth Cliff wat al die pad van KZN sy spoed moes opbou om 182km/h in Tjoeras te bereik.

drag racing by tarlton

Park Acoustics, 25 Maart, 11:30, Fort Schanskop (Voortrekker Monument), Pretroria

Mr. Cat & the Jackal, Fulka, Float Parade en 3rd World Spectator jol by die Voortrekker Monument. R55 online by TicketBreak en R65 by die hek. Hekke maak 11:00 oop en die bands beginpark acoustics 13:00 jol. Mr. Cat & the Jackal, Fulka, Float Parade en 3rd World Spectator jol by die Voortrekker Monument. R55 online by TicketBreak en R65 by die hek. Hekke maak 11:00 oop en die bands begin 12:00 jol. Jy kan oudergewoonte jou cooler box, jou kinders en jou ouma saamneem. Moenie jou picnic basket vergeet nie. Jy kan nie stadig geswaai raak op 'n lee maag nie.

Jy sal voor Carte Blanche oppie TV is by die huis wees. (as jy nie by die afterparty op die deck vashaak nie)


Ons gaan na elkeen van hierdie jols toe gaan en sien veral uit na die drag racing op Human Rights day. Het julle enige idee watse tipe van zef kak daar gaan uitbroei? Ons sal die kamera's saamvat…

Check julle by die parties!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 2 Comments

Joburg en Snortoria, Ramfest is op ons!

Hey outjies, dis hierdie Saterdag RAMfest in Joburg, net buitekant Fourways. Kom join ons gerus om piele musiek te beleef. (http://ramfest.co.za/article/view/johannesburg) RAMfest poster flyer

Baie geluk aan die wenners van die kompetisie ons het 'n mixture tussen outjies op Twitter en Watkykjy gekies en die lucky outjies het reeds hulle tickets ontvang: Gerald, Tim, Altasha en Bennie.

Daar het toe wragtig mense voor die Mystic Booer by die Bloemfontein show gaan bid vir die fees. Baie geluk aan julle ook. Julle het dit met die krag van gebed reggekry dat dit nie in 'n satanistiese byeenkoms verander het nie. Julle het egter vergeet dat dit nooit een sou wees om mee te begin nie.  Dis soos om vir reen te bid terwyl jy in 'n donderstorm staan.

Hierdie e-mail het die rondte gedoen net voor die Bloem show:

Hierdie is 'n Sataniese musiekfees, gebore uit die hel uit, wat ons stad binnesypel. Ek voel gelei om voor te stel dat ons almal mekaar so 17:00 daardie Saterdagmiddag (3 Maart) voor Mistiek Boer (waar dit gaan plaasvind) kry en op die perseel bid, voordat die vyand enige iets daar kan bereik.

Ek is beslis daardie middag 17:00 daar om te bid. Wie join my?

Blessings!
- naam removed -

Liewe oom, ons het dit goed gedink om vir jou 'n stukkie backwardmasking aan mekaar te slaan. Ons het sommer 'n stuk van Bles Bridges se Ruiter van Die Windjie gebruik:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | 7 Comments

Sowing The Seeds (Rocking The Daisies in Joburg)

Sowing The Seeds is 'n music festival wat hierdie naweek Magaliesburg slat van 24-25 Feb by Warthogs Game Farm en word deur die ouens van Rocking The Daisies aangebied. Ons weet hierdie is bietjie 'n last-minute ene, maar SA'kaners is mos maar oor die algemeen fokken last-minute mense. Het jy al vir daai tolpaaie gerigistreer? Excactly! (ps: moenie, dis 'n fokken rip-off en hulle wil ons net naai)

As jy iets lekker soek om die naweek in Joburg te doen, pak jou tent en kom klap hierdie event saam met ons. Dit gaan befok wees. Die somer is in elk geval oppad uit, so hierdie is dalk jou laaste kans om warm weer en meisies, koue bier en dik tunes in die buitelig te experience.

Tickets en tye:
Vrydag – Camping hekke maak 3pm oop en die festival self van 6pm – 2am
Saterdag – Hekke oop vam 10am – 2am
Naweek tickets wat camping insluit:
Pre-sale online only:  R200
By die hekke: R250
VIP: R350 sluit in access na 'n exclusive bar, pool en fancy kakhuise – net 100 tickets beskikbaar
Kinders onder 12 kom verniet in
Online presale tickets by www.webtickets.co.za
 
GPS COORDINATES:
25°56'11.27" S  27°31'42.49" E

Facebook:
https://www.facebook.com/events/158652834248062/seeds

En hierso is die line-up:

Bushwacker stage
All day Saturday:
11h00 – 11h45:  Naming James
12h00 – 12h45:  Shortstraw
13h00 – 13h45:  Skabengas
14h00 – 14h45:  The Brother Moves On
15h00 – 16h00:  Jeremy Loops & Co
16h15 – 17h15:  Wrestlerish
17h30 – 18h30:  Tidal Waves
18h45 – 19h35:  Bittereinder
20h00 – 21h00:  Desmond & The Tutus
21h15 – 22h15:  Shadowclub
22h30 – 0h00:    Goldfish
 
Beat Boma
Friday
18h00 – 20h00:  TBC
20h00 – 22h00:  Dubmasta China
22h00 – 0h00:    Maoriginal
0h00 – 02h00:    Toby2shoes
 
Beat Boma
Saturday
08h00 – 10h00:   Lucky Luke
10h00 – 12h00:   Dubmasta China
12h00 – 14h00:   Regan
14h00 – 16h00:   Professor Mistry
16h00 – 18h00:   DJ Kenzhero
18h00 – 20h00:   Lil Bow
20h00 – 22h00:   Andrew the DJ
22h00 – 0h00:     DJ Zakes
0h00 – 02h00:     Circuswing
02h00 – 04h00:   Dr Khumalo vs Minx vs Moejoe

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | Leave a comment

Score tickets na RAMfest 2012 in Joburg. Met backward masking.

Satanfest Ramfest is binnekort op ons. Jy kan die line-up en al die info van al die 5 stede se gigs hier gaan uitcheck

Ons almal gaan lekker die duiwel aanbid en dagga rook bier drink en bands kyk en sal ook heel moontlik poog om so bietjie van Anton LaVey se bybels onder die tieners te versprei behind the scenes footage vir julle te kry en hopelik live te broadcast van die event af as ons nie te veel onder die duiwel se invloed is nie fles vat nie.

Jy het die kans om een van 4 singles tickets te wen na die Joburg gig toe wat plaasvind op Saterdag, 10 Maart:

  • Al wat jy moet doen is om vir ons 'n audio clip te maak waarin jy ons convince dat jy die ou vir die tickets is.
  • Die clip mag nie langer as 20 sekondes wees nie.
  • Dit moet funny en original wees en jy score extra punte as jyself die clip kan backward mask.
  • Ons sal die vier beste entries vat, dit backward mask en saam met 'n vet tune hier op Watkykjy kom gooi.
  • Jy het tyd tot volgende Vrydag, 2 Maart om in te skryf – net voor ons duik
     

Rolling Stone ad

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 2 Comments