Category Archives: WKJ gigs

Dearest Diary – Rocking The Daisies op hipster tieties.

Kuip Town – land van melk, heuning, tiete en tik, gang warfare oor tiete en tik maar diary ek gaan eerder oor die melk en heuning praat.

Die tree hugging hippies en artsy fartsy hipsters hier in Suip Town is almal soos katte wat room gekry het. Dis trance season so elke naweek is daar een of ander moerse jol in die berge. Eens tussen niks en nêrens waarheen al die wit kinders stroom om draks te vat en op kak rowwe beats te dans. Ek wonder tot vandag toe wat is dit met witmense en berge toe gaan vir n party…

Anyway, die naweek is dit Rocking The Daisies. Dis nou nie ‘n trance jol nie maar is ‘n moerse highlight op die social kalender hier. Dis die 7de keer dat RTD aangebied word so hulle moet seker iets fokken duidelik doen dat al die trendy ooms en tannies escape uit Kuip Town vir ‘n naweek se gesuip, saag en dans. Nogals ironies want suip, saag en dans  is nie die tipe goed wat jy in dieselfe emmer as environmental awareness gooi nie.

Yip, RTD het hierdie hele “organic save the planet” vibe agter hulle. Dis amper soos die Woolworths van music festivals in Suid Afrika vandag. Nietemin bly dit ‘n musiekfees en ek laaik live bands kwaai soos snoek braai op Richardsbaai terwyl die wind waai. Net ‘n jammerte jy mag nie Rocking the daisiesbraai hier nie, at least nie op die oop kole nie. Bietjie lame maar ja, ek kla nie teveel nie. Jy kan nog duik vir broeksnoek though…

 Ek volg die afgelope paar jaar dieselfde resep met musiekfeeste bywoon: Raak gesous in die kar – ek kan nie bestuur nie so die hele designated driver ding is nie op my van toepassing  nie – "because with no power comes no great responsibility" is my motto. Ek raai egter steeds onder geen omstandighede aan dat enige iemand ooit moet dronk bestuur nie. Nooit nie. So ek tap al in die kar gewoonlik, kom by die fees aan besluit dis ‘n  baie beter idee om verder in die bar te gaan sous en te explore en tent op te slaan as kampmaak. Lank verby is die dae waar ek ‘n uur en ‘n half vat om my tent en spasie in te rig net om dit alles die eerste aand op te fok. Ek het nie OCD nie, ek het 'n diep dors en ‘n vreeslike liefde vir live music. Die res van die naweek rol homself maar uit in dieselfde wyse gewoonlik:  slaap die eerste aand in die kar, staan kromrug op en vat dit van daar af.

Hierdie jaar is RTD een dag langer as tevore. Partykoppe kan al van Donderdag af kom tent opslaan en punt nat maak. Goddank ek het ‘n werk, diary. Ek dink nie my lyf kan meer drie aande se klipharde jollery uithou nie.

Die beste bands en DJ’s gooi inelkgeval eers van Vrydagaand af en pomp regdeur tot Sondag middag toe. Gees vir my want ek hoef nie Sondag terug te bestuur nie. Ek weet ek's selfsugtig diary, maar ek kan dit nie help nie, dis net so fokken lekker.

Soos meeste weet is Bloc Party die groot kokedore op die jaar se line-up, maar mense moenie in hulle ooglede vaskyk nie. Daar is kakmal baie entertainment by die jaar se RTD.

Bands dat dit by jou ore uit loop, DJ’s wat jou kop sal laat spin, stand-up comedy wat jou sal laat kots van lag, 'n dam om in te swem en wag vir dit – hulle saai die raggas Saterdag middag uit. Gees!

Van my tjommies het al ‘n paar keer  RTD bygewoon en tune dis een van die beste festivals waarby hulle al by was.  Dis goed uitgepluis en jy sukkel nie so poes erg om êrens te kom nie. RTD maak ook mooi vir die mense in die ander provinsies soos Jozi en host Sowing the Seeds daar – dink maar daaraan as RTD se klein sussie, Watkykjy was daar en dit was prêt. Lees meer hier

So as jy lus het vir skud en sommer die aarde ook red, dalk 'n bietjie vry inkry en vir die hipsters van Kuip Town lag wat met hakskoene in die gras rond tos en sukkel om tente te pitch want “there aint no app for that” dan stiek uit by RTD. Dit gan king wees.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | 2 Comments

Kry jou boude by Park Acoustics hierdie Sondag.

Park Acoustics. 'n Chilled music vibe vir die hele gesin. Jy bring sommer jou eie drank of koop daar. Jy braai 'n vleisie. Jy behoort teen hierdie tyd al die dril te ken en as jy in Gauteng bly en nog nie by Park Acoustics was nie, is jy 'n fokken loser
*maak groot L met hand teen voorkop*

O ja, en ons het twee double tickets om weg te gee. Al wat jy hoef te doen is om ons op Twitter te tune en mooi te vra:

"Hey @watkykjy en @parkacoustics Ek wil graag Sondag se show gaan kyk by die Voortrekker Monument. Gee my 'n stel double tickets, samblief! xxx"

Tune ons voor 13:00 vanmiddag. Ons sal twee random wenners kies en op Twitter anounce.

In elk geval… hierdie Sondag skop hulle 11uur die oggend af, want daar is vyf bands wat jol en redelik baie ander attractions. Hier is al die info:


New attractions
- Sunset Comedy Stage
- BraaiBoy Corner – braai facilities
- HotBox Express – bus shuttle service
- PostBox – Art gallery

Park Acoustics program – 10:00 Gates open
Jack Daniel’s Music Stage:
11:00 The Dollfins
12:00 Short Straw
13:00 Beach Party
14:00 Jeremy Loops
15:00 Ashtray Electric
16:00 DJ Michael Lesar – Swing set

Sunset Comedy Stage:
16:30 Nqoba Ncobo MC
16:45 Mr Thapelo King
16:50 – 17:20 Malcolm Fereira
17:25 – Nqoba Ncobo MC
17:30 – 17:35 Werner Cloete
17:40-18:05 Chris Forrest

Jack Sun downers: At the parking area:
It has become a tradition to watch the sun set after each Park Acoustics show from the highest point at Fort Schanskop. So do stay till 18.07 when the sun sets and watch one of the most beautiful sunsets in Pretoria.

Price:
R70.00 online at www.ticketbreak.co.za
R80.00 at the door
Free for children under the age of 6 (six)
R10 per vehicle, (paid at the main entrance to the nature reserve)

park acoustics


Hierdie is byvoorbeeld The Dollfins, wat jy Sondag kan kom check. Moenie uitmis nie.

En hier is so bietjie Ashtray Electric vir julle:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | Tagged | Leave a comment

RAM Jam Vol 9 – Bad to The Bone

Hierdie Vrydag – die 28ste – is weer tyd om die duiwel se musiek kliphard te luister in die sondige strate van Kaapstad. Die mal bliksems van RAM JAM, Chopper Charlie en Iron Leyden, gooi tunes pappa: Regte egte rock en roll wat aarde laat sidder en beef, van toeka tot nou. Soos hierdie bad boy byvoorbeeld:

Dertig bokke kry jou in en ons ou vriend Jägermeister is ook daar om jou vuil gedagtes te voer en pryse uit te deel. Of jy kan kaartjies wen as jy fokken wil. Post jou favourite rock boner tune hier en body slam weg met twee kaartjies vir jou en jou denkbeeldige meisie.

Once.

ram jam 9

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | 7 Comments

Score tickets na Jozi Tens. Ons het 4 om weg te gee!

As jy rubgy, bier en musiek smaak en in Gauteng bly, het ons vir jou 'n befokte plek om jou Vrydag en Saterdag te gaan spandeer. Ons het tickets en 'n bar tab om weg te gee. Details hieronder…

Die Jozi Tens skop hierdie naweek van 14 en 15th September af by Pirates Rugby Club in Parkhurst. Waddefok is die Jozi Tens? Dis Gauteng se grootste rugby party. Dink German Beer Fest gekruis met Hong Kong 7’s. Check sommer ook uit vir rugby legends wat ook daar gaan rondhang en die dag geniet. Dis family vibes met 'n special section waar kids ook kan speel en hulleself kan moeg maak.

jozi tens

Daar is ook live music wat gepleeg gaan word en sluit in Ard Mathews, DJ Sox en SA/DC onder andere. Selfs al gaan jy net om SA/DC te kyk is dit reeds die moeite werd. Dis 'n local AC/DC cover band en ons het hulle al by Up The Creek gespot (hierdie ouens is befok verby).

Most importantly is daar dress theme as jy wil deelneem en die rewards is groot: die twee wenners met die mees kreatiefste outfits sal elk 'n all-expenses trip wen na Kaapstad vir die Cape Town Tens in Feb volgende jaar en hulle sal ook 'n kans staan om trip Honk Kong toe te wen vir die Hong Kong 7's in Feb. Hong Kong, my china!

O, by the way – die theme vir die dress code is "tight & bright" en die kompetisie run Vrydag en Saterdag. Rusty Theron van die Proteas het al so party gegooi. Dress tight en bright. Dis zef verby.

Tickets is R100 per persoon, R50 vir studente en kids onder 12 kom free in. Jy kan ticket hier koop: www.webtickets.co.za/jozitens. Ons sal julle aanraai om vroegtydig tickets te koop. Die laaste event by Pirates Sports club was daai bier festival gewees. Dit was fokken lekker, maar mense sonder tickets is by die hek weggewys omdat dit fokken vinnig uitverkoop het.

Besoek die Jozi Tens website by www.jozitens.com vir meer info. Jy kan hulle ook op Twitter volg by @tensrugby of op Facebook ophook: facebook.com/capetowntens.

Wen tickets hier op Watkykjy:

Ons gee vier single tickets weg en elke ou wat 'n ticket wen kry sommer 'n R100 bar tab ook. Al wat jy hoef te doen is om sommer hieronder in die comments te tune watse kak naweek jy beplan het en hoekom jy eerder wil kom raggas en live musiek kyk en 'n R100 se bar tab moet kry.

Die eerste vier ouens wat ons convince sal die tickets score. Jy't tyd tot more middag 17:00 se kant om ons te convince.

Check julle daar. Ons het reeds ons tickets en bar tabs gescore.


So gepraat van bier en kompetisies: Onthou dat jy twaalf liter Blink Stefanus bier kan wen. Jy het nog tyd tot Donderdagaand.

http://www.watkykjy.co.za/2012/09/wen-blink-stefanus-bier/

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 9 Comments