Dis weer tyd om te kom lui raak by Park Acoustics op Sondag, 20 November. Bring jou cooler, jou piekniek blanket en so paar snacks vir 'n befokte
somer gig. Dis al amper einde van die jaar en jy't 'n fokken break nodig. Van Coke Kartel doen 'n acoustic set en nog so paar ander bands sal jou entertain. As jy 'n regular is van Park Acoustics, het hierdie gig nie enige introduction nodig nie. As jy nog nie daar was nie, kom gee dit 'n shot. Dis lekker vibes en jy kry ook sommer 'n befokte view van Snortoria van bo af. Fort Schanskop by die Voortrekker Monument bied die ideale elevation daarvoor.
Ons gee ook twee double tickets weg vir die show en die wenners sal randomly op Twitter gekies word. Om 'n kans staan om te wen, tune die volgende lyn op Twitter voor ons volgende Vrydag duik:
Hey @watkykjy, skiet my daai free tickets vir @parkacoustics se 20 November gig samblief!
Dis mos nou fokken maklik genoeg?
Wat van ons gee die eerste 50 mense wat van 11uur af deur 'n hek kom 'n free shooter elk? Huh? OK, done, dis 'n fokken deal.
Line up: first band at 12:00
11:00 gates open
12:00 The Lise Chris Band
https://www.facebook.com/thelisechrisband
13:00 Marcia Moon
www.facebook.com/pages/Marcia-Moon/9681137373
14:00 aanklank
www.facebook.com/pages/aanklank/40766783703
15:00 Francois van Coke and Jedd Kossew will be performing a acoustic show with music both from Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel
www.facebook.com/Vancokekartel
www.facebook.com/Fokofpoliskiekar
16:00 Sun downer set with Oliver Twisted
Tickets:
Pre-sale tickets are now available at Ticket Break for a low R55
Entrance fee at the door:
R65 adults and students
R45 scholars (ID on request)
Free for children younger than 6
What to bring:
Picnic baskets (own food and alcohol are allowed, BUT NO GLASS PLEASE)
Gas braai or a small braai
Money for band merchandise, food stall and bar
Small umbrellas
All your friends and family
What not to bring:
No glass please
Domestic animals
Weapons
Illegal substances
Bad vibes
Facilities available:
Bar, food stall, clean toilets, picnic facilities, hiking trails, mountain biking trails, The Voortrekker Monument (additional entrance), safe and secure parking and an amazing view of Pretoria
Parking:
R5 per car (pay at main gate) this will insure that you get a safe and secure parking.







Entertainment vir hierdie week in en om Snortoria
Julle moes dit al agtergekom het – November is 'n fokken nowhere maand. Mens sit en wag vir krimsis en fuckansie, jou werk hoop ook op en almal rondom jou is gatvol want dis net-net nie die einde van die jaar nie. Almal sit en fokken groei snorre soos hulle wag daarvoor.
Daar is gelukkig so paar dinge wat jy at least hierdie week kan uitcheck in-en-om Pretoria en ons beveel al drie baie sterk aan om die monotomy van hierdie faktap Snormaand te breek.
1) Die Flying Dutchem by Steak & Ale (Woensdag 16 November) - sien onder
2) Springbok Nude Girls saam met goei tjommies van Watkykjy – Feed The Wolf (Donderdag 17 Novebmer by Firkin) - sien onder
3) Park Acoustics by die Voëltrekker Monument (Sondag 20 November) – volg die link (free tickets ook up for grabs)
Op 16 November 2011 is Die Flying Dutchmen te sien by die Steak and Ale Kroegrestaurant vir ‘n jaareindfunksie met ‘n verskil.
As die Dutchmen se laaste plaaslike vertoning vir die jaar, het hulle dit nodig geag om ‘n paar ekstra gaste in te span om te verseker dat dit ‘n lagfees van formaat gaan wees.
Conrad Koch is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se voorste komedie talente en vermaak al vir die afgelope vyftien jaar gehore op eie bodem en oorsee tot groot applous met sy skreeusnaakse kombinasie van komedie en wêreldklas buikspraak. Hy slaan keer op keer die humorspyker op die kop met die hulp van sy vennote, Chester Missing (bekend vir sy verskynings op e-tv se Late Night news with Loyiso Gola), die baldadige monstertjie Ronnie en die volstruis met fokus – Hilary.
Die tweede gas, Vittorio Leonardi slaag daarin om gehore met ander oë na dinge te laat kyk – terwyl hulle skaterlag. Hy’s aweregs, ‘n bietjie vreemd en in gestalte en talent ‘n ware reus van die Suid-Afrikaanse lagbedryf. Dis wat gebeur as jy ‘n Italianer is wat in Welkom groot geword het.
Lagliefhebbers kan ook uitsien na die skreeusnaakse manewales van Monique Nortje en die opwindende nuweling Schalk Bezuidenhout.
So kom lag saam op 16 November 2011 om 20:30. Hierdie is een jaareindfunksie waar jy jou nie hoef te bekommer oor onbetaamlike gedrag of wat jou baas gaan dink nie. Tensy jy hom saamnooi.
Kaartjies kos R 60,00 per persoon en besprekings word sterk aanbeveel.
Hier is die Facebook event as jy die details wil uitcheck. Julle kan ook hierdie nuwe 5 piece rockband van Pretoria op Twitter volg.