More maats. Die Watkykjy gig guide werk actually nou befok. Julle sal die gigs altyd in die main posts spot, maar hulle word opgetel in die actual gig guide link ook hier op Watkykjy.
Jack Parow se gigs vir die week
Donderdag: Firkin in Centurion
Vrydag: Klein Libertas Teater in Skelmtbos
Satedag: Muzone in Brackenfell
Maandag: Album Launch by Barnyard in Belville
Hieso is die preview van "Dans, Dans, Dans" se gevaarlike video wat ook die week launch. Fokken Indiana Jones missions ek sê:






Van Coke Kartel “Skop, Skiet & Donner” launch – Stellenbosch
Van Coke Kartel se nuwe album, Skop, Skiet & Donner launch is Vrydagaand 7 Mei by Klein Libertas op Stellenbosch saam met Jack Parow.
Ons gee 2 x double tickets weg vir die gig by Klein Libertas, met ander woorde 4 mense gaan score.
Jy moet ons net convince hoekom jy die tickets soek. Sommer in die comments section. Jy het kans tot Donderdag 6 Mei omtrent 12:00 (lunchtyd se kant.)
Hieso is hulle tune "Voor ons stof word" se kief video:
Jy kan die CD ook by Kalahari.net kry: