Category Archives: WKJ gigs

Stand-up comedy: 2013 The Beginning. Wie soek tickets?

Vanaf vyf tot sewentien Maart kan jy "20:13 The Beginning!" gaan kokkenodge by die Market Theatre (The Laager). Dit volg min of meer die resep van Def Jam Stand-up Comedy in die overseas, as jy dit al miskien gesien het op TV. Daar is nuwe bloed in die vorm van jong stand-up comedians wat die stage sal share met gevestigde grapgatte en 'n DJ wat 'n soortvan 'n sound track bydra tot die hele vibe.

Die line-up sluit in ouens soos: Chris Forrest, Tumi Morake, Stig, John Vlismas, Tol A$$ Mo, Skhumba, Eureka Nkese, Kedibone Mulaudzi, Mashabela en nog meer.

Vir nou het ons het vyf double tickets om weg te gee en sal volgende week weer vyf double tickets weggee. Al wat jy hoef te doen is om ons te tune watter aand jy dit wil gaan kyk. Die show run 20:13 van Dinsdae tot Saterdae en 15:13 op Sondae en eindig 17 Maart. Obviously kan jy nie na gister se show gaan kyk nie, want jy het nie 'n fokken time machine nie. Of het jy? As jy het, sweef ons die sleutels.

Drop ons 'n mail as jy tickets soek. Ons sal vir die eerste vyf mense tickets score!

comedy

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 1 Comment

Watkykjy, Hilltop Live en Jagermeister bied aan: Druk Hom Innie Rooi!

Baie van julle was verlede jaar by Watkykjy se kick-ass Pre-Apocalyptic Year-End function toe ons dit by Zeplins gegooi het saam met Die Antwoord, Feed The Wolf en The Wedding DJ's.

Ons het besluit om in 2013 'n hele rits parties te gooi in Snor City, Joburg, Bloem, Skelmbos en die Kaap. Maybe Durbs ook (as hulle net so bietjie minder rondkyk Rothman's wil rook). Pretoria is eerste aan die beurt en ons klap hom sommer die eerste Saterdag in Maart faktap by Arcade Empire.

Watkykjy, Hilltop Live en Jagermeister bied aan: Druk Hom Innie Rooi!
Kry jou benoude boude 2 Maart by Arcade Empire om die pitte in jou kop so bietjie rond te skud. Jy kan sommer solank aan jou kak dance moves ook begin werk. Jy wil dit dalk net afshow vir daai goose met die lang bene in die kort rokkie. Of maybe is jy die goose met die lang bene in die kort rokkie wat sal smaak dat die bra in die Tap Out shirt jou kokkenodge. Either way, kry jou ass by die jol. Ons gooi 'n moerse lekker rock party saam met Hilltop Live en Jagermeister! Vir slegs 30 skille online of 50 skille by die deur kan jy uitrock saam met:

CrashCarBurn
Man As Machine
Shadow Club
DJ Zef Leopard

Tickets sal vir die eerste week teen R30 online beskikbaar wees vanaf TicketBreak en die week daarna teen R40, so kry die early bird tickets in jou kloutjies, andersins is dit R50 by die deur. Moenie jou beursie en jou asem-swieties by die huis vergeet nie. Die attitude kan maar agterbly en die TV oppas.

Wees van so 20:00 af daar. Die party gaan tot lekker laat mal ruk! Nooi sommer jou tjommies uit. Hier is die Facebook event sodat jy makliker kan onthou.

Moerse thanks aan Jagermeister en Hilltop Live wat ons uithelp met hierdie party!

WKJ-party-post-banner

Om jou so bietjie met die bands te familiarise as jy nie uitmaak nie, hier is so paar video's:

Burnout – Man As Machine

Guns & Money – Shadowclub

The Light – CrashCarBurn

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | Leave a comment

Park Acoustics hierdie Sondag! Score sommer tickets ook.

Dis tyd vir 2013 se eerste Park Acoustics by Forst Schanskop by die Voortrekker Monument. Daar gaan fokken baie dinge hierdie Sondag (27 Januarie) gebeur, so check die line-up en details uit hieronder. Al hierdie entertainment vir slegs 80 skille, maar ons stel voor dat jy jou tickets vooraf by Ticketbreak in die hande kry teen 70 skille, want dit lyk of daar hierdie naweek fokken baie mense gaan opdaag.

Daar is ook goeie nuus vir mense in Joburg wat nie lus is om Pretoria te te bestuur en dronk terug te ry nie:
Hotbox Express waai Sondagoggend 09:30 vanaf Cafe Sofia in Greenside (dis daai jol waar MK hulle Studio 1 goeters altyd uitsaai). Tickets is R160 en dit sluit jou transport soontoe en terug in, asook jou entrance fee na Park Acoustics, so spring as jy tickets soek. Click hierso. Baie fokken cheaper as die Gautrain.

Oudergewoonte gee Watkykjy twee double tickets weg na hierdie Sondag se Park Acoustics. Details aan die einde.

Info en line-up:

Main stage
10:00 Hek maak oop
11:00 Alan!Lets move on.
12:00 Black Handed Kites
13:00 Rambling Bones
14:00 ShortStraw
15:00 Tidal Waves
16:00 DJ Michael Lesar – Swing set

Sunset Comedy Stage 16:30 – 18:00
MC: Warren Robertson
Alfred Adriaan
Chris Mapane
Paul Snodgrass

Tickets:
R70.00 online by www.ticketbreak.co.za
R80.00 by die hek
Free vir kinders onder 6 jaar oud.
R10 per kar (main entrance by die Voortekker Monument)

In short is daar twee stages, 'n bar, kos stalletjies, skoon toilets (nie daai groen kak-en-val-om poef traps nie), sagte groen gras, 'n 360° view van Pretoria, nature trails as jy wil hike of mountain bike, art expo, comedy en braai vibes. Daar sal ook 'n free bus wees wat vanaf 10am elke tien minute van die parking area af opry na Fort Schanskop toe. Die laaste bus ry 19:30 van bo af ondertoe.

PostBox
PostBox sal ook by Park Acoustics wees. Kunsuitstalling vibes vir local artists. Allerhande kak om te sien: art, design, photography, graffiti en al daai mooi dinge. Pragtig.

BraaiBoy Corner
Omdat daar health en safety issues is met sulke groot events, vra ons dat julle die potjiekos equipment, skottels en braais by die huis los. Wat jy wel kan doen is om jou vleis saam te bring sodat Braaiboy dit vir jou kan braai. For free. Fokol werk vir jou, plus jy kan daar staan en hom tune of uitkak oor hoe jy jou vleis soek. Maklik.

Score twee double tickets op Watkykjy:
Ons gee twee double tickets weg ter waarde van R160 elk. Al wat jy moet doen is om die hastag #myParkAcousticsMoment te gebruik op Twitter om @watkykjy en @parkacoustics te tune dat jy die tickets soek.

Hier is 'n Voorbeeld:
Hey @watkykjy en @parkacoustics, #myParkAcousticsMoment – as die eerste band jol en ek al my 3rde bier op die gras sit en knak.

Heel fokken easy. Ons sal die #myParkAcousticsMoment hastag op Twitter track en twee wenners kies teen 15:00 vanmiddag. Nouma check julle dan daar hierdie Sondag. Piele.

park acoustics

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 2 Comments

Lus om te lag? Gaan kyk Full Body Poesklap.

Ons het sommer twee double tickets ook om weg te gee en dis pismaklik. Tune ons net in die comments watter datum jou die beste sal pas en wat jy anders by die huis sou gesit en doen het in plaas van om jou poes af te lag.

full body poesklap

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | 16 Comments