Category Archives: WKJ gigs

DHF, Jack Parow, Thieve, Wedding DJ’s by Assembly – wen kaartjies.

Al hierie blare en nog meer gooi 'n dik jol by Assembly in Kaapstad, Saterdag 29 Mei. Jy gaan in elk geval halfpad gekettie wees na die groot rugby, so jy kan maar net sowel all-out gaan. En nou kan jy tickets score.

Ons gee twee double tickets weg, komplimente van Die Heuwels Fantasies. Vertel ons hoekom jy die tickets moet wen, sommer in die comments. Die twee marabsies met die beste of mees oorspronklikste antwoorde wen. Om R140 te score is beter as 'n skop in die pille.

Wenners word Vrydag lunchtyd bekend gemaak.

TRINITY_KNIGHTS01

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in jack parow, kompetisie, wedding djs | 10 Comments

Die Flying Dutchmen

DIE FLYING DUTCHMEN
(met Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen)

Datum:           29 Mei 2010
Plek:               Aasvoëlklub / Vulture Club (Bloemfontein)
Prys:                 R 45.00
Besprekings:    084 687 1213 / 084 559 8991 / 051 523 3604

            www.vulture-aasvoelclub.com

Kaart:
        http://www.vulture-aasvoelclub.com/map.php

    Dis eerlik. Dis rou. Dis spitsvondig. Dis Afrikaans. En dit is skreeusnaaks.

    Die twee skerpste, vinnigste, flinkste, vuilste, skoonste, gesogste  en mees aantreklike manne op die Afrikaanse komedie toneel bring uiteindelik hulle unieke humor Bloemfontein toe. (Die feit dat hulle so te sê die enigstes is, maak die uitdeel van byvoeglike naamwoorde so 'n bietjie makliker).

    Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen het hulleself die afgelope paar jaar gevestig as Suid-Afrika se voorste Afrikaanse stand-up komediante. Ware baanbrekers wat die trotste Afrikaanse storie- en grapvertel tradisies transponeer na die rou, ongesensorde wêreld van stand-up komedie.

    Saam is hulle “Die Flying Dutchmen” en gehore van Pretoria tot Stellenbosch het al gelê soos hulle lag vir hierdie unieke vertoning wat bestaan uit oorspronklike, spitsvondige stand-up en verbysterende improvisasie komedie.

    Soos 'n goed ge-oliede masjien betree hulle die verhoog en los die gehoor na 'n uur en 'n half met 'n nuwe uitkyk op die lewe. Anders as Angus Buchan, doen hulle egter nie huweliksbevestigings na afloop van die vertoning nie.

    Saterdag 29 Mei, na afloop van die groot rugby. Met die kanse uitstekend dat twee Suid-Afrikaanse spanne mekaar op hierdie dag gaan takel in die Super 14 finaal, gaan jy beslis óf 'n rede hê om fees te vier, óf 'n rede om jouself op te beur.

    Kom lag saam by die Aasvoëlklub!

(Nie vir sensitiewe ore nie!)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | Tagged | 1 Comment

Van Coke Kartel “Skop, Skiet & Donner” launch – Stellenbosch

Van Coke Kartel se nuwe album, Skop, Skiet & Donner launch is Vrydagaand 7 Mei by Klein Libertas op Stellenbosch saam met Jack Parow.

Ons gee 2 x double tickets weg vir die gig by Klein Libertas, met ander woorde 4 mense gaan score.

Jy moet ons net convince hoekom jy die tickets soek. Sommer in die comments section. Jy het kans tot Donderdag 6 Mei omtrent 12:00 (lunchtyd se kant.)

Hieso is hulle tune "Voor ons stof word" se kief video:

Jy kan die CD ook by Kalahari.net kry:

skop skiet donner

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos, van coke cartel | 15 Comments

Jack Parow se gigs vir die week

More maats. Die Watkykjy gig guide werk actually nou befok. Julle sal die gigs altyd in die main posts spot, maar hulle word opgetel in die actual gig guide link ook hier op Watkykjy.

Jack Parow se gigs vir die week

Donderdag: Firkin in Centurion
Vrydag: Klein Libertas Teater in Skelmtbos
Satedag: Muzone in Brackenfell
Maandag: Album Launch by Barnyard in Belville

Hieso is die preview van "Dans, Dans, Dans" se gevaarlike video wat ook die week launch. Fokken Indiana Jones missions ek sê:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos, jack parow | 4 Comments