Category Archives: WKJ gigs

Die Watkykjy Pre-Apocalyptic Year-End Function by Zeplins

Die beste Afreakaanse blog in die heelal gooi 'n vet fokken jol by Zeplins in Tjoerras in die middel van die jaar. Ons noem dit sommer die Pre-Apocalyptic Year-End function, want die aarde gaan blykbaar teen die einde van 2012 vir die derde keer vergaan en ons wil nie uitmis op 'n moerse party nie, en ons wil ook nie dat julle op so iets epic uitmis nie.

Nog so paar redes:

1) Watkykjy word in Junie 12 jaar oud en ons is nou klaar met laerskool vibes. Kom join ons voor ons grootskool toe gestuur word.
2) Ons het onlangs die 10 miljoen merk vir unique waterkoppies geklap (alhoewel hierdie spesifieke score eers van 2008 af begin tel is)
3) Ons het fokken lanklaas 'n dik party gegooi
4) Ons is lief vir Zeplins (al vroeg van kindsbeen af)
5) Ons het Feed The Wolf ge-book
6) Ons het The Wedding DJs ge-book
7) Ons het dik fokken sound en ligte ge-organise
8) Ons het Die Antwoord ge-book
9) Hoekom de fok nie?

Die kaartjies is beskikbaar op Ticketbreak, so click hier om te gaan koop – daar is limited hoeveelhede en hier is hoe dit gaan werk:

  • Daar is 'n limited hoeveelhede "early bird" tickets beskikbaar teen R70 elk en daar is 'n limited hoeveelheid VIP tickets beskikbaar teen R200 elk. Sodra daai outjies uitverkoop is, is die res van die tickets R100 elk.
  • Wat jy kry vir jou VIP kaartjie: jy kan chill in die VIP section waar Braaiboy vir jou gaan braai, daar sal befokte snack platters wees, jy kry free shooters en so paar free drinks, 'n free copy van die nuwe Rolling Stone magazine en 'n free t-shirt. As ons nog shit vir jou kan organise tussen nou en dan, sal ons.
  • Vir die general admission outjies sal daar boerie rolls te koop wees vir basically next to fokol in die outdoor section. Ons gaan probeer skiet vir kosprys vibes.
  • Daar sal ook orals buite nice bonfires wees om julle warm en snoesig te hou en daar sal omtrent 4 of 5 bars wees sodat julle nie hoef te queue nie. Die fok weet, mens haat dit om te queue vir drank.
  • Deur die loop van die aand sal daar 'n hele klomp give-aways wees in die vorm van CDs, posters, dop en shirts.

Julle entertainment vir die aand: (join die Facebook event sodat jy remind kan word van die party: https://www.facebook.com/events/292875464125838/)

Ons skop af met Feed The Wolf – 'n 5 piece rock 'n roll band van Snor City af.

Daarna het ons vir julle Die Antwoord gekry. Hulle jol hierdie gig voor hulle weer na die overseas toe fokof en hulle jol die aand ook vir die eerste keer 'n splinternuwe track live wat hulle sopas record het. Dis fokken mal, trust ons.

Sodra Yo-Landi en Ninja klaarmaak sal die Wedding DJs die stage betree en julle ore en dansvoete looi met kief tunes tot fokken laat of tot hulle op die stage uitpass. Die Antwoord mag dalk 'n track of twee saam met hulle doen, you never know.

Die deure maak so 17:00 se kant oop en die bands begin enige tyd van 20:00 se kant af. Ons sal julle weer so paar keer kom herinner en met nog info klap as ons het, maar vir nou stel ons voor dat jy vir jouself kaartjies kry voordat dit uitverkoop.

Watkykjy pre-Apocalyptic party

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | Tagged , , | 4 Comments

Dear Diary – die afgelope RamJam en things to come

Dear Diary,

Soos jy al weet, Diary like ek dop nogals kwaai. Helfde van my entries hier tussen jou blaaie in is fuel injected penetration – pun intended. Soos jy ook weet is ek ‘n vet fan van Ram Jam hier ini Kuip. As jy al vergeet het wat RamJam is, wel dis hedonisme van die hoogste graad. Dis die ouens van die Wedding Dj’s se classic rock outfit. Daar was nou weer onlangs een en soos oudergewoonte was ek weer daar. Die keer was ek ook weer voor in die koor, bo-op die tafels en toe uiteindelik uitgeskop. FOKKON bouncers! Ek wil graag eendag 'n bouncer bounce. Anyway. Ek gan nou nie vertel hoe kwaai lekker dit was nie, so hier's ‘n klein 23 second photo montage oor die laaste RamJam. Geniet hom…

Verder, Diary raak dit nou winter aka reën heeldag, die wind pomp en almal is miserable asaf hulle babakatjie dood is op Kersdag vibes hier in die Kaap. Wel amper. Dis nogals tos want nou trek al die chicks meer klere aan en jy kan nie meer hulle heuwels en kurwes uit scope nie. Jy staan ook al hoe meer in die donker op en kom tuis in die aand na werk as dit al amper donker is. Verby is dae van long walks on the beach terwyl jy die sunset kyk en jou cherry styf om die lyf knyp. Anyway, fok somer, ek hou van die winter. Kaalgat voor die kaggel gesuip word en dan met vuur in die huis speel. Ja, dis ek daai, I kid you not.

Wel met die winter wat kom, is daar darem nog ‘n paar lekker parties soos die een die komende naweek. Converse Let’s take it outside is juis so opskop. Die manne van Converse tekkies gooi ‘n jol hier in Kuip town en spot 3500 free kaartjies. Gaan op ticketbreak.co.za om joune te claim. Hulle doen dit want hulle weet almal in die Kaap is poese en haat die buitelewe en niemand sal na hulle party toe kom as dit nie verniet is nie. Maar Converse gooi stywe jols. Wie onthou die Converse Block Party? Befok!

Mens kan seker nie veel sê oor die line up nie aangesien die party verniet is. Daar is darem ‘n paar piele acts soos Desmond and the Tutu's, Holiday Murray, Maoriginal vs. Toby2Shoes, Hyphen vs. SFR, White Nite en ‘n klomp ander. So dit sal beslis die moeite werd wees om uit te stiek as jy ‘n Kuipie is.

So Diary sien jou na die naweek as ons klaaar geduik en geploeg het en ek weer al die kak hier tussen jou blaai kom uitstort.
Hiers twee vids as julle wil kyk vir wat voorlê:

Mag die jirre die kak uit almal seën.
PoeskleinRuantjie, straight uirie Kuip.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 2 Comments

Boek launch – Een stad, drie rooikoppe, sewe dae

Vir dié van julle damduikertjies wat in Slaapstad woon, is daar vanaand 'n stukkie kulturele baardpie om aan te knaag. Chopper se vrou en haar suster launch vanaand hulle eerste boek, Een stad, drie rooikoppe, sewe dae by die Book Lounge in Roelandstraat, net oorkant die Kimberley Hotel. En voor julle in julle chinos kak oor dit 'n boek is en jy moet lees en maak of jy slim is, neem in ag dat die boek strippers, cocaine, tequila parties, Nigerian drug dealers en crooks en guns en seks en fokken als inhet. Check byvoorbeeld die snertsie hieronder uit:

Die cool ding daarvan om 'n stripper te wees, is dat mens meeste van die dag net kan rondhang en niks doen nie. Nie dat ek tegnies 'n stripper is nie. Of okay, miskien is ek tegnies 'n stripper, maar nie… ontegnies nie.  Of watookal.

Wat ek bedoel is dat die woord “stripper” my altyd laat dink aan daai hengse maer Oos-Europese kwaggas met die tuppertieties wat hulle kaal moemfies in mans se gesigte swaai en na die tyd sorg vir 'n happy ending. Jy weet wat ek bedoel. Daai girls met die swart omlynde lippe en die harde oë – ‘the dead eyes of those who’ve seen too much life’, soos my vriend Charles altyd sê.

Jissie, ek ril sommer.

Nee, nee, dis glad nie – maar glad nie – die tiep van ding wat ek doen nie. Ek en Chamonizelle (om te dink ek is vies vir my ouers…) het ons eie besigheid: goodcleanfunincapetown.com. En dis presies wat ons doen – goeie, gesonde pret, met net so bietjie van 'n lekker sexy edge. My stripshow is dan ook die tipe wat mens kan hou in gemengde geselskap (hier in die City Bowl, FYI, beteken dit 'n crowd van metrosexuals, muiskoppies, emokinders, thirtysomethings, kerkgangers, gays, punks, sportnerds… jy kry die idee) sonder dat iemand vrek van embarrasment of 'n te heavy houtie kry in die openbaar.

Nie te fokken kak nie, of hoe? Dis fokken free en begin sesuur. Met dop vir mahala. Event details op die Vleisboek: https://www.facebook.com/events/336808309713878/.

Ons sal ook hierso teen middel Mei 'n (obvisouly heavy biased) review kom gooi en 'n boek weggee aan 'n gelukkige Watkykertjie boekwurm…

lili radloff boeklaunch

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in WKJ gigs | Tagged | 3 Comments

Score tickets na ‘n paar lekker gigs toe. Even Kaapstad.

Ons het 'n hele vuis vol kaartjies na verskillende events toe om weg te gee, so ons looi sommer alles vandag in een kalenderpes inskrywing. Jy moet nou mooi kophou, maar ons sal jou help.

Hier is wat in die volgende twee weke gebeur (jy kan kaartjies na elkeen van hierdie events toe wen):

Centurion
Hierdie Woensdag, 14 Maart is Melt Sieberhagen se one-man show, 100% Volroom Melt by die Centurion Teater om 20:00 (ons gee twee double tickets weg)

Kaapstad
Hierdie Vrydag, 16 Maart jol aKing, Just Jinger en Louise Day by Trinity in Kaapstad om 20:00 (ons gee een set double tickets weg)

Die soortvan Joburg omgewing
Tarlton International Raceway hou die SA National Drag Racing Championship op Woensdag, 21 Maart (vakansiedag, wat 'n voldag event beteken en ons gee 3 double tickets weg)

Pretoria
Volgende Sondag, 25 Maart gooi Park Acoustics weer 'n groot event met 'n hele paar live bands by die Voortrekker Monument (ons gee 2 double tickets weg)

Hier is wat jy moet doen om te wen en dis fokken maklik:

Neem 'n foto van die mooiste of zefste kledingstuk wat jy besit. Die kledingstuk waarop jy die heel trotsste is. Dit kan jou belt, jou tekkies, jou onderbroek, jou wolmussie of daai kouse met die tone wees. Mail dit na griffin@watkykjy.co.za en tune ons na watter event toe jy kaartjies sal wil score. Hoe gouer, hoe beter. Ons sal die wenners se entry foto's op Watkykjy drop sodra ons submissions vir al die events het. First kam, first surf.

Die details vir al die events:

100% Volroom Melt. Centurion Teater. Woensdag 14 Maart 2012, 20:00.

Die debuut eenmanvertoning van Ventersdorp se vreemdste uitvoerproduk. Ooit. Hierdie vertoning word geklassifiseer as 'n stand-up komedie aanbieding. Alhoewel die kunstenaar betrokkemelt sieberhagen by hierdie spesifieke aanbieding ook te sien en te hoor is in ander aanbiedinge is hierdie aanbieding bloot 'n aanbieding van persoonlike ervarings, humoristiese opmerkings, kwinkslae en sommige flou grappies wat jy eers in die kar gaan vang, net voor jy by die huis kom. Alle opinies in die aanbieding is die van die aanbieder self en reflekteer nie die opinies van enige
ander aanbiedings waarby die aanbieder in die aanbieding daarvan betrokke is nie.

- Book by Computicket

aKing, Just Jinger en Louise Day, Vrydag 16 Maart, 20:00 by Trinity in Kaapstad.

Venue: Trinity Club, 15 Bennett Straat, Kaapstad

aking_JJ_2_v2

Tickets: R130 Presold by www.webtickets.co.za – R150 by die deur, R250 VIP

Meer oor Louise Day: 2010 saw the start of pre-production work on the second album which was planned to showcase the more rock-orientated, edgier sound that had developed naturally over the last year of intensive creative exploration, with one of the SA’s top producers, Theo Crous, coming on board to add to the magic. These developments got the attention of some of the top major record labels in the industry and the band signed with Sheer Music in 2010. The bands second debut album “Swallowed by the City” was released in October 2010 and received a SAMA (South African Music Awards) nomination for best Pop Album.

Suid-Afrika se National Drag Racing Championships, Woensdag, 21 Maart. Tarlton International Raceway, Krugersdorp.

Dit is round 1 van die 2012 National series. Wat die event special gaan maak is dat hulle 'n bra van Swede het wat n “Top Fuel Funny Car” ge-import het. Hierdie ou wil die SA rekord kom breek. Die kar hardloop op 97% Nitromethane en maak so 6000 perde oop op die tekkies. In Europa het die monster 'n fokken wilde 4.81 seconds op die quartermile gedoen en behoort 5.4 to 5.6 hier in SA te kan gooi. As dit nie vir die lugdrul was nie, sou hy dit miskien vinniger kan doen.
 
Die huidige rekord staan nou op n 5.677 sekondes teen 414km/h en behoort aan Nico van Rensburg wat die rekord in 1998 opgestel het. Dis effens vinniger as Gareth Cliff wat al die pad van KZN sy spoed moes opbou om 182km/h in Tjoeras te bereik.

drag racing by tarlton

Park Acoustics, 25 Maart, 11:30, Fort Schanskop (Voortrekker Monument), Pretroria

Mr. Cat & the Jackal, Fulka, Float Parade en 3rd World Spectator jol by die Voortrekker Monument. R55 online by TicketBreak en R65 by die hek. Hekke maak 11:00 oop en die bands beginpark acoustics 13:00 jol. Mr. Cat & the Jackal, Fulka, Float Parade en 3rd World Spectator jol by die Voortrekker Monument. R55 online by TicketBreak en R65 by die hek. Hekke maak 11:00 oop en die bands begin 12:00 jol. Jy kan oudergewoonte jou cooler box, jou kinders en jou ouma saamneem. Moenie jou picnic basket vergeet nie. Jy kan nie stadig geswaai raak op 'n lee maag nie.

Jy sal voor Carte Blanche oppie TV is by die huis wees. (as jy nie by die afterparty op die deck vashaak nie)


Ons gaan na elkeen van hierdie jols toe gaan en sien veral uit na die drag racing op Human Rights day. Het julle enige idee watse tipe van zef kak daar gaan uitbroei? Ons sal die kamera's saamvat…

Check julle by die parties!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 2 Comments