Check vanaand ook sommer Die Flying Dutchmen uit saam met John Vlismas by Steak 'n Ale in Centurion. Kief comedy en 50 skille kry jou in by die deur.
Hierso is die Wedding Naaiers se volgende gig vir julle Kaapse konte:
Check vanaand ook sommer Die Flying Dutchmen uit saam met John Vlismas by Steak 'n Ale in Centurion. Kief comedy en 50 skille kry jou in by die deur.
Hierso is die Wedding Naaiers se volgende gig vir julle Kaapse konte:
Die Wedding DJs of laat ons eerder sê die Wedding Naaiers soos ons graag na hulle hier op Watkykjy verwys jol Vrydag 10 September by Tings n Times in Hatfield van 23:00 se kant af. Entrance is 'n skamele 20 skille, so kom maak 'n draai en kom skud so bietjie jou holvere wild rond op die zefste tunes wat die 80s uitgekak het.
Tings se kos is ook nie te kak nie. Try gerus die cheesy jalapenos. Onthou net, as jy daai outjies gaan tand met 'n oordosis Jagies gaan jy jou Saterdag oggend begin hand-stands in die shower.
Speck jou daar, my blaar.
Al hierie blare en nog meer gooi 'n dik jol by Assembly in Kaapstad, Saterdag 29 Mei. Jy gaan in elk geval halfpad gekettie wees na die groot rugby, so jy kan maar net sowel all-out gaan. En nou kan jy tickets score.
Ons gee twee double tickets weg, komplimente van Die Heuwels Fantasies. Vertel ons hoekom jy die tickets moet wen, sommer in die comments. Die twee marabsies met die beste of mees oorspronklikste antwoorde wen. Om R140 te score is beter as 'n skop in die pille.
Wenners word Vrydag lunchtyd bekend gemaak.
Wedding DJ’s en Roxette team op vir SA toer.
Chopper Charlie en SuperDeluxe3000 aka The Wedding DJ's is gekies as opening act vir Roxette se toer in SA.
Ons is nie seker of ons hulle geluk moet wens nie, maar doen in elk geval so: Geluk, ouens?
Update van die desk van Chopper H. Charlie:
Hierdie is 100% genuine my bra's, net 'n blind datum om dit bekend te maak, maar die Wedding DJs open for real vir almal se favourite sokkie band Roxette.
Hopelik kry ek dit reg dat die mense my Roxette "Look Sharp" tape sign en dan wil ek ook so simpel foto hê met so cap op en wat so thumbs up wys saam met die band wat so ongemaklik lyk.