Category Archives: watkykjy tips

‘n Kief kallakoen resep vir Krismis

As jy nog last-minute rondskarrel soos 'n afkop hoender virre kalkoenresep vir kalkoen gaan afkakkrismis, probeer hierdie een. Ons kan nie guarantee dat hy gaan werk nie, want ons sal self eers uitvind of dit 'n kak idee was as almal aan tafel se onderlippies te begin bewe.

Ons werk hierso met 'n medium kalkoen vir alle praktiese doeleindes. Dit voer omtrent  6 tot 8 mense. Of een baie alleen mens met 24 katte.  En moenie skiem medium werk met kalkoen soos dit met onderbroeke werk nie. Jou zaber is nie naastenby 3 tot 4kg swaar nie. Ja dis reg, liefie jok vir jou ego se onthalwe.

Onthou, hierdie gaan tyd vat – jy is nie besig om 'n fokken polony toeba te maak nie. So as jy matriek op 'n pienk of geel vraestel geskryf het, vra vir iemand om toesig oor jou te hou of gaan koop McDonalds. Moet net nie dat hulle jou met die kleingeld kroek nie, Corki…

Wat jy nodig het:

Vir jouself (jy kan self uitfigure hoe hierdie deel werk):

1. Ten minste een spanlid om jou by te staan of heeltyd kak te hap
2. 'n Goeie mixtape
3. Genoeg drank om jou en die spanlid ses ure lank besig te hou. Of interessant vir jouself. Of om jou persoonlikheid te gee.

Vir die brine / sous:

1. 'n Medium kalkoen. (Sonder 'n kalkoen kan jy nie 'n kersfees kalkoen maak nie, so gaan bere daai pak visvingers en kom terug)
2. 'n Halwe koppie sout
3. 'n Kwart koppie bruin suiker
4. Twee liter water.
5. 'n Halwe eetlepel peperkorrels

Vir jou aromatics vibe:

1. Een rooi appel. Hoekom rooi? Want 'n rooi appel is 'n mooi appel (as jy nie van appels like nie, probeer lemoen of whatever. Net nie piesang nie. Net hoere eet piesangs)
2. 'n halwe ui
3. 'n halwe kaneelstokkie (cinnamon) – jy kan seker die poeier ook gebruik. Fok, ek weet nie.
4. halwe koppie water – pretty much enige kraan het water.
5. Twee rosemary takkies – as jou goose se naam Rosemary is, moenie in haar broek rondkrap vir takkies nie.
6. Drie sage blare (Spar, Checkers en Pick 'n Pay stock hierdie goed. Is jy nog by?)
7. Kwart koppie Canola oil of whatever oil jy gebruik (nie daai oorskiet vet wat jy vries in 'n blik vir jou bacon en eggs nie. Ook nie Castrol nie, jou sif naai) 

Prep die fokken ding en laat waai:

1. Bliksem al die sous se goeters bymekaar in 'n pot en kook dit. Roer tot alles opgelos het. Obviously gaan die peperkorrels nie oplos nie, so moenie fokken simpel raak nie.
2. Haal van die stoof af en laat die sous chill tot kamertemeratuur en laat hom dan chill in die fridge tot hy lekker koel is. Hy moet amper vires. Of jy kan die pot direk van die stoof af in die yskas sit. Dis jou yskas, so jy kan hom opfok soos jy wil.
3. Laat die aand voor jou gaan spinnerakke gooi in die stort, of vroeg die volgende oggend (verkieslik voor jou oggendkak) sit die kalkoen met sy tiete na onder in die sous vir omtrent 2 ure. Dit moet in 'n koel plek wees. Jou knotty-pine bar tel nie, al dink jy dis fokken cool. Gebruik maar die yskas.
4. Draai die kalkoen om op sy rug en laat hom chill vir nog so 2 ure in die sous.
5. Voor jy die outjie gaan looi in die oond, pre-heat die oond op 260. Dis nou grade celcius, nie kilometer per uur nie.
6. Vat nou jou aromatic bestanndele: appel, ui, cinnamon stokkie en water en bliksem dit in die microwave vir 5 minute op high. Obvisouly in een of ander container, anders is dit fokken nag.
7. Haal die kalkoen uit die sous uit en spoel hom binne en buite af met koue water.
8. Poes die sous weg.
9. Sit vir Big Bird op 'n wye pan en droog sy boudjies af met paper towels.
10. Gooi al daai goed wat jy ge-microwave het in die kalkoen se hol in. Gooi nou die rosemary en sage ook in die hol in.
11. Smeer meneer Koen nou met olie orals oor sy lyf terwyl vir hom vertel dat hy warm plek toe gaan. Lees maybe iets uit Openbaring uit vir dramatiese effek.
12. Sit jou oondrak op sy laagste in die oond. Laer as jou Fiesta se suspension.
13. Roast jou kalkoen vir 30 minute teen 260 grade celsius.
14. Haal hom weer uit, draai hom toe in tinfoil sodat hy soos die blikmannetjie lyk van Wizard of Oz.
15. Draai die heat af na 150 grade celcius toe en sit vir Kulu terug vir die laaste 2 ure. As jy wil fancy wees kan jy een van daai timed termometers op 70 grade stel en in die dikste deel van Kulu indruk. Gewoonlik daar by die tiete rond.
16. Haal vir Kulu uit en laat hom rus vir 15 minute. Of jy kan soos 'n dom poes toelaat dat almal onmiddelik soos honde aan die outjie begin kou en dan jou liplose familie ER24 toe vat. Of HF as jy nie medies het nie.

As jy van garlic smaak kan jy min of meer dieselfde boonste metode volg minus al die bestanddele en net die hele kalkoen met sout, botter en garlic smeer.

Alternatiewelik kan jy almal vermaak met 'n hoender wat soos Malema lyk as plan B soos wat ons verlede jaar gemaak het:
malemahoender
 

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | Tagged | 9 Comments

Goeie nuus vir outjies met websites en blogs – maak zak

Sommiges van julle weet dalk dat dit poesduur kan raak om 'n heavy next level website te run soos Watkykjy, maar ons word darem gehelp deur advertisers om die pot aan die kook te hou en die water en ligte te betaal. En Breitlig horlosies, en die kar en die huis.

Jou besigheid of persoonlike website of blog kan nou betaal vir sy eie hosting en uitgawes. Jy kan self bietjie zak oorhou om vir mamma daai rubberpiel met die batteries te koop as jy rappie kyk. Die ouens by Afrigator maak nou die deure oop vir  meer mense om te join.

Aanvanklik was dit net die 25 heavy next level websites in SA. Kiepie mag nou ook eet,

Dit beteken dat 'n sekere selection companies sal adverteer op jou website en jy so paar sente sal kan maak.

Click op die krokkodil om te join, ou grote.

afrigator

Daar is 'n R250 joining fee, maar jy sal dit vinnig terugmaak. Gaan check gerus na wat hulle top 10 blogs ge-earn het. Watkykjy is ook daar. Jy moet maar raai in watse posisie ons is.

Jy check, ons deel so nou en dan ons geheimpies met ons maats.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in watkykjy tips | 2 Comments

Wen fokken groot met Watkykjy en Funky Fridges

Hierdie is een vir die kreatiewe Watkykertjies of die Watkykertjies wat kreatiewe vriende, kenisse of familie het.

Ons run ons grootste kompetisie ooit op Watkykjy saam met die ouens van Funky Fridges. Die kompetisie sal hardloop vir 'n maand lank en jy Watkykjy fridgestaan die kans om kiefpiele pryse ter waarde van ongeveer R7500 te wen.

Nou checkit – Funky Fridges maak jou ou faktap of nuwe blink yskas, vrieskas of barfridge next level. Kies vir jouself een van die designs wat reeds op hulle site beskikbaar is, tune jou yskas se size en hulle stuur vir jou 'n DIY kit met alles wat jy nodig het. Jy kan jou yskas of vrieskas soos fokken enige iets laat lyk deur jou eie designs vir hulle online te submit: 'n Bloubul yskas, Darth Vader, 'n stripper op 'n paal binne jou fridge wat met 'n piesang speel, 'n telefoonhokkie, District 9 prawns, die SA vlag, jou favourite band, 'n groot boks melk, jou Ford Escourt se engine wat langs die eiers park. Fokken whatever jy wil. Gebruik jou verbeelding.

Hulle sort jou dan uit met die nodige stuff, courier of pos dit vir jou en jy sort dit self uit in minder as 'n uur. Moenie worry nie, ons gaan nou vir jou videos ook wys van hoe alles inmekaar steek. Eers die kompetisie, die pryse en die reels:

Die kompetisie:

Dis fokken maklik – Kyk na die twee videos hieronder wat vir jou 'n idee gee van hoe Funky Fridges se stuff werk. Design jou eie Watkykjy yskas. Wen poescool pryse. Ons het die Watkykjy fridge getune in like 35 minute of iets. Dit sluit drinktyd en rondfokkery in. Visit hierdie link om deel te neem aan die kompetisie. Onthou, jy moet die Watkykjy logo iewers in jou design gebruik.

Die pryse:

1. Eerste prys is lekker kief – WAARDE R4500

Die wenner vir eerste plek skraap hierie outjies:

  • 'n Hisense (of similiar) 230 liter fridge/freezer combo, kompleet met die volle wrap-around Watkykjy design soos gesien in die video hieronder OF die wenner se eie volle wrap around design wat die voorste kant van die yskas cover, sowel as die kante.
  • 'n Keuse tussen EEN van die volgende om jou nuwe Funky Watkykjy Fridge te stock:

- 4 kaste Castle OF Black Label OF Windhoek Lager bier PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

- Twee bottels Ricky Lou en 'n blikkie coke plus twee kaste bier soos bo genoem PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

- Twee bottels Klipdrift en 'n blikkie coke plus twee kaste bier soos bo genoem PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

2. Tweede prys – WAARDE R2350

  • 'n KIC (of similar) bar fridge met 'n keuse van die Watkykjy design (soos gesien in die video) of die tweede plek wenner se eie design, slegs vir die voorkant van die fridge
  • Een kas bier (Castle/Black Label/Windoek)
  • Een bottel Bells of Klipdrift
  • Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

3. Derde prys – WARDE +/- R550

  • Die Watkykjy design of die derde plek wenner se eie design, slegs vir die voorkant van sy eie yskas wat hy reeds besit.
  • 'n Buddy Coke

Reels, regulasies, kak en hare en voorwaardes:

  1. Die kompetisie se submissions vir die designs sluit Vrydag 18 Julie 2010 om 12:00. Enige submissions na dit sal ingore word soos 'n straathoer.
  2. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
  3. Watkykjy sal designs op die site gooi soos hulle inkom nou en dan, om lesers te remind van die kompetisie.
  4. Jou design of submissions van enige aard mag ten alles tye op Watkykjy of Funky Fridges gebruik word as deel van hulle catalogue.
  5. Watkykjy of Funky Fridges kan teen enige tyd besluit om die kompetisie te staak indien daar volgens ons nie voldoende inskrywings is nie.
  6. Die judges van Watkykjy en Funky Fridges sal saam besluit op 4 finaliste, waarvan 3 obviously die pryse sal wen.
  7. Lesers van Watkykjy sal vanaf Maandag 19 Julie tot Vrydag 30 Julie kans kry om vir die beste designs te stem by wyse van Watkykjy se stempaal.
  8. Die wenners sal weet wie hulle is teen omtrent 1 August.
  9. Die wenners sal hule yskaste en dop by hulle naaste Mako gaan oplaai as dit buite die R150 delivery fee val. Funky Fridges sal tot en met R150 betaal vir Makro se delivery. Die fridges designs sal aan hulle gestuur word deur Funky Fridges.
  10. Inskrywings is slegs geldig via hierdie link om deel te neem aan die kompetisie. Moet dit nie aan Watkykjy mail nie. Ons druk shift+delete.

Right, hieso is vir julle twee videos. Die eerste een het ons vinnig aanmekaar geslaan terwyl ons die Watkykjy yskas uitgesort en brannas gedrink het en die tweede een is 'n instructional video om vir julle te wys hoe fokken maklik dit is om jou kakboring yskas next level te vat.

Ons sal julle elke Vrydag net voor ons duik remind aan die kompetisie.


Jy check? Jy weet jy fokken soek een! As jy nie lus is om te wag vir die kompetisie nie, gaan bestel sommer jou eie een. Dis regtig nie duur nie en dit lyk befok.

Hier is die volle instructional video as die ninja te vinnig was vir jou brein:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | Tagged | Comments closed

‘n Briefing vir die Kaaskoppe se 1ste World Cup game in Soccer City, Zuid Afrika

vlagjeGoeiemore, appeltjies van Oranje. Ons het so paar tips vir julle outjies wat die game in Soccer City gaan speck Maandag. Dis moer basic tips vir ouens wat nie uitmaak van SA nie en wat die eerste keer by ons kom kuier.

So hier gaan ons:

1. Het jy al Soccer City van bo af gesien? Ek fokken organise vir jou 'n lift schop-chop.  Normaalweg as iemand jou dit tune, draai jou kop 15 grade links en duck, want 'n poesklap is oppad (en ons praat nie van katte nie). Maar seriously, het jy al Soccer City van bo af gesien? Hieso is hy:

2. Jy gaan 'n vuvuzela nodig kry. Ek dink julle outjies noem hom 'n "herrietoeter". Myne was R20 gewees. Jy behoort enige iets van 20 Euro af opwaarts te betaal vir jou oranje een, maar as jy 'n tjommie maak met 'n local sal hy vir jou een score vir 20 skille – Zuid Afrikaanse skille. Onhou, die ouens met die groen en wit strepe is nie Suid Afrikaners nie. As hulle jou tune jy kan $20 mil kry van 'n afgestorwe prins of prinses se shares in BP, trek uit jou klompe en kouse en hardloop laat jou ballas klap.

Right, nou het jy jou vuvuzela, maar hoe gebruik jy hom? Wel, daar is twee maniere. Die eerste manier is waneer julle byvoorbeeld teen Denmark makarapaspeel – druk jy die vuvuzela se klein kant styf teen jou lippe, pers jou lippe saam en maak 'n poepgeluid. Die vuvuzela sal hom amplify en dit sal klink soos 'n olifant wat deur 'n walvis genaai word. Phwaaaaaap!

Die tweede manier is tien teen een onwaarskynlik, maar dit sal wees wanneer julle teen Bafana speel. Jou naaste local sal jou help om die vuvuzela in jou poefgaatjie op te druk (hopelik die klein kant). Die prinsiep bly dieselfde – knyp jou boudlippe styf saam en blaas. Die geluid by jou boude sal nie so luid uitkom nie, maar bokant sal jy vermoedelik klink soos 'n olifant wat deur 'n walvis genaai word. In hierdie geval, noem jy hom 'n "kerrietoeter".

3. Jy het 'n makarapa nodig wat jy ook sommer buite die stadium kan koop. Jy sal ongelukkig nie jou zol onder die hoed kan wegsteek nie, want die ding het gate aan elke dinkbare kant. Dit sal ook nie die koue uithou nie, obviously, so trek maak 'n wolmussie aan. Jy kan jou zol wegsteek onder die wolmussie, maar doen so op jou eie risiko. Die tronke hieso is nogal grim. Die ouens fok nie rond nie. Hulle fok jou boude.

heineken4. Drink voor die tyd so paar Heinekens. Kyk, julle ouens maak next level bier, en omdat FIFA sy piel orals gaan indruk het waar daar gate is, is Budweiser ongelukkig aangewys as die official bier van die World Cup. Net Sepp se Bladder sal daai een verstaan. Fokken blaaint.

5. Ek weet nie mooi wat julle volkslied is nie, maar as mens Youtube kan glo, is dit Het Wilhelmus. Daai outjie is moer lank. Check, dis n baie mooi anthem, maar sing eerder hierdie een en erken dat julle ook so bietjie zef is in julle harte:

6. Laastens – fok vir Denmark six love op met die sokker en geniet Suid-Afrika. Jy sal vind dat Suid-Afrika 'n fokken lekker plek is. Try ook om so paar van ons bands uit te check. Hulle is orals.

Julle is moerse welkom in Suid-Afrika. Gaan groot of gaan klein.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 11 Comments