Category Archives: watkykjy tips

Die iPad se pryse drop as jy van plan was om een te koop…

More maats,

Hierdie is maar net 'n heads-up sodat julle dalk nie genaai word nie. Ons gee so nou en dan darem bietjie useful tips. Maybe was een van julle oppad om 'n iPad aan te skaf die week… Die goed se pryse drop nou. Maak met die info onder die pic waarmee jy wil.

ipad


Hi,

Due to the announcement of iPad 2 internationally, we will be decreasing the pricing on the first generation model locally. The new pricing for the first generation model is listed below. Let me know if you have any questions.

iPad Wi-Fi 16GB R3899
iPad Wi-Fi 32GB R4899
iPad Wi-Fi 64GB R5899
iPad Wi-Fi + 3G 16GB R4999
iPad Wi-Fi + 3G 32GB R5999
iPad Wi-Fi + 3G 64GB R6999

Taryn Hyam
Communications Manager
Core Group

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in watkykjy tips | 8 Comments

Useless feite by ‘n kak braai

Jy word uitgenooi na een of ander braai of dinner waarvoor jy fokol lus is, maar jy moet saamdrentel want jy is aan die begin van jou verhouding met 'n chick met lekker tiete en en 'n maag waarop jy bosveldhout kan kap. Jy het nog nie veel verder gevorder as first base nie, want die broers, pa, neefs en die res van die family probeer jou nog uit-suss. Hulle is heavy stywe Afrikaanse mense en jy dink nie hulle het al ooit van Watkykjy gehoor nie, so jy het fokol om oor te praat.

Of in 'n ander setup, is jy dalk by een of ander snooty buitelig kaas en wyn aand ingeboelie deur soorgelyke bogenoemde meisie en al wat jy wil doen is suip, saag en wheelie. Al wat die neus-in-die-lug mense wil doen is om politiek, kak en kultuur te praat.

Klap hulle met hierdie kakboring Afrikaanse feit. Omtrent fokol mense weet hiervan. Dis hoe jy hom uitrol:

"Hey ouens, terwyl almal nou so pretensieus staan en kak praat oor goed waarvan hulle acutally fokol weet, hier is vir julle iets: Weet enige van julle waar die benaming vir Hartbeeshuisie vandaan kom?"

Jy kan so bietjie pause vir effek terwyl die een meisie in die geselskap met die kort ge-gelde, oranje, lesbian windtonnel hare en die vierkantige swartraambril (wat nie eers 'n fokken leesbril is nie) haar Idiom Cabernet Sauvignon-Merlo-Cabernet Franc 2006 in die glas rondrol.

Net nadat sy 'n sluk vat en net voor sy haar smoel oopmaak om heel moontlik 'n klomp kwazi-intelektuele tos uiter, val jy haar in die rede (terwyl jy jou zip oopmaak om hipster meisielangs die vuur in die roosbedding te pis. Sigaret in die bek.): "En nee, dit is nie 'n samestelling van die woorde "hart" en "bees" nie. Dit het actually fokol met beeste of hulle harte uit te waai."

Jy gaan dan voort, half-dronk, dog vol selfvertroue en wieg heen en weer in jou Crocs soos jy oor die rose sprei: "Die woord 'Hartbeeshuisie' is actually 'n samevoeging van die woord 'harub' wat 'n Khoi woord is vir 'biesies', die actual Afrikaanse woord vir 'biesies' self en dan obviously die woord 'huisie'. Dit sou dus direk vertaal kan word as 'Biesie-biesie-husie'. Dis faktap, ek weet, maar dis die fokken  waarheid." Miskien kan jy dan ook byvoeg, net voor jy die oorblywende druppels jou piel afskud: "Daar moes seker poesbaie biesies gewees het in Hartbeespoortdam voordat almal daai Toskaanse komplekse gaan staan en bou het. Kyk hoe kak almal nou so lekker saam in die dam. Lekker oorbevolking. Hulle eie skuld."

Skiet jou stompie oor die muur, verlaat die geselskap en gaan haal nog 'n bier uit jou coolerbox.

Second base met die goose is joune.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 21 Comments

Beplan jou 2011 leave days

Is jy al klaar gatvol vir 2011? Wil jy weet wanneer die volgende holiday is?

Moenie uitmis op moontlike af dae hierdie jaar nie. Kom ons help jou vinnig beplan. Ons het 'n Oultook Calendar aanmekaar geslaan met dae om te duik vir 2011 se  SA public holidays. Right click, save as en double click op die file en dit sal install in Outlook: WKJ_Duik_dae

Ons het ook 'n reminder gegooi vir die begin van elke maand wat 'n public holiday bevat, om jou te tune watse dae om af te vat sodat jy nie uitmis wanneer jou doosneus kollegas die gun probeer jump nie. Jy weet hoe dit is – daar is altyd een of ander poes wat die dag afvat wat jy gesoek het en dan is dit klaar te laat, want iemand moet die krane by die rioolplaas dophou 24/7. Dis nou bietjie geagte kollega doosneus se beurt om die kakpype op te pas.

Hier is 'n vinnige rundown van wat jy kan doen in 2011. As jy hierdie gids volg, hoef jy net 6 dae van jou leave te vat (so stuk-stuk). Dit sal jou met meer as genoeg vir Desember ook los, jy check? So jy kan elke maand af vat een of ander tyd en aan die einde van die jaar nie so fokken uitgeput en huilerig wees nie.

Maart:

Vat Vrydag 18 Maart af – Maandag die 21ste is for free (Human Right's day).

April/Mei:

Vat Dinsdag 26, Donderdag 28 en Vrydag 29 April af – Vrydag (22), Maandag (25), Woensdag (27) en die volgende Maandag (2 Mei) is freebies – Paasnaweek, Freedom Day en Werkersdag. Jy score 11 dae deur net 3 verlof te vat in April.

Junie:

Vat Vrydag die 17de Junie af. Die 16de is Youth Day.

Augustus:

Vat Maandag 8 Augustus af. Dinsdag die 9de is Vrouedag. Daai naweek is ook Oppikoppi. Dit kick ass om eers op 'n Woensdag by die werk aan geslenter te kom voor dit amper weer naweek is.

Desember:

In Desember val die 16de vir Reconciliation day darem op 'n Vrydag. Kersnaweek en nuwejaar druk ons weer 'n pit oor die naweke. Jy moet maar self besluit wat om hierdie maand te doen.

Wat van die ander maande?

Februarie is korter as die ander maande en gaan vinnig verbygaan, so moenie oor hom worry nie. Julie, September en Oktober is die outjies om voor uit te kyk hierdie jaar. Hulle score ons nie freebies nie. Braaidag in September val op 'n Saterdag hierdie jaar. So wat maak jy met hierdie maande? Jy het mos siekverlof. Kyk hoe mooi versprei is die maande uitmekaar uit. Bietie griep hier, bietjie spuities daar, 'n migraine of twee. Moet net nie op Vrydae of Maandae gippo nie, want dan het jy 'n briefie van oom dokter af nodig. Niemand sal mos weet nie. Befok?

Befok.

voel kak

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in watkykjy tips | 20 Comments

Doen dit vir Suid-Afrika!

Hello sportsfans! Kom ons help mekaar bietjie on India se krieketfans op te fok op die interwebs. Suid-Afrika loop so bietjie agter en dis moontlik omdat niemand van hierdie online game weet nie.

Hier kan een van twee dinge gebeur:

1. Jy is in elk geval heavy bored in jou eerste week terug by die werk en jy wil games speel om die tyd om te kry. Die baas kyk nog nie oor jou skouer nie en meeste mense is nog op holiday. Befok. Ons het jou gered.

2. Jy is een van daai moerse kompulsiewe mense wat ten spyte van die baie werk, hierdie game gaan speel totdat jy ge-fire word. Hulle gaan jou letterlik by die kantoor uit moet dra.

Waarskuwing: Die ding is fokken addictive. Click op die pic om saam te speel:

stick cricket

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in flash game | 10 Comments