Dis alweer die laaste dag van die jaar. En niks gaan uitwerk soos jy dit beplan nie. Sedert Noag twee van elke dier op die ark gelaai het (minus al die dinosaurs) pis dit altyd neer op Oujaarsaand en fok partytjies op. Jy gee jouself aan drank oor en die volgende dag is die huis vol modder, daar is voetspore teen jou ceiling en jy't al jou Kerspersente opgefok. Daarna sit jy saggies en ween terwyl jy jou kniegies vashou en stadig vorentoe en agtertoe wieg en prewel asof jy deur 'n Rhema kerk ge-indoktrineer is. Kyk, ons kan jou nie daarmee help nie, maar ons kan at least so paar tips gee om jou voor te berei vir die hangover wat jou op die klokke gaan skop of so paar wenke soos 'n poep loslaat om die hangover te vermy. Jy gaan nie luister nie, dis feite, maar ons sal nogtans ons kant bring. Hier is so paar voorsorg en -nasorgtips. Almal lekker deurmekaar gegooi.
1. Drink kakbaie water
Jy het hierdie al by almal gehoor. Die hele fokken tyd. Jou liggaam het ten minste twee liter water per dag nodig om normaalweg te function. Dit maak die trippie na die porseleintroon toe ook meer draaglik. Water lube jou poefkanaal en verhoed dat jy bokdrolle die size van poolballe sit en uitforseer deur 'n sleutelgat. Drank dehidrate jou lyf (net soos koffie) en jy moet daai water replace. Voor jy jouself oorgee aan drank, begin at least met 'n twee liter bottel water. Jy gaan baie pis, dalk minder uit jou ogies uit. Drink ook sommer 'n glas water vir elke alcoholic drink wat jy drink. Sure, dit gaan gay lyk maar jy gaan die volgende dag minder gay lyk as Pieter-Ben wat uitgepass in die hondehok lê met piele wat met permanent marker orals oor sy bakkies geteken is.
2. Suip iets soos Soberac
Die fokken goed werk net. Dis een of ander koolstofpil met milk thistle en anti-oksidante wat help om alkohol in jou lewer af te breek. Jy klap twee voor jy begin suip en twee nadat jy gesuip het. Die trick is natuurlik om te onthou om die laaste twee pille te suip voor jy katel vat. As jy dit kan bemeester sal jy die volgende oggend op about 95% kan function. Geen hoofpyn nie en geen weird smaak in jou mond soos 'n rot wat daar gaan paar het nie.
3. Meng jou drank
Ja toe, meng jou drank! Jy is mos pa se oudste en enigste. Sommer bier, wyn, gin, brannas en shooters. Fokken aap. As jy nou vir kak wil soek dan moet jy hierdie tip ernstig opvat. Ons weet hoe dinge werk. Jy wil net eers so paar biere drink om jou 'n lining te gee voor jy oorslaan whiskey en shooters toe. Ons weet dis onmoontlik om by een drink te stick en dis fokken boring, maar probeer sover as wat jy kan om nie te veel te mix nie.
4. Eet iets voor jy begin suip
Enige iets. Ses pakke chips, 'n steak, pap en runaways, whatever. Kry net iets in jou pens want as daar fokol is om die drank te absorbeer gaan dit reguit lewer toe om PK's uit te deel voor dit jou lyf aan die binnekant soos 'n krimpie se handpalm laat lyk en by jou hol uitskiet.
5. Vang 'n stort of 'n swem
Moet net nie dronk in die swembad inkont nie. Kans is dat almal wat die vorige aand groot gepraat het oor hulle standerd 4 swem medaljes met vlerkies aan sal sink. As jy 'n stort vang, klap hom so koud as moontlik. 'n Stort steek ook trane weg, so gebruik hierdie tyd om soos JubJub te huil. Moet ook nie draties kap nie, want jy weet nie of jy nog fluid release kan bekostig nie. Plus mense gaan dink jy is vreemd as jy staan en apie wurg in die vlak kant. Jou bure se kinders sal ge-scar wees for life.
6. Vang 'n vet kak
Hopelik voor jy gaan stort. Jy wil nie in jou swembroek die res van die gewonde soldate join aan die brekfistafel en dan agterkom jy het jou boude verkeerde kant to af gevee nie. Briekmerke oor mens se rug is onsmaaklik. At least kan jy dit in die stort afspuit. Jy moet ook onthou dat alles wat deur jou lewer gejaag is nou hazardous material is en jy het net een kazozpyp. Daai goed moet uit. Dit gaan ook nie mooi ruik nie. Onthou, drank word van vrot goeters gemaak. Of dit nou sneeudierdruiwe, aartappels, hops of piesangs is.
7. Moenie drinks down nie
Jy is nie meer twaalf nie. Jy het niks om te bewys nie. Of miskien het jy alles om te bewys. Ag nee wat, down maar die drinks. Kom vertel ons hoe awesome jy was.
8. Moenie heavy kak beplan vir die volgende dag nie
Jy het vergeet dat jy die family oorgenooi het vir 'n braai. Nou moet jy in die son staan en steaks omdraai vir vyftien mense met 'n apie op jou rug terwyl jou pa jou speech en jou ma huilerig aan jou ouma vertel dat sy "jou nie so grootgemaak het nie". Of maybe het jy iemand belowe jy gaan hom of haar help trek na die nuwe woonstel toe. Die eerste Januarie is mos 'n great tyd om te trek.
9. Slaap dit af.
Dis about die enigste ding wat help vir 'n moerse hangover waarvoor jy nie "beplan" het nie. Sit die fan aan, sit die TV saggies aan op die agtergrond, gryp 'n duvet en 'n bottel water en suffer dit uit op die couch of in jou bed.
10. Drink en vreet regmakers
Hier beklemtoon ons weer water. Drink water. Fokken baie. Jy kan as jy lus is 'n paar hoofpynpille ook afsluk, maar onthou dat daai outjies ook deur die lewer moet gaan. Gaan koop iets by die Engen wat elektroliete inhet. Iets soos Powerade. Monster Energy verkoop ook 'n nuwe produk genaamd Rehab wat wondere verrig. 'n Klomp mense reken dat 'n groen ambulans ook die ding doen – Creme soda. Hulle praat kak. Dis fokken mind games. Gaan koop ook sommer 'n family bucket by KFC en vreet iets vetterig om jou ingewande weer in gear te skop. Daai pomp moet loop en die pistons en valves moet hulle ding doen.
11. Hair of the dog
Hierdie is about as stupid as it gets. Hou aan suip. Klap soveel blerrie merries en bier as wat jy kan. Gin en tonic werk ook goed. Sluk dit met so paar pille af. Rook sommer 'n zol ook en praat stadig soos Zuma. Al wat jy doen is om jou hangover uit te stel na later toe, en dan gaan jy fokken kak, ou pellie. Net so, sê Pietie.
12. Probeer om minder te rook
'n Groot aandeel aan jou hangover is te danke aan jou Stuyvesants en die volgende dag sal dit voel of Barney The Dinosaur sy pers, wollerige piel in jou mond rondge-dart het. Probeer maar om so vyf minder skywe te klap, en moenie iemand met daai mond soen nie.
11. Moenie suip nie.
Ja right. Vet fokken kans. Dis Nuwejaar! Gaan bos!
Geniet jou New Year's party en moenie in die tronk eindig nie. Net poese bestuur dronk. Hoop hierdie tips kon jou effens help. Speck julle outjies volgende jaar en onthou om kak grappies moreoggend te maak. Goed soos "Jirre, ek het verlede jaar laas gebad!" of "Fokkit, ek het verlede jaar laas genaai!". Let wel om laasgenoemde grappie slegs te maak as dit van toepassaing is. As jy 1 Januarie 2012 laas genaai het, is dit net fokken sad. Mense gaan regdeur jou sien…


















Kak tips vir eerstejaarstudente
(Deur Ranger Rob)
Ek is ‘n senior student verbonde aan ‘n baie bekende Afrikaanse tersiere instelling en ek loop al baie jare op hierdie mooi kampus en sien soveel nuwe eerstejaarstudente wat in intense nood verkeer. Ek sien hoe hulle rondtrippel, bloedsweet wat hulle afdrup, ogies wydgesper met blosende bekommernis. Ek ervaar dat hulle vrede begeer. Ek sien hoe hulle stilte soek. Ek hoor hulle knor en ek weet. Ek weet dat die arme eerstejaars daai gevoel gekry het.
Almal ken daai gevoel.
Daai gevoel wat soos Lucifer homself in jou maag begin bulder en begin nes skop soos ‘n weerlose tarentaal. Daai gevoel wat jou oë so laat rek soos ‘n myner op hitte.
Daai gevoel waar ‘n skilpadkop soos ‘n persikoop by jou boudwange begin uitloer. Daai gevoel wat jou asem wegslaan en jou noop om verwilderd in alle rigtings jou oë te laat soek na ‘n doellyn om jou drie te druk.
Soos ‘n wafferse senter sal jy systap, knyp en nael om in vrede te gaan sit om jou drie te druk, te poef, te skeit, te kak in algemene studentetaal. Enige flippen plek maar daai drie, daai massiewe brannewyn en garage pie stoelgang wat in jou lende broei, hy moet uit.
Almal van ons het al op kampus ons tyd verwyl in ‘n kakhuis maar kom ons wees eerlik, dit is eintlik ‘n onderwerp wat ons nie eintlik rondom braaivleisvure bespreek nie. Tog is dit van kardinale belang om hierdie kwessies te bespreek want ‘n goeie kak na ‘n nag van banale gesuip is gesond, aangenaam en verrykend.
Daar is geen debatte en redenasies om die beste troon op kampus te vind nie. Daar is geen tersiere programme om die gereelde poefer krities te laat dink oor sy verligte sitplek nie en dit is juis daarom dat ek as senior student dit op my geneem het om die kampus se koelste kakplek te soek. Ek het die tyd afgeknyp om die gemaklikste kakhuis te gaan soek sodat elke eerstejaarstudent se ervaring, spesiaal, vol verligting en verlossend sal wees.
Kaktyd is spesiaal. Kaktyd is jou tyd. Kaktyd is my tyd. Kaktyd is hersien tyd, bid tyd, mediteer tyd, leestyd en sosiale media tyd.
My een vriend gebruik immers sy kaktyd om op te vang met sy daaglikse sosiale media verslawing.
#Twitterfromtheshitter noem hy dit.
My soeke na die Mekka van kampuskakhuise het sekere kriteria waaraan voldoen moet word so ek het gaan kyk na gemak, ligging, klankdigtheid, vrede, sosiale vaardighede van jou buurkakker, Wifi opvangs (vir my Ipad), armrekwydte na die boudservette (as poefconnoseur kan ek nie na toiletpapier verwys nie. Dit is ‘n kak naam), beskikbaarheid van boudservette en algemene verligtingservaring.
Alhoewel die Wifi opvangs naby die kafeteriastalle baie goed is moet ek bieg dat dit vir my goor is om daar ‘n dubbelperiode Romeinse Reg op daardie trone deur te bring. Die enigste stal in die badkamer wat wel die moeite werd is om ‘n duikboot te laat sink is die paraplegiese stal, maar die spanning dat ‘n benoude, half beskuite man in ‘n rolstoel daar gaan injaag is net hopeloos te veel vir my medikasie en ek knyp dan die duikboot in die middel af van spanning en moet dan gaan oorbegin op ‘n ander plek.
Een van my koshuispelle is ook al daar ontbreek deur ‘n desperate lid wat effies gesoek het en hy moes waarlik knyp en wurg om die effies oor Jerigo se mure te lanseer. Ek sal dus nie hierdie badkamers aanbeveel nie.
Die registrasielokaal se badkamers is cool en die stilte is oorweldigend. Die badkamers op die eerste vloer stink egter altyd na urine en daar is iemand in daai gebou wat briekmerke los soos ‘n Brakpanse se lykwa. Dit is ook onaangenaam om in jou Romeinse Reg proffie vas te loop waar hy desperaat nael en systap oppad na sy oorstootdrie.
Teologie se kakhuise is een van my gunstelinge omdat daar sulke lekker dramatiese orrelmusiek in die gange speel terwyl ek skeit en dit maak die verlossingsgevoel net soveel meer intens. Daar is egter nie baie studente wat daar rondloop nie, so ek voel ek bietjie soos die verlore seun wanneer ek daar instap met ‘n Coke, twee pies, twee koerante (Beeld en City Press), iPad en nat handoekie (om die sweet af te vee) om die ark te gaan bêre.
Dit het ook al gebeur dat ‘n harde stoelgang verwarring veroorsaak het in die departement en sommige geleerdes vermoed het dat my gekreun ‘n profetiese teken van demoniese besetting kan wees. Die veroordelende kyke van die personeel bederf dus ‘n verlossende stoelgang en Teologie word dus nie aanbeveel nie.
My wenner as beste poefplek is dus by die sportstadion. Die Wifi opvangs is uitstekend en ek het al menige Playboy op my iPad daar deurgelees. Daar is altyd genoegsame boudservette en my tenniselmboog het nog nooit gepla wanneer ek rek vir nog ‘n stukkie nie. Dit is naby aan ‘n kiosk en my kos word nie koud op pad troon toe nie. Die stalle is lekker groot en dit is relatief klankdig, of so hoop ek. Die trone se spoelvaardighede is noemenswaardig en ek het al gesien hoe een ‘n duikboot so groot soos ‘m Mazda 626 daar na sy dood stuur.
En die bure is sosiaal. Lekker sosiaal. Ek het nou die dag lekker met die twee drukkers langs my gechat en vir hulle erotiese gedigte uit Playboy uit voorgelees. Drukker links kom van Sannieshof af en hy ken net veldties. Die stad is vir hom die beste plek ooit. Drukker regs was mal oor die erotiese literatuur en as ek reg afgelei het deur sy vreesaanjaende gegrom dan swot hy om ‘n veearts te word. Hy “smaak” pille en hondjies reken die man. Werklik, werklik ‘n oase vir die gegrom in die maag.
So eerstejaars. Moenie vrees nie. Daar is hoop en daardie hoop is by die sportveld. Volgende keer as die kniee mank begin trap. Volgende keer as die maag sy demoniese klanke uit die keel uit trek. Volgende keer wanneer die sweet perkolerend van jou wange begin afvloei, nael, haas, snel, hol so vinnige soos jou hol jou toelaat na jou Nirvana van verligting en wanneer jy jou sit gekry het, lees jou Facebook en skreeu hoezit brah, want ek is langs jou.