Category Archives: Wat is nuus?

Watkykjy nuus round-up. Week 12.

Prozzie kap ‘n Lazarus ná sy op die job sterf
zombie whore‘n Hoer in Bulawayo het blykbaar uit die dood opgestaan nadat sy tydens ‘n spykersessie inmekaargesak(suck?) en gesterf het.
 
Goeie poes! Die Zombie-slet se lyk is glo uit die Manor Hotel, waar sy gewerk het, gedra en toe die cops haar in ‘n kis wou sit, het sy skielik wakkergeword en geskree “You want to kill me! You want to kill me!”
 
Verstaanbaar genoeg het die spul mense wat saamgedrom het om te speck wat aangaan hul onderskeie piste bitter geskrik en weggehardloop. Die ou wat seker tegnies die moordenaar was (of ten minste verhoor sou word vir strafbare hoerslag) het ook verdwyn. Bronne kon nie bevestig of die prostituut hom opgespoor en sy brein geëet het nie. Maar sy’s ook weg, so wie weet.
 
Ek skat ‘n mens kan sê … (sit sonbril op) … dit was toe nie die finale spyker in die doodskis nie.
 
YEEAAAAAH! – Bulawayo24.com
 
Ondankbare klein kak slaan sy pa met verjaardagkoek
koek poesklap‘n Ou genaamd Kenneth Fulmer van die staat Loweeaarserharnar in Amerika het sy 77-jarige pa met ‘n verjaardagkoek aangerand wat dié vir hom gekoop het.
 
Fulmer het op sy 44ste verjaardag by die gesin se huis met ‘n buurman gestry oor iets. Dit moes seker oor iets ernstigs gewees het, want dit het Fulmer so ontstel dat hy besluit het om onmiddellik te gaan suip. Of dalk is dit sy oplossing tot alles. Soos Homer Simpson een keer gesê het: “To alcohol! The cause of, and solution to, all of our problems.” Amen, Homerus.
 
Anyway, terwyl die ou gaan suip het, het sy pa gereken hy sal sy seun probeer opcheer deur vir hom ‘n verjaardagkoek te gaan koop. Hy het op ‘n koekie-koek (“Cookie cake”) besluit. Ons by Watkykjy is nie seker wat ‘n koekie-koek is nie, maar dit klink befok. Inception guava vibes.
 
Toe Fulmer terugkom by die huis het hy stry gekry met sy nice pa en hom sommer met die koekie-koek oor die kop gemoer.
 
Hy’s in hegtenis geneem vir rusverstoring en aanranding en vermoedelik ook vir algemene dooswees. – The Smoking Gun
 
Aanbieder van gun show doodgeskiet deur jaloerse man
‘n Man van Montana in Amerika het die aanbieder van ‘n gun show wat op TV was doodgeskiet ná hy hom daarvan verdink het dat hy sy vrou zaber.
 
Okay, hierdie is nie juis ‘n snaakse storie nie, maar ons smaak ‘n stukkie ironie. Om alles te kroon werk die vrou vir ‘n maatskappy wat vuurwapens vervaardig. Woah.
 
Gregory Rodriguez het die show "A Rifleman's Journal" aangebied op die kassie. Hy het by Wayne Bengston se huis besoek afgelê om ‘n glas wyn te knak saam met dié se vrou. Bengston het toe ingekom en Rodriguez tromp-op met ‘n pistool doodgeskiet en sy vrou met die pistool gemoer. Hy het toe ‘n paar kilo’s ver gery en homself doodgeskiet. Die cops reken daar was geen romantiese verhouding tussen Rodriguez en Bengston se vrou nie.
 
Ons wou eers een of ander lame grappie maak dat dit nou nie die sanger Rodriguez van onder meer “Sugar Man”-faam is nie, maar het dit eerder gelos. Checkit though – Gregory Rodriguez het gewoon in Sugar Land, Texas.
 
Dubbel-fokken-woah. – Huffington Post
 
Fokken mal krimpie wil alle eekhorings opfok ná brand
evil eekhoring‘n Drie-en-sewentig-jarige marabs van Engeland het besluit hy gaan alle eekhorings uitwis nadat een van die diertjies glo ‘n brand by sy huis veroorsaak het.
 
Alby Tebbutt was in die laaste motor in ‘n begrafnisgevolg toe ‘n ou wat by sy huis aan ‘n nuwe badkamer gewerk het hom gebel en getune het daar’s ‘n brand. Tebbutt het eers gedink die ou joke, maar het toe sy bestuurder aangesê om om te draai en huis toe te ry.
Die bestuurder het volgens ‘n onbekende bron wat nie bestaan nie gesê “Fok jou, oom, dis ‘n fokken begrafnis, is jy gefok in jou kop?” Waarna die oom gesê het “Jissis Johan, moenie ‘n poes wees nie, die rou van iemand se afsterwe is nie so belangrik soos my pooltafel nie!” Die bestuurder het huilend geantwoord “My naam is nie Piet nie! Ek’s fokken Brits, hoekom sal my naam Piet wees?” Waarop die oom gesê het “Ek het gesê Johan, jou dom kont!” Die bestuurder, Richard Braitsworth, het toe maar snikkend na die oom se huis gery. (Die onbekende bron wat nie bestaan nie was moontlik gerook ten tyde van die onderhoud.)
 
Anyway, daar’s die helfte van die oom se garage toe afgebrand en die oorsaak is blykbaar ‘n eekhoring wat deur ‘n kabel gekou het. Die oom het na die tyd gesê hy’s gatvol vir die eekhorings wat die neute vreet wat hy uitsit vir voëls en dis nou ‘n “stryd tussen my en die eekhorings. Hulle het nou my huis aan die brand gesteek en ek het besluit ek gaan hulle almal skiet.” (Daai’s die actual quote, uit die perd se bek.)
 
In Engeland mag jy grys eekhorings skiet, solank hulle nie ly nie. Weird.
 
Maar wag nou. Watter soort mens ry weg terwyl ‘n begrafnis aan die gang is om te gaan kyk of sy garage ok is? Hy kon tog iemand gebel het? Engeland het sekerlik ‘n brandweerdiens?
 
A, die ou is ‘n politician. Hy was ‘n raadslid van die Tory-party. Sien, ons moet ook nie verbaas wees as Zuma eendag Madiba se begrafnis ‘n pit druk om te gaan check of die bunkers in Nkandla okay is nie. – The Romford Recorder

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 1 Comment

Watkykjy nuus round-up. Week 11.

Liewe ouers! Dis 'n rot!
zille se toonHelen Zille, die Premier van die Wes-Kaap, is deur 'n rot by haar ampswoning aangeval. Die rot het op haar afgestorm en sy het hom probeer sidestep. Blykbaar kan tannie Zille nie goed side-step nie en die rot het haar toe op die toon gebyt. Gelukkig het sy oor 'n garlic patch in haar tuin geloop, want anders het sy heel moontlik kak opgetel met spoke ook en almal weet hoe kakgevaarlik spoke is. Gelukkig het die rot nie haar handsak gesteel nie, want tannie Zille het nie haar handsak aan haar gehad nie. Dit was heel moontlik in die huis. Of miskien in haar kar. Of miskien het sy nie eers 'n handsak nie. Heel moontlik rol Helen Zille met 'n moonbag. Daai fake leer moonbags. Ons is vreeslik dankbaar dat Beeld hierdie storie sowel as 'n foto wat tannie Zille ge-Tweet het met ons kon deel. Dis lekker as die nuus homself so op Twitter skryf. Zille sterk op die oomblik aan in haar ampswoning. Spekulasie dat die rot radioaktief was en Zille dus eersdaags sal morfeer tot in 'n half-mens half-rot hibried, oftewel 'n rotmens, is volgens haar ongegrond: "Ek is nie 'n rotmens nie. Ek is 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis," het Zille gesê en waansinnig gelag.
Dink jouself in wat sal gebeur as Zille nou in Splinter moet verander na hierdie fratsongeluk. Sy sal vir haar vier radio-aktiewe skilpaaie moet gaan soek in die Wes-Rand se mynwater en ninja turtles moet begin train. Vandaar kan sy sommer Luthuli Huis inval. Baie strategies. Sterkte, tannie Zille. Dit is verskriklik. Ons dink almal aan jou… – Beeld

Brand so bietjie bruggies
Die afgelope naweek het mense in Lake Marble Falls, Texas blykbaar na die grootste brug demotion van 'n brug ooit gekyk. Vir die wat nie weet nie, 'n "demotion" in die kostruksiebesigheid verwys na wanneer 'n ou structure as gevolg van verskeie redes opgefok moet word om plek te maak vir nuwes. Dink byvoorbeeld aan Hillbrow. Sorry, dis 'n kak voorbeeld. Die hele Hillbrow moes al plek gemaak het vir nuwe geboue of een poesgroot plat memorial. Miskien vir meisies met klein borste orals.

Die video is deur Kirk Drummond met 'n Red Epic kamera afgeneem teen 300 frames per sekonde. Gewoonlik kyk mens movies teen 24 frames per sekonde. Meer frames per sekonde beteken mens kan die video amper so stadig soos Julius Malema maak in post-production. Jirre maats, julle leer 'n nuwe klomp goed vandag hier op Watkykjy. Volgende week leer ons julle hoe om deur nul te deel. Kom ons kyk eerder die video voor jou brein breek:

Wêreld se oudste tweeling wolbeursiesmouse tree af.
Ons het julle so rukkie terug hier op Watkykjy vertel van die Fokkens susters, die aptly named tweeling prostituutsusters van Amsterdam. Hulle het op die rype (of is dit nou vrot?) ouderdom van 70 besluit om hulle vleismango's op die rak te sit en halt te roep op een van die wêreld se oudste professies. Na 50 jaar elk se horisontale mamba met 'n gekombineerde syfer van 355000 mans het die arthritis (ja fokken right!) dit uiteindelik te seer gemaak om zabers te diens in die Rooiligdistrik. Hulle vind dit ook heel verstaanbaar baie moeilik om nuwe clients te lok. As die kaas oud is, soek die muis fokol.

Ons kan net hoop en bid dat daar nie 'n documentary oor die sif susters gemaak word nie.

poeslelike prozzies

Poesgevaarlik
Hoe weet jy wanneer jy 'n next level krimineel is? Jy bêre jou rollie in jou poes en jou zol in jou hol. Dit is waarvoor die 28-jarige Christie Dawn Harris ge-arresteer is in Oklahoma vandeesweek. Dis nou nadat die polisie crystal meth, dwelm parafanalia, 'n pistool en ammo in haar tjor ontdek het, want daar is eers by die polisiestasie uitgevind hoe poesgoed sy die res van die KONTraband weggesteek het. Sy het aanvanklik geweier om 'n  tronk outfit aan te trek, heel moontlik vanwee die swak kleurskakering en ontwerp maar het later toegegee aan 'n full body cavity search. Wat steek toe daar uit by haar vleismango so reg onder die mannetjie-in-die-boot? 'n .22 rewolwer se kolf met drie rondtes live ammo! Sy kan net poesbly wees daar rollie het nie afgegaan nie, want daai bullet kan net een pad loop, en dis nie grondpad nie. So met die ondersoek in haar grondpad op is die drugs in 'n plastieksak gevind. As mens so na die goose se foto kyk, lyk dit nie veel of daar heelwat piel sal ingaan by haar gun holster nie… – Huffington Poest

rewolwer in poes

Nuus fokop vir die week:

smokey-joe

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 6 Comments

Watkykjy nuus round-up. Week 10.

Ja-ja, ons was bietjie laks, maar Dinsdae is vir een of ander rede fokken Maandae by Watkykjy HQ. Hopelik is die sokkies nou hoog genoeg opgetrek sodat hierdie regular feature weer kan wortel skiet. In jou broek.


Ma en haar maat val tienerseun aan met dagga en tabasco-sous
lelike lettiesRobin Rumsey (38) van Utah in die Americaz het na bewering haar tienerseun mishandel met die hulp van haar bff, Krista Miller (33). Hulle het die laaitie glo oor ‘n tydperk van twee jaar dikwels aan ‘n stoel vasgebind en hom vir tot 90 minute op ‘n slag in die donker gelos om hom te straf en hulle sou hom soms ook dwing om aan ‘n bong te suig. Hulle’t hom glo ook een keer daarvoor gestraf dat hy ‘n glasbak gebreek het deur tabasco-sous in sy oë te gooi.
 
Nou, kyk, kindermishandeling is een van die mees supremely faktap goed wat ‘n mens kan doen en enigiemand wat kinders abuse moet met behulp van ‘n warm, stomp sker gedwing word om totsiens te sê aan hul geslagsdele.
 
Maar kom ons kyk hierna. Die laaitie is ‘n tiener. Hy word vir 90 minute op ‘n slag alleen in die donker gelos – meeste tienerseuns smag na hierdie soort alleen-tyd … die storie meld egter nie of sy hand(e) en/of sy voël te styf vasgebind is om draties te kap nie, maar kom ons neem aan hy kon wel. Dan is hy gedwing om dagga te rook … fokkit, ek’s seker dis elke tienerseun se ergste nagmerrie. Hulle moes hom seker verder gestraf het deur college girls aan te stel om hom in die gesig te slaan met hul tiete. Vatso, jou ondankbare klein kak! Lek daai tepels! Lek, fok!
 
Die tabasco-sous in die oë is net kakstyle. Fok hierdie twee Lette. – NY Daily News
 
Leeu vreet vrou ná haar naaimaaitjie weghol
vetgat leeu pensie vol‘n Vrou in Zimbabwe is deur ‘n leeu doodgemaak en opgevreet ná die dier haar en ‘n man aangeval het terwyl hulle in die middel van ‘n potjie seks was in ‘n beboste gebied naby die Kariba-meer.
 
Die dapper man het blykbaar poedelkaal (buiten vir die effie) na die straat gehardloop om hulp te soek. Niemand het afgetrek nie, want jirre.
 
Dit is egter onduidelik of die man wel geskrik het vir die leeu en daarom weggehardloop het. ‘n Ongeïdentifiseerde bron wat nie bestaan nie het aan Watkykjy gesê die vrou het moontlik die leeu gesien en “Leeukop!” geskree, wat die man moontlik as ‘n belediging vir sy pielgrootte gehoor het en daarom huilend weggehardloop het. Hy voel nou seker soos ‘n poes! Hahahaha! Die poes.
 
Anyway, die cops waarsku mense daar nou om nie die kat in die donker te knyp nie, want dis donker en daar’s katte. – My Zimbabwe
 
Man probeer ‘n Shawshank uit sy eie woonstel kap, misluk
simpel fokken man‘n Vyf-en-dertig-jarige man van Estland het van sy waansinnige vrou probeer ontsnap deur by die venster van sy woonstel uit te manoeuvre.
 
“So what,” sê jy, die leser, seker, “ek doen dit elke dag en/of nag.”
 
Wel, hierdie woonstel is op die agtste verdieping, so die ou het nogal ballas. O, en hy het dit op die old school manier probeer doen – deur bedlakens aan mekaar vas te bind om daarmee te kan afklim.
 
Hy het so een verdieping gevorder voor die lakens losgeraak en hy in die algemene rigting van die grond gefok het. Gelukkig het hy in ‘n paar bosse geval en nie erg seergekry nie. Hy het aan die cops gesê sy vrou het hom toegesluit en hy wou saam met sy tjommies gaan kuier.
 
Kyk, hierdie is nie ‘n berig vir House and Home nie, maar as hierdie verslaggewer so na daardie lakens kyk, lyk dit nogal asof die vrou fokken kak smaak in lakens het. Dalk het hy haar eintlik daaroor gelos en met die lakens probeer ontsnap in ‘n daad van wrede ironie.
 
‘n Polisiebeampte het die paartjie glo aangesê om nie hul vuil wasgoed in die openbaar uit te hang nie. Die polisiebeampte het toe ‘n donkerbril opgesit en geskree “YEEEAAAAH!” voor hy weggestap het. – Daily Mail
 
Dom doos gevang ná hy lieg oor doos
dom poes‘n Getroude man van La Feria, Texas, is in hegtenis geneem nadat sy storie dat hy beroof is van sy $1 000 tax refund as ‘n pot kak uitgewys is.
 
Jesus (!) Mata Jr. het eintlik die dollars gaan blaas by ‘n strip joint genaamd Whispers, maar was te bang om sy vrou die waarheid te vertel en het toe die storie van rowers wat sy geld at gunpoint gesteel het opgemaak. Die cops het toe op die chase gegaan, maar natuurlik niemand of niks gevind nie. Toe hulle agterkom daar’s ‘n paar gate (hiehie) in die storie het hulle hom weer ondervra, en hy het toe met die hele sak patats (hiehie) vorendag gekom (hiehie).
 
Hy het glo gesê hy’t ‘n paar Bud Lights en ‘n paar lap dances gekry vir die duisend dollars. Nou, “Whispers” klink meer soos die plek waar jou niggie oor wie jy nie praat nie in die Oos-Rand strip om child support aan die pa van haar vierde kind te kan betaal as ‘n classy plek waar jy ‘n duisend dollar moet betaal vir ‘n paar biere en ‘n lap dance of twee …
 
Hoop die kool was die sous werd, Jesus. – KRGV.com

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 3 Comments

Watkykjy nuus round-up. Week 3.

Jy sal val, puppy!
Die Hell's Angels het gesit en chill by hulle clubhouse in Munich toe 'n mal maaifoedie motherfucker met 'n puppy onder sy arm opdaag in slegs sy broek. Hy het toe sy flying-puppybroek afgetrek en die Hölle Engel (dis Duits vir Hell's Angels, jou nool) met die puppy gegooi. As one does. Die volgende move is natuurlik om so gou as moontlik weg te kom van die crime scene af. Die marabs het besluit dat 'n bulldozer die regte getaway voertuig is. Hy het actually so stadig gery dat hy 'n 5km traffic jam agter hom veroorsaak het. Na so 1km het hy van die bulldozer afgespring en verder 'n toon geklap en toe begin ge-hitch hike. Die pote het hom later by sy huis kom skraap. Die puppy is fine, maar die bra self was blykbaar van sy fokken anti-depro meds af gewees. – BBC

Die krimpie en die skuimkoppie
Ons is nogsteeds in Munich: 'n Krimpie van Mandela se ouderdom het besluit die hospitaal was nie vir hom nie. Hy was heavy lus om 'n skuimkoppie deur die nek te jaag om sy verjaarsdag te celebrate wat hy gemis het. Mense het hom gekokkenodge by 'n underground train station, nogsteeds met die drip se naald in sy linkerhand (hopelik nie sy drinkarm nie) en het die polisie gekry om die omie terug hospitaal toe te neem. Die dokters was gaaf genoeg gewees en getune hy kan enige bier drink wat sy hart begeer. Fokken nice dokters. Imagine Mandela het so move gepull? Mac Maharaj is so besig om Zuma se kak met 'n grasbesem onder die mat in te vee dat hy nie eers tyd sou gehad het om Huisgenoot van Oom Dela se rug af te hou nie… – IOL

Sweet Brown se apartment het afgebrand.
Maar wag, laat sy jou sommer self vertel wat gebeur het. "O lord Jeezuz, there was a faaaahr!"

Krokodiltrane
krokodilCalifornia klink na 'n lekker plek. Jy kan guns koop omtrent net waar jy wil, zol het goeie straatwaarde, jy kan krokodille in jou backayrd aanhou as jy 'n permit het en jy kan even krokodille in jou jaart aanhou om jou zol op te pas. Dis presies wat 'n ou gedoen het. Sy krokodil, Mr Teeth het 15kg dagga vir hom opgepas in sy huis. Dit het blykbaar 'n straatwaarde van omtrent R850k. Dis amper R60k per kilogram vir zol. Defnitief nie parkietwak nie. USA!

OK, dit was nie regtig 'n krokodil nie, maar eerder 'n kaaiman. As jy lank genoeg in V-Town uithang sal jy hulle in die Vaalriver ook spot.

Anyway, die ou is gearresteer en word aangehou op $20k bail. In USA dagga terms is dit omtrent 3kg dagga se straatwaarde. Die kaaiman is gekonfiskeer en het ongelukkig die volgende dag gevrek. As die ou sy kaarte regpseel kan hy 'n goeie defense opsit: "Die dagga was vir my reptiel se athritis en julle naaiers het hom laat vrek!"

Nou wonder ek… As jy krokodil gebruik om zol op te pas, wat gebruik jy om krokodil (daai poes hectic drug in Russia) op te pas? Fokken renosters? – IOL

Kan jou voël miskien dubstep sing, huh? Kan hy?
Dubstep is deesdae so maklik om te maak, enige poepol kan dit doen. Even parakiete. Dit beteken dat at least die helfte van die Oosrand nou aan Brakpan's Got Talent kan deelneem.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 3 Comments