Category Archives: Wat is nuus?

Watkykjy nuus round-up. Week 19.

Onderwyser geskors ná hy meisie met piesang klap
‘n Onderwyser, Jonathan Hampton, in Florida is vir ‘n paar dae geskors nadat hy een van sy vroulike studente na bewering met ‘n piesang oor die kop en nek gestreel het.

suig daai piesangDis ‘n risky en stupid move onder enige omstandighede wat nié binne jou huis en/of met jou chick/vrou is nie. Mense kyk neer op sulke kak. Maar as jy ‘n onderwyser is, kan jy dit seker regverdig deur te sê jy’t haar probeer wys hoe vrugte ruik (Chemie of iets), of jy wou vir haar die stingel wys (Biologie) of jy’t haar probeer leer om “Coco Cabana” reg uit te spreek vir die koor finals deur die uitspraak van “Banana!” in haar in te bliksem (Musiek).

Maar hier’s die kicker. Hy was besig om ‘n klas te gee oor Freudiaanse sielkunde. Jissis.

Vir dié van julle wat nie weet nie, Freud was nogal into simbole wat betref seksuele behoeftes en ondertone en sulke shit. Gaan soek dit bietjie op.

Nou, dat hy kon dink dis nie in die minste bietjie onvanpas om dit te doen nie, is ongeloofwaardig. Om ‘n onderwyser te wees moet jy seker ‘n IK van hoër as 50 hê. Hoewel, nou dat ek daaraan dink, meeste van my laerskoolonderwysers was alkies. Veral die ou wat my boekrak met ‘n blokhamer stukkendgebliksem het in Houtwerk. Fokken poes.

Anyway, die ou se lawyer tune dit was bloot ‘n piesang wat hy oorgehad het van lunch en hy wou die girl wakker maak met die ding want sy’t nie aandag gegee nie. Ja fokken right.

Die ou was ook voorheen onderwyser van die jaar by die betrokke skool.

Nou ja, daar het jy dit. Moenie enigiemand wat goed is in enigiets vertrou met enigiets nie. Veral nie vrugte en jou kinders nie.

Vir die van julle wat nog sukkel met wat die probleem is – ‘n piesang lyk nogal soos ‘n erekte voël. Wooah. Freaky. – Huffington Post

Man wat spook wou vang bust sy rondnaaiende chick per ongeluk met kamera
Julle maak uit van daai “Paranormal Activity”-flieks, né? Die eerste een was nogal poes scary. Basically is dit ‘n paartjie wat reken daar’s ‘n spook in hul huis, dan sit hulle videokameras oral op om dit af te neem en die results is broekpiswekkend.

So het ‘n bra in Tasmanië (daai plek wat op ‘n kaart lyk asof Australië ‘n kotsvlek in die oseaan gelos het) besluit hy gaan dieselfde probeer doen. Hy’t toe ‘n videokamera in sy kombuis staangemaak.

Hy het geen spoke vasgevang op band nie. Hy’t wel iets veel erger gesien.
rook hom spokie
Sy chick wat met sy seun vroetel.

Nee, jissis! Dit kan darem nie vir jou ‘n lekker gevoel wees nie.

Die chick (oftewel “partner”) is 28 en die ou se laaitie (by ‘n ander vrou, obviously) is 16. Op die video het hy gesien hoe hulle vry en cuddle. Hy’t die vrou toe gekonfronteer (groot woord vir “Wat in die fokken duiwelskont fokken doen jy fokpoesdonnerhoerfokghaaaa!” sê). Sy’t eers getune dis nie ‘n big deal nie, maar die laaitie het erken hulle het al drie keer gezaber.

Sy’t blykbaar gedink 16 is die age of consent. O, wel, okay, dan’s als reg. Lekker dag verder.

O, nee, wag. Sy’s skuldig op vyf strafregtelike aanklagte en word binnekort gevonnis.

Miskien sal hulle almal eendag as ‘n gesin oor die gebeure lag wanneer hulle rondom die krismisboom ou staaltjies vertel.

Miskien fokken nie. – The Mercury

Inbreker stop mid-chase vir ‘n bier of twee
‘n Ou het by ‘n huis in die suide van Florida (dafuq gaan aan in Florida deesdae?) ingebreek en ongelukkig vir hom het ‘n buurman dit gesien. Die cops het binnekort opgedaag en die ou het laat spat. Hy’t deur die buurt gehol en oor ‘n klomp heinings gespring terwyl die pote hom agternagesit het.

Wat sou jy doen in so ‘n situasie? ‘n Wegkruipplek probeer vind waar hulle jou moeilik sal opspoor? By ‘n ander buurt probeer kom waar jy makliker kan verdwyn? Ander klere probeer kry sodat jy inconspiciously kan rondmission? Tydens die chase by nog ‘n huis se stoep ophardloop om bier te steel?

As jou naam Andrew Robert Fatzinger is, het jy die laasgenoemde opsie gekies. Dan is jy ook nou in die tronk, jou dom naai. Nie álles is ‘n 90’s video game nie, jy kry nie extra life points of iets as jy bier swipe in versteekte hoekies nie.

Die arme Fatzinger is gebust nog voor hy die biere kon drink. In die huis wat hy probeer rob het, het hulle gevind hy’t basies die plek opgefok, mosterd oral uitgespuit en ‘n bietjie electronics gesteel.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… hy’t ernstige sielkundige probleme.
YEEEEAAAAAAH! – NBC Miami

Holy shit, ‘n bok wat beatbox!
Fok Idols en fok die Springbokke, check hierdie kak. Ons by Watkykjy probeer ‘n gig by die FNB Stadium reël vir hierdie bok. Sorry, die Beat Bok. Bedank ons later.

En nou vir jou nuus-oomblik van die week:
Check, almal weet Wolf Blitzer is 'n blazing idiot, maar jirre, hy't sy naam hierdie week met 'n 2×4 geslaan. Seker een wat hy na die moerse Tornado in Oklahoma opgetel het:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 2 Comments

Watkykjy nuus round-up. Week 18.

Miljoene by stadion geswipe ná Bieber-konsert
Justin Bieber was seker bly om na Suid-Afrika te kom. In sy tuisland van Amerika of Kanada of Willy Wonka’s Chocolate Factory of watookal is hy nog nie oud genoeg om te drink nie. Op 19-jarige ouderdom is dit egter in Suid-Afrika verpligte aktiwiteit om B&C’s weg te slat tot jy minstens een van jou vriende donner, dan onder die bure se venster te staan en hul dogter te serenade met ‘n Kurt Darren tune, al die woorde behalwe “Kaptein … kaptein … kapteeeeein” te vergeet, agter te kom jy’s by die bure aan die verkeerde kant se huis en in jou eie kots voor jou ma-hulle se posbus aan die slaap te raak.

Die organiseerders van sy show in Johannesburg is dalk egter nou spyt hulle’t dit gereël, want sien, ‘n heavy Ocean’s 11 tipe crew het by ‘n kantoor in die FNB-stadion ingebreek met kabels wat hulle laat afsak en al daai kief goed. Hulle’t eers soos daai dude in Shawshank Redemption deur ‘n muur gegrou om in die eerste plek in die kantoor te kom. Die amptelike syfer is nog onbekend, maar meeste nuuspublikasies tune dit was miljoene rande waarmee die ouens weggekom het.

Shit, heavy. Dis redelik duidelik dat iemand “on the inside” gehelp het om die heist af te pull. Jy kan immers vir ‘n paar honderd rand ‘n sertifikaat koop om ‘n security guard te word, so dis nou nie asof die dudes/dudinne deur ‘n moerse moraliteitstoets of iets moet gaan voor hulle daar kan werk nie.

Volgens ‘n onbekende bron wat nie bestaan nie het Bieber oor die voorval gesê: “Julle bedoel seker biljoene dollars? Wat de fok is ‘n miljoen? Ek’t nog nooit van so iets gehoor nie. Leer duideliker praat, ek en Usher gaan nou eers bietjie … uhm, vergader.”

Poes. -  NY Daily News

Polisie-alligator vang vlugtende boef
Vir die van julle wat nie weet nie, ‘n Alligator (in Afrikaans – ‘n aligator) is basically ‘n klein krokodil, ook bekend as ‘n Amerikaanse krokodil.

Raait. Nou, Bryan Zuniga van Clearwater het by ‘n traffic stop gereken hy sal eerder weghol van die cops en by ‘n waterway induik as om ‘n fine te kry vir wat hy ookal verkeerd gedoen het. ‘n Alligator in die waterway het gescheme “norrefok, jou letterlik nat naai” en hom ‘n paar byte gegee. Die alligator was sowat ses tot agt voet lank, so dis ook nou nie asof dit ‘n fokken akkedis is nie.

Die ou se kop en een arm was in die ‘gator se kake, maar hy sê hy’t met sy regterarm en sy bene gefight teen die reptiel en op die ou end losgekom. Net nadat hy seriously die dood in die gesig gestaar en dit afgefight het en waarskynlik gereken het hy’s moerse badass is hy egter in hegtenis geneem en gaan tronk toe.

Daar’s seker ‘n les in hierdie storie, maar ek’s te babelaas om dit uit te figure. Fok, do unto others blabla, so iets.- Fox 13

Vrou bliksem restaurantwerker oor te veel pickles in broodjie
Ons almal ken die gevoel. Hoe meer jy by ‘n restourant vra dat hulle nie uie op jou burger sit nie, hoe meer uie poes hulle daarin. Maar die meeste van ons sal net sug en skoon vodka daarby bestel, want as jou sooibrand onafwendbaar is, fokkit, doen dit maar ordentlik.

Die 49-jarige Tina Drouin van Massachussets in Amerika het besluit kak met dit. Sy het ‘n steak-en-kaas-broodjie by Nathan’s Famous Hot Dogs bestel. Blykbaar het sy gekyk hoe hulle die broodjie maak en vreeslik gevloek en geskree oor die samestelling van die broodjie, veral omdat daar te veel pickles in was.

Sy het vir ‘n refund gevra. Die vroulike werker wat haar gehelp het, het geweier. Drouin het die werker toe in die gesig geslaan, twee moerse pickle jars omgegooi en weggehardloop. Die werker het besluit kak met dit en Drouin agternagesit. Die werker het Drouin vasgetrek en aangehou tot die polisie gekom het.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… sy moet nou maar tronk toe piekel.
YEEEEEEAAAAAH! – Boston.com

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | Leave a comment

Watkykjy nuus round-up. Week 17.

Bier sal uit die lug val by Oppikoppi 2013
Amper soos die manna en die kwartels wat supposedly uit die hemel uit geval het. Ons hoef nie verder te verduidelik nie. Check die video uit:

Rower vas ná werker hom met chili gooi
Nou moet julle eers uitmaak van chili – dis nou nie eeen van hierdie groenterige goed wat jou vrou op kersfees saam met viennas in die mac & cheese opchop kort voor jul onafwendbare egskeiding weens jare se onderdrukte woede oor die ontvoerding van jul enigste kind waarvan julle gesig aan die brandmekaar verdink nie. Dis meestal ‘n Amerikaanse ding, so ‘n bredierige affêre met die groenterige shit en boontjies en tamatie en so aan daarin.

Raait, so ‘n 24-jarige dude van Tempe in Amerika het probeer om ‘n takeaway-winkel te beroof deur geld uit die kasregister te swaai. Die werknemers van hierdie spesifieke takeaway-winkel was egter van die nie-kakvattende soort en twee van hulle het die deur gaan block. Een van hulle, ‘n vrou, het in ‘n tussle met die man betrokke geraak.

Die rower het die kasregister op die vloer stukkendgegooi en die vrou toe oor die bors geslaan. Sy het gedink “fok jou, ek hou nogal van my bors” [citation needed], ‘n bak van die poeswarm chili gegryp en dit oor sy kop uitgegooi. Dit was seer.

Die personeel het die cops gebel en die man is in hegtenis geneem.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… sy siel gaan nie kan rissie.
YEAAAAAAHHH! -   News.com.au

Vrou in hegtenis vir steel van Bybel
Hierdie is baie meer algemeen as wat ‘n mens dink. Hulle reken die mees gesteelde boek in die wêreld is die Bybel. Tsek bietjie – gaan na jou naaste boekwinkel (ons aanvaar maar jy kan lees, aangesien jy hierdie nou lees, en as jy hierdie nou lees en jy kan nie lees nie, dan’s jy ‘n fokken poes) en kyk of hulle Bybels op die rakke het. Meeste van hulle hou dit agter die counter – in fact, baie boekwinkels hou daai Christen-skrywer Paulo Coelho, wat onder meer daai aaklige stuk kak ‘The Alchemist’ geskryf het, ook agter die counter.

Anyway, kom ons vergeet vir ‘n oomblik dat Die Bybel soortvan tune jy moenie shit steel nie. Die ander ding is, dis blote logika – Bybels word fokken oral gratis weggegee of versprei of geruil vir bietjie godgegewe sendelingseks. Hoekom sal jy die ding gaan steel?

rtfm jesusAshley Fleming (23) van Georgia in Amerika is een van die mense wat nie lekker twee en twee bymekaar kon sit in hierdie opsig nie. Miskien het sy gereken daar’s ‘n elfde gebod wat tune “O, fok, nee, vergeet daai een van ‘Jy mag nie steel nie’, dit was veronderstel om ‘n joke te wees, maar ek skiem nou siende dit tussen nege ander gebooie is wat actually ernstig is sal mense seker nie die joke vang nie, jissis ek’s darem agtelosig partykeer! Ek is Moses en ek is fokken mal en loskop, tralalalala, hmm, nou moet ek seker ‘n nuwe gebod opmaak? Hmmm … jy sal nieeeeee … kak in my bed nie! Ha! Vatso, ma! Gehoorsaam die Here en shit!”

So steel sy toe ‘n Bybel. En word gevang. Idiot. – Huffington Post

Meningstuk: Die Gupta-sage
So almal weet nou al min of meer wat gebeur het met die Gupta-issue. Kortom, die Guptas is lekker hand-op-die-blaas met Zuma – hulle gee byvoorbeeld die pro-ANC-koerant The New Age uit. Hoe kan ‘n koerant wat deur fokken niemand gelees word nie voortbestaan, vra jy? Wel, ‘n koerant se grootste inkomste is advertensies en die regering adverteer die kak uit hulself in daai koerant.

zupta puppetSo een van die Gupta-dogters was aan die trou en hulle’t besluit om dit in Suid-Afrika te kom doen. Daar was ‘n bietjie agter-die-skerm vibes (ons sal seker nooit presies sal weet wat gebeur het nie, want dit lyk of die prez lieg as hy praat en selfs meer lieg as hy nié praat nie) en die hele groep troumense (amper 200 van hulle) is toegelaat om te land by die Waterkloof-lugmagbasis, wat ‘n nasionale sleutelpunt is waar mense nou nie juis eintlik sommer net mag land nie. Daar’s baie kersies op die troukoek in hierdie storie en een hiervan is dat polisiebegeleiding verskaf is vir die partytjie om Sun fokken City toe te ry. Daar’s ook stories dat die gaste geweier het om deur swart mense bedien te word en slegs wittes daar wou hê. Jissis.

So dis min of meer die kort opsomming. Nou hoef jy nie meer soos my musikant-tjommie by ‘n paartie nou die dag te vra “Wat is ‘n Gupta?” nie.

So ons reporter on the scene wat nie bestaan nie (sy eintlike beat is eksistensiële kwessies) het ons laat weet die Guptas het bloot ‘n fok gevoel en Zuma sou sommer ‘n eregas wees. Hy het op die nippertjie wisely besluit om dit nie te doen nie. Maar die Guptas voel ‘n fok, want hulle weet niks sal met hulle gebeur nie en hulle weet ook niks sal met Zuma gebeur nie. Hy’s mos untouchable – hoeveel, oor die 700 klagtes van korrupsie wat net laat vaar is omdat een van die inkriminerende tapes onwettig bekom is? Maar dis nou al lank terug. Sedertdien doen hy ook maar min of meer net wat hy fokken wil, insluitende om mense wat hom in die eerste plek gehelp het om stemme te wen (onse Juju, onder meer) se politieke tande sonder lokale verdowing uit te ruk.
zupta
Maar die bra moet versigtig wees, want sien, sy groot trekkrag toe hy leier van die ANC geword het, was dat hy beskou is as ‘n “man of the people”, iemand met ‘n rural agtergrond, min formele opvoeding en ‘n stryder vir die werkersklas. Dis nou in teenstelling met sy voorganger, Thabo Mbeki (ja-ja, Motlanthe was tegnies sy voorganger, maar dié was maar net ‘n hou-die-fokken-mense-kalm president vir so ‘n paar maande) – Mbeki was ‘n highly educated dude wat pyp gerook het en onnodig groot woorde gebruik het as hy probeer kommunikeer het. So Zuma was/is die man van die mense. Maar Cosatu raak gatvol vir die affêre – sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het al sy moer gestrip oor baie dinge wat deesdae in die ANC aangaan en ook nou die Gupta-ding. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC self en ook voorsitter van die SAKP, is ook lekker die poes in. Ons hoef seker nie uit te spel dat Cosatu en die SAKP nogal belangrike bene in die tripartheid-alliance is nie.

So kortom, Zuma is nou al lank besig om die hande te byt wat hom voed. Kom ons hoop hy’s nie versigtig nie, want, let’s be honest, hy’s ‘n embarrassment as ‘n president. Die een groot ding wat hom werklik aan die stuur hou, is dat daar geen werklike ander kandidate is vir presidentskap nie. Einste Motlanthe het teen hom gerun in Mangaung, maar die arme drol is about so charismaties soos ‘n baksteen en het nie werklik ‘n kans gestaan nie.

So ja, jammer om te sê, maar vir nou lyk dit of alles maar net gaan aangaan soos dit aangaan, want die enigste mense wat die mag het om Zuma en die Guptas aan te vat, is Zuma en die Guptaas. Go figure. aGupta continua! Viva! 

PS: Liewe President Zupta, as jy weer vlieg, vlieg asseblief in jou poes in. Dankie. (- griff)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 12 Comments

Watkykjy nuus round-up. Week 16.

Inbreker speel met toy helikopter en homself
Pop quiz: Wat is die eerste dinge wat jy sal doen as jy by ‘n huis inbreek? Soek na waardevolle items? Seker maak daar’s nie ‘n alarm nie? Handskoene aantrek om vingerafdrukke te voorkom?

As jou antwoord ‘geen van die bogenoemde’ is, jou eie opsie van ‘draadtrek en met toy helikopter speel’ daar bygeskryf, dit met ‘n stomp potlood omsirkel en so ‘n awkward smiley-face daarby geteken het, is jou naam moontlik Jason Vickery.

Dié 23-jarige het by ‘n huis in St. Augustine, Florida, ingebreek en reguit na die badkamer op die tweede vloer gestap om bietjie velle te klap. Hy het egter op pad daarheen ‘n toy helikopter gespot, ‘n paar batterye geswipe en die ding ‘n bietjie laat vlieg, bes moontlik terwyl hy  “Wheeee! Wheee!” geroep het.

Toe die batterye gevrek het, het hy eers ‘n slaai gevreet wat hy saam met hom ingebring het. Daarna het hy sy handjiemaakpoging in die badkamer gaan voltooi. Voor hy gekom het, het hy stemme buite gehoor en na die agterplaas gegaan, waar ‘n paar cops hom in hegtenis geneem het.

Hy word aangekla van huisbraak en diefstal. Hy word ook daarvan aangekla dat hy in ‘n sif wyse jeugdige onskuld en die verlies daaraan op metaforiese vlak laat bots het. – ActionnewsJax.com

draties

Ou probeer sy eie poniestert-foefieslaaid-rekord breek, sterf
Sailendra Nath Roy (48) van Indië het in 2011 die rekord opgestel vir die ou wat die verste op ‘n foefieslaaid kon ry met sy poniestert. Soos in, die poniestert was wat hom aan die draad vas gehou het. Nou die dag wou hy hierdie rekord breek deur 180 meter ver op die slaaid te travel.

‘n Brawe onderneming inderdaad – poniestert-foefieslaai is mos die sport van konings, sê hulle. ‘n Eeue-oue tradisie, gevolg deur knegte en koninklikes oor die statebond heen.

Saleindra was nie hierdie keer gelukkig nie. Hy’t so halfpad gekom voor hy gestop het in sy poging bo die Teesta-rivier in Indië. Blykbaar het hy goed geskree terwyl hy daar gehang het, maar niemand kon hom hoor nie. Ons by Watkykjy kan help – ‘n vinnige Google-soektog bied die volgende Indiese (ons aanvaar maar hy was Hindi) swetswoorde:

“Baap ke lavde!” (Penis van pa)
“Bakrichod!” (boknaaier)
 “Chod ke bal ka kida!” (insek van pubiese hare)
“Bhen ke lode!” (Piel van suster) (warrefok??!?!?!?)

Anyway, hy’t ‘n hartaanval gekry terwyl hy daar gehang het en gesterf.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… die publisiteitsfoefie het hom met hande in die hare gelaat.
YEEEEEEAAAAH! – BBC News

Heavy Metal-verslaafde kry disability grant
‘n Twee-en-veertig-jarige dude van Swede wat moerse fokken erg into Heavy Metal is het die staat oortuig dat sy obsessie só erg is dat hy ‘n disability grant moet kry. Jissis, Swede.

Roger Tullgren lyk blykbaar soos die soort Heavy Metal-stereotipe waarteen jou ma jou gewaarsku het. Tensy jou ma ‘n Korn-groupie was … in welke geval, high five! En fokof van die site af, jy’s te jonk.

heavy fokken metalAnyway, Roger het fokken baie tattoos en kopbeenringe en al daai shit. Sy verslawing is so “erg” dat hy verlede jaar 300 shows bygewoon het en nie ‘n werk kan hou nie. Hy het glo drie sielkundiges gespreek en hulle het almal die gevolgtrekking gemaak dat sy aanhangerskap van Heavy Metal as ‘n disability kwalifiseer en hy ‘n grant moet kry. Al gevolgtrekking wat ons kan maak is dat daar poes-all aangaan in Swede en die sielkundiges fokken verveeld is.

So, dis Metallica-week op Watkykjy, so dalk kan ons ook grants kry by die regering. Kom ons growl dit almal saam: NKOSSIII SIKELELI AFRICAA RRRHUUUAARHHHHRHRHRHRHR (dwwdwwdwwdittinlitilitlitliteeeudishdishdish) RAAAAAAAAAA! – Global Post

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 1 Comment