Category Archives: sport

Totally verskillende predictions vir die naweek se SuperBru

Dit is seker verkeerd om al die Bulle daarbuite onder dieselfde kam te skeer, maar donner dit was nie nice om te sien hoe die manne van Snor City se tone omkrul van plesier toe die Cheetahs en Stormers verloor het nie. Die feit dat Province hulle Vodacom Cup semi teen die Lions verloor het was amper rede genoeg vir van die true blue brasse om champagne te begin suie. Gelukkig het Luke Watson se twee tries hulle so bietjie stil gemaak, maar as ons so bietjie die log van nader bestudeer is dit beslis weer horingseisoen in Tshwane. Tshwane is 'n mooi naam.

Anyway, as jy nie een van daai neusring marabse is nie, is die kanse goed dat jou span nie in die play-offs gaan feature nie en kan jy solank jou spam filters begin uitsort want sulke horings beroof mos die brein van bloed en al is daai faktap foto van 'n haai wat genaai word nou al 40 jaar oud, gaan hy in jou inbox beland. Mark my words. So op die Sharks topic… I will write this ones in English because I daren't want to upset anybody any more than they might already be. I once met Keegan Daniel in a bar in Umhlanga a few years ago and the oke didn't treats me different because I are a Dutchmen. He was noggal friendly up to the point where I started chaafing his cherrie. But hey, at least he did not bliksem the Brakpan right out of me.

Dan was die Stormers ook in die nuus oor hulle 'n ref kak gebyt het. Hulle het hom glo getune hy's 'n blinde fokker en is toe R250000 gefine. Dit was Steve Walsh en as jy nou al meer as 15 sekondes ruggas in jou lewe gekyk het sal jy ook weet die bra is maar fokken blind. Al wat hy nie mis nie, is die geleentheid om te try shine vang op die TV. Warradoos!

Terug na die rappie – daar is wel nog hoop vir die Vrystaters, maar hulle beter Vrydag mielies gooi teen Cooper en company. Gelukkig is Lappies terug vir die game want dit het laasweek geklink of hulle vergeet het hoe om te jol sonder die man. Ek het die Spoedkatte se game op RSG geluister want ons was dik oppad Vaaldam toe vir 'n papgooi session of note. Die oomie tune toe: "Die Cheetahs lyk lam" en as ek so na die score kyk was dit die geval. Kom tog net fokken reg, Cheetahs! Ek moet net maak of ek julle credits gee, dan jaag julle kak aan. Een van die cherries by die dam tune dis als daai Dracula bra se skuld. Dracula is Naka Drotske in dronk, damtaal.

Okay piele, kom ons speel gou SuperBru. Die week is dit net Griffin se picks. Skenier moes sy kar was en myne is net daar om jou om die bos te lei. O ja, voor ons dit doen, join ook sommer gou ons pool vir die internasionale seisoen.

http://www.superbru.com/juneinternationals/pool.php?p=11081835
Pool name: Unofficial Springboks
Pool code: gentnits

Vrydag
Hurricanes v Chiefs (09:35)
Griff: Canes met 4
Kortbroek: Chiefs al die pad. (met so 11)

Rebels v Stormers (11:40)
Griff: Stormers met 3
Kortbroek: Stormers met 15 want Joe, Louis en Gerbrandt is legends pappa!

Force v Sharks (13:40)
Griff: Sharks met 11
Kortbroek: Sharks met 4 because Keegan is captain

Crusaders v Blues
Griff: Crusaders met 5
Kortbroek: Stem 100% saam met Griff

Saterdag
Waratahs v Brumbies (11:40)
Griff: Brumbies met 9
Kortbroek: Waratahs met 2 (want dit sal cool wees en die log so bietjie uitsort)

Bulls v Highlanders (17:05)
Griff: Bulls met 30
Kortbroek: Bulls met 5 – want ons het al gesien hoe blikskem die Highlanders die Bulle op Beloftes…

Cheetahs v Reds (19:10)
Griff: Reds met 7
Kortbroek: Cheetahs met 2 (tooit like 'n tiger – span wat die beste tackle wen)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in sport | 2 Comments

Moshles Pretoria laities en die week se SuperBru

Sommer so vir starters wil ek net iets van my hart of kry en dit is dat Pretoria se hipster laaities my erg maak worry. Ek meen, dalk moet iemand vir die mannetjies wat met ma se kar rondry bietjie leer waddefok 'n mosh pit is, want wat laasweek by Griffin se party by Arcade Empire gebeur het, het die outjies my laat dink rock 'n roll het van 'n full blown contact sport na iet soortgelyks aan hacky sack verander het.

Ek meen seriously! Dat ek met 'n vol brannas tot voor teen die stage kon loop en check hoe Van Coke Kartel gejol het, was ietwat kommerwekkend. Ek meen daai ouens het weer iets mal uitgefreak en al is dit baie oulik dat julle manne al die woordjies so mooi ken, sou Kortbroek meer daarvan gegou het om dalk so bietjie bloedneus daar weg te mission.
arcade empire VCK wynand watkykjy party
Miskien mis ek net die dae toe ek nog tydens Soulfly se set so hard gedonner is dat ek geskiem het Metallica is Slipknot. Dalk is ek net die een wat al hoe meer krimpie word en dit nie like nie. Meer afpissend is die feit dat meeste van die SnorCity seuns van vandag so baie ysters in die gym rondgooi tog so rustig kan wees as die befokste band in Suid Afrika jam. Maybe is dit 'n Oos-Rand ding. Terloops, aweh RAMFKNJAM, julle tunes het behoorlik gat geskop.

Geluk ook aan Griffin wat die week verjaar het en op een monster babelas sy SuperBru picks gemaak het. Ja dis mos hoekom ons hier is. Kom ons vergeet gou van die moshless laaities wat protein shakes bo zamalek verkies.

Kortbroek was laasweek on-fokken-fire met 6 uit sewe games in die kol. Net die Reds wat gaan staan en draw het was my ondergang. Dit was die eerste keer in ses weke wat ek nie carrots geëet het nie. Dankie die Highlanders wat iets gewen het en dankie aan daai sexy nurse in SuperBru Rehab wat my gekeer het om die Stormers en Sharks te back.

In SuperBruRehab leer hulle ons mooi van kies met die kop en nie met die hart nie. Tog as ons die naweek se games mooi check, is 'n relapse op die kaarte. Net so vir die rekord: ek's bly iemand het vir Steve Walsh getune hy's 'n doos, but then again is dit seker iets wat elke week gebeur so ek weet nie hoekom bitch daai Kiwi/Aussie ref so nie. Fok tog.

Voor ons gaan check wat die naweek in SuperRugby gaan gebeur, aweh ook vir die BlitsBokke wat laasweek weer Kiwi's maak huil het. Gooi weer rooi die naweek manne! Julle behoort die support van so 3 miljoen Suid-Afrikaners wat in Londen rond tos se support te hê.

Raait, hier is die ruggas as jy nog nie besluit het nie:
 
Chiefs v Force
Griff: Chiefs met 25
Skenier: Chiefs met 8
Kortbroek: Chiefs met 16
 
Reds v Sharks
Griff: Reds met 13
Skenier: Reds met 10
Kortbroek: Sharks met 2
 
Cheetahs v Hurricanes
Griff: Cheetahs met 8
Skenier: Cheetahs met 6
Kortbroek: Cheetahs met 11
 
Blues v Rebels:
Griff: Blues met 4
Skenier: Blues met 16
Kortbroek: Blues met 23
 
Waratahs v Stormers
Griff: Waratahs met 6
Skenier: Waratahs met 4
Kortbroek: Stormers met so 5
 
Kings v Highlanders:
Griff: Kings met 1
Skenier: Highlanders met 4
Kortbroek: Highlanders met 6

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in sport | 1 Comment

‘n Haastige preview vir die naweek se Super Rugby

Okay piele, so daar is net so bietjie meer as ‘n maand oor voor Lions fans soos Griffin weer met so bietjie gesag oor die rappie kan gesels. Check, Lions supporters is mos dik gewoond daaraan – toe hulle nog Super Rugby gejol het – om die waarheid ter praat as dit by die Groen en Goud kom en worry nie oor feit dat daai yster vir die Bulls of wieokal jol nie.

Bokbefok en nog net 870 odd dae voor daai neef van jou wat in London bly onse manne in some Brighton Community Stadium gaan check. World Cup tyd papa! Fokkit, ek sou gelike het as daai Yster Ouma tannie die game kon sien. Ons speel teen ‘n “Asian qualifier” spannetjie, so ons mag dalk net groot kak in die Queen se backyard maak. Sommer so vir ‘n begin.

Terug na Super Rugby.

Ons moes laasweek tussen ruggas en Metallica kies. Dit is amper soos om te besluit of jy meer van Ricky Louw of Klipdrift hou. Okay nee, ek praat kak. Dit was ‘n no-brainer. Daai outoppies het ‘n ding mal geruk! Ek kan nie baie onthou nie, maar het notas gevat die middag voor die show.
 
Saterdagmiddag 12:02 te Watkykjy hoofkantoor – Griffin: “Bra ons prepare gou vir ons interview met James (Hetfield)”.
12:02 Chopper Charlie: “Fokkit, dit is kak harde werk *insert sarcasm/fist-pump/hell yea*”
Yes ek het die manne gesien kort voor hulle die awesomeste shit ooit gedoen het.  Net die gedagte om vir 20 minutes saam Metallica te kuier maak my kak jags. Soos in Hoërskool sokkie vibes jags. Imagine twee V-town tjommas park gou so rukkie saam Metallica. Net sommer gou. Net sommer Cause they fucking can! Respek, ouens. Finally het die Vaaldriehoek iets so cool soos die Morkel boeties aan Suid Afrika gelewer.
 
Shit sorry, terug na die rappie en die naweek se Superbru situasie. Respek vir K-Lo wat sommer al die games reg gepick het. Cherries maak uit van SuperBru. Eks ‘n retard. Fok, check maar wat skiem Griff en Skenier gaan gebeur en volg my advice as jy ook ‘n bottomfeeder will wees.
 
Blues v Stormers
Griff: Blues met 10
Skenier: Stormers met 4
Kortbroek: Score maak nie saak nie, ek wil check hoe jol Ysterbeth! Fuck yea!
 
Highlanders v Sharks
Griff: Sharks met 16
Skenier: Sharks met 5
Kortbroek: Highlanders met 3 – hou my dop check die move.
 
Chiefs v Rebels
Griff: Chiefs met 24
Skenier: Chiefs met 10
Kortbroek: Fair enough.
 
Reds v Force:
Griff: Reds met 7
Skenier: Force met 3
Kortbroek: Geen nie regtig om nie.
 
Kings v Waratahs
Griff: Kings met 12
Skenier: Waratahs met 9
Kortbroek: Kings met 2.
 
Bulls v Hurricanes
Griff: Bulls met 18
Skenier: Bulls met 9
Kortbroek: Bulle met 12 in ‘n high scoring story.
 
Brumbies v Crusaders
Griff: Brumbies met 4
Skenier: Brumbies met 4
Kortbroek: Crusaders met Dan Carter… met 3 (droppie)
 
Kiefpiele!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in sport | Leave a comment

SuperBru is soos speed-dating, net heeltemal anders.

Skenier het sy SuperBru picks die week soos speed-dating aangepak en as ek die dinge so kyk gaan hy dalk net 'n horing kry en die ending behoort nie so happy wees as wat hy hoop nie.

Griffin tune hy het 'n Kempton cherrie vir advice gevra. Haar naam is K Lo en sy voer krimpies en support die Blou Bulle – kanse is goed dat hy ook so extra helping humble pie gaan eet. Ek meen, waddefok weet cherries van rugby. K Lo is net upset oor sy nie 'n Bulls Babe cheerleader kon wees nie.

Soos elke week gaan ons vandag dit so bietjie anders doen. Want ek het dik babelas van gisteraand se onverwagse brannas. Ek wou brag oor ek 16 plekke op is in ons pool, maar sal eerder nie, aangesien ek nog nie in die top 350 is nie. Tweetkak byt my heel week en ek is nou moeg om in 'n hoekie te sit en huil nadat spanne soos die Highlanders dinge moerse gecomplicate het vir my.  Kortbroek pick vandag niks en sal eerder net commentary lewer op die twee zaberkoppe se besluite. Onthou SuperBru is meer belangrik as om jou huweliksherdenking te onthou.

Okay piele, chekkit uit.

Hurricanes vs Stormers
Skenier: Was oortuig Hurricanes gaan kak maak, maar met Savea wat homself uit die span uitgebliksem het en Habana wat terug is gaan die Stormers dalk bietjie kak maak… met so 4.
Griff: Stormers met 8
Kortbroek: As ek dit nie mis het nie word die game op 'n veld gejol wat about so groot soos Affies sin is. Die Stormers kan dalk die pyp rook, maar ek skiem die eerste game op toer is altyd die moeilikste. Julle is dus altwee verkeerd met die een. Dubbel brannas vir 'n bet?

Reds vs Blues
Skenier: Laasnaweek ged(r)ink die Reds by die huis gaan baie beter wees. Hulle was nie. En Quade Cooper bly 'n doos. Nietemin, Reds met 4.
Griff: Blues met 7
Kortbroek: Hier moet ek saam Skenier gaan al like ek die Reds minder as warm bier. Griff se advisor dra 'n rok – enough said.

Chiefs vs Sharks
Skenier: Maak seer om te sê, maar ek dink die Sharks gaan dit harder vat as 'n los girl met daddy issues. Net met minder lubricant. Aan die ander kant lyk die Chiefs ook maar tos. Tuisveld, though. Chiefs met 7.
Griff: Chiefs met 14
Kortbroek: Okay, so niemand skiem die Sharks kan wen nie. Ek ook nie. As Frans Steyn so dik is, waddefok doen hy op buitesenter?

Brumbies vs Force
Skenier: Oz derby. Wie voel n fok? Brumbies met 9.
Griff: Brumbies met 16
Kortbroek: Ek hoop die Brumbies kry op hulle moer soos die Crusaders. Solid picks, Griff se spread is dalk bietjie aan die jagse kant.

Bulls vs Waratahs
Skenier: Bulls lyk of hulle weer onthou het hoe n rugbyball werk. En met Sideshow Bob wat fokof kan hulle spirits net op wees. Bulls met 7 en almal op Loftus gaan fakt raak.
Griff: Bulls met 10
Kortbroek: Dink die Wartahs mag dalk harder a pakslae kry as wat Griff dink. Onthou Wors Greyling is terug die week en hy lyk lus om iemand hard te donner.

Cheetahs vs Kings
Skenier: Ek was bitter pisserig vir die Cheetars laasnaweek, maar gee die keiser wat hom toekom. Die ouens is lus vir jol. Die Kings het nou weer almal luise gevang uit Luke se baard uit en kon net kop krap. Gaan nie dié naweek beter wees nie. Cheetahs met 11.
Griff: Cheetahs met 16
Kortbroek: Die Kings het Luke gedrop en die Cheetahs jol nou al kak lank sonder 'n ruskansie. Mag dalk 'n close een wees. Ek sou gaan met so 8 punte vir die Vrystaat, maar ek weet mos fokkol.

Crusaders vs Rebels
Skenier: Die Rebels is so relevant soos 'n faksmasjien. Hulle sal seker maar oppitch omdat hulle betaal word, maar Crusaders gaan hulle sleg vat. Sommer met so 12.
Griff: Crusaders met 22
Kortbroek: Griff se advisor het die een dalk presies in die kol. Sorry, Skenier, jy gee die Rebels dalk 'n moerse kompliment.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in sport | 6 Comments