Category Archives: Spec-takel

‘n Spesiale naweek net vir PKs

Hi Griffin,

Signs is afgeneem verlede week in die dorp De Hool in Noord Holland. Hoop julle kan dit gebruik, ek het in elk geval my gat af gelag.

Laat hy val waar hy wil.

Paul

CIMG2609

CIMG2610

CIMG2636

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Spec-takel | 11 Comments

Gautrein snuif coke en fok sy neusbrug op.

Brannas het nie brieke nie. Die Gautrein ook nie. Hierie outjie gaan 'n bietjie langer as Brett Kebble se tjor of regter Hakuna Matata se Jag by die panelbeaters staan en dit gaan 'n rapsie duurder wees om reg te maak. Om nie te vergeet van "loss of income" of negative compound interest op poesgroot loans nie . Ons gaan 'n raaiskoot waag hier en die oefening skat op poesduur.

Liewe belastingbetaler, sit asseblief jou hande op die kar se dak, hou jou bek en maak jou hol oop.

Hiieeer kom die trein!

fucked gautrain 2

fucked gautrain

(shot, geheime agent Red Fox)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Kak companies | Tagged | 22 Comments

Die groot vyf

Hi Griff,

Was Saterdag by die einde van die Bergrivier Windhoek kanomarathon. Sien toe hierdie moeg en nie dors nie roeiers in die bar.

Die voorkant van die T-shirt lees “die groot 5”. Die res is wat jy sien. Was maar versigtig om te vra of ek ʼn foto van “die Ek” kan neem.

Albertus

groot 5

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Spec-takel | 6 Comments

Kulula.com het die zefste vlerke in SA

Kulula speel vir hom lekker wyd nou. Al wat julle nou kort is om daai kak grappies van julle te upgrade, seriously. Of dit te staak. Gooi bietjie zefslang in, outjies. Julle is nou redelik goed onderweg op die crooked path of enlightment. Ons sien dat julle hard besig om massive vlerk te sleep by die zef gemeenskap. In beginsel approve ons, maar julle sal nog hasies uit die hoed moet ruk…

Laat ons gerus weet as julle eerste trein reg is. Die een wat aan die voorkant soos 'n piel lyk en aan die agterkant poesgroot ballas het. Hy gaan natuurlik deur 'n tonnel moet jaag wat deur 'n goose uitgebeeld word wat buk vir ses van die diepstes.

Julle kostgroen kar is fraai, maar julle moes dalk julle agency gevra het om met ons te konsulteer. Daar is fokken baie goed op daai kar missing. Waar is die spinners, die ketting stuurwiel, die dice, die kokkololwol en die fake polisie arials om maar net 'n paar te noem?

Nietemin, glad nie 'n kak effort nie…

kulula zef vlerk 1

kulula zef vlerk2

kulula zef vlerk3

(shot, Michael)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Spec-takel | 16 Comments