Vrees Fokol is 'n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook 'n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.
Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:
Hoofstuk 7 – Morné Steyn tot die redding
“Fokken Rave Burger-sous,” sê Tyler en vee oor sy kennebak. “Ek kon dit nog nooit verstaan nie.”
Hy kyk senuagtig na Danny en Oscar, wat blykbaar geheel en al oorweldig is deur die ervaring van ‘n restaurant met kelners wat hulle as “meneer” aanspreek en nie op hul voorname of bloot as “poes” nie. Hulle druk die steers-servetjies netjies voor by die krae van hul vuil T-hemde – onderskeidelik Limp Bizkit en New York Yankees – in.
“Kom ons praat soos larneys!” sê Danny.
“Fokken ja!” sê Oscar in sy diep stem en maak sy keel skoon. “Hoe gaan dit met jou?”
“Nee, dit gaan goed dankie, en met jou?” antwoord Danny.
“Goed dankie,” sê Oscar, waarna hy kliphard uitbars van die lag.
Rave Burger-sous kom uit Tyler se neus soos hy ook lag vir dié absurde skets. Dit weerhou hom egter nie daarvan om aan te hou hap en kou tussen die geskater deur nie. “Die fokken burgers is once, Danny, shot. Of shot vir jou tannies, whatever.”
“Nee, dis fokken reg, Tyler,” sê Danny, “maar check, is julle nie bekommerd oor Jackie nie?”
“Wie?” vra Oscar.
“Jackie, man,” sê Danny, “Jackie fokken Sieberhagen.”
Oscar tuur verward die verte in. Hy kyk nie terug nie.
Jackie Sieberhagen maak sy oë stadig oop. Hy voel hoe die veld se harde klippe teen sy rug steek. Hy kyk op en sy mond val oop. Oor hom, met haar voete sekuur weerskante van sy nek teen die grond geplaas, staan die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het. Haar dun, slanke bene vloei soomloos tot in haar heupe. Haar borste lê soos vol kalbasse oor haar boonste ribbe, haar arms is na bo gelug, haar hande dans saam met die ritme van haar heupe. Sy is geheel en al naak.
Die enigste logiese afleiding wat Jackie kan maak, is dat hierdie pragtige meisie in die veld moes gestap en sy fantastiese biseps opgemerk het voordat sy hom kom verlei het.







Vrees Fokol – Hoofstuk 8: Die mooie tuin
Vrees Fokol is 'n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook 'n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.
Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 4
Hoofstuk 5
Hoofstuk 6
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8 – Die mooie tuin
Die Honda Ballade draai versigtig links af in Nelson Mandelaweg, wat eens as Voortrekkerweg bekend gestaan het. Die viertal in die motor kan almal,
hoewel hulle dit nie aan mekaar kommunikeer nie, voel hoe hul harte vinniger klop.
Tyler, omdat hy belowe is hier sal baie geld wees.
Oscar, omdat hy, hoewel hy ophou luister het, gehoor het hier sal iets wees.
Danny, omdat hy wéét hier sal geld wees, vanweë die waarskynlike hoë konsentrasie gefrustreerde tannies.
Jackie, omdat hy weet hier is niks. Buiten, natuurlik, sy onafgehandelde sake…
Jackie slaan die flikkerlig na regs wanneer die eerste geboue in die nabyheid en die woonstelblokke in die verte begin sigbaar word.
“Is ons dan al in Bloemfontein?” vra Tyler teleurgesteld. “Dis fokken klein.”
“Hierdie is ‘n suburb, dom poes,” sê Jackie, “dis Langenhovenpark. Fokken nuwerige larney plek, blykbaar.”
“Nou hoekom de fok draai ons hier af?” vra Tyler.
“Ons gaan na die tuin toe,” sê Jackie. “Die plek het ‘n naam. Poes Mooi Tuin, of so iets.”
Mettertyd duik die bordjie wat die Pretty Gardens-botaniese sentrum en restaurant aandui op regterhand op.
“Daar, ek sê mos,” sê Jackie triomfantelik, “Poes Cool Gardens.”
Die Honda Ballade word geparkeer en die viertal spring uit. Danny skiet soos ‘n magneet na ‘n yskas vorentoe, in die rigting van die ingang.
“Wat’s sy kak?” vra Tyler.
“Ek dink sy tannie-naai sense is tingling,” glimlag Jackie. Goed vir almal. Geld. Hy is in elk geval dankbaar vir die afleiding – dit gee hom tyd om te soek waarna hy moet soek. Hy het lank gelede, toe hy en Santie die Sangoma nog op goeie voet was (dit wil sê, op goeie geslagsdele was), gehoor hier is verborge skatte in Pretty Gardens. Watter soort skatte was hy nooit seker nie, maar Santie was altyd geheimsinnig. Sy is immers ‘n sangoma. En ‘n bitch, dink Jackie.
LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 8 HIER