Category Archives: Snotstories

grifFin se gids tot drank en -dwelm misbruik vir tieners, studente en senior burgers.

Volgenne keer as jy op drank draks, pille en blare is, dink bietjie na oorie volgenne paar goete. Dit kan jou dalk red.
 

ECSTASY

Hoe jy dink die pille jou klap:
Jy is pragtige, liefdevolle en wonderlike persoon wat ‘n klip uit enige iemand se pad sal rol.
Hoe jy actually is:
Soos die creepy kont wat altyd gat gekruip het by die juffrou. Mense smaak nie jou sweterige hugs wat jy op hulle force nie.
Kans dat jy steek gaan kry:
30%. Seks is nie belangrik nie. Dit gaan oordie ‘vibe’.
Hoe jy in die oggend voel:
Die ou met die grootste kop en die kleinste tottie op aarde.
Skaamteverlof rating:
6/10. Ecstasy laat jou nice goed sê vir mense wat jy fokkol smaak. Wees versigtig met jou foonnommer. Hulle bel jou dalk.

DAGGA

Wat jy skiem jy maak met die blaar:
Jy’s nie seker nie, maar jy skiem mense lag vir jou.
Wat die blaar met jou maak:
Mense lag in fact vir jou en dit voel of iemand jou met ‘n Uno Fire oor diekop gepoes het.
Kans dat jy gaan pomp:
60%. As jy heel aand op die bank lê, kan enige iets gebeur.
Hoe jy die volgende oggend voel:
Lus vir nogge rol rondkyktwak. En die res van die bobotie.
Skaamteverlof rating:
1/10. Jy move so fokken stadig. Die kans dat jy kan kak aanjaag is minimal.

DRANK

Wat jy skiem:
Jy is die fokken dude! Jy is sexy en fokken snaaks en almal like jou kwaai befok.
Wat die bottel skiem:
Jy is ‘n poes. Jou optrede word progressief kakker hoe meer kak jokes jy vertel, almal afpis en eventually ogies maak vir jou beste buddy se chick.
Kans dat jy gaan zaber:
90%. Jou inhibisies moer grond se kant toe met elke dop wat jy kap. Jy is omring met mense van jou kaliber. Jou kanse is pretty goed.
Wat die volgende oggend gebeur:
Waar is my kar? Hoekom het ek met daai sker van Accounts geslaap? Jy voel basically soos wat Mother Theresa lyk: Fokken lelik en fokken dood.
Skaamteverlof rating:
11/10. Jy is te fokken stupid vir woorde.

SNOET-SPOED

Wat jy dink jy doen:
Jy is ‘n genius, moet meisies met stokke van jou af weghou wat jou wil spyker en wil net ‘lunch doen’ met almal volgende week.
Wat jy is:
‘n Irriterende fokken beterweter wat sy eie dick sal afsny vir die volgende lyn.
Kans om bosmossel in die oog te staar:
80%. Dit klink na bullshit, maar as jy dink jy is befok, sal een of ander insecure chick ook so dink.
Hoe jy die volgende oggend voel:
Soos ‘n insecure chick.
Skaamteverlof rating:
0/10 as daar nog coke is in die skoenboks onder jou bed, 9/10 as daar fokkol is.

ACID

Hoe jy dink jy reageer:
Jy doen niks, die wereld om jou doen allerhande fucked-up tricks.
Hoe jy actually reageer:
Jy doen allerhande fucked-up tricks.
Kans om ‘n lift op die wolscooter te kry:
20%. As jy dit kon regkry om iemand te kry, bly daar nog die freaky deel oor: Jy moet jou klere uittrek, ‘n seksuele posisie kies en bid dat jou zaber nie in Pokemon verander nie. Jou partner kan dalk uitdraai as jou ma of Satan.
Die volgende oggend:
Jy sweer jy lees nooit weer Huxley nie, jy gaan kerk toe en weier om enige cartoons te kyk.
Skaamteverlof rating:
0/10. Jy het heel moontlik heel aand voor die TV gesit en lag (die TV was af). Of jy het Superman op jouself getrek en by ‘n woonstelblok in Sunnyside afgespring.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in watkykjy tips | Tagged , , | 3 Comments

Verslag: Ritme word herversprei in SA

Vertaal deur CHopper CHarlie

Wit Suid-Afrikaners snoer kragte saam en dring aan op 'n gelyke herverspreiding van ritme onder die land se inwoners.

Die versoek, wat deur die offisiële opposisie die DA ondersteun word, het betrekking op kritiese en omstrede wanbalans onder rassegroepe. Onlangse studies het getoon dat slegs twee persent van die land se ritme aan wit Suid-Afrikaners behoort.

Eric Avon, woordvoerder van die Gee Ons Ritme Groep (GORG) is ongelukkig met die ANC regering se traagheid om 'n oplossing vir die ritme problem te vind.

'Ons het demokrasie in 1994 gevestig, maar ons mense kan steeds nie dans nie,' kla hy. "Oral waar ek kyk sien ek swart mense en Kleurlinge wat rondspring en dans op die mees komplekse musiek denkbaar sonder om 'n oog te knip. Dit terwyl ons wittes nie 'n dansvloer kan betree sonder om ons name gat te maak, of die risikio van besering in die gesig te staar nie

"Die punt is dat die land glad nie 'n tekort het aan ritme bronne nie. Inteendeel, ons is relatief ryk in ritme as mens dit vergelyk met ander Derde Wêreld lande. Dis net dat hierdie bronne oneweredig versprei is.

"Dis onkonstitusioneel," meen Avon. "Ons is benadeel in die verlede, maar dis nou die regering se verantwoordelikheid om dit reg te stel"

Voorheen het wittes tradisioneel met verskeie oplossings opgekom vir die kritieke ritme tekort, insluitende ritmelose alternatiewe soos gesinchroniseerde disko, die Locomotion en die Macarena.

Hierdie was egter tydelike oplossings en dit was slegs 'n kwessie van tyd voordat mense agtergekom het hoe belaglik dit lyk.

Nou neig wittes om 'uit te sit' as dit by dans kom, of hulle vertel vir ander dat hulle 'nie so baie van dans hou nie' in 'n poging om hulle ritme tekort weg te steek. Vele wend hulle na alcohol en dwelmmiddels. Soms selfs na Satanisme.

"Hierdie situasie kan net nie voortgaan nie," sê Avon. "Daar moet 'n tyd kom wanneer ons kinders kan saamdans, afhanklik van ras, kleur of etnisiteit, sonder vrees of skuldgevoel. En sonder om te lyk of iemand 'n sambreel in hulle hol oopgemaak het."

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment

GrifF se haarsny – ek is nie vein nie, maar ek kan fokken leer.

GrifF besluit toe mos om sy fokken hare te laat sny. Nie te sny nie, net so bietjie die kokkelolwolle in die nek en om die ore te trim dat dit nou nie heelemal te kak lyk nie, want die goed ruk bietjie hand uit in die oggend.

Spot toe so barber shop aan Brooklyn sentrum se buitekant. Een van daai plekke met die rooi en wit strepiespale aan die buitekant. Jy weet mos. Jy het altyd gedink daai plekke verkoop sweets, maar dan vind jy eerste pouse in graad een by 'n huilerige dogtertjie uit dat hulle nie sweets verkoop nie maar weggee en as jy gaan kyk waar die plek is staan daar 'To Let' buite op die deur wat met kettings toe is. Dank God my ma het my hare gesny toe ek 'n laaitie was.

Anyway, hierdie plek lyk toe sommer gaaf en asof hulle jou in Afrikaans bedien. Maar half laat seventies, vroeë eighties Afrikaans. Daar is sulke fokken ou gelerige posters teen die muur met pertrette van mans met haarstyle ouer as Simon van Serene se fokken oupagrootjie. Teen 'n duimspykerbord is daar van hulle kliënte se besigheidskaartjies. Meestal van plekke wat bikes verkoop, bikes regmaak, parte stock, invoer, uithuur en dies meer. Ook een kaartjie van 'n ou wat karre uithuur en 'n tannie wat poodles was en skeer.

As ek nou mooi terug dink, maak dit half meer sin dat dit dalk familiebesighede kon wees, want die ou toppie (met die pertret haarstyl) ry ook 'n bike na sy shop toe. Die tannie wat poodles skeer is seker een of ander fokken nig Hanna twice removed van ou dik Sarel se aangetroude tuinboy of iets in dier voege. Hoe dit ook al sy, ek ondersteun nie 'n fok een van die ouens wat teen daai muur adverteer nie. Dit sal duideliker raak soos die storie ontvou.

Laastens spot ek 'n sticker heel bo links in die hoek wat lui: 'Hemelse vader, lei my'. Dit is effens scary. Mense wat half nie vertroue in hul haarsny vermoëns het nie. Ek wonder toe of hulle hierdie sticker spesiaal deur posbestelling gekry het en of dit 'n homejob is. Stickers uit die eighties lyk in elk geval soos homejobs.. Miskien moet ek maar 'n kraak maak …

Te laat – ek sit toe al klaar in die leerstoel met die voorskoot oor die bors en 'n handdoek wat stywer by by nek ingedruk is as wat enige Rasta by Tings 'n Times 'n Rooibaard kan rol. Die vabond begin sommer sny uit die staanspoor en voor ek kan tune wat ek wil hê hy moet doen val die eerste klos hare.

'Jy moet sê as hierie skêr trek, want jy's die enigste ou wat sal weet', tune die ou my terwyl hy voort snipper. Ek begin toe dink oor hoekom ek spesifiek die enigste ou is wat sal weet hoekom die skêr trek. Is dit een of anner byderwetse Vlakplaas eksperiment? Of het ek die verkeerde tyd, dag, persoon en jaar gekies vir 'n doodgewone fokken haarsny?

My gedagtes dwaal half terug na reality toe die china iets mompel van die kuif uit die oë kry. Te laat. Nog 'n klos val. Ek is te geskok om iets te sê en dog toe die ou gaan alles half even probeer sny. Blykbaar gebeur so iets nie op Donderdag 27 Desember half vyf die middag nie. Ek kyk na die sticker bo in die hoek en my mond kry 'n metaalsmaak.

Moerse ingenome hou die ou die spieël agter my kop, sodat ek nou half moet instem dat ek regtig fokken erg impressed is met die kak wat hy sopas met my hare aangevang het. Hy voeg toe ook by: 'Nou lyk jy reg vir jou Nuwejaarspartytjie. Jy hoef nou nie 'n hoed te dra nie. Ek guarantee die sides tot volgende jaar.' Jirre outjies. As ek 'n brandsiek skaap met die agterent eerste oor my kop trek sal dit nog steeds beter as 'n hoed lyk.

Vyf en dertig rand! Geld wat ek nooit fokken ooit weer sien nie. Vir R35 kan ek liewer daai nuwe kak fliek van Leon Schuster gaan kyk en 'n moerse popcorn koop. R35 kry my tot by die werk en terug. R35 kan 'n paar shooters koop. Ek kan 'n paar kouse en 'n onnebroek vir R35 koop, of 'n pak stiffies, of drie pakkies skywe. Danksy die poes wat my hare opgefok het, lyk ek nou asof ek met 'n krieketbat agter die kop ge-poesklap is. Dit lyk nou of ek permanent 'n hangover het elke dag in plaas van die standaard drie ure elke dag.

Ek staan by die deur en eye my kar. So 35 tree skat ek. Ek kyk rond of daar niemand is nie en sny 'n lyn kar toe vinniger as Ben Johnson. Ek sit die musiek fokken hard, sit my shades op en jaag weg.

By die huis gekom besluit ek om 'n omelet te maak en TV te kyk. Die laaste eier wat ek bo-oor alles breek is vrot. Fok dit! As ek ook nie mag eet vanaand nie, kan ek net sowel drink. Klim in my kar en ry drankstoor toe om ses Black Labels te koop. Die ou tune my iets van iets in die twintig rand asseblief. Ek sê toe vir hom dat ek nie snaaks probeer wees nie, maar dat ek sal beter voel as ek asseblief R35 kan betaal. Hy vat die geld en ek fokkof.

Snaaks genoeg was my eerste gedagte toe ek by daai plek instap en al die Afrikaans om my sien: 'O jirre, ek hoop nie hierdie verander in 'n Snotstorie vir watkykjy nie'.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , | Leave a comment

Wat de fok het van die Gunners geword?

"Once there was this rock 'n roll band rolling on the street, Time went by and it became a joke …"

Laat-80s, skateboarding is not a crime en metal kraai koning. Heavy mental. Slaan vyf outies uit met 'n moerse lawaai, gevloekery en absolute fokken coolgeit. Guns en fokken Roses is die band.

gnr

Oorspronklik jol Axl Rose (regte naam William Bailey) in die band Hollywood Rose en team op met Tracii Guns (van L.A. Guns) en vandaar die naam Guns 'n Roses. Die union werk nie te kwaai nie en op die einde fok Tracii Guns aan met sy cock rock band terwyl Axl (vox) en Slash (lead guitar), Izzy Stradlin (rhythm guitar), Duff McKagan (bass) en Steven Adler (dromme) die oorspronklike Gunners word.

Die manne skop weg met '86 se Live like a suicide wat 'n lot noisy rock nommers live insluit, soos Nice boys (don't play rock 'n roll). Nie 'n moerse groot album nie en maak nie 'n duik in 'n drol nie.

gnr2

Die ouens slaan die big time met 1987 se Appetite for Destruction – arguably die sleazyste en coolste rock album ooit vrygestel. Vele Afrikaanse tieners gooi nodeloos Christelike waardes oorboord en gil saam met tracks soos Sweet Child o' Mine, Paradise City en Welcome to the Jungle. Dis rock op sy beste: loud, raserig, vieslik en uiters fokken cool.

Die band het groot hare, bangles, tattoos, weird pette, hulle suip eindeloos baie, skiet 'n assortment draks op en doen alles seksueel imaginable. Rumours loop dat Motley Crue en GNR op 'n stadium 'n kompetisie gehad het oor wie die meeste groupies 'gehad' het.

gnr3

1988 sien GNR Lies wat maar eintlik die rerelease is van Live like a suicide plus nuwe acoustic jams soos 'Patience' en 'Used to love her'. Orraait terwyl mens pool speel en bier drink, maar span nie werklik die spreekwoordelike kroon nie.

gnr4

Na hierdie hectic excesses van die 80s word die manne rustiger, gooi 'n draai by rehab en boot Steven Adler uit die band uit omdat hy nie die habit kan kick nie. Hy was ook nie eintlik 'n goeie drummer nie, bygesê. Matt Sorum (voorheen van The Cult) neem weldra die stokke op.

Die ouens gaan voort met die recording van 'n much anticipated album Use Your Illusion en betrek ook vir Dizzy Reed, 'n keyboard speller en tjom van Axl. Die album raak meer ambisieus en hulle besluit om dit as twee CDs uit te reik en ook female backup singers, percussion, 'n horn section en ander weird instrumente in te sluit.

Die album is laat maar met goeie rede. Use Your Illusion I en II word gelyktydig vrygestel en verkoop soos e's by 'n rave. Songs range van rock nommers wat HARD bliksem, tot ballads wat ouens laat score by chicks tot epic arrangements met winding guitar melodies a la Slash. Die songs, recording en production is baie meer polished as Appetite for Destruction maar dit bly unmistakably Guns an' fuckin Roses.

En toe strike die kak die fan. Izzy Stradlin, een van die beste songwriters in die band, besluit die jol is kak en skiet uit. (Incidentally het hy nou al sy tweede solo album uit.) Hulle replace hom met so nowhere gypsy Gilby Clark.

gnr5

1993 en hulle bring The Spaghetti Incident uit, 'n collection van covers soos Sympathy for the Devil (Rolling Stones) en punk liedjies waarvan Duff sommige sing. Baie simpel album en kan liefs vermy geword het. Glad nie 'n worthy opvolger vir Use Your Illusion nie. Glad nie.

gnr6

Sies, ga ..

Toe fok alles rerig uit. Duff besluit om heeltemal op te clean, quit (alles) en begin later 'n band van sy eie. Matt Sorum jump ship vir The Cult en op een of ander stadium raak Gilby Clark ook verlore.

Na 'n ruk besluit Slash dis 'n kak plan en hy quit. Later begin hy Slash's Snake Pit (maar boring) en speel saam met Michael Jackson en sulke vibes. Blykbaar beplan die man 'n solo album. Whatever.

Axl hire en fire mense links en regs en speel deesdae shows met 'n fokken weird 8-man lineup. Dit lees:

  • Axl Rose (die stem)
  • Buckethead (stuppitte asshol wat lead guitar speel met 'n KFC emmer op hom koppie)
  • Brian Mantia ('n drummer, voorheen van Primus)
  • Robin Finck (guitarist voorheen van Nine Inch Nails)
  • Thomas Stinson (onbekend as bassist)
  • Paul Tobias (pel van Axl wat in cover bands guitar gespeel het)
  • Chris Pittman (sound fx en keyboards, soos in beats bru, beats)
  • Dizzy Reed (keybord speler uit die goeie ou dae van GNR)

Snaakse lot mense wat nog steeds nie kon manage om die unfuckinbelievably long-awaited Chinese Democracy album klaar te record dat mens darem nog Guns 'n Roses kan hoor voor ons ore ingee en ons blase vrylik vloei op ongeleë tye nie.

In fact, al wat intussen gerelease is is 'n 1998 Use Your Illusion compilation (songs van albei albums) en 'n 1999 Live Era '87-'93 verskoning. Ek's seker die record company het lankal moed opgegee.

Maar die Here hoor vir my, ek het nie. Mag die Gunners uit die spandex en big hair verrys om gestalte te gee aan 'n nuwe brand van sleaze rock.

Viva GNR viva.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | Leave a comment