Oppikoppi is pas verby. Ek sit op die plane en wonde lek en wonder waar dit als so fokken mal gegaan het. Want die jaar – 2011 – was ek wat Chopper
Charlie is net vir een enkele dag daar. Sondag. En dit was net so fokken crazy soos drie of vier dae van ruk en rol losbandigheid. Fokkit.
Hier is die goed wat presies dieselfde uitgewerk het vir my as ander jare.
Sien amper niks bands nie. Oor die algemeen sukkel ek om by al die befokte bands uit te kom tydens Oppikoppi. 'n Man haak die hele tyd vas êrens en besluit later die band kan wag tot later of next year. Dit nou terwyl loopdop na loopdop ingewerk word. In een dag het ek David Kramer gesien, die Antwoord geluister en Michelle Shocked actually gekyk. O ja, en 'n stukkie Sum41 van die backstage af. Pretty much on par met al my ander Oppikoppi's – behalwe 2004 wat ek nie een fokken band gesien het nie. Lang storie.
Verloor al jou geld. Nou die ironie hier is fokken dikgesmeer bra. Eerstens gee ek my duisend rand vir my kwagga want ek verloor altyd my fokken beursie met my slegte fokken dronkgat. Toe manage sy om haar handsak unsupervised te los – op die grond – terwyl die Wedding DJs jol. Later spot iemand anders die handsak, wat intussen verlos is van my 1000 skille asook haar iets soos 300. Dit nou terwyl mens nie met cash kon koop nie. Die jirre weet.

Verloor jou kamera. Sien 'verloor al jou geld' hierbo. Nie slim om al jou eiertjies in jou dronk eggenote se handsak te bêre nie. Ook nie jou kamera nie.
Verloor jou sonbril. Particularly lekker as jy Maandagoggend so poepoog en al knippende die Bosveldsonnetjie moet aandurf terug beskawing toe. Met 'n hangover so groot soos die main stage se genade. Eish.
Word fokken siek. Die enigste rede hoekom ek net 'n dag by die 'koppi was, was omdat ek fokken vark flu gekry het. Vieslik. En nou? Nou sit ek met fokken snotneus en sulke suf truimoue van al die afvee. By die werk. Vet nice.
Word fokken vuil. Hier kan 'n ou seker argue dat 'n man effe skoner is as na drie dae in Distrik 9, maar die fok weet boudbruin badwater bly boudbruin badwater. In fact, ek het binne die eerste twee ure daar twee biere oor my shorts uitgegooi en een keer plat in die stof neergemoer. Dis asof ek wou misluk, selfs met die min tyd tot my beskikking.
Breek jou kamptoerusting. Nou dis wat my poesdronkslaan. Ons het drie kampstoele saamgevat, twee uitghehaal. Die een wat in die bakkie gebly het
is in sy poes in gebreek. Por que? Seker selfmoord agv eensaamheid. Wou seker ook bands gesien het of geld gesteel het. Fok weet.
Pass uit in die vroegmiddag. Jip. Een dag en ek manage om teen vieruur so vrotfokkendronk te raak dat ek moes middagsnorkel vang om die aand se gig te maak. Maar maak het ons hom gemaak pappa. Ons het hom gemaak.
Geniet jouself gate uit. In een dag kan 'n ou steeds kakpraat, kakmaak, kak dans, kak lyk en 'n befokte tyd hê. Jy moet dit net fokken vinnig doen, so asof jy ADHD het of daai Hougaard laaitie van die Bulle is. Doen als mos so fokken vinnig. Jy moet net fokus.
Nou kyk, all things being equal sou ek nie die intense eendag ervaring aanbeveel nie maar dis nie hoe die dice gerol het vir my die haar. Ek sien uit om volgende jaar te bou op hierdie ervaring en vir drie dae elke dag voluit te lééf by daardie allerheiligste van party plekke – Oppikoppi.
Sela.
Ek dink net ek moet my R1300 ook in die armbeurs gooi. Chopper, ou vriend van skool, toe ek die oggend die stylie sitkamer met die stage view wat ek by Oppikoppi gebou het begin afslaan, het ek drie pare sonbrille opgetel waarvan twee gebreek was. Een van hulle het soos joune gelyk. Jy het seker vergeet dat ons nogal redelik fles gevat het daarso.
Ek het met die bietjie stem wat ek oorgehad gehad geskreeu "Wie se kak is hierdie?". Ek kon dit net eenkeer skreeu voor ek in my mond opgegooi het en dit ongemerk agter ky kar gaan uitspoeg het langs die pap veldtie wat 'n onbekende meisie die vorige aand daar vir my gelos het (baie dankie). Wat toe by my mond uitkom vanwee die aanskoue van die caramelkleurige – kom ons noem dit sommer 'n peltie (pap veldtjie) - was egter nie ongemerk nie. Ek kon nie verder praat nie. Ek kon skaars asem haal.
Ek het die brille op 'n hopie gelos langs die vier pakke ongebruikte hout, die sitkamer afgeslaan, my goed opgepak met die hulp van die vyf tjommies wat oorgebely het en gefokof. Al huilende terug Johannesburg toe. 170km/h. Ek het eers drie ure nadat ek R200.40 se KFC gevreet het opgehou huil.
Sorry oor jou brille, maar at least is daar een zebra op die plaas wat nou poescool gaan lyk.
griffin.













Die lette van Gansbaai
Deur Lucas Heinen
So ontmoet ek mos die naweek die twee interessantste lette. Nogal in Gansbaai.
Die een se naam is mos eintlik Johanna, maar sy dring daarop aan dat mense haar ‘Joe’ noem. Sy dra silk boxers en het 'n tuindienste wat soms ook double-up as ‘n verf-spannetjie. Iedergeval, albei word vervoer met ‘n fucked up 1400 bakkie – so kode 3 afgeskryfde klein kak Bantampie wat haar zef oom in Parow by ‘n connection gekry het en vir haar gefix het.
Haar brandsiek girl het swart gedyede hare met 'n regrowth van vier vingerbreedtes – muisvaal. Joe kon nie genoeg tuine die maand doen om 'n boksie Inecto dye by die Indier-shop te koop nie. Die wasmasjien is ook poestoe na een aand se fight toe Joe die spindrom in sy moer geskop het met haar hardfront Bronx.
Hulle wil graag vir vakansie Margate toe gaan langs die golden coast. Joe belowe al vir maande – as haar fokkieng scheme net posvat (sy werk aan 'n patent waar jy jou wieldop-spinners met solarpanels connect en dit LED strobes gooi sonder om die battery te tap), maar met die laaste attempt het die piston gekak, sy 'n ring geslaan en sedertdien pis die bantam elke dag 'n paaint olie teen die mudflap. Sasha (die girlfriend) doen acrylic nails en pedi’s uit die garage uit, maar haar ongesonde obsessie met poppers en Dawn-lyfroom keer dat sy enigsins ‘n wins maak.
Joe het aangemeld met 'n highlite home kit en voel trots dat haar droë, grasserige, nommer een brushcut soos die pels van 'n unglamorous wildekat lyk. Die enigste accessories aan haar gesig is 'n stud deur haar dig bebosde wenkbrou en 'n tongring (sy het self een aand na 'n paar Cappies 'n warm naald deur haar wenkbrou gedruk. Dit sweer nogsteeds bietjie) al ander bykomstighede tot haar High-tecs en 'praat afrikaans of hou jou bek' t-shirt is 'n haaitand hangertjie om haar nek en 'n medic alert bandjie om haar pols. Vir diabetes – Sasha sê dis omdat sy te veel coke saam met haar brannas gooi, maar wie de fok gee om? Sy’t anycase nie medies nie.
Sasha wou al die jare 'n danser geword het, maar kon nooit by die academy aansluit nie. Sy't weggeloop op 17 en nooit haar matriek gekry nie. Al waarvoor haar dansery nou goed is, is om dronk poachers van Hawston te oortuig om vir haar en Joe drafts te koop by O'Jensons. Sasha is nie bang as die mans vatterig raak nie want sy weet Joe het laasweek vir Dikpiet Gouws 'n singer gegee wat sy oordrom gebars het toe hy vir Sasha se nommer gevra het. Dit was ook die aand met die wasmasjien.
Sasha trap nou maar die panties en boxers in die bad, maar wil volgende week een weeksoggend by haar stiefma se huis inbreek en die manual slinger Sputnik steel wat hulle altyd kleintyd saamgevat het op karavaanvakansies. Die stiefma is in elkgeval ‘n kommin bitch wat cane drink en Courtleys rook. Sasha like haar fokol.
Die aard van Joe se fisiese werk en haar sweetklierprobleem veroorsaak dat hulle threequarter altyd na tough times en varsgekapte uie ruik. Hulle altwee is op pay-as -you-go en vir Sasha se laaste birthday het Joe vir haar 'n snazy Alcatel by Pep gekoop. Joe het ook een aand na 'n fight die ding teen haar Bantam se grill gegooi en nou is hy minus 'n aerial. As Sasha wil bel moet sy in die kitchenette staan, want dis al waar sy sein kry. Hulle stuur elke dag vir mekaar ses please call me's (want dis al wat jy kry op Cell c) om te sê hulle mis mekaar, maar as Sasha wil hê Joe moet iets saambring van die dorp af, missed call sy haar dat sy weet sy moet op Mxit gaan en dan kan Sasha vir haar stuur: "x bd hys. Vokol melk. Brng sgrte en tjklit. Nt 1 wnt j ht sykrsikte".
Gewoonlik bring Joe nie die goed nie, want sy moes alreeds R20 by Jeff leen vir petrol om by haar tuin vir die week te kan uitkom en O'Jensons is agter haar aan soos 'n loanshark oor haar R100 agterstallige bartab. Maar Joe worry nie, want sy’t twee tenders ingesit vir die nuwe Spar wat oopmaak – een vir die landscaping en tuine en nog een vir die verfwerk. Groot geld, pappie!
En dan kan hulle uiteindelik Margate toe vir daai vakansie