Category Archives: Snotstories

Oppikoppi: Willie Smit skud ons fondamente deur ons ornamente

Dit was aand en dit was more en toe is dit op ons – Oppikoppi se April jol op die plaas naby Northam. Sak daar mos 'n lot Urbaanse skifgatte uit vir 'n event wat menige volwassene laat huil het. Met plesier, that is.

Met plesier.

En hoekom presies dit so donners lekker was weet ek self nie. Miskien was dit die DJs se blistering sets wat almal begeester het, maybe die fokken lekker vibe wat oral rondgeloop het en gesê het "Dis OK, ek voel ook so", maybe die bands wat almal ornamente laat tuit het of maybe die feit dat dit Naasfees is met Paas Botha.

Wie weet?

Wat ek wel kan berig is dat die tunes gerule het. Brixton Moord & Roof was sharp, Jack Hammer gemaklik soos 'n lekker paar jeans, Four Ounce Freedom was lekker kwaai en BOO! was net wonderlik en oulik en al daai lekker goed. Dis die wat ek onthou.

Daar's ook heelwat gedrink, ek dink byvoorbeeld die meeste Jagermeister in die heelal ooit, want daar was nie meer stock nie. Tequila het vrylik gevloei op stadiums asook 'n kakhuis vol Savanna en so meer. Dankie vir die bra wat die drankies gesponsor het met die Wat Kyk Jy? militante vleuel reunion.

Baie gaaf.

Die oranje tent (tank parachute) was 'n lekker addition alhoewel dit meeste van die tyd so donners warm was dat mense verspreid tussen bome gelê en kak praat het. Vele ou gesigte is weer raakgedrink in die legendariese klein bar en nog meer simple topics is aangedurf te midde van alkohol-geïnspireerde verbeeldings.

Verder is daar gechill, geswem, geskree, gelag, gestap, gekruip, gekots, genaai, gekoop, gekak, geval, gerol, gery, gestap en sommer baie gesels, Carike. Sommer baie.

Dankie Edwill.

Is dit nie snaaks hoe mens een aand vrolik en strompelend teen 'n berg afbliksem en dan weer nugter voor 'n skerm moet sit en maak of jy werk nie?

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in oppikoppi | Tagged , | Leave a comment

Blair, die twee torings, en ek

Super Deluxe 3000 (Buitelandse verslaggewer)

Die afgelope paar weke is ek seker meeste mense is voor die kassies genael, na wat met New York se groot zap sign gebeur het. Maar metter tyd, kom ons face it, raak ons nou ietwat gatvol vir die CNN en BBC ouens se gesigte. Big Brother is besig om al hoe meer interessanter te raak, en ook hier in Engeland het die nuwe reeks van Temptation Island my met jaloesie begin weglok.

Die probleem hier is dat die Britte oftewel 'bruinnekke' so diep in Amerika se poephol opgekruip is dat hulle soos 'n droë drol spartel om uit te kom. Die grootste sondebok is natuurlik die kordate kaartmannetjie homself, Tony Blêr.

Check Tony is een van daai klein irriterende ouens op skool wat kak soek met mens en dan agter VetSeun gaan wegkruip net voor jy hom kan donner. Sodra Bush iets vir Oom Taliban sê op die TV dan hardloop Tony van agter Amerika se groot vet gat, moer Oom Taliban met 'n plattie teen die oor, en kruip dan weer agter VS weg.

Ek kan nie meer TV kyk en sien hoe Blêr alles wat Bush sê herhaal in 'n Britse aksent nie. Magtig het die man nie ouens wat vir hom speeches skryf nie, of ten minste net die woorde bietjie kan rondskommel dat dit nie so blatantly obvious is nie? Amerikaanse aksent: 'This is a war on terrorism!' Britse aksent: 'This is a wor onn terrourism'. Amerikaanse aksent: 'My eyes are very close together', dan sê Tony, 'My oyes ore very close togethor'.

Elke oggend as ek op die tube werk toe ry dan sien ek hoe die benoude Britte angstig deur hulle koerante blaai. Die treine pong so van benoude poep dat ek besluit het om maar die ekstra R3000 'n dag uit te shell en 'n taxi werk toe te vat.

Kom ons face it maar, Brittanje is 'n mini Amerika met 'n bietjie meer Duitse toeriste. Toe Osama 'n paar weke gelede Kapitalisme se twee zap vingers afbreuk, moes julle Londen se reaksie beleef het. Koerantpapier-Amerikaanse-vlaggies word uitgesny en in jou werk, kar, huisvenster geplak (En nee, 'n USA bandenna om jou spieëltjie tel nie). Mense kyk vir die eerste keer in hulle lewe live na die New York Stock exchange en gooi hulle hande moedeloos in die lug toe die $ neerbliksem, kruip, opstaan, en weer genadeloos neerbliksem.

Brandweermanne hou op om vure te blus, katjies te red en samel instede geld in vir Vetseun. Televisie staak normale programme en bombardeer klein pommies met nog meer foto's, teks, video's, selfoonopnames en black boxes van vreesaanjaende terries met baarde en handoeke op hulle koppe. Ander charities in Engeland begin worry want mense gee net vir VetSeun. VetSeun word vetter maar stuur darem 'n paar sakke koring na Pakistan toe. Wie wil nou koring hê as jy kan kreef eet?

Het die wêreld helemal mal geword? Om vir Amerika te sê hy mag maar die kak uit 'n deurskynende enemy boks – wat enige plekin die hele wêreld kan wees – soek mos nou vir stront. Maar nee, Tony is 'n regte fokken 007 (behalwe sy oë is bietjie nader aanmekaar) en hy en Vetseun gaan alleen die hele skooljaart opfok.

En dis die uiteinde van hierdie lang vervelige sad storie.

Die einde.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , | Leave a comment

VSA se voete van klei

Die volgende stuk is fokken erg subjektief en 'n persoonlike view op die fokken gemors wat die 11de September gebeur het. As jy dink dis kak, is ek fokken jammer om te hoor.

Dis nou al 'n rukkie nadat iemand 'n lot aeries in die World Trade Center en die Pentago in staan en vlieg het. Die oorlog teen terrorisme, word aan ons vertel, is onderweg. Groot, sterk Amerika sal terreur fokken uithaal. Once.

HKGK. Selfs 'n blinde man kan sien hier kom groot kak.

Soos ek die ding sien, staan niemand te gain nie. Dis jou basiese een keer in 'n leeftyd groot fokken gemors, is al wat dit is. Fokken jare se mielies. En Amerika is beisg om sy lappie te verloor. Niks soos 'n klein doring om 'n groot leeu om te krap nie.

Dit kan nie gejustify word dat 'n paar duisend gewone mense dood is in Amerika nie. Nie vir my nie. Maar die ouens moes die Ou Grote se aandag op een of ander manier kry. Dit het hulle wel gedoen. Met rente.

Wat mens moet besef is dat Amerika al jare se kak aan die fokken wereld uitdeel, veral armgatte soos ons. En jy kan jou neus net soveel keer insteek voordat iemand jou gaan poes. Glo my, as Suid-Afrikaanse man ken ek hierdie fokken wet maar tog te goed.

Die Yanks skiet nou al jare lank lekker rond, vat oor, gee kak en enforce sanksies hier en sanksies daar en siedaar – nou's hulle op home ground aangeval, iets wat niemand ooit reggekry het nie. Asof dit nie genoeg is nie, floor die ouens toe ook sommer die WTC for good measure.

En hierdie bra's is nie bang nie, let me tell you. Wie ever dit is, hulle staan hulle man. Bin Laden weier sover om te sê dis hy, maar volgens 'evidence' en CNN kan mens aanneem dit was mense van die Arabiese persuasion wat 'n ekstremistiese lering van Islam aanhang. Of die CIA.

Oom Taliban tune "Issit?" en loop nou deur vir hardegat wees. Maar iemand moes dit doen – selfs die Groot Illusie van Vryheid het voete van klei. En as hy val, gaat hy hard neerbliksem pappie. Bliksems hard.

Net die tyd sal leer

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , | Leave a comment

Blair, die twee torings, en ek

Super Deluxe 3000 (Buitelandse verslaggewer)

Die afgelope paar weke is ek seker meeste mense is voor die kassies genael, na wat met New York se groot zap sign gebeur het. Maar metter tyd, kom ons face it, raak ons nou ietwat gatvol vir die CNN en BBC ouens se gesigte. Big Brother is besig om al hoe meer interessanter te raak, en ook hier in Engeland het die nuwe reeks van Temptation Island my met jaloesie begin weglok.

Die probleem hier is dat die Britte oftewel 'bruinnekke' so diep in Amerika se poephol opgekruip is dat hulle soos 'n droë drol spartel om uit te kom. Die grootste sondebok is natuurlik die kordate kaartmannetjie homself, Tony Blêr.

Check Tony is een van daai klein irriterende ouens op skool wat kak soek met mens en dan agter VetSeun gaan wegkruip net voor jy hom kan donner. Sodra Bush iets vir Oom Taliban sê op die TV dan hardloop Tony van agter Amerika se groot vet gat, moer Oom Taliban met 'n plattie teen die oor, en kruip dan weer agter VS weg.

Ek kan nie meer TV kyk en sien hoe Blêr alles wat Bush sê herhaal in 'n Britse aksent nie. Magtig het die man nie ouens wat vir hom speeches skryf nie, of ten minste net die woorde bietjie kan rondskommel dat dit nie so blatantly obvious is nie? Amerikaanse aksent: 'This is a war on terrorism!' Britse aksent: 'This is a wor onn terrourism'. Amerikaanse aksent: 'My eyes are very close together', dan sê Tony, 'My oyes ore very close togethor'.

Elke oggend as ek op die tube werk toe ry dan sien ek hoe die benoude Britte angstig deur hulle koerante blaai. Die treine pong so van benoude poep dat ek besluit het om maar die ekstra R3000 'n dag uit te shell en 'n taxi werk toe te vat.

Kom ons face it maar, Brittanje is 'n mini Amerika met 'n bietjie meer Duitse toeriste. Toe Osama 'n paar weke gelede Kapitalisme se twee zap vingers afbreuk, moes julle Londen se reaksie beleef het. Koerantpapier-Amerikaanse-vlaggies word uitgesny en in jou werk, kar, huisvenster geplak (En nee, 'n USA bandenna om jou spieëltjie tel nie). Mense kyk vir die eerste keer in hulle lewe live na die New York Stock exchange en gooi hulle hande moedeloos in die lug toe die $ neerbliksem, kruip, opstaan, en weer genadeloos neerbliksem.

Brandweermanne hou op om vure te blus, katjies te red en samel instede geld in vir Vetseun. Televisie staak normale programme en bombardeer klein pommies met nog meer foto's, teks, video's, selfoonopnames en black boxes van vreesaanjaende terries met baarde en handoeke op hulle koppe. Ander charities in Engeland begin worry want mense gee net vir VetSeun. VetSeun word vetter maar stuur darem 'n paar sakke koring na Pakistan toe. Wie wil nou koring hê as jy kan kreef eet?

Het die wêreld helemal mal geword? Om vir Amerika te sê hy mag maar die kak uit 'n deurskynende enemy boks – wat enige plekin die hele wêreld kan wees – soek mos nou vir stront. Maar nee, Tony is 'n regte fokken 007 (behalwe sy oë is bietjie nader aanmekaar) en hy en Vetseun gaan alleen die hele skooljaart opfok.

En dis die uiteinde van hierdie lang vervelige sad storie.

Die einde.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , , | Leave a comment