Category Archives: Snotstories

Wat de fok het van die Gunners geword?

"Once there was this rock 'n roll band rolling on the street, Time went by and it became a joke …"

Laat-80s, skateboarding is not a crime en metal kraai koning. Heavy mental. Slaan vyf outies uit met 'n moerse lawaai, gevloekery en absolute fokken coolgeit. Guns en fokken Roses is die band.

gnr

Oorspronklik jol Axl Rose (regte naam William Bailey) in die band Hollywood Rose en team op met Tracii Guns (van L.A. Guns) en vandaar die naam Guns 'n Roses. Die union werk nie te kwaai nie en op die einde fok Tracii Guns aan met sy cock rock band terwyl Axl (vox) en Slash (lead guitar), Izzy Stradlin (rhythm guitar), Duff McKagan (bass) en Steven Adler (dromme) die oorspronklike Gunners word.

Die manne skop weg met '86 se Live like a suicide wat 'n lot noisy rock nommers live insluit, soos Nice boys (don't play rock 'n roll). Nie 'n moerse groot album nie en maak nie 'n duik in 'n drol nie.

gnr2

Die ouens slaan die big time met 1987 se Appetite for Destruction – arguably die sleazyste en coolste rock album ooit vrygestel. Vele Afrikaanse tieners gooi nodeloos Christelike waardes oorboord en gil saam met tracks soos Sweet Child o' Mine, Paradise City en Welcome to the Jungle. Dis rock op sy beste: loud, raserig, vieslik en uiters fokken cool.

Die band het groot hare, bangles, tattoos, weird pette, hulle suip eindeloos baie, skiet 'n assortment draks op en doen alles seksueel imaginable. Rumours loop dat Motley Crue en GNR op 'n stadium 'n kompetisie gehad het oor wie die meeste groupies 'gehad' het.

gnr3

1988 sien GNR Lies wat maar eintlik die rerelease is van Live like a suicide plus nuwe acoustic jams soos 'Patience' en 'Used to love her'. Orraait terwyl mens pool speel en bier drink, maar span nie werklik die spreekwoordelike kroon nie.

gnr4

Na hierdie hectic excesses van die 80s word die manne rustiger, gooi 'n draai by rehab en boot Steven Adler uit die band uit omdat hy nie die habit kan kick nie. Hy was ook nie eintlik 'n goeie drummer nie, bygesê. Matt Sorum (voorheen van The Cult) neem weldra die stokke op.

Die ouens gaan voort met die recording van 'n much anticipated album Use Your Illusion en betrek ook vir Dizzy Reed, 'n keyboard speller en tjom van Axl. Die album raak meer ambisieus en hulle besluit om dit as twee CDs uit te reik en ook female backup singers, percussion, 'n horn section en ander weird instrumente in te sluit.

Die album is laat maar met goeie rede. Use Your Illusion I en II word gelyktydig vrygestel en verkoop soos e's by 'n rave. Songs range van rock nommers wat HARD bliksem, tot ballads wat ouens laat score by chicks tot epic arrangements met winding guitar melodies a la Slash. Die songs, recording en production is baie meer polished as Appetite for Destruction maar dit bly unmistakably Guns an' fuckin Roses.

En toe strike die kak die fan. Izzy Stradlin, een van die beste songwriters in die band, besluit die jol is kak en skiet uit. (Incidentally het hy nou al sy tweede solo album uit.) Hulle replace hom met so nowhere gypsy Gilby Clark.

gnr5

1993 en hulle bring The Spaghetti Incident uit, 'n collection van covers soos Sympathy for the Devil (Rolling Stones) en punk liedjies waarvan Duff sommige sing. Baie simpel album en kan liefs vermy geword het. Glad nie 'n worthy opvolger vir Use Your Illusion nie. Glad nie.

gnr6

Sies, ga ..

Toe fok alles rerig uit. Duff besluit om heeltemal op te clean, quit (alles) en begin later 'n band van sy eie. Matt Sorum jump ship vir The Cult en op een of ander stadium raak Gilby Clark ook verlore.

Na 'n ruk besluit Slash dis 'n kak plan en hy quit. Later begin hy Slash's Snake Pit (maar boring) en speel saam met Michael Jackson en sulke vibes. Blykbaar beplan die man 'n solo album. Whatever.

Axl hire en fire mense links en regs en speel deesdae shows met 'n fokken weird 8-man lineup. Dit lees:

  • Axl Rose (die stem)
  • Buckethead (stuppitte asshol wat lead guitar speel met 'n KFC emmer op hom koppie)
  • Brian Mantia ('n drummer, voorheen van Primus)
  • Robin Finck (guitarist voorheen van Nine Inch Nails)
  • Thomas Stinson (onbekend as bassist)
  • Paul Tobias (pel van Axl wat in cover bands guitar gespeel het)
  • Chris Pittman (sound fx en keyboards, soos in beats bru, beats)
  • Dizzy Reed (keybord speler uit die goeie ou dae van GNR)

Snaakse lot mense wat nog steeds nie kon manage om die unfuckinbelievably long-awaited Chinese Democracy album klaar te record dat mens darem nog Guns 'n Roses kan hoor voor ons ore ingee en ons blase vrylik vloei op ongeleë tye nie.

In fact, al wat intussen gerelease is is 'n 1998 Use Your Illusion compilation (songs van albei albums) en 'n 1999 Live Era '87-'93 verskoning. Ek's seker die record company het lankal moed opgegee.

Maar die Here hoor vir my, ek het nie. Mag die Gunners uit die spandex en big hair verrys om gestalte te gee aan 'n nuwe brand van sleaze rock.

Viva GNR viva.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | Leave a comment

Die mense van vandag

Rooibaard, die skurfpoes Reus

Anyways, ek lees hierie kak wat jy tune oor bulldogs en pierre cafe en al daai stront. Dit is BOKBEFOK om die minste te tune. Fokken naais. Ek was so paar keer by daai kak plek want ek bly mos in hierie fuctup town.

Anyways die mense hier in Centurion is maar oor die algemeen bietjie gefok in die hoof [of kop as jy mooi daarna wil kyk]. Pretoria – braai en naai town. Maar anyways die regte kak is net om die cherries te kry, ek sê. Want as jy nie kan fokken rave nie, dan is jy mos low budget of iets, ek scheme. Maar fok hulle ook, ek orgynaais ordentlike poes ASAP wat hierie kloosterkoekie masturberende rave kiddies goed sal bliksem as hulle net so njamau flirt gooi.

Nou iets wat ek persoonlik oor die laaste paar jaar mooi agterkom in SA: As dit nie fokken vandag hier is of werk nie, wag vir more, miskien maak 'n anner poes dit reg of koop nuwes. Voorbeeld: ek loop mos 2am by die local garage in. Ek gee so vinnige kondoomrun-soek deur die winkel opsoek na melk vir sooibrand want die poeste het mos nie fokken rennies nie. Anyways ek is nie vol stront nie, maar die cherry by die huis soek net lae-vet, maar nou ja. Tune die man agter die counter my mos hulle het nie 'n fok enige melk behalwe 1 week oue volroom nie. MY FOK! Vërlee tune ek hierie kont dat hy maar moet gee, dit proe seker maar net so bra kondensmelk soos 'n lekker muff-dive.

Kruks van die saak: die mense wil nie 'n fok meer werk nie. Ons almal gaan in die oggend werk toe, doen ons werk en gaan naai by die huis, Fok die werk, ek worry nie 'n fok anyways, solank ek naai. Nou tune hierdie dom poeste my: "Ja meneer, jy’t die verkeerde attitude teenoor die lewe". Ek tune fok julle almal china’s.

Nog 'n voorbeeld:Publieke toilette. Kom in, check daai pielprop krip so en raak uiters bang. Gryp liewers die kakhuis vir pissjob. Moer die deur oop en fok amper die muur, so sterk is daai pissreuk. Check op die grond en sien jou R100-special grasshoppers wat al van stannerd 2 af kom is vol pis. Dis fokken sharp. Anyways, nou moet ons besluit om so by die deur te staan en die muur raak te pis sodat daar darrem net so paar druppels in die bak val for the sake of goeie maniere en fokken etiket, maar nou ja. Die skoene is al deurgeloop in die onnerkant en ek voel daai herpes kielie my niknaks-tone. Nou tune die mense mens moet jou attitude veranner. Hoekom moet ek in die bak pis as die kont voor en na my mik vir die kokkerot wat rondhardloop op die grond? Fok dit heelemal. Skurf bra.

Ek het nog altyd respek vir oumense gehad. Maar fok my virgin ore op 'n Saterdag 10am in Makro. Hulle het van hierie kak trollies wat jy jou munch op bliksem en dan mos nou skarnier deur die winkel agterstevoor. Fok alles op die trollie nadat ek jan alleman en sy hoer vloek ommat hulle mos in die mirrel van die pad staan en videos kies asof dit Xmas in Soweto is. Fok dit ook.

Ek loop betaal. Hier fok die ou tannie van diep in haar 60's oor my toon met haar tampon-belaaide trollie voor my in gretig om eerste te betaal. Haar ou ballie wat knorrig maak asof hy dit nie geniet nie, maar nietemin het hy sy 4-wheeler try kickstart by die porno stand.

Ek gil 'n rits vloekwoorde af wat die mees gesoute hoer sal ore aansit en die tannie kyk my mos vuil uit en begin daar skel. Sy begin by my ouers wat my nie grootmaak nie en dan fok sy weer met drugs en ek wat nie goed groot geword het nie en al daai kak. Sy breinfok my behoorlik en ek begin haar tune voor die poeste wat mos altyd staan en kyk asof hulle iets amusants sien: "Luister hier magok, ek wil nou nie lelik of onpersoonlik raak nie, maar jy het my fokken toon genaai deurdat jy jags genoeg is om hier verby te fok met jou stuk kak van 'n trollie met 3 lubricated wiele. Ja, EN WAT DE FOK KYK JULLE ANNER KONTE OOK NOG?!!"

Arrogant tune die antie my in die hoogs-opgevoede stem dat sy nie 'n fok jammer is net omdat ek so vloek nie. Mens kan sommer sien hierie glo ek kom van daspoort/danville se kant af waar die honde bang is die kinners byt hulle. Ek tune haar once fokof choet en kies 'n anner ry al poesbedroewend.

Wat het geword van die ou boere-warmhartigheid en geselligheid onner die mense? Of is pretoria nou waarlik die hart van die Swartland? Nee man ek tune hierie is sommer stront. Wat het geword van mooi meisies wat nie vol kak is nie, cheap bier, goeie land en lekker musiek? Nie 'n fok van gehoor.

Ek tune maar fok dit alles en rook my John Rolfe in peace terwyl ek na biekie Nine Inch Nails luister en my coke-en-zola en klippies in peace en quiet fokken suip. Laat staan met hierie hoenerpoeste en hoernaaiers. Hulle kan almal die long-drop gaan sweet-talk vir wat ek omgee.

Ek is klaar gemoan oor my kak.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment

griffin en chopper interview Casper de Vries

WKJ?: Wat kyk jy?
CDV: Omtrent alles, behalwe kunsflieks uit Noord-Afrika.
WKJ?:Moet ek jou 'n rede gee om te huil?
CDV: Daar is 'n tekort aan Tequila weens een of ander kaktus-virus, ek huil klaar….
WKJ?: Het pappa bietjie fles gevat?
CDV: En mamma en sussie, gelukkig het boetie vrou gevat.
WKJ?: Jy's 'n oud Silvie. Smaak jy jou ou valley en hoekom/ nie?
CDV: Ek het spesiaal in die CasperRasper show teruggegaan na Silverton se hoërskool – ek het baie goeie herinneringe van my skooldae.
WKJ?: Hoekom vloek jy so vreeslik? Is jy kwaad vir iemand?
CDV: Vloekwoorde is klanke wat in 'n ander land niks beteken nie – dis mensgemaak en Afrikaans het lekker knal en plof vloekwoorde wat vir niks in ander tale hoef terug te staan nie. Vloekwoorde, reg gebruik, is baie snaaks. En mens kan skynheiliges se "beskaafde waardes" lekker skud en skok daarmee
WKJ?: Is die lewe onregverdig?
CDV: As 'n goeie, intelligente en lewensverrykende mens sinneloos sterf agv barbaarse geweld en 'n pateet met 'n "ek-kan-fokkol-doen" gesiggie by stopstrate staan en bedel vind ek die lewe soms onregverdig. Maar miskien was my ontbyt net nie op standaard vandag nie.
WKJ?: Saam met wie sal jy liewer optree – Jurie Els of die Bosveldklong?
CDV: Ek sal met albei aftree.
WKJ?: Die Casper Rasper show was 'n moerse hit. Word daar nog hin reeks beplan vir volgende jaar?
CDV: Dis so te sê gefinaliseer vir April – Junie 2002.
WKJ?: In Casper Rasper het jy SA bands baie exposure gegee – wat's jou gevoel oor die local scene?
CDV: Daar is baie talent met baie drome- veral in Afrikaans- en ek sal hulle help sover as wat ek kan met TV blootstelling.
WKJ? Is daar baie ou tannies wat kak en kerm oor die taalgebruik en topics wat in jou shows aangevat word?
CDV: Baie kerkgroepe, taalgroepe, onderwysgroepe, ou ooms, jong aunties en diesulkes het gekla. In die pers, by MNet en kykNET en op my website. Hulle was egter altyd in die minderheid. Ek word elke dag voorgekeer deur Christen, Buddis en Mohammedaan wat my gelukwens met die show – so ek weet dit het "gewerk" vir 'n hele klomp mense…
WKJ?: Wat's verskil in jou shows vir die beeldradio (Casper Rasper) en verhoog (Dimensie)?
CDV: Die TV show is vlietende vermaak – dis gemik op mense wat wil ontspan en lag en musiek geniet in hulle huiskamers. Die verhoogwerk is veelvlakkig, mense doen moeite om in hulle karre te klim en na jou toe te ry. Die verhoogshows is hoofsaaklik humoristies met effe meer "padkos" – want ek werk maande lank daaraan om maande lank te toer. Ek doen nie (soos die meeste kunstenaars) een show op 'n dorpie en move aan nie – ek tree weke lank op in 'n spesifieke teater in die land – en daarom moet so 'n show baie om die lyf he (nes ek).
WKJ?: Is dit waar dat jy die perfekte Hamlet sou kon speel?
CDV: Ek verkies om nie lesbians te speel nie.
WKJ?: Waar kry jy die inspirasie vir jou snaaksighede of is jy maar net simpel?
CDV: Die mense daar buite – veral my fucked-up volk
WKJ?: Wat's jou planne vir 2002?
CDV: Ek toer met DiMensie tot einde Maart en dan begin ek onmiddellik met CasperRasper. Ek sal seker in Augustus weer met 'n nuwe (nog titellose) verhoogshow begin toer. My belofte aan my fans is 'n nuwe show elke jaar – en ek probeer dit so hou
WKJ?: Sal jy die volgende ronde kry asseblief?
CDV: Waar is die vorige ronde heen?
WKJ?: Wie't jy die meeste respek voor?
CDV: Eddie Izzard
WKJ?: Wie's die grootste pyn in die gat?
CDV: 'n Drol
WKJ?: Dink jy Tom Hanks sal eendag net weggaan?
CDV: Sies – ek hou van Tom – hy huil so mooi as hy iets wen
WKJ: Jy't ook 'n websait. Sien jy dit as integraal tot jou publieke persona?
CDV: Dis fantasties om so direk met mense te kan praat. Danksy die web het al my shows in Kaapstad uitverkoop sonder een poster of advertensie. Ek druk die afgelope paar jaar nie meer posters nie – want die shows verkoop hulleself uit.
WKJ?: Wat beteken die term 'publieke persona'?
CDV: Dit wat mense dink hulle van jou weet.
WKJ?: Wat dink jy van unleaded petrol?
CDV: Dit sit mens nie op so 'n high as lood nie
WKJ: Wat dink jy van watkykjy.co.za?
CDV: Jammer – ek beantwoord nie persoonlike vrae nie
WKJ?:Enige laaste woorde of dalk 'n vieslike rympie?
CDV:

  • Dink oor die lewe
  • Wees trots om te strewe
  • Maak jou kamer aan die kant
  • En bid vir die Rand

As julle watkykertjies sal smaak van om nog interviews te sien met anner ‘publieke persona’s’ drop ons ‘n lyn en ons sal dit ‘n traai gee. Moet net nie fokken belaglik raak nie. Ons doen nie Marike de Klerk nie.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in wkj interviews | Leave a comment

Babbelas Maandag

Yolande

Soos hulle sê: "Word wakker word wakker, die dag is al hoe kakker". Fok man, as vandag kakker as gister gaan wees, sal ‘n oordentlike gemoedsbekakking aan die orde van die dag wees.

So force jy mos nou jou moeg babbelas lyf uit die bed uit. Jy kannie lekker onthou waar jy weer rongespeel het gistraand nie, maar where ever, jy sal later moet trug neuk soontoe want jy’t jou naam daar iewers gelos gistraand. Die volgende fokkop tree in: Trafic. Jy kry omtrent n dubblele beroerte agter die stuurwiel as n pigment gestremde met n fokken fiets jou verby vat op die highway.

Na jou 50 minute martelsessie op die pad stap jy in die hel in. Die Hyperama van alle frustrasie. Volgende op die “eat all the shit you can handle" spyskaart is natuurlik die poepol wat homself jou baas noem, wat so waar as fok gesien het dat daar verkeer was maar nog steeds met so kak sarkastiese stem sal vra of die feit dat jy laat was weer gekoppel kan word aan ‘n laat aand gistraand. “Fok DROL, ja ek het verwoed gekuier. Ek voel kak. My oë brand, ek is moeg, my kop wil bars, ek bewe en ek het my lewer op time share gestuur. En as jy nou aanhou aan my karring, breek ek jou in fokken twee en en bliksem altwee van jou!"

Dis 10:00 en niks het verder verkeerd gegaan nie. Jy vermoed vuilspel. Miskien is dit n goeie ideë om jou brose gestel te probeer paai met iets in die lyn van voedsel. In die yskas staan n tupperware bak met n deurskynde deksel. Nuuskierig dwaal jou oë. Jy weet dit sal justifiable wees om wie ever se kos dit is te tand, want jy het dit meer nodig. Jy bekak jouself toe jy daai deksel oopmaak en die groen monster wat eens op n tyd ‘n stuk steak of iets was jou in die bodem van daai bak lê en aangluur. Dit was dit. Genoeg is genoeg.

16:00. Meeste van die simptome, irritasies en moordgedagtes is weg. Jy herhinder jouself om nie weer onnodige hoeveelhede alkohol in te neem tot belaglike ure in die oggend as jy moet graft die volgende dag nie.

16:45. Jou connection bel. Julle reel om mekaar direk na werk te kry vir n dop of 10.

Moral van die storie? Fok alleen weet!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment