Hierdie is 'n vinnige recap en so paar fotos van twee tjommies wat namens Watkykjy na die FORR Festival toe gestuur is in Mozambiek om te gaan kyk wat daar skud. Neem in ag dat een van die twee ouens 'n soutie is, so die Afrikaans gaan hier en daar so bietjie gly en kak trap…
Deur Eencap en Meneer Doenbaar
Erens hier aan die begin van Augustus het die ouens van FORR (Die Fellowship Of Rock ‘n Roll) vir WKJ genooi om bietjie te kom kyk hoe baie fun
hulle kan aanjaag op een plek met ‘n festival op die strand in Mosambiek. Griff kon dit ongelukkig nie maak nie en dus vir my en Doenbaar gevra om as afgevaardigdes te gaan loer waaroor die storie gaan. So kans wys mens nie van die hand nie behalwe as jy allergies is vir dop, tunes, moerse strande en warm water. (In daai geval reken ek sal FORR ook in elk geval allergies wees vir jou.) Vir die wat die nie ken nie, (en nou nog nie opgetel het nie) dis ‘n rock festival waarmee die Somer elke jaar ingesien word. www.forr.co.za. Check sommer die lineup ook daar uit. Die Tuin Dwergies, Piet Botha, Valiant, Cortina Whiplash en Albert Frost is net so paar van die kunstenaars wat opgedaag het. Feitlik alles was brilliant gewees en ek gaan nie al die bands review nie want dit is ‘n novel op sy eie.
So stop Watkykjy en die mense by Jim Beam ons nog ‘n kas Red Stag Bourbon onder die arm die dag wat ons vertrek en daar gat ons. ‘n Lang nag van Stop-Ry/Go’s, potholes en probeer nugter bly en toe die Kosibaai grens oopmaak is ons daar. ‘n Uur later is ons afgesaal en goed aan die kuier. ‘n Kamp-bediender is aangeslaan vir ‘n paar randtjies per dag om tente op en af te slaan, bier en seekos by die shebeen’s te koop, en die sand buite jou tent soos ‘n Japanese Zen garden mooi netjies te hou. Die koelte in die skaduwee by die campsite is teenoorgesteld deur die hitte van die Agulhas current 100m weg van waar jy sit, drink in hand. So far so good. Dit is Woensdagmiddag so ons is ‘n dag vroeg. Dilemma. Dit beteken een van drie dinge: Ons gaan vanaand groot gaan met die mense wat alreeds hier is, of ons gaan rustig slaap en more groot gaan. Of option three, courtesy of Jim Beam Red Stag: ons gaan vanaand en more groot gaan. Vir die volgende dag en ‘n half trickle al die valies, wat duidelik lanklaas in die son was, in. En toe kom suntanned Nibs van der Spuy lekker van KZN op. Almal het dieselfde kyk in hulle oge en ons kom agter dat hierdie plek nog hard gaan rock.
Wat volg is ‘n whirlwind of R&Rs (Rum en Raspberry), Dois M bier, en musiek: dans op die strand, dans in die sand voor die stage, dans op die
Beach Bar se deck, dans by die kampplek, dans in jou kop toe jy vir ‘n paar ure die opblaasmatras dop hou. En smiles all round. Maar nie net hippie smiles – lekker rock ‘n roll smiles ook. Dis seker die happiest festival ter aarde.
Teen Saterdag vroeg middag lyk dit of Doenbaar en die res van ons posse’ hulself al heeltemal te veel geniet het en dat WKJ nog kaartjies moet reel want dit het gevoel of ons 1ste kaartjies se fun was nou opgebruik. Mens moet maar hard party om so ‘n gevoel te kry. ‘n Vinnige telefoon oproep (ons was bang vir die roaming charges) en als is uitgesort. Griffin het verduidelik net hoeveel fun in een FORR kaartjie beskikbaar is – POESBAIE. So is ons weer af strand toe en stage toe en bar toe en strand toe en bar toe en stage toe en bar toe en strand toe en stage toe…….. you get the picture. So elke nou en dan vang ons ‘n lift na die volgende dorp of een van die menigte shebeens langs die pad wat ook almal oorloop met festivallers.
Toe Maandag uitendelik kom is die glimlag nog steeds aangeplak, maar net ‘n bietjie kleiner oor die 360 dae wat nog voor die volgende FORR le.
O ja, en vir die van julle wat weet waaroor dit gaan. Niemand het die dogfight gewen nie. Not for a lack of trying, but for a lack of suitable candidates.
Volgende jaar is ons weer daar maar dan hou ons angelfight.












Die Bachelors – deel II van II
Geagte Watkykertjie,
Jy wil dalk eers "Die Bachelors – deel I van II" lees voor jy hieronder die laaste deel van die storie aanpak, anders mag jy dalk net confused op jouself pluk.
Hou maar die hande bo die komberse …
Vir een of ander rede kom hierdie conversation tussen my en die bruidegom-to-be se bride-to-be op van so paar weke tevore. Ek kon glad nie onthou hoe ons gesprek uiteindelik hierop uitgeloop het nie…
van hierdie klein potbelly pigs gehad as 'n troeteldier. Gewoonlik is sulke kein diertjies baie cute, maar die fokken ding het my altyd heavy uitgefreak! Hy het my altyd rondgejaag in die huis sodat ek by die trappe moes ophardloop na die slaapkamer met die gedierte kort op my hakke. Dit was elke middag se blerrie storie! Ek moes elke keer op die bed spring sodat hy nie kon bykom nie!"
"Toe ek op skool was," begin sy, "het ek elke middag by my maatjie se huis gebly na skool omdat na-skool se kinders nie so lekker is nie. Sy het een
"Weird" antwoord ek terug, "en wat maak die varkie toe?"
"Check", antwoord sy terug "die klein siek fok het elke keer as ek op die bed gespring het om van hom af weg te kom die hoek van die bed verwoed begin naai. Hy het sulke vieslike gromgeluide gemaak – dit terwyl hy my straight en stip in die oë gekyk het! Grom-grom-grom-naai-naai-naai!"
Hoekom de fok het nou daaraan gedink? Dit het my brein presies 30 sekondes besig gehou…
Die strippertjie het die kerse weggepak intussen. Die kerswas sit nou soos droë kom oor haar maag en eiertiete. Sunnyside up. Sy begin weer haar moves gooi en lyk nou of sy besig is om ligte vliegtuie in distress te laat land by Grand Central. Haar stadige bewegings met die groen luminous rave stokkies is about so sexy soos die stootskrapers in die Rugby World Cup se opening ceremony.
Net heelwat minder ge-choreograph. Terloops – vir die van julle wat nie moerse uitmaak van chemie nie – hydrogen peroxide saam met 'n fosfaat van een of ander tipe maak daai fluid wat in rave stokkies gaan. Jy ken dit dalk moontlik as "beroksaait", daai kak wat jy in jou hare sit vir highlights, jou zef naai. Nou weet jy at least hoe om dit reg te spel.
Anyway… die skêr ruk toe 'n skêr uit, sny die rave stokkies se punte oop en begin die liquid bo-oor haar kaal lyf uit te gooi terwyl sy soos 'n slang dans wat met 'n knopkierie gepoes is. Die hokkiespan gaan tekere soos potbelly varkies wat hoeke van beddens naai terwyl hulle chicks straight en stip in die oë kyk. Sy vryf dit orals oor haar borste terwyl sy haar lippe lek en flikkers gooi vir almal. Van die kak loop ook oor haar naeltjie en in haar kredietkaartgleuf in. "Yes-yes-yes?!" laat sy vir oulaas hoor. Dit lyk of Predator draad getrek het en sy load orals oor haar lyf se voorkant uitgeblaas het. Monsterbotter. Die chick se "drywer" met die verbleikte drymac gee vir haar 'n handoek aan om die monsterkom af te vee. Die show is verby. Dank god.
Dis op hierdie stadium wat die marabs in my ontwaak vir een of ander onverklaarbare rede. Ek spring op, gryp die left-over rave stokkie, maak my oë toe en druk twee groen kolle op my ooglede. Surprize-surprize, dit fokken brand efens, maar brannas maak mens mos fokken sterk. Mos. "Check my uit, ek is 'n fokken monster! Aaaaarrggh! Lyk dit cool, huh?", skree ek vir die besope souties.
Maats, daai kak het godsdienste waarvan ek nog nie eers bewus was nie uit my gebrand: "Godjissisfokofjoupoeswaddefokfokjoujoukonteinajissisgodfokof!!!" kry ek in een asem uit. Ek knyp my gefokte oë stywer toe as laities se boude wat verby Jurie Els moet loop en my arms maak wawiele. Grotes. In alle rigtings. Ek poes alles en almal raak om blind by die badkamer uit te kom. Jirre, en ek vloek. O maggies, ek vloek hard. Die laaste keer wat ek gedink het ek word blind was toe ek vyf jaar oud was en twee elektriese drade ingeplug het en die oop punte teen mekaar gedruk het. Obviously het dit 'n cartoon-agtige ontploffing tot gevolg gehad wat my gesig en arms swart van die roet gelos het. Die krag het getrip oor my kak aanjagery en ek het gevolglik gedink ek was blind. Ek is getroos met 'n skoon shot brandewyn vir die skok en 'n poesgroot pakslae vir die res. Beide toegedien deur my pa.
Ek droog my gesig af met my harige palms.Ek pat my gesig moerse versigtig droog met 'n handoek en waag dit om my oë weer oop te maak. Jirre, ek kan sien! Ek kyk nou wel deur trane, maar ek kan fokken sien! Vir 'n halfuur lank brand dit nog steeds en dit lyk of ek vir ses weke aaneen soos 'n weeskind gehuil het wat vir die vyfde keer reject is.'n Rukkie later bel my chick genadiglik en vra of ek hulle nie wil kom join vir die bachelorette party wat sy by ons huis gooi vir ons pel se beter helfte nie. Dis die vinnigste ninjabom wat ek nog ooit gegooi het by 'n party wat snuff draai.
As jy weer wil voorgee dat jy eerder jou oë met bleach sal uitwas voor jy na iets kyk, dink weer – ek sal eerder die stripper vat, al is sy hoe fokken zef…