Dis weird hieso wat werk aanbetref. Die kakste dae is gewoonlik Vrydae en Maande, in terme van dinge wat kan verkeerd loop.
Helfte van ons servers het Vrydag uitgebom en ek het met die goed gesukkel vandat ek ingeloop het tot dit tjailatyd was. Hellboy het die probleme oorgeneem en met dit gesit tot omtrent half nege die aand. Ons het besluit om maar te gaan party vir so 2 ure en die probleme na so paar biere te probeer uitfigure. Actually het ek by die party gebly en Hellboy is terug werk toe vir so uur waarna hy ons weer ge-join het.
Ek like nie moerse van dress-up parties nie, veral nie as mens in Spuitieland is waar dit moelik is om sulke tiep van klere in die hande te kry nie. Ek het nevertheless by die mal buurman van België ‘n draai gaan gooi en hy kon ons met stuff uitsort. Ek het ‘n hekshoed gedeps met een of ander fokken lelike swart overthrow en Hellboy het ‘n Zorro outfit gekry. Come to think of it, het hy meer soos Zorro the Hispanic Car Thief gelyk, so hy het maar die bandanna en masker laat vaar.
Die party was toe ook nei so moerse great soos ons verwag het nie en almal het vroeg gewaai. Ons het maar in iemand anders se apartment gaan kappe maak tot ons eventually 2am weggejaag is. Vandaar af het ons die strate van Abuja ingevaar en eindlik by die Sheraton se nightclub, The Aquarium opgeëindig. Dis te vestane dan Zorro en ‘n dronk heks (teen hierdie tyd het ek ‘n moerse fokken plastic axe ook saamgesleep) nie vir entry sal betaal nie. R100 elk 2.30 in die oggend is net te fokken duur.
Na ‘n moerse gestryery is ons by die club in en het daar ook so paar biere geklap terwyl ek elke nou en dan soos ‘n besetene op die dansvloer rondhardloop met my dronk, axe-weilding ass.
Op een of ander stadium het ‘n russiese dude my hartlik uitgenooi na ‘n vuisgeeg in die straat. Ek kan nie onthou of dit nou voor of na die Aquarium was nie, maar dit was in die Sheraton se lobby bar. Ek dink dis omdat ek vir hom op ‘n stadium gemention het dat ek van Transylvania af kom. Nadat hy my met ander mense hoor praat het en agtergekom het dat ek van SA af is het hy op my begin skreeu: “You lie to me. You tell me you are from Europe, but know you are from South Africa! Come, we fight in the street now!” Ek weet nie hoekom ons nie in die straat opgeëindig het met fisticuffs nie. Moet seker wees omdat ek myself pap gelag het en nie kon loop het nie. Mens kry fokken snaaksies daar buite. Maybe is dit al daai fermented aartappelsap in die russian se brein.
Vir een of ander rede het ons die Sheraton se premises te voet verlaat en n die reen rondgestrompel in die strate van Abuja. Nog steetds axe-weilding and all-and-all. Teen hierdie tyd moes dit seker al na 3 die oggend gewees het. Ons het kos by dudes in die straat gekoop en het saam met iemand in sy kar geklim en hom gevra om ons huis toe te vat. Ek kan nie onthou watse kar hy gery het nie, maar op hierdie stadium het dit weer begin gereen. Wat ek wel weet is dat die bestuurder twee keer dronker as ons was en ons het dit eers die volgende oggend besef toe ons nie vorige aand se puzzle pieces bymekaar sit. Ons het ook uitge-figure dat die ou omnrent 80km/h in die reen ge-clock het. Dis redelik vinnig as jy in ag neem dat die kar about uitmekaar uit bliksem en fokol ligte het.
Pikdonker, fokol ligte, kak kar, dronk bestuurder:
Saterdag was ‘n meer suksesvolle party gewees. Dit was 20m van ons huis af by die Russian buurgirlie (not at all releated to Vrotski die Rus wat my wou PK by die Sheraton nie). Ons (en so paar ander mense van ons hood) is uitgenooi vir aandete by hulle huis. Baie cool gewees. Niks pretentious nie. Basic slaai en braai tipe vibe gevolg deur so paar biere, bottels rooiwyn dans en lawaai. Jou top tipe basic Saterdag kak. 








Die gezoem van die bye…
Ons party was ‘n moerse sukses en ons recover nog steeds soortvan. Ek sal later bietjie fotos en possibly ‘n video opsit een of ander tyd.
Ander nuus virrie week: Iewers in die archives sal julle maybe onthou dat ek ‘n video van twee tjommies opgesit het wat lekker dronk was en saam met die Sound Of Music DVD gesing en gedans het. Verlede week Donderdag het ek ‘n e-mail uit die UK gekry van ‘n program op Channel 4 wat die video wou gebruik het. Ek het natuurlik nie nee gese nie en dit was verlede Vrydag ge-air op “The Richard en Judie” show. Maybe het van julle dudes in die UK dit dalk gesien. Kief
Ons het Maandag ‘n kar gekry, so niks meer dodgy taxi’s vir ons nie. Enigste probleem is dat nou (soos in SA) hierso rondry sonder ‘n bestuurslisensie. Not to worry. Ek het vandag vir ‘n bra by die werk geld gegee om vir my een te gaan koop (andersins as in SA). Ek behoort dit teen volgende Vrydag te kry. Gelukkig is hierdie plek so corrupt dat jy vir oom spietkop sommer ‘n geldjie in die hand stop indien hy jou sal aftrek. Actually werk dit net beter om die passasiersdeur gesluit te hou. Die dudes ruk gewoonlik die duer oop, klim in ou kar en ruk die handbriek op. Pret.
En nou vir nog simpel nuus van News24 af. Basically gaan die berig oor ‘n tiener chick in Amerika wat in ‘n boom vasgebliksem het en ‘n swerm bye kwaad gemaak het. Dit was so hectic dat die brandweermanne full gear moes aantrek om bysteke vry te spring. Check hierdie simpel fokken paragraaf:
“By the time rescuers arrived, a black cloud of buzzing bees had engulfed the car, forcing firefighters to wear full safety gear – complete with oxygen tanks and face masks – with temperatures in the 30degCs.”
Regtig baie mooi. Gebruik groot woorde soos “engulfed”. Wat my egter pla is die feit dat hulle die temperatuur noem waarin die firefighters moes operate: “with temperatures in the 30degCs.” Kon hulle maar net net die full gear genoem het nie? Dis heeltemal te verstane dat mens uitgekit sal wees in volle gear as ‘n paar duisend bye om ‘n kar se wrak zoem en jy mense moet red. Dis actually fokken obvious. Wat de fok het 30 grade celsius met die storie uit te waai? Hoe warm is dit wanneer sky-scrapers afbrand en brandweermanne deur vlamme en ontploffings moet hardloop? Ek is 100% seker dis effens warmer as die warmste dag in Nigeria.
Wat doen die ouens na die susesvolle reddingspoging? Hulle sit seker op die fire engine se sidesteps en vreet Bar-Ones en tune mekaar: “Jirre dit was nou fokken warm. Amper warmer as die 9/11 fiasko. Ek hoop hulle noem hoe fokken warm dit was, want ons is firefighters.”
Wat gebeur as hulle ‘n kat uit ‘n boom uit red in die winter en dis minus 5 grade? “Die brandweerman was nie in volle uitrusring geklee nie, maar sonder ‘n gasmasker of suurstoftenk kan dit steeds voel soos 25 grade celsius in so ‘n brandweerpak. Die katjie is dus in “normale” temperature gered, alhoewel dit winter was.”
Nee jissis man, kom by.