Daar's 'n moerse goeie rede hoekom Facebook so design is dat jy eers mense moet invite om jou gabba te wees en
hulle moet tune dis cool, voor julle op mekaar se walls kan skryf, foto's kyk, comments maak ens. En vir die wat
nie geweet het nie: Nie almal wat jy al ontmoet het deur die verloop van jou lewe moet jou tjommie wees net omdat;
jy Facebook het, hulle Facebook het, en omdat Facebook jou tune "Someone You May Know" nie. Want daai "Someone" het
dalk 'n mol in die hol, gietergat, swambal of kalenderkoors, en voel dis noodsaaklik om jou terug op die straight &
narrow te kry deur kak comments en guilt trips te drop oral oor jou happy Vrydag vibes.

# 1. Jy maak 'n mooi akroniem met jou planne vir die naweek, wat onder andere insluit om fles te vat saam met jou
brasse, niks fout daarmee nie.
# 2. Jou brasse, ook evidently slapgatte by die graft op Vrydae, tjek jou status uit en acknowledge dat hulle smaak
van saam fles vat.
# 3. Enter die maskervriend, (gewoonlik een van daai Tinkerbell teens wat poes baie vriende het, want dit laat
haar dik punte score by Snor city se Jersey Shore binnekringe) en vertel jou jy's 'n sad, sad fokker.
# 4. Jy's moerse omkant gevang, het jy iemand se ma gevloek? Hoekom word jy nou kak vertel op jou eie status??
# 5.Nou vertel sy jou dat jy, ten spyte van wat jy dink, eintlik nie 'n clue het waaroor die lewe gaan nie, jy
struikel net doelloos voort deur die lewe.. Nice.
# 6. Jou ginger tjommie kom try bietjie comic relief gooi, hy skiem ook dis tos dat jy so kak vertel word voor al
jou maats, Jy kry backflashes van daai een verjaarsdag toe jou ma jou gebliksem het voor almal na jy in die swembad
gepiepie het, selfde gevoel van onregverdige vernedering en pyn.
# 7. Maskervriend strike nog 'n blow deur jou 'n suiplap te noem.
# 8. Jy raak nou gatvol vir die chick se kak, tune haar sy gaan alleen peg, dis cruel, maar fok haar!
# 9. Nou gooi sy 'n lyn wat ek seker is sy op 7de Laan gecheck het, " Jy is lower class kommen slangkak en ek's
beter as jy." (- Madel Terblanche)
# 10. Jy confirm wat ons almal suspect het aan die begin van die fight. (Tum-tum-tum) "FINISH HER!"
Interwebsradio.com
Ten$ion
Kom-petisies
WKJ SuperBru team
-
Die week se top 10
Stempaal
Loading ...WKJ op jou Garmin
Afdelings
Ouer Koeie
-
Onlangs op WKJ
-
Watkykertjies Tune
- JagsJannie on Huiswerk is fokken moeilik
- JagsJannie on So paar Idols 2012 contestants
- JagsJannie on Die Antwoord op David Letterman Show
- Skippie on Huiswerk is fokken moeilik
- Chielie on Die Antwoord – Ten$ion (album review)
- Dirk Diggler Diktros on So paar Idols 2012 contestants
-
-













‘n Ope brief aan Jacques Kallis
Geagte Jacques Kallis,


Fok jou. Vir alles.
Ek weet dit gaan deesdae goed met jou op die test rankings en jy’t orraait gedoen teen die Aussies, maar dit is steeds geen verskoning vir wat jy gedoen het nie.
Is jy verward? Fok, okay. Laat ek verduidelik.
Vrydag ry ek en ‘n paar tjommies en tjomminne in Langebaan in. Nou wel in so drie karre, want daar was tien van ons. Maak jy uit van die wiskunde, Jacques Kallis? Anyway, drie van ons is in die een kar. Ons het weggebreek uit die Kaap vir die naweek. Net om van ons dooslike sielsdodende werke te vergeet. Vir ‘n rukkie.
En toe fok jy alles op, Jacques Kallis.
Want toe ons nou so by Langebaan inry, besluit die drie van ons wat in die een kar sit, ons moet, móét, krieket speel die naweek. Strandkrieket. Argeloos speel soos die kinders wat ons soms wens ons nog was, ongedeerd deur die kwale van tyd, onbevlek deur letsels van die lewe. Om vir ‘n oomblik, net vir ‘n oomblik, te voel dat alles moontlik sal uitwerk, dat die lewe nie so kak is soos ons onsself vertel en soos die koerante en die magazines en die fokken TV ons wil laat glo nie. Dat die Here moontlik nog na ons omsien.
Maar nee.
Anyway, ons soek toe na ‘n krieketstel. Enige krieketstel. Net ‘n bat en ‘n bal sou ook deug. Maar geen plek in die Lagoon- of Laguna- of Wat-de-fok-die-ding-se-naam-ook-al-is-Mall het so iets nie. By Pick n Pay Clothing was daar wel ‘n paar sokkerballe en van hierdie oversized fokken tennisballe wat jy moontlik by jou broek kan indruk vir ‘n aand van verwarde en ietwat steurende masturbasie, maar andersins nie veel daarmee kan doen nie. Fok. Ons het toe gedink dis ‘n goeie idee om by die landmark te gaan soek. Maar daar was net harke. Eventually kry ons toe ‘n krieketstel by Spar. Wat staan daarop?
Slazenger Jacques Kallis Cricket Set. R159-95.
Fok. So authentic dit het nog een sent vir change op. Ons scheme, vintage, quality shit hierdie. Jou handtekening is selfs daarop, Jacques Kallis. Endorsed, bra. Represent.
Ons skaf dit toe aan. Halfies, ek en ‘n tjommie. Die chick wat in die kar wag by die ouens wat hout verkoop, is al half gatvol vir die ge-stop, maar wanneer ons naderkom, met die cricket set triomfantelik bo ons skouers gelig, klap sy hande en lag. Triomfantelik in die lug, amper soos jy jou kolf lig nadat jy ‘n century geklap het, Jacques Kallis.
Fok.
Eventually kom ons by die huisie aan wat ons gehuur het. Lekker, bra, fokken OP die strand. Dis bietjie windy (soos in winderig, nie soos Brian Lara se span nie, maak jy nog uit, Jacques Kallis?) om op die strand te speel, so al is almal nog nie daar nie, slaan ons so ‘n bietjie die bal rond op die voorste gras. Lekker. Ek verfomfaai my een teenstander met goëlballe, jy weet, googlies. Die ietwat ongelyke oppervlakte van sand en gras (met hobbeltjies) help natuurlik my boulpeil, maar ek glo ek kan op ‘n goeie dag saamgesels met jou nuwe Pakistanse spanmaat. O, gepraat van hom, ek hoor julle nickname vir Imran Tahir is “Immy”. Jirre, lekker kreatief, hoor. Hoe gaan die nog met ‘Graemie’ en ‘AB-y’?
Nog twee tjommies en ‘n chick pitch op. Die chick hardloop met sakke en goed die huis in. Die een tjommie check die krieket vibe en raak sommer sweterig van opgewondenheid. Die ander is toe nou al ‘n bietjie moeg en reken naai, hulle gaan suip, maar ek en laasgenoemde tjommie is nog lus vir jol. Hy’s nogal ‘n goeie bouler, Jacques Kallis, jy sou kon sien, hy boul op ‘n good length en nogal vinnig.
Na ‘n paar verdedigende houe, nes jy, Jacques Kallis, speel ek toe ‘n netjiese dryfhou. My tjommie sit die bal agterna, mistake ‘n stuk sement vir sand en slet neer, hy rol so. Daai scars is nou nog daar, scars wat nooit sal genees nie.
Anyway, die volgende bal is toe ‘n full toss, hy stuur so af op my linkervoet, en ek besluit om ‘n netjiese on drive te speel. Nes ek jou sien doen het.
En toe spat die kak.
En die hout.
En my respek vir jou.
Ek hou nog so die handle in my hand, onseker waarom die mense met drankies op die stoep vir my lag. Ek kyk af en sien daar’s net handle en so ‘n klein stuk hout oor. Die res van die bat lê fokken iewers. Check dit uit, Jacques Kallis:
Check ook hoe het dit seker gelyk op daai super slo mo oomblik wat julle so gebruik. Waar is die hot spot, Jacques Kallis?
Jirre Jacques Kallis, watter kak verkoop jy? Op watter kak plaas jy jou naam? Iemand tel die stukke bat op en vra: “Waarvan is hierdie ding gemaak? Hoender?”
Kyk hoe’t jy my nefie, wat ook saamgekom het, ontstel, Jacques. Hy is spesiaal en was baie ontsteld. Dit het ons ure gevat om hom te kalmeer:
So daar is dit dan nou. G’n niks meer krieket vir die res van die naweek nie. Ons weet ons sal te babelaas en/of dronk wees om die ding die Saterdag terug te vat Spar toe en dit in te ruil. Buitendien, hoe sal ons kan bewys dis nie in ‘n domestic dispute van een of ander aard gebreek nie?
Ons het toe maar almal lekker dronk geraak op witwyn (want dit is wat ‘n mens op die weskus drink) en whiskey (want dit is wat ‘n mens drink as jou held jou teleurgestel het).
Die Saterdag was ‘n mooi dag. ‘n Lekker dag vir krieket. Maar nee, fok. Ons het mos nou nie meer ‘n bat nie. Toe speel ons maar Pictionary:
Wat de fok is dit? Kan jy dit uitmaak, Jacques Kallis? Ek kan nie. Ook nie hierdie nie:
Jirder Jacques, hoekom hardloop die mense weg vir daai engel? Wat het die engel aan hulle gedoen? Is dit die fokken apocolypse? Ek kon nie uitmaak nie, en jy weet mos hoe dit gaan met Pictionary. Ek check sulke shots van hoe julle op die bord teken, soos in daai Castle-advertensie, kamtig aan’t vergader en beplan. Ek sien deur jou, Jacques Kallis. Jy weet hoe werk Pictionary, jy weet mense raak kwaad vir mekaar as hulle nie die goed regkry nie. Was dit die hele tyd jou plan? Wel, fok jou.
Jy het dit reggekry om onmin te saai.
En ons naweek op te fok.
Was ‘n bietjie vrede te veel gevra, Jacques Kallis?
Ek wag op jou antwoord op hierdie brief en glo jy sal dringend daaraan aandag skenk.
Ek haat jou.
Vriendelike groete,
Vent Venter.