Category Archives: Snotstories

Cape Crusaders: Die konte wat kak maak in die Kaap

Deur Die Kwaai Ou Man

Het myself laaaaank gelede voorgeneem ek gaan nooit ‘n donnerse woord oor die Cape Crusaders skryf nie, want dit moedig hulle net aan.
Plus, ek het eerlik nie ‘n fokken saak wie jy ondersteun nie; dis net sport, for fuck’s sake, ek kyk dit om te ontspan. Cheer vir Mars as jy fokken lus het, sover dit my aanbetref. Dit kan my minder skeel. Moet net nie in my gevreet kom skree nie.

So is ek toe vir die Paasnaweek Kaap toe, soos amper elke jaar, nes die bleddie winter, soos ook amper elke jaar. En toe ‘n ou pêl my Nuweland toe wil sleep, waarom de hel dan nie?

Brom-brom die fokken bra oor die Cape Crusaders, maar ek moet sê: eers dag ek die spul is darem min om so ‘n bohaai oor op te skop. ‘n Paar fokken glory hunters ondersteun die sewemalige champs, moerse verrassing.

Kaapstad het meer fokken Manchester United fans per vierkante kilometer as bleddie Manchester, wie weet wie hierdie hartseer drollings oor drie jaar gaan ondersteun?

Maar vir so ‘n piepklein klompie maak die ouens nogals luidkeels kak. Hulle booo die Stormers-bus, hulle booo die Stormers-stelskopper, hulle sou hul eie poepholle gebleddie booooo het net omdat dit Kaapse poepholle uit die Stormers-streek is as jy die simpele donners kans gegee het.
Sien vanoggend ‘n ou op Vuisbroek beweer hy cheer al van 1994 af vir die Crusaders. Dan’s die bliksem met die helm gebore, want die Crusaders het eers twee jaar later bestaan en was eers twee jaar daarna iets anders as hondkak.
Van toe af maak die kêrels egter aan.

Ek is self ‘n groot Crusaders fan. Dis ‘n outydse span met fokken lelike voorspelers; maak-voor-sag-en-slaan-dan-agter. Hulle kom uit Christchurch, ook nog, ‘n mooi ou stadjie wat onlangs ‘n panelbeating gevat het en waar ek ‘n jaar of tien terug drie amaaaazing dae beleef het danksy Nieu-Seeland se destyds wettige party pills.
Oor die toonbank party pills, bid julle aan.

Dit was fokken varkmedisyne, het ek later uitgevind, maar ek was nie verbaas nie, want fok – hierdie vark was behoorlik aan daarvan. Anyway, probleem is dat Christchurch sweerlik Nieu-Seeland se mees benepe fokken stad is. En daai knaende gerugte van nie-amptelike rassekwotas, sodat die Crusaders darem min of meer so blank kan bly as die bloeddorstige klomp bulshitters van wie hulle hul naam gekry het.

crusaders&moslemsEk meen, fok, die Kruistogte was venynig. Om te sien ‘n Moslem-ou cheer vir die Crusaders, is so fokken bisar as ‘n New Yorker wat ‘n span genaamd die fokken Jihad ondersteun. Die Vancouver Jihad, sê, want die betrokke helde is nie eens uit dieselfde donnerse land nie.
Jare terug kon ek nogal insien dat die manne die Blues ondersteun. Dit was Sean Fitzpatrick en Zinzan Brooke se dae en darem ‘n multi-cultural span wat rugby aan die redefine was, vanuit relatief moderne Auckland.

My teorie is dat die klomp irriterende kaksakke nog nie DIE seisoen helemaal kans gesien het om die sprong na die Chiefs te maak nie. Die Chiefs speel nou soos die Crusaders destyds, maar gaan dit lank genoeg hou dat jy in ‘n fokken jersey kan belê?
Dis die soort existensial krisisse wat ‘n Cape fokken Crusader beleef.

James-BondOp pad uit het een van die bra’s jolig staan en sing, so ‘n dikke; ek het hom daai kakkerige arched eyebrow Roger Moore move gegooi om seker te maak die ou kan sien ek voel fokol. So ‘n ene (janee, Roger was die kakste Bond, die was een van sy twee uitdrukkings). (Maar Bond was veronderstel om kak te wees, druk hierdie newfangled Oscar wannabe Bonds van julle waar die son nie skyn nie):
Hy kyk toe so diep in my oë en sê: My broer, jy try hard, maar jy fool my nie; ek kan sommer sien jy’s de moer in vir my nou.
Toe besef ek die fokker is reg.

Maar dit het my goed 48 uur gevat om tot verhaal te kom en teen die tyd sien ek dommer dose as ekself opper sommer die moontlikheid van afsonderlike pawiljoene vir rugbywedstryde. Ek meen, moet daar werklik ‘n seksie opsy gesit word vir die fokken Rebels se reisende ondersteuners? Moenie histeriese kak praat nie, man.

jerusalamIntussen is hier ‘n prentjie van ‘n dag, anders as op Nuweland, toe die Crusaders op hul moere gekry het. Die vorige keer dat hulle Jerusalem genader het, het hulle die eerste mense wat hulle teëgekom het, afgemaai met die swaarde.

 Net om agterna te besef die dooie swartes was Koptiese Christene uit Ethiopië wat hulle kom verwelkom het. Sleg bleddie etters gewees.
Anyway, op die prentjie kak hulle buite Jerusalem.

Hul modern donnerse rugbyspan-afstammelinge kak gans te min in Kaapstad. Of Suid-Afrika in die algemeen. Nou, na jare, hoop ek die Crusaders val deur hul eie gatte. Ver en hard. Net om daai vet fokken parra van nou die aand te dwing om ‘n nuwe fokken jersey te moet koop om my mee te probeer afpis.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in sport | 6 Comments

RAMfest 2103 – Joburg recap.

RAMfest in Joburg was soos gewoonlik kaklekker gewees. Ons gaan nou nie 'n in-diepte review doen nie want 'n PC het ons 'n vet pit gedruk direk na die festival en kak moes recover word. At least kon ons beter vaar as ons president wat nie uitmaak van recovery en retreat missions nie (CAR vibes). Om alles te kroon het 8ta tans ons broeke om die enkels en is besig met vieslike doggystyle vibes hier in die kazozpyp se omgewing.

Die international acts:

  • Bring Me The Horizon het veroorsaak dat daar slakstrepe in die voorste rye was. Kommerwekkend, want die laities het ook soos klein tienermeisies tekere gegaan, so dit was moeilik om die slakstrepe aan spesifieke eienaars te koppel. En dit vir 'n klomp snotkoppies op stage? Toegeee, die ouens het die stage fokken uitmekaargeskeur.
  • Ons het 'n moerse nice interview met Rise Against ook gedoen wat ons later sal drop. Gawe seuns.
  • Die weird Franse fokkers van Inspector Cluzo was ook heel entertaining. 'n Band sonder 'n bassist. Net twee ouens in die band wat absoluut aapkak gegaan het. "Fuck ze bass player and fuck ze French president! Ze bass player is like ze French president and fuck ze French president!" Hulle sound engineer het later darem kom handjie bysit met 'n saxophone.

Onder die local acts het so paar dinge uitgestaan:

  • Man As Machine wat ongelukkig heeltemal te vroeg gespeel het. (Hey, iemand moes daai slot vul)
  • Jet Black Camaro wat ook eintlik 'n band vir die donker is (het nogtans die crowd entertain)
  • Mind Assault se poes heavy weergawe van Wielie Walie en 'n tight cover van Sepultura se Roots.
  • Van Coke Kartel se Sameswering ('n klomp VCK tjommies wat mekaar op stage afgelos het en tot die performance bygedra het)
  • Black Cat Bones se hele fokken performace. Goeie moederlike fok! Geen wonder hulle het best live act by die MK Awards gevat nie (geluk, poeste!)
  • Beast (amper almal wou vir Inge Beckman zaber)
  • So gepraat van zaber: Jack Parow se poeshot drummer. Wag, ons gooi sommer gou 'n klein clip van haar:


Goeie fok, dis 'n mooi kind daai. Trou asseblief met my piel, Jade.

Anywayyy…  kom ons vertel eerder die storie verder in foto's en 'n video. Ons moet ons boude in elk geval weer gaan skoonmaak. 8ta raak weer besig hier by die agterstewe…

As jy daar was, check of jy jouself in die crowd kan spot. Ons het 'n GoPro aan die stage ook vasgestrap in 'n stadium. Fokken oulike apparaatjies. O ja, check of jy die chick wat haar tiete flash kan spot. Miskien is dit jou goose, jou niggie of jyself.

Ons het sommer 'n Flickr stream gegooi omdat daar nie tyd was om 'n gallery te bou nie. Hier is 'n hele klompie world class foto's om te check waarop jy uitgemis het. Jy beter jou fokken gat volgende jaar by RAMfest kry as jy nog nooit daar was nie.
(Foto's deur Ingrid Swart en Henry Engelbrecht)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos, ramfest | 2 Comments

RAMfest Kaapstad aka BOK IN MY MOND!

Om vir julle alles te vertel wat by RAMfest 2013 innie Kaap gebeur het sal nie deug nie. Daar was te veel fantastiese oomblikke, kaksnaakse tye, wonderlike mense, epic sêgoed en klipharde rock en fokken roll. (Natuurlik was sommige goed nie wettig nie en sommige goed net… wel… verkeerd. Baie verkeerd.)

Maar anyway, kom ons begin by die belangrike ding. RAMfest 2013 was fokken poescool. Punt. Ek sukkel steeds om by die "normale" pas van die werkweek in te skakel en niks is meer pret nie. Maar kom ek probeer 'n review aanmekaarbliksem wat half sin maak of iets. Fok.

IMG_0744

Die nuwe venue vir die Kaapse RAMfest is ongelooflik. Net buite Riviersonderend, tussen berge en langs 'n rivier met heelwat bome en shit. Selfs gras, die werke pappie. Bekend as Circle of Dreams is dit ook waar pilkoppe op trance kom bokse pak in die lug. Kief jol. Dik nature vibes.

Soos dit gesofistikeerde metalheads betaam het ons crew in die Kreef Hotel tuisgegaan. Befok lekker om 'n tafel te hê om by te drink (wat iemand anders opslaan) en 'n stoel (waarvan jy dronk af kan bliksem en iemand anders kan optel). Dan ook 'n lekker groot tent (wat iemand anders opslaan) en 'n bar wat altyd koue skuimkoppies het. Skoon spoelies vir nukkerige bruinbere. Als. (Ek het my Oppikoppi stripes in stukkende tweemantente van '96 af, so fuck that noise in my oudag.)

IMG_0768

Donderdagaand was 'n blur. Soos die tradisie nou maar is, raak ons toe bitter gespat en mis meeste bands. Okay, pretty much all die bands. Selfs RAM FKN JAM twaalfuur, wat ironies is want ek DJ daarin. En dis ons eerste festival. Tegnies het ek dit nie gemis nie, 'n weergawe van my het gespeel en daarna onmiddellik gaan "slaap". Hard gaan slaap. Jy ken.

IMG_0783

Vrydag was befok. Om mee te begin weet mens ander mense werk, so dis altyd kiefpiele. Toe begin dit reën, maar dit was actually nogal nca. Nie te warm nie en dit sorg vir ander vermaak soos metalheads wat kaal bolyf rugby speel, Goths wat glimlag en modderige mense. Ook binne kuier by die Kreef en kief nuwe mense ontmoet wat ook daarvan hou dat ek elke paar minute Leon Schuster tunes sing, sing, sing sê die maaaa-NE!

IMG_0776

Manne, raak ons mos aan't kuier, soveel so dat ons dit regkry om wherever ons gaan mense te verdryf. Dit gebeur meestal na aanleiding van 'n joke oor 'my bra Handogg wat 'n Watkykjy competitor wil begin – whatlookyou.poes. Blitsvinnig kom ons op met die nuwe domain .poeshard vir metalbands soos bv. whatlookyou.poeshard. Ons skree dit ook vir mekaar wel… poeshard en meeste mense verkies om eerder in die reën te staan as naby ons te bly sit. Ons clear selfs 'n backstage area. Fokken marabse. Ons nou.

IMG_0784

Toe kom die magtige dreuning oor die veld uitgesweef. Seker die top local band tans (en beslis my favourite live act), die Black Cat Bones (https://www.facebook.com/TheBlackCatBones?fref=ts) vat die sopnat stage en kry die luigatte en banggatte om op die nat gras te kom boogie en rondskaats. Die energie wat hierdie manne create is genuine electric. En dis hulle harde, stripped down, eerlike, straight-up, 101% proof rock en roll wat hulle so giftig maak. Fokken beautiful.

Hierna is ek mightily impress deur die Future Primitives (https://www.facebook.com/FuturePrimitives), 'n trio wat gritty indie rock uitbelt. Maar nie affected indie tos soos die Killers nie. Weereens true rock wat die basics reg doen en kliphard uitfok. Befok op stage ook. Check hulle shit uit, hulle LP (ja op plaat!) drop eersdaags. Worth it. Once.

Toe volg 'n strange maar cool interlude deur Franse duo Inspector Cluzo (https://www.facebook.com/pages/The-Inspector-Cluzo/262041845186?fref=ts). Self beskryf as funk 'n roll is dit 'n guitarist en drummer ("Fuck the bass player" tune hulle) wat 'n show opsit wat jokes insluit en funny performances en quips tussen die actual tunes. Franse is weird.

Min goed, however, sou ons kon voorberei vir Van Coke Kartel (https://www.facebook.com/Vancokekartel?fref=ts) se blistering set. Kyk, hulle was nog altyd 'n befokte live band maar hierdie was die world class performance deur consummate professionals. Van die well weighted intro wat almal in die rooi laat peak het, tot die gees dwarsdeur, tot die blistering guitar solos en die slim verandering van pas deurentyd was dit 'n show soos min. En asof dit nie genoeg was nie was daar ook cool guest performances deur ouens soos Theo Crous, Jack Parow en ander ouens wat ek nie nou kan onthou nie. Sestien valves. Maklik.

Saterdag het baie gehad om teen op te leef en boy het dit fokken naby gekom. (Spoiler alert: Ek het wel about negeuur die aand uitgepass en al die international bands gemis. Maak mos of ek mal is en drink alles.)

Ons het die helige Saterdag verwyl deur eindeloos kak te praat, die Kreef deur te kuier en ook daar 'n heerlike rock en roll set te gooi terwyl ons 'n bottel Jack, 'n bottel KWV 3-Jaar en 'n bottel Jägermeister te klits. Met bier as chasers. En tequila net om die mond uit te spoel.

Dis van die einste Jägermeister wat ons "BOK IN MY MOND!" begin skree het op 'n kol; ons nuwe sêding tussen Leon Schuster songs. Ek kan nie mooi onthou nie, maar ek dink almal het dit verskriklik baie geniet. Behalwe dalk mense wat nie aan ons tafel was nie.

IMG_0740

Verder het die dag net uitgerafel. Ons is van Red Heart rum diefstal beskuldig (ja right), ek was amper in 'n fight oor 'n schwarma en lae bloeddruk en die Jägies BOK het geloop soos stroop. Tussenin is daar na bands gekyk, onder andere ook die metal stage wat meer soos die comedy stage was, maar niks kon vir my kers vashou by die Vrydag line-up nie.

Het wel gehoor dat Rise Against fokken cool was en het Bring Me The Horizon van my tent af geluister. Dit was nou vir jou 'n spul fokken geraas. Die outjies klink kwaad jong. Heavy.

Maar so kom alle goeie dinge tot 'n einde en na 'n bietjie paniek Sondagoggend oor ons vasgepark is, sê ons ons goodbyes en klim in die Swart Gevaar. En sit die Howlin' Wolf tunes aan. Dot poeshard. Loshande een van my heel beste feeservarings van die laaste vyf jaar en beslis een vir die boeke.

Duik! Duik! Duik! Sê die maaaa-NE!

IMG_0769

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in ramfest | 5 Comments

Rodriguez? Meer soos Rodri-GEES in Kaapstad

rodriguezSlaan ons mos uit by die Grand Arena om Rodriguez live in Kaapstad te sien, op die laaste aand van sy toer. Fokkit. Nie gedink die oubaas sal so effek op my hê nie. Want dit was fokken gees pappie. Rodri-gees. Once.

Eerste dinge eerste. Rodriguez is besig om 'n moerse herlewing te geniet agv die 'Searching for Sugarman' doccie wat 'n rukkie terug uit is. Befokte movie oor local dudes wat Rodriguez loop soek het na allerande stories soos dat hy live op stage selfmoord gepleeg het en wat nog. Check dit as jy kan. Truth really is stranger than fiction. Great movie ook.

Ek moet erken dat ek nooit een van daai studente was wat baie dagga gerook het en na Rodriguez geluister het nie. Maybe voor my tyd, maybe omdat ek 'n metalhead was wat gesuip het, maak nie saak nie. Maar sy tunes was maar oral rond, as mens by sulke studente se kommunes gaan kuier het of in vreemde klein venues rondom Pretoria. Braais, seances, sokkies whatever.

Terug by die show, en ek moet 'n paar baie vreemde goed uitlig betreffende die aand. Eerstens die opening band, ene Newton's Second Law. Kan3660015323_05e4dd38491 jy Newton se tweede wet onthou? Nee jy sal nie, net soos jy nie hierdie band se musiek sal onthou nie. Terribly average tunes en die bassist wat so tekere gaan dat hy homself amper omgegooi het (agtuur die aand met al die stage lights aan) het nie gehelp nie. Vreemde keuse. Kak eintlik.

In elk geval, Newton's Second Law verdwyn genadiglik in geskiedenis in maar net voor hulle waai, toe spat die vonke. Sien, Poesklein Ruantjie spring oor 'n barrier agter ons om te gaan pis (want hy wou nie die hele ry krimpies laat opstaan nie) en security trek hom plat. Baie mooipraat later is die man terug. Met 'n bier darem.

(Min mense wat uitgegooi word tydens 'n band soos Newton's Second Law, nog voor die main act begin. In ag genome ook dat Rodriguez nou nie juis uitgooi tipe musiek is nie. Ai Poesklein Ruantjie. Ai.)

Finally is dit sulke tyd en Oom 'Driguez en band vat die verhoog. Tweede vreemde ding, ook toevallig in twee's. Daar is twee drummers met full drum kits, reg langs mekaar. Vir Rodriguez. Rodriguez. Het jy al sy musiek gehoor? Iron Maiden of Sepultura het nie eers twee drummers nie. Maar Rodriguez het. So ou oom en so jong dude. Dalk 'n intern? Ewenwel vreemd.

rodriguez-south-africa-documentary-cold-factNog vreemder is dat beide drummers agter sulke Pope Mobile glas partitions skuil. Vir klankbeskerming? Of skuld hulle iemand geld? Verwag die Grand Arena dat mense die drummers sou gooi met iets uit verwardheid oor daar twee is? Insekbeskerming? Nugter weet, maar drum hulle lustig agter die stortdeur.

Meer belangrik, Rodriguez beginte jol en die tunes loop soos stroop. Goue stroop. Bygesê songs een tot drie het 'n hiccup of twee gehad, maar jy kon die gees wat die man veroorsaak voel in die lug. Krimpies, ou hippies, gewone mense, boytjies, Ingelsmanne, jong hippies, Engelse chicks (hot), nog meer gewone mense en selfs ons spul dronkgatte tune in en mainline sy pragmusiek straight in ons chakras in. Subliem.

Met net drie albums agter sy naam (check die movie oor hoekom) run Rodriguez pretty much deur sy hele repertoire, asook covers soos "Like a Rolling Stone' van Bob Dylan, "Fever" en van Frank Sinatra.

Derde vreemde ding is 'n cover van 'Blue Suede Shoes' wat die middeljarige Barbie voor my wild laat opspring en holswaai. Tot die genot van die ander middeljarige omies in haar ry en die skaamte van haar sneeudier man. Die crowd klap lekker saam (soos oumense nou maar doen), maar die song keuse staan uit as 'n vreemdheid in 'n andersins amazing set.

Tussenin gooi ou Sixto water in sy nek af en sê elke nou en dan iets skerp. Na 'n bonehead skree "you're a fucking legend" tune hy: "Now now, I would prefer to be treated just like a normal legend." Classic.

Of hierdie joke wat hy vertel: Dokter sê vir Mickey: "You can't commit your wife just because she's fucking crazy." Tune Mickey die dokter: "I didn't say she was fucking crazy. I said she was fucking Goofy." Net so.

Maar die musiek bly die main ding. En dis fokken main. Veral die songs wat minimum input van die backing band het, staan uit soos 'n paal bo __Rodriguez - Cold Fact (front cover) editwater. Rodriguez is op sy heel beste as hy alleen wegstrum met sy lang, benerige vingers in daai off-beat ritme en net sy stem dit aanvul om die gees te laat daal in die Grand Arena.

Hierdie is 'n dude wat al gelewe het. Hard gelewe, gesukkel en manual labour gedoen het. Verlore was vir die musiekindustrie vir jare en jare en nou weer gevind, amper soos Tata Madiba wat ook vir jare verban was en toe teruggekom het as 'n nog groter gees. Respek.

Teen die tyd dat 'Sugarman' opkom, staan almal in die skare al en sing uit volle bors saam. Die een tannie voor ons bars in trane uit. Hande is in die lug, lighters word geswaai en couples soen mekaar. Ek wonder by myself of al die 'gewone' mense om ons weet wat die lirieke beteken. Almal sing. Tot 'n mens.

Laaste vreemde ding van die aand strike my so driekwart deur. Voor langs Oom 'Driguez staan en pose so windbol elektriese kitaarspeler van hier af, kompleet met leerbaadjie en sonbril. Tienuur die aand. Op stage. In die Grandwest Casino. Langs Rodriguez.

Bene wyd geplant probeer hy so verveeld as moontlik lyk, half of hy nie daar wil wees nie. Idiot. Op nadere inspeksie, is die dick se website adres op sy kitaar aangebring. Bietjie reklame op die grootskerm terwyl hy saam met 'n regte legende speel. Fok weet, definitief van hier af. Skaam.

(Die power chord speler van Parow se naam is blykbaar Graham Gillot en dit is sy website: www.grahamgillot.com. Hy word deur Courier-IT gesponsor. Enough said.)

searching20for20sugar20man20_webKlaargespeel word Rodriguez van die stage begelei, net om oomblikke later weer terug begelei te word vir die encore. Onmiddellik voel ek skuldig oor my aandeel in die gehandeklap en voetestamp. Die arme man is oor die sewentig en loop nie lekker nie. Hy moes lankal in die bed gewees het. Shame man.

Ons sweef uit die venue uit. Ek het 'n moerse smile op my gesig. Almal is gelukkig, tevrede, geseën. Alhoewel meeste van sy tunes introspektief en rustig is, kan mens voel hoe dit jou siel goed gedoen het. Jou gees. Rodriguez is 'n storieverteller, 'n denker, 'n briljante liedjieskrywer, 'n consummate performer. Maar ook 'n shaman, 'n legende – 'n genuine artist.

Sy musiek is nie flashy nie, sy styl is nie flashy nie. Dis eenvoudig, maar true en nie gemaak om enige iemand te probeer beïndruk nie. Waarheid. Gees. Respek.


Rodriguez albums:

Cold Fact
Coming From Reality
Searching For Sugarman

DVD:
Searching for SugarMan

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Kief musiek | Tagged | 7 Comments