Category Archives: Snotstories

Dear Diary – Muizenberg

Dear Diary

Kwaai naweek in Kuip Town. Vrydag was prêt. Ek het al die geld van Zimbabwe ooit betaal by ‘n Puma party op V&A Waterfront. Lekker sporty vibes. Amper soos die dronkman se Olympics gevoel met al die fun and games wat Puma geboed het. Tafeltennis, Tafel sokker, sketchy ten pin bowling. “Here’s to the after hourse hero” of watokal hulle tag line deesdae is. WKJ het die woorde uit my mond uit ge Tweet toe hulle skiet “Over priced piel in my hol”. Ja Cash Town kan kan kak duur swaai. So duur soos ‘n matriek laatie wat sy ma se fokken Auri in Sandton kresh kak dronk op ‘n borrel shooters wat hulle skelm by die matriekafsekid geklap het. Anyway, ‘n witwarm chick Dj wie se naam my ontduik het die aand ge open, Holiday Murray het lekker vibes gemaak, Jack Pa – row, het kak lekker ge klêts. En laastens het die moerefokken werring Dj’s my weer laat suip, vloek, dans en my cherrie huistoe vat want al daai old school trêks het my simpel gehad. Lekker. So lekker dat ek Saterdag fokol van iets af wou weet.

Kom Sondag. Ek en die mense na aan my hart skiet deur Muizenberg toe. Woord is, dis ‘n lekker beach met oraait warm water, dis darem nog in die Indiese oseaan so jou piel lyk nie soos n peach kleurge smurfie with a bad hair day as jy klaar geswem het nie. Anyway, dis ook ‘n leker plek om te leer surf – en ons almal is mos blerrie poes goeie surfers is ons nie? Lang storie kort en ek het soos ‘n kont diep uit die binneland daar in die vlakwater gesukkel en gesoebat en gespartel. Tipes fokken vakansieganger/wannabe surfer. Darem het ek die res van die aar om te oefen. So kak sleg soos ek was, was dit n lekker dag by die beach. Jy kan sommer al die gear wat jy kort om tot versuip toe moeg te raak in die water huur daar by die Rastas op die beach.

Na al die prêt in die water kom ek toe die bra tëe in die parking lot. Hy kyk dat die karre “su’vive” en “almal darem ‘n plêkkie byrie sea kry”. Sy naam is Peter Peterson en hy surf nie. Hy skateboard en pas jou kar op. vir n paar bokke was hy hom skoner as ‘n non se bêk.Nou Peter se board kom nie van jou local skate of surf shop nie. Nee syne kom straight uit ‘n creative coloured car guard se hart uit. Een wiel agter, twie wiele voor. Fo’’ol tanne boe.

Tot volgende keer.

Jou ma se poes uirie Kuip uit.
Poes klein Ruantjie
Peter Peterson #2

IMG00646-20111211-1644

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 2 Comments

Dear Diary – Drum & Bass

Dear Diary…

 …Wat de fok is Drum&Bass en waar en wanneer het dit so lekker geword om soos ‘n kat met sellotape op sy pote rond te spring?

Ek weet nie, maar ek's kak bly dit het gebeur.

Dit het een van my guilty pleasures geword, soos om my snollies vir die hond voer.

Deesdae like ek dit om tekere te gaan op die 70bpm–breakdown-build-up en dan die 140bpm poesoff en tv game sounds in die agtergrond wat almal laat spring asof hulle kaalvoet oor kole hardloop.

Niemand gee eintlik om hoe de fok jy lyk as jy dans nie, en hoe kan hulle? Hulle lyk self soos n jackhammer wat se parte uitspat. Daar is geen regte of verkeede moves nie. Jy moet net die musiek soos ‘n techno hippie in jou rugraat voel, weghardloop op een plek elke nou en dan af hurk, woes rond wieg en jou arms waai.

IMG01160-20111128-1957

As ek die koppies so op die dansvloere bekyk kan ek nie help om te dink hulle lyk soos ‘n klomp Levi-Advertensie rebelle wat op ‘n baie cool manier vir die pote weghardloop nie.

Hier in Kuip Town is daar ‘n vet D&B following en die Dj’s van die Devestation Crew is die leeu se ballas lykit vir my. Ek het hulle in Assembly gaan gan kyk vir die eerste keer.

Baie alternatiewe types wat daar hang en dis bietjie uit die fokken trend wat Long en Kloof straat is. Jy hoor hier en daar Afrikaanse gesprekke en die dop is darem standard geprys. Nie fokken R52 vir ‘n DB&C  soos by sommige spots nie. Jou geld is klaar in Long Str. daar voor jy nog daar kom. Jirre.

Well Diary, Drum & Bass het my by die keel beet gehad soos ‘n rotweiler se kake.

Ek was warm gedans en gedrink en die scene op die vloer het my baie remind aan ‘n bekommerde ma wat haar kinders waarsku teen die sondes van groot stede.

“Die klaps is vol draks en vreemde mense wat vat aan jou tollie in die toilet na hulle draks in jou drankie gooi”

IMG01165-20111128-2228

Die kinders dans toe oë,  met hulle litte los langs hulle lywe,  en ruk ritmies rond terwyl die disco ligte hulle insluk. Kort kort op die “epic break down”, net voor die kak begin, skree die koppies hulle tiete los en juig vir die Dj’s… Dan kom dit. Die kak.

Harde Playstation 9 beats, electric grinders wat tjirtjirtjittjir, whoopwhoopwhoop en ander vreemde geluide uit die 324ste century uit.

Soos die brannas my meer en meer gestimuleer het kon ek half agterkom wadifok Drum & Bass nou eintlik is. Dis net nie ‘n fok omgee oor hoe jy dans nie. Anything goes. 

Dis nie drugs of substance nie, dis net fokken skud. Jy skud jou litte los en ruk jou rugraat uit pootjie uit en werk jou bo-been spiere to the max.

Dit pomp jou op en dit pis party mense ook lekker af. Jy weet daai naaiers wat maak of hulle musiek ken en sê  “Dis nie musiek nie, dis techno kak en daar's nie instrumente in nie.” ?

Fok hulle. Ek Dram en Buis lekker. As die geselskap kak om die tafel is of ek te dronk is vir ‘n game pool is dit duidelik lekker om te fokken zone op die vloer….God bestaan weer, en hy's beslis 'n DJ.

Tot die volgende dram en buis party….

Toemtoemtoemtoooooooooooemtoemtoemtoemtoooooooooooooemnjaranjaranjaranjaratoemtoemtoemtoooooemwhopwhopwhopwhopwhopwhopwhopwhopwhop.

Poes Klein Ruantjie

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 6 Comments

Briefie uit die Weskus

Liewe Ma

Hoe gaan dit nog aan daai kant? met my gaan dit dit goed…

 Wag, laat ek oorbegin. Jy't altyd vir my gese dat ek oorsponklik moet wees as ek skryf, veral in die "romantic art of letter writing"…maar jirre, selfs jy sal moet erken dat daai idee nie heeltemal van pas is in 'n brief aan jou Ma is nie…Behalwe as jy Oedipus is, en die enigste rede hoekom ek weet wie daai motherfucker is , is omdat jy so baie gehou het van mythology, en omdat ek hou van woorde klink soos "pOEs"  :)

…en voor Ma my kak gee en heeltemal  "grammar-nazi-en wadifok-doen-jy!" gaan oor die smiley-face emoticon wat ek nou net gebruik het; dis fokken aanvaarde taal deesdae, opgevat in die Oxford English Dictionary in 2011. LOL ook….ja jirre, kan jy dit glo? 

G'n wonder 2012 is the "End of the World" nie…good riddance, soos jy altyd gese het!

But back to the subject at hand.

Jy het verlede keer vir my gevra "hoe gaan dit op Die Dorp en met Pa & Sy Girlfriend"?

Die laaste keer wat ek jou die woord "girlfriend" hoor se het was:  "Jou Pa kan in sy P#@s in vlieg met daardie nuwe  GoDt**FH#%#$$% flerrie-Girlfriend-HOER!!! wat hy nou het. Hy kan sy "Poesbly oor Visbiltong!!!" musiek en daai F#@$#@sLeepSLET!!!!! maar kry!" …So dit was baie groot van jou om haar existence weer te erken, en ek dink jy maak baie goeie vordering!

 …Ek blameer jou ook nie omdat jy ge-fokof het nie, maar jy weet dit obviously al klaar. Jy was altyd te goed vir hierdie plek, vir hierdie kak klein weskus dorpie. Maar ek weet jy't darem 'n paar goeie tye hier gehad, en soos jy maar altyd doen, lewenslange vriende gemaak. Vriende wat DIE MOER IN was toe hulle hoor Pa het 'n nuwe Girlfriend!

Dit sal jou miskien bly maak om te hoor dat Pa jare se kak kry by die mense op die dorp.  Candy en Stella het vir Hom en Sy Girlfriend heeltemal afgeskryf, Oom Pieter Lukas en Oom Pieter Kreef laat hulle nog steeds nie drink by die wielhuis nie, En Adel Tiete het op Adel Kroeg se 21rst so dronk geraak, dat sy Pa se ander tand uitgebliksem het! Hy't nou 'n proper passion gap, en almal in die bar spot hom en noem hom 'n "Vet Wit Berghie!"  Ek dink hy's 'n "Vet Wit Kont", en lag lekker as hy vra vir 'n bier by Emperors, en  Groot Dougie dan altyd vir hom 'n quart bring!

Ma moet dit sien! dis fokken snaaks. Jy't altyd gese "die mense op die dorp is goed dood, en dood goed" en ek kon dit nooit regtig verstaan nie. Ek dink nog altyd net hulle is verkak!

Want eerlik waar, aangesien Ma wou weet, dit gaan met Die Dorp en Sy Mense, en met Pa en Sy Girlfriend, nog presies dieselfde. nog na al die tyd.

Dis limbo, waarin niks ooit verander nie, behalwe die gesigte op die lywe van die tiener-ma's en die bottels agter die bar, wat leeg word en volgemaak word, leeg word en volgemaak word…daar's 'n ritme op 'n klein weskus dorpie, so seker soos die see, so skuimerig soos die mense, so sout soos hulle se taal. As jy nie versigtig is nie, dan kan en sal dit jou meesleur, en jy sal  verdrink met 'n glimlag op jou gesig en 'n dop in jou hand.

Hoe's daai vir kreatief wees?

Moet nou eers gaan, want soos jy laas keer kwytgeraak het;  "kaklang briewe is kak boring!" …Jy moet bietjie werk aan daai woordeskat Mamabol, jy kon dit baie beter gese het! en ja ja, ek sal kom werk soek daar bo by julle as ek opkom volgende jaar, en vir my 'n regte girl kry en ophou tik verkoop, etc.  Jissis, Ma worry regtig te veel…

Baie Baie <3 vir Ma

Jou beste seun

Zirkie

P.S   Groot en Kleinbuks stuur groete en se hulle mis jou. Yvette, Tanya en Tanja, Candy, Stella, altwee die Adel's, elkeen van die Pieters, Rozelle, Rozier, Myrtle, Auntie Dol, Auntie Jack, Oom Jack, Jackie Slet en Jackie Nurse, die Wildeboer sisters, almal by die bar, almal by die hawe, en almal by die visfabriek mis jou ook.

P.P.S   Ek mis jou meer as enige van daai fokkers. LOL

1poesbly-frontcover

2visbiltong backcover

3visbiltong straat

4poesbly visbiltong

5sweet16

6weskus universiteit

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 7 Comments

Jack Parow in jou moedefokken koekie

Stefanus Phillipus Swanepoel, bekend aan sy vrinne as Fanna al die pad van Bultfontein innie Vrystaat se pragtige preggies vrou en haar vriendinne het besluit om Fanna se verjaardag hierdie jaar baie spesiaal te maak hier in Kampala (Uganda).

Julle sien, laat Maandag middag is ek en my wip via WhatsApp genooi om Woensdag aand by Riaan Pyper of "Pyp" soos die manne hom roep se plek te gaan draai vir 'n paar brannas en prego rolls om Fanna se verjaardag te vier. Daar aangekom brand die vuurtjie al en ek word sommer so deur die kar venster al 'n Ricky Louw innie hand gestop toe ons in trek. Needless to say het dinge net lekkerder geraak van daar af. Marinated steaks is op die vuur gegooi en dit was nie lank nie toe skep die vrouens op.

Na ete skree Pyp van buite by die vuur vir sy vrou: "Baby, is daar dan nie poeding vanaandie?" Dit was blykbaar die cue want Pyp toe loop innie sitkamer in, crank die hi-fi op met 'n vet Jack Parrow tune en almal word kombuis toe gesleep waar die mooiste verjaardag koek in die wereld vir die man van die uur staan en wag. Ek se jou, as Fanna nie ore gehad het nie was daai smile reg romdom sy kop!

Obviously is Fanna is 'n groot fan en kan nie wag dat sy nuwe album die rakke te tref nie. So JP, as jy hierdie lees moenie dink jy is cooler as Fanna. Vat daai goue marker pen van jou, autograph 'n copy en stuur vir hom. Ag toe man asseblief.

Kapelaan Ledigheid

IMG-20111130-00326

IMG-20111130-00330

IMG-20111130-00331

IMG-20111130-00332

IMG-20111130-00333

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 3 Comments