Category Archives: Snotstories

Hoe dik is jou bierbrille?

Jy het 13 biere in jou lyf. By die bar koop jy vir jou en jou tjommies 'n klomp shooters. Elke naweek volg julle dieselfde modus operandi. Raak dronk en probeer cherries impress met dans moves by Droppas. Julle het die laaste twee jaar nog fokol gescore.

Eye of The Tiger gooi hard oor die speakers. Jy doen een van daai powerslides op jou kniee oor die dansvloer terwyl jy nog 'n shooter in jou keel afgooi. Jissis, die move werk presies uit. Die befokste synchronization ooit! Jy maak so paar spastiese air guitar moves op die beat soos jy weer op jou voete kom en verder uitfok op die beat soos iemand wat met stokke geslaan word tydens 'n kangaroo court session in die townships. Jou tjommies join. Almal gooi air guitar en headbang hulle 3 sentimeter kuiwe. Open E op die guitar het nog nooit so complicated gelyk nie. Julle is befok.

Jy sien net tekkies, belt buckles, wit hemde en jeanpant. Almal dans en jy spot 'n witwarm blonde in 'n kort skirt. Sy glimlag vir jou. Sonder om jouself voor te stel gryp jy haar vir 'n close-dans, want een of ander lame Aerosmith balad het begin speel. Die disco ligte draai stadig oor die houtvloer en jy brei haar boude asof jy deeg moet regkry vir Albany se broodfabriek. Jy gaan gaan in vir die score en wurg jou tong in haar mond in. Sy proe soos asbak, maar jy voel 'n fok. 'n Score is 'n score en jy begin 'n vet boner kry. Jy hoor hoe jou tjommies skree. Jy vermoed hulle cheer jou aan…

Dis 'n aand wat jy nooit sal vergeet nie, maak nie saak hoe dronk jy was nie…

Want een of ander poes het foto's geneem – van jou in mid-aksie met jou cherrie in haar skirt. Jou cherrie met die mooiste adamsappel…

image002

image003

image004

image005

image006

image007

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 60 Comments

Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

shanana"Daar is alweer fokol op TV!" – is iets wat mens fokken baie hoor. Serious? Fokol? As jy so lief vir TV is en as dit so 'n belangrike deel van jou dag uitmaak, sal jy mos 'n plan maak, of hoe? Kry DSTV PVR en jy sal altyd iets kan kokkenodge. Of doen iets anders. Gaan lees 'n boek of iets (as jy nog kan lees). Of gaan trek draad. Daai 25 skondes sal jou stres in elk geval verlig. Of gaan dice jou kar in Voortrekkerstraat vir pienk slips.

straatvalkDis nie asof die TV programme back in the day regtig far-out was nie. Meeste van SA se shows is in elk geval oorgeklank deur die 5 odd akteurs wat ons op daai stadium gehad het. Lekker uit sync soos 'n ou karate fliek: "Ek gaan jou opfok!" (in Paul Ehlers stem. En die lippe move nogsteeds 3 sekondes na die sin op screen voltooi is). Check, Suid-Afrikaners was maar net aan fokol gewoond en alles was cool gewees. Die spreekwoord "jy kan hom met 'n bak pap en 'n bottel brannas vang" comes to mind. Ons praat nou natuurlik van die grootmense van daai tyd.

Ons was nie so nie. Uh-uh, ons het van beter geweet. Kak man! Actually het ons fokol geweet, want as mens 'n kind is hoef jy fokolvicky the viking te weet – jy geniet jouself net en jy kon in elk geval nie die verskil tussen 'n goeie of kak TV show raaksien nie. Dis ook nie asof TV 'n moerse invloed gehad het op kinders in die 80s of 90's nie. Sien julle duisende mans wat besluit het om brandweermanne te word omdat hulle deur Groenie Die Drakie in die kop opgefok is? Sure daar het so paar goed deurgesekemer – hulle pis nou braaivure dood as hulle gespat is op Castle Lite (vir die diet, jy sien). So hier en daar kry iemand nog 'n poesklap wat heel moontlik oorskiet indoktrinasie is van Teenage Mutant Ninja turtles. Miskien het so paar laities "Het jou, katvis!" geskree as hy dalk 'n staderd 7 cherrie in sy klas aan die gwap gegryp het vir 'n cheap thrill, maar daai outjies is vinnig met die rottang uitgesort.    

Die TV generation het seker nie te sleg aan die ander kant uitgekom nie. Alles was befok en awesome. Jy het nooit kinders regtig hoor tune "daar is alweer fokol op TV nie", want daar was altyd iets buitemuurs om te doen: met jou BMX oor boemies ramp voor die kafee, duiwe skiet met pellet guns of mense se intercomms en posbusse afpoes met krieketkolwe. Wel, in Vereeniging het dit in elk geval so gewerk…

groenieLekker pik ek nou 'n traan. Lekker Generation X. Lekker Generation Y. Kom ons vat julle bietjie terug na die dae toe daar regtig omtrent fokol op TV was. Toe TV 'n novelty was. Ons praat hier van die dae toe uitsendings teen 18:00 begin uitsaai het en die landsvlag teen 23:50 se kant begin waai het net nadat die beeldkassie vir ons die name gescroll het van laities wat op die grens gesterf het "vir hulle land". Goeie tye, huh?

 Hier is eers so paar videos om bietjie jou memory te jog. Ons het sommer 'n ou VW ad ook in die mix gegooi:

VW ad – David Kramer en sy rooi velskoen. Wonder of VW hom vandag nog sal gebruik?

 

Automan – 'n Program van 'n man in 'n disco tubelight suit en 'n kar wat onverklaarbaar poesvinnig om draaie kan gaan sonder dat jou breins deur jou neus uitskiet. Amper soos Knight Rider, net meer gay. Het moontlik gely tot die marabse wat so dice en vrek in Gezina

 

Interster  – Die SAUK kon nie Thunderbirds van die BBC af koop nie as gevolg van apartheid. Toe maak hulle maar hulle eie "Thunderbirds". Die storielyn? Min of meer die backdrop van apartheid.

 

Liewe Heksie  – Die arme bitch moes aanvalle van die kerke en Huisgenoot trotseer oor die stories oor heksery en satanisme gaan. Kyk gerus hierdie episode van Liewe Heksie en die geel motor waar sy Blommie se piel afkap en in 'n pot kook terwyl sy pentagramme teken en astral travelling doen … of so iets…

 

Riptide  – 80s aksie met 'n klomp badly dressed ex-army buddies wat in 'n badly dressed helikopter rondvlieg. Dis presies soos A-Team, behalwe hulle short 'n transit van en 'n swart ou met goue kitaaangs.

 

Talespin  – Basically 'n cartoon vibe van Indiana Jones. Beertjies wat op adventures gaan en skatte en awesome goed opspoor. Ons dink dis beertjies. Mens weet nooit mooi wat Disney se intentions is nie…

Hier is Watkykjy se 101 lys van TV Programme van die 70s, 80s en 90s. Gee jouself sommer 'n fokken punt en 'n goue sterretjie vir elkeen wat jy onthou.

A-Teambaretta
Airwolf
Alf
Baasspeurder Faber
Baretta
Beyond2000
Bionic Six
Brakenjan
Bravestar
Die Bosveld Hotel
Buck Rogers in die 25ste Eeu
Casimir
CHiPS
Dallas
Dynasty
Dawie Die Kabouterchips
Darkwing Duck
Derrick
Duck Tales
Gummi Bears
Doctor Snuggles
The Edison Twins
Eendag was daar
Flinkdink
Groenie die Draak
Grootbek en Katvis
Haasdas se Nuuskas
Hardcastle en McCormick
He-Man
Herbergeendag was daar
Het Van Verlangekraal
Interster
Jopie Adam
Knight Rider
Kooperasie Stories
Kraaines
L.A. Law
Liewe Heksie
Magnum P.I
Man From Atlantis
Man Van Intersekjopie adam
Man Van staal
Manemarak
M*A*S*H
Maya The Bee
MacGyver
Die Meisie van Avignon
Miami Vice
Miena Moo
Murder, She Wrote
Nils Holgerson
Nommer Asseblief
Nuustak
Oompie in die Ruimte
Orkney Snorknie
Oskar en Knersesmurder she wrote
Onder Draai die Duiwel Rond
Petrocelli
Paddington Bear
Perfect Strangers
Pipi Langkous
Pieriewieriepark
Police File
Pop Shop
Postman Pat
Pumpkin Patch
Quincy
Remmington Steele
Resque 911
Riptide
Robotech
Rooi en Blou
Rupert The Bear
Santa Barbara
Sha Na Napipi langkous
Silver Spoons
Simon & Simon
Skooldae
Skoppensboer
Small Wonder
Star Trek
Straatvalk
Die Swart Kat
Talespin
Tekkies
Teenage Mutant Ninja Turtles
Ter Wille Van Oorlewing
Thundercats
T.J. Hooker
Trans-karoo
Trompie en die Boksombende
Uit en Tuis
Vicky die Viking
Die Vlakte Duskant Hebron
Vyfsterknersus
Die Waltons
Webster
Wielie Walie
Wolwedans in die skemer
Zapmag
Zet

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 58 Comments

Die probleem met April Fool’s Day in Suid-Afrika.

April Fool's jokes is al 'n hele paar honderd jaar oud en dateer moontlik so ver terug as Chaucer se Canterbury Tales (moenie jou kop breek as jy nie weet wie Chaucer is nie. Hy was basically die Jack Parow van die 1300's.)

Daar word elke jaar 'n paar goeie pranks af-gepull internasionaal, maar ongelukkig, omdat daar soveel faktap en weird kak in SA gebeur (amper daagliks), is dit bietjie moeilik vir ons Zefricans om jokes oor simpel of ernstige goed te maak. Vat vandag as case in point: Eskom sit van vandag af alweer hulle tariewe op. Hulle kies 1 April om dit te doen – maak oop die bene, hier kom die houtpiel! No joke.

Toegegee, so nou en dan kom daar iets kief deur waar mense moeite gedoen het met goed beplande elaborate jokes, maar vir die ouens wat vir die run-of-the-mill lames-ass kak val: shame. Jy het seker matriek op 'n pienk of 'n geel vraestel geskryf. Ons biologie onderwyser in V-Town het altyd tydens  eindeksamens straight getune (terwyl hy vraestelle uitgedeel het): "Hoërgraad, steek jou linkerklou op! Laergraad, steek jou regterklou op! Onnosel kinders… staan regop!"

Maar genoeg oor jou vir eers… Kom ons kom by die punt uit. Hier is vir julle nog 'n voorbeeld hoekom April Fool's jokes in Suid-Afrika se miserably fail:

'n Pilot het dit reggekry om 'n Boeing B737-200 deur sy hol te trek in Hoedspruit. Die bra het in die donker geland en die verkeerde taxiway gevat. Hy het sy fout agtergekom toe hy aan die einde van die taxiway kom. Nou kyk, as ek so in die donker moet sukkel en rondfok, sal ek eerder wag tot die volgende dag. Ek sal die aerie se grollia lock aansit. Dan sal ek daai kanarie geel emergency slide by die deur laat uitskiet en pens eerste afgly soos daai creepy pikkewyne op Discovery Channel – "Wheeeeeeeee!" Dan sal ek die Boeing se immobiliser knoppie druk *cluck-cluck* en 'n bier of ses gaan klap iewers en wag tot die volgende oggend om die kak en hare uit te sort.

Nie hierdie bra nie. By die taxiway se dead-end het hy besluit om die Boeing te reverse en om te draai (met reverse thrust). Hy het homself so effens misgis en die main gear van die pad af gesit en die aerie het teen die gedeelte langs die pad afgerol. Wat doen jy volgende? Phone a friend? Nee pellie, jy gooi sommer full thrust vorentoe om uit die sloot te probeer kom. Moenie worry oor die engines wat so naby aan die grond is nie, dit sal net die gras insuig. En klippe. En dassies. En ander buideldiere. Miskien 'n mens of twee.

Blykbaar sou hy sy hele surroundings aan die brand gesteek met sy Vin Diesel moves as dit nie vir die reen was nie. Die Boeing is blykbaar afgeskryf omdat die koste van die engines wat Einstein opgefok het meer as die versekerde waarde van die aerie was.

Happy April Fool's day, every day.

boeing in ditch

boeing hoog in die takke

boeing innie boom

boeing bosbefok2

boeing bosbefok

boeing vang 'n kak

boeing kyk hoe kyk hy vir my

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 15 Comments

Vodka – jy kan dit nie ruik nie.

Check, hierdie gee 'n nuwe betekenis aan die term "kom ons raak poesdronk!"

In die Suide van Duitsland is die kinders besig om faktap te raak. Hulle chat blykbaar heavy online oor 'n nuwe manier om ge-kettie te raak: hulle druk tampons wat in vodka ge-soak is in hulle kwakke op. Dit word glo gedoen sodat mens nie vodka op hulle asems kan ruik nie. Blykbaar het die laities ook begin om vodka tampons in hulle stervisse op te druk vir dieselfde buz.

Hierdie kak trend het blykbaar van Amerika af oorgewaai (big fucking surprise there) waar hulle dit "slimming" noem vir een of ander aartappel freakrede. Check, as jy skelm geswaai wil raak is daar seker beter maniere om dit te doen. Fok, 'n pakslae as jy gevang word klink even lekkerder as om fermented aartappelsap in jou hol of geboortekanaal op te druk. En hoe moet die arme polisie breathalisers operate? "Raait, meisie. Blaas so hard as wat jy kan vir die oom". Dis ook 'n moerse health risk, want andersins as wat aartapels se leuse "gesondheid uit die grond uit" lui, neem vodka seersekerlik "gesondheid uit die kont uit".

Kom ons hoop net die mense dink nie daaraan om hulle poepe aan die brand te steek nie, want dan  gaan hulle met sewe soorte ander kak sit. Letterlik.

*maak opgooi rukbewegings en hardloop kakhuis toe*

Hier die die oorspronklike artikel: http://www.thelocal.de/society/20110330-34051.html

Dis tot dusver nie as 'n urban legend afgemaak nie: http://www.snopes.com/risque/kinky/vodka.asp

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 19 Comments