Category Archives: Snotstories

Vodka – jy kan dit nie ruik nie.

Check, hierdie gee 'n nuwe betekenis aan die term "kom ons raak poesdronk!"

In die Suide van Duitsland is die kinders besig om faktap te raak. Hulle chat blykbaar heavy online oor 'n nuwe manier om ge-kettie te raak: hulle druk tampons wat in vodka ge-soak is in hulle kwakke op. Dit word glo gedoen sodat mens nie vodka op hulle asems kan ruik nie. Blykbaar het die laities ook begin om vodka tampons in hulle stervisse op te druk vir dieselfde buz.

Hierdie kak trend het blykbaar van Amerika af oorgewaai (big fucking surprise there) waar hulle dit "slimming" noem vir een of ander aartappel freakrede. Check, as jy skelm geswaai wil raak is daar seker beter maniere om dit te doen. Fok, 'n pakslae as jy gevang word klink even lekkerder as om fermented aartappelsap in jou hol of geboortekanaal op te druk. En hoe moet die arme polisie breathalisers operate? "Raait, meisie. Blaas so hard as wat jy kan vir die oom". Dis ook 'n moerse health risk, want andersins as wat aartapels se leuse "gesondheid uit die grond uit" lui, neem vodka seersekerlik "gesondheid uit die kont uit".

Kom ons hoop net die mense dink nie daaraan om hulle poepe aan die brand te steek nie, want dan  gaan hulle met sewe soorte ander kak sit. Letterlik.

*maak opgooi rukbewegings en hardloop kakhuis toe*

Hier die die oorspronklike artikel: http://www.thelocal.de/society/20110330-34051.html

Dis tot dusver nie as 'n urban legend afgemaak nie: http://www.snopes.com/risque/kinky/vodka.asp

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 19 Comments

Eskom se Duvha powerstation: Kaboom!

As jy die foto's hieronder kokkenodge sonder om te lees, sou seker skiem dis een of ander powerstation in Japan na daai fokken hectic aardbewings, maar dit is nie. Hierdie is sommer op home soil, pappie! Gelukkig is tax payers daar om vir al hierdie kak te betaal… Nou wonder mens hoekom Eskom elke nou en dan met die hoed in die hand voor die regering se deur staan en bedel vir goodfor…

Hier is wat Wikipedia tune oor die Eksom Duvha Powerstation:

"Construction of Duvha Power Station started in November 1975 and the last unit came into operation in 1984.

In 1993 Duvha became the first power station in the world to be retrofitted with pulse jet fabric filter plants on three of its six units. These plants contribute largely to the reduction of air pollution by removing 99.99% of the fly ash which otherwise would be released into the air through the station's chimneys.

8 January 2003, Unit 2 generator explodes while being returned to service after a malfunction. On the the 9 February 2011 another unit failed catastrophically while performing over speed testing. The units are over speed rated at 3600rpm and the last recorded speed before failure was 4250rpm."

En hier is wat 'n Watkykertjie met ons deel:

Not really intended for the public BUT amazing how pics like these can get out even after Eskom put a blanket of secrecy around the whole incident…

So I found out what happened at Duvha.

They were doing a test of the turbine overspeed protection system, and in short, the protection did not kick in. conventional wisdom tells me that there should be a better way to test a protection system than to try and destroy the turbine and see if it feels like protecting itself, but that’s basically what they did.

The turbine has a governor valve which controls the amount of steam coming into the turbine In order to keep it running at the right speed (3000 rpm for our grid frequency) and then it has a main isolation valve to shut the steam off completely. The protections systems (of which there are 3 independent systems, and a dude with his finger on the emergency button) are supposed to close this main isolation valve in a fraction of a second when the turbine overspeeds.

So they get ready for the test, they dump a helluva lot of steam onto the turbine, speed starts going crazy, it went from 3000 RPM to 4500 RMP in ten seconds (they are generally only designed for 10 to 15% overspeed, all three protection systems should have kicked in by the time you get to 110%). Anyway, I don’t know why, but all three systems failed, and the dude with his finger on the manual trip button wasn’t at his post.  So the result was a big bang, some fire and a lot of steam going where it shouldn’t go.

Scary thing is Duvha has a shared turbine hall. All six units are placed in one long straight stripe, with no missile shield between them. And if you look at the third last pic you can see how big that shaft is, if that landed on another turbine it would have destroyed that too. They are very lucky they didn’t lose the entire station.

So anyway, what gets reported in the news? “Unforeseen maintenance” at one of the units at duvha requires it to remain shut down for 18 months. understatement of the century in my book. But you shut off the containment ventilation system at Koeberg for one hour and a radiation alarm goes off, then it’s a front page news national crisis. I give up.

IMG00056-20110216-1621

IMG00057-20110216-1625

IMG00058-20110216-1627

IMG00059-20110216-1627

IMG00060-20110216-1627

IMG00061-20110216-1628

IMG00062-20110216-1628

IMG00063-20110216-1629

IMG00064-20110216-1629

IMG00065-20110216-1629

IMG00066-20110216-1630

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Kak companies | 41 Comments

Die mees ikoniese skaakstryd ooit

Geskryf deur Jack McAllistair vir Watkykjy


Dit was ‘n ambisieuse gedagte.

Twee-en-dertig-mense. Een naweek, tussen niks en nog niks op ‘n verlate plaas in die karoo – die ideale ligging vir die mees ikoniese skaakstryd in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Die genooides het een vir een deur die vroegoggend opgedaag. Sommiges moes so ver as van Durban reis vir die grootse gebeurtenis.

Die twee-en-dertig top-spelers van die eksklusiewe www.skaak.com, saam op een plek. ‘n Geweldige eer.

karoo plaasDaar is vooraf ooreengekom dat die spelers nie met hul aankoms en vergadering geselsies sal maak nie. Elkeen moes bloot óf ‘n blou óf ‘n geel bordstuk saambring, afhangende van watter kleur deur ‘n gerekenariseerde indeelstelsel aan hul toegewys is. Daar is ook voor die tyd besluit dat daar met blou en geel stukke en bordkleure gespeel sal word, om moontlike kaping deur rasentoesiaste te voorkom.

“Dit is in elk geval meer koninklik,” was Vernietiger125 se voorstel.

Die spelers se rolle is ook voor die ontmoeting lukraak aan hul toegeken, weereens deur ‘n gerekenariseerde indeelstelsel. Almal moes diensooreenkomstig aantrek, en niemand het gekla oor hul rol as byvoorbeeld pion of gespog oor hul rol as byvoorbeeld biskop nie. Dit was immers vir ‘n groter doel – die mees ikoniese skaakspel óóit in die land.

Ná ‘n moeisame proses van bordpak en rondstap was die terrein om 10:00 presies gereed vir die spel om te begin.  Die entoesiasme en adrenalien onder die deelnemers was bykans tasbaar.

Gerhard Maree, ‘n rekenmeester van Secunda wat gelukkig genoeg was om as koning van die geles aangewys te word, het sy keel skoongemaak.

“Ee twee na ee vier,” het hy, in ‘n stem waarvan die diepheid selfs hom verbaas het, aangekondig.

Die kort man in die onindrukwekkende pionkleed voor hom het twee blokke vorentoe geskuifel. Al die deelnemers het gegiggel – hierdie het beloof om groot pret te wees.

Sy eweknie aan die blou kant, ‘n jong dame met sproete genaamd Marie, het effe ongemaklik gevoel in die groot bloukaroo skaak fight  koningskleed wat sy moes huur. Waar sy in statuur gekort het, het sy in paraatheid vergoed.

“Dee sewe na dee vyf!” het sy geroep. Die pion skuins voor haar het gedwee twee blokke vorentoe geskuif.

Gerhard het ‘n oomblik gewonder of hy nog ‘n pion vorentoe moet skuif, maar wou graag ‘n perd loslaat. Hy het na sy koningin, ‘n jong seun van Asiatiese afkoms, gedraai en sy idee beduie. Die seun het geknik.

“Ekskuustog,” het die geel perd aan die pion voor hom gesê en verbygeskuifel.

Marie het die situasie bespied en besluit om na aksie oor te gaan. “Dee vyf na ee vier,” om aan te dui dat die geel pion deur die bloue gevat moet word. Die blou pion het toe sonder huiwering na die geel pion oorgestap, ‘n mes uit sy sak gehaal en hom in die bors gesteek.

Die geel pion het ‘n luide kreun uitgelaat en op die bord inmekaargesak. ‘n Poel bloed het onder sy liggaam gevorm.

skaak bors xrayDie spelers het na hul asem gesnak. Die wapens aan die kostuums had, tot nou, bloot waarde as versiering. Niemand het, ongelooflik genoeg, gedink aan wat presies moet gebeur as die spanne mekaar se stukke vat nie. Niemand, behalwe dié spesifieke pion nie, wat nou behendig sy teenstander aan die voete opgetel, van die bord af gesleep en weer sy plek kom inneem het. ‘n Lang, dik bloedspoor het oor die bord gelê.

‘n Geel biskop het gegril. ‘n Blou perd het in die kort pion voor hom se hare gevomeer.

Gerhard was, soos die ander spelers, geheel en al oorbluf deur die gebeure, maar die spel moes gespeel word – dit was immers die mees ikoniese in die geskiedenis.

“Dee twee na dee drie,” het hy met ‘n bewerige stem gesê. Die pion skuins voor hom het vol bravado vorentoe getree en vir sy teenstander gegrom.

Die spel het vinnig geëskaleer. Die reuk van bloed in die lug het ‘n oerinstink in die spelers lewend laat word – ‘n oerinstink wat, natuurlik, steeds binne skaakreëls uitgevoer is.

‘n Kasteel is vermink deur ‘n biskop. Die jong, kort seun-koningin is deur ‘n perd bestorm en vertrap. ‘n Pion is ledemaatloos gelaat deur ‘n ander se toedoen, alles in ‘n waas van karoo-stof, sweet, bloed, gille en krete, terwyl die twee konings doodstil gestaan het op die plekke waar hulle nog al die tyd was.

karoo mesDie spelers het mettertyd die reëls begin ignoreer en woedend gedraai op die konings wat so staan en niksdoen. Van hul kamerade was egter lojaal, en dit was mettertyd blou teen blou en geel teen geel – insoverre die kleure nog uitkenbaar was teen die stofbruin en die donkerbloed en koors.

Ongevuur ‘n uur het verbygegaan voordat die gegil, geklap en gebrul geleidelik uitgedoof het. Daar, op die bloedbesmeerde bord, het Gerhard en Marie steeds gestaan, steeds op hul oorspronklike plekke.

‘n Swanger stilte het geheers.

“Skaakmat!” het Marie uiteindelik geroep.

“Nee,” het Gerhard moeisaam gesê. “Nee, niemand het gewen vandag nie. Kan jy nie sien nie? Sodra konsepte soos mag, lojaliteit , ontevredenheid en woede bymekaarkom, kan ons nie staatmaak op reëls nie.”

“Jy’s reg,” het Marie geantwoord. “Indien al die spelers van die onderskeie spanne sáám kon strategeer oor wat die beste sou wees, sáám kon besluit oor hoe om aan te val en hoe om te verdedig, sáám kon… lééf, leef! O, liewe lewe, daar is so baie wat ons geleer het, so baie om te deel!”

Gerhard het na Marie gedraf, en sy na hom. Oor die lyke van hul mede-spelers het hulle getrippel na mekaar en in ‘n hartstogtelike, lang tongsoen ingeduik.

“Kom,” het Marie mettertyd gesê, “ons het so baie om met die wêreld te deel.”

Hulle het hand aan hand daar weggestap. En toe kom ‘n leeu en eet hulle albei op.

Die einde.

karoo leeu

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 10 Comments

Kak met die family

'n Watkykertjie genaam Werner het vir ons hierdie storie ingestuur.


Ek sê nie ek is polities, rasisties of seksisties korrek nie, maar my familie is uhm… Hoe sal ek sê? 'n Uitbeelding van elke tipe (tipiese) mens in die volk van die “République d'Afrique du sud”.

My Pa, van daai wat altyd goed sê en dan word dit nooit gedoen nie. "Ek is moeg vir hierdie kak land en al die kaffers wat niks kan regeer, ek is sommer lus en immigreer". Nou fokken skraap die geldjies bymekaar en treat 'n bietjie die familie. Ek noem dit die “laag-lê-rassis”, stem vir die DA, hou van braai en biltong en sing eerder nie in publiek “kill the black” nie, want daar is ‘n tekort aan balls (iets waarmee Kaster die hele land kan help). Nee, jy sien, die familie kan nie in vrede sit en TV kyk nie. Jy moet verstaan SABC 1, 2, 3 en eTV is UIT! Maak nie saak hoe talentvol of groot wenner hy is nie, “Jy sien!!! Net kaffers oorals”. Persoonlik dink ek nie my pa verstaan die apartheid-is-verby-maak-vrede-met-jou-medemens konsep nie.

Dit laat my dink aan my Ma. Liefdevolle mens, ek is ongelooflik lief vir haar. Sy sal nie ’n vlieg seer maak nie, too bad hierdie is Suid-Afrika so almal vat ’n middagslapie met die vlieëplak onder die kussing (saans is dit die geweer onder die kussing. Gelukkig besit my ma nie een nie. Trigger happy se moer). Ag, wat kan ek nog sê, drink nie, rook nie, vloek nie. Sy is ’n kombuis tannie, gaan haal vir my broer en suster by die skool, kook (moer lekker moet ek byvoeg), maak die huis skoon en werk in die tuin. Ek kon nog nooit verstaan nie, sy sê dit is “therapeutic” of iets, dit is harde werk en kak in my opinie.

Candy, baie soos my ma net… ’n Bietjie meer mal. Sy het pas haar diensjaar klaargemaak (die eerste keer dat sy iets klaarmaak). Nogal ’n pateet as jy my vra. 22, geen kêrel, geen graad. Nou wonder jy seker wat gebeur het van 18 tot 21? So paar maande op universiteit, blykbaar te corporate en “net soos almal anders”, so toe foeter sy maar aan van daar af. Ek het my volle vertroue in haar, ek weet sy is slim, ek weet sy gaan ’n sukses wees eendag, sy kort net daai… Spark en dit moet onder haar gat wees want netnou steek dit haar hare aan die brand.

My jongste suster Karelientjie (ja dit is haar doop naam). Die dokter het seker diep in die bottel gekyk toe die sonar storie gebeur het want hy weet obviously nie die verskil tussen ’n “noe-noe” of ’n “slurpie” nie.  Ek dink wel haar naam moes eerder Caremel wees of sy en my suster moes name ruil want kyk nè, Karelientjie hoer rond soos ’n krieketbal oor die boundries na Albie Morkel die ding beet gekry het nie. Haar bynaam is nou Skoolbus, shame, nie omdat mense rond ry nie, meer soos omdat sy vet is en die arme rekenaar kindjies ’n stoot gee… Maar wie blame mens dat sy so uitgedraai het? Ek is doodseker my ma het nog nooit saam my pa geslaap nie (Ons kinders bestaan heelmoontlik omdat my ma ons laat inplant het. Dit sal ook my pa se frustrasies verduidelik) so sy het nie dit by my ma geleer nie. Ek blameer die “tiener trend”, die tiete is so gedek dat een ligte sprong ’n nipple sal produseer. Die ou vet beentjies skud soos sy stap maar die broeke is kort en die selluluut is lekker. Lekker kak!

Dit los ons met my klein boet, Trevor. Hy is net 7 jaar oud, maar kakdom. Sy toekoms behels om ’n 3.0L Ford Cortina warm te maak sodat hy kan “daais” van verkeerslig tot verkeerslig.

Julle wag nou seker vir my lewenstorie? Ek is nie vol kak nie, ek like hierdie land met al sy skete! Ek sien nie ’n tsunami nie, ek sien nie ’n vulkaan, ’n  orkaan, ’n  tornado of ’n aardbewing nie. Ek is happy hier vir een rede, ek kies om eerder die positiewe van hierdie plek raak te sien as die negatiewe.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 19 Comments