Jy het 13 biere in jou lyf. By die bar koop jy vir jou en jou tjommies 'n klomp shooters. Elke naweek volg julle dieselfde modus operandi. Raak dronk en probeer cherries impress met dans moves by Droppas. Julle het die laaste twee jaar nog fokol gescore.
Eye of The Tiger gooi hard oor die speakers. Jy doen een van daai powerslides op jou kniee oor die dansvloer terwyl jy nog 'n shooter in jou keel afgooi. Jissis, die move werk presies uit. Die befokste synchronization ooit! Jy maak so paar spastiese air guitar moves op die beat soos jy weer op jou voete kom en verder uitfok op die beat soos iemand wat met stokke geslaan word tydens 'n kangaroo court session in die townships. Jou tjommies join. Almal gooi air guitar en headbang hulle 3 sentimeter kuiwe. Open E op die guitar het nog nooit so complicated gelyk nie. Julle is befok.
Jy sien net tekkies, belt buckles, wit hemde en jeanpant. Almal dans en jy spot 'n witwarm blonde in 'n kort skirt. Sy glimlag vir jou. Sonder om jouself voor te stel gryp jy haar vir 'n close-dans, want een of ander lame Aerosmith balad het begin speel. Die disco ligte draai stadig oor die houtvloer en jy brei haar boude asof jy deeg moet regkry vir Albany se broodfabriek. Jy gaan gaan in vir die score en wurg jou tong in haar mond in. Sy proe soos asbak, maar jy voel 'n fok. 'n Score is 'n score en jy begin 'n vet boner kry. Jy hoor hoe jou tjommies skree. Jy vermoed hulle cheer jou aan…
Dis 'n aand wat jy nooit sal vergeet nie, maak nie saak hoe dronk jy was nie…
Want een of ander poes het foto's geneem – van jou in mid-aksie met jou cherrie in haar skirt. Jou cherrie met die mooiste adamsappel…





























Fokken legend: Ford Sierra XR-8
Die Ford Sierra is tussen 1985 en 1986 in Snor City aanmekaar begin sit vir die Suid-Afrikaanse mark. Daaso in Silverton se valley, maak uit? Casper Die Vries vibes. Hy't mos daar skoolgegaan of iets. So as jy 'n Sierra speck in Pitooria weet jy die outjie is na aan sy geboorteplek. Baie mense is ook oop op die backseats van Fords aanmekaar gesit in die 80's. Ford maak mos panties nat en piele hard.
Nou check, tussen 1986 en 1988 het Samcor die Ford Sierra XR-8 begin bou. 'n Fokken 5 liter monster en die outjie was net in Suid-Afrika vervaardig, spesiaal om die kar te homolgate. OK, miskien leer ons vir jou iets nuut vandag: homolgate is nie 'n skandaal waar 'n SA minister met 'n paar homolbye in 'n tube in sy hol gevang word as 'n cheapskate surrogaat vibrator nie. Homolgate beteken om iets te approve of te confirm sodat dit officially erken word en aan 'n seker standaard voldoen. Ons weet, dis 'n fokken mondvol. So waar dit kom by motorsport se racing klasse of afdelings, vat 'n vervaardiger soos Samcor (in die ou dae) 'n production kar, (soos die XR8) modify hom so effens en sit 'n limited hoeveelheid van hulle op die pad sodat mense wettiglik met daai outjies mag race in sy klas. Op 'n track natuurlik. Nie pienk slips manouvers waar ouens hulle karre oopkap om lamppale nie. Hierdie modified karre word dan "homolgated specials genoem". Die goed fokof vinniger as 'n COSATU member wat 'n strike ruik:
As jy bloot jou derdehandse '94 BMW dolphin shape wat jy in Gezina gekoop het beetkry met 'n hamer, 'n saag, 'n boor en Cessna Skyhawk vlerke en skree: "homolgate die motherfucker!", tel dit nie. Jammer, my ou. Jy het nie authoritaaaah nie. Jy ruik ook effens nie lekker nie.
Exhibit A:
Om terug te kom by die actual punt: Suid-Afrika het op die ou einde 250 van die XR8 vir Group A racing gebou in die mid 80s. Hulle het gespog met 302ci Ford Mustang engines, Borg Warner T5 heavy duty transmissions en fok weet wat nog alles. Daar is van julle marabse wat die goed beter ken en tien teen een nog steeds in die goed slaap en spyker. Klerksdorp, sit jou hanne innie lug!
Iemand het vir ons foto's ingestuur ("check die zef kar" of iets dergeliks in die subject line soos gewoonlik) van 'n XR-8 wat sy tjommie iewers gespot het in Snortoria. Die kar is blykbaar te koop. As die outjie wel een van daai ge-homolgated goeters is, moes die blaar miskien op die dotted line geteken het, want hierdie bielies is skaarser as elektrisiteit in Suid-Afrika in die winter.
Moenie so judgemental wees nie. Die snob in jou wil hom McDonalds drive-through toe vat op 'n Sondag, en die gops in jou wil Schoemanstraat laat wapper soos daai magic carpet in Aladin.
Kook 'n tekkie, laat ons gly…