Jy kan hierdie pranks pull op mense wat jou gereeld afpis. Dit werk goed vir die bure se kinders wat raas, beterweterige nole, marabse wat like van afshow, krimpies, konte wat jou kos by die werk steel. Die lys is eindeloos.
As jy regtig braaf wil wees, kan jy al hierdie nasty tricks sommer op een tjommie trek. Maak net seker hy fokken lees nie Watkykjy nie en maak ook seker jy het at least meer as een vriend. Ons wil nie verantwoordelik wees vir jou eensaamheid nie. Fok, wat praat ek, ons is tien teen een reeds verantwoordelik vir jou eensaamheid…
Dalk het jy 'n week se leave gevat net om by die huis te chill en die geute af te skuur en oor te verf omdat jy nie zak het om deur te skiet Margate toe nie. Moenie worry nie, hierdie faktap pranks behoort jou besig te hou vir so paar dae en dit is nie so duur nie. Jy het in elk geval meeste van hierdie kak in jou huis en jou aangetroude nefie se flat-by-die-see gaan nêrens heen nie.
Checkit, hier is die lys van bestanddele wat jy nodig het om groot kak aan te jaag. Daarna wys ons jou wat om daarmee te doen:
Duct tape, koeksoda, 'n buddy Coke, suurlemoene, harde sweets, glad wrap, servette, Oreos, sosatiestokkies, peper, 'n buddy Sprite, 'n fluitjie, soya sous, Speedstick, tamatiesous, sout, cream cheese, tandepasta, caramel toffies, blomkool, so paar uie, hundreds and thousands, 'n kombuismes, 'n slice botter
1) Die glad-wrap kakhuis
Die victims: Hierdie is een van die oudste tricks, maar ons draf maar gou in elk geval deur hom. Dit is veral ideaal by koshuise (lees: nie jou eie huis nie) omdat dit nogals 'n gemors kan afgee. Werk goed op koshuisbrakke, chicks en dronkgatte
Benodigdhede: glad wrap, iemand se toilet wat nie joune is nie, spoed en 'n clear getaway roete
Metode: Lig die toilet se deksel en die seat op. Span glad wrap oor die troon asof jy 'n bak slaai wil toemaak nadat niemand dit wou vreet nie. Sit die seat en deksel terug. Vir 'n beter effek kan jy die gloeilamp losskroef sodat die slagoffer in die donker 'n geel straal moet gooi of klont stoot. Dit is veral effektief vir gooses wat kort-kort vir 'n pis moet gaan, of daai dronkgat tjommie van jou wat so baie spuities kry na hy te veel fles gevat het.
Graad van danger: 9/10 – Staan reg by die deur en begin hardloop as jy 'n onaardse gekreun, baie gevloek of 'n gehuil hoor. Bly weg van die crime scene af vir at least twee weke, want jy gaan PK's met saamgestelde rente kry. Die moontlikheid van vriende vir ewig verloor is baie, baie groot. En baie real.
2) Coke werk vir alles
Die victims: Ideaal vir mense wat gedurig jou koeldrank by die werk steel of sommer net dose in die algemeen. Ook vir vriende wat hulleself gedurig help aan jou yskas, die eerste ding as hulle by jou huis inloop sonder om te groet.
Benodigdhede: 'n ferm hand, 'n buddy Coke, 'n buddy Sprite, soya sous. Brandewyn, glas en ys (optioneel)
Metode: Skink vir jou 'n gesonde branna in 'n glas met 3 blokkies ys. Voeg Coke by en drink op in jou eie tyd. Maak die Sprite oop, vat twee slukke en gooi die res stadig met 'n ferm hand uit in die Coke botteltjie sonder om te mors. Voeg soya sous geleidelik by die Sprite sodat dit naderhand lyk soos 'n botteltjie Coke. Sit jou gemors mengsel terug in die yskas en moet dit om godsnaam nie self drink as die brannas jou dalk aangetas het nie. Wag vir jou slagoffer om dit te drink.
Graad van danger: 2/10 – Alhoewel die uitrdukking op jou tjommie se gesig kan wissel tussen Casper De Vries wat 'n kak vang en Kate Middleton wat vir die eerste keer prinses William se piel sien, is hierdie trick redelik skadeloos. Hoekom moet jy kwalik geneem word oor ou Larry Langvingers wat heeltyd jou yskas raid? Groceries kos zak, my pel. Groei ek miskien geld op my rug?
3) Vars Oreo of Lemon Cream koekies
Die victims: Soos met mense wat jou koeldrank steel is daar ook mense wat jou lekkernye probeer zoi. Een of ander oorgewig ginger doos met 'n soet tand kan nie jou koekies uitlos nie. Jissis.
Benodigdhede: 'n Pak Oreo of Lemoen cream koekies, tandepasta, 'n kombuismes
Metode: Heel eenvoudig – separate die biscuit deel van die icing met 'n mes en eet at least die icing van die mes af. Vervang die icing met tandepasta en sit die koekie weer versigtig aanmekaar. In die geval waar jy Lemon Creams sou gebruik: Dis moeilik om wit tandepasta met pis te meng om daai opregte kanarie geel (met registrasiepapiere) te kry, maar ons is seker jy sal uitfigure hoe om 'n geel mengsel te maak. Jy is mos slim. Sit die koekies terug in die boks en wag vir die koekiedief om te strike. O ja, vir ekstra effek (nie gewaarborg nie) los 'n liter lemoensap in 'n melkboksie langs die koekies want niks meng so lekker soos lemoensap en tandepasta nie.
Graad van danger: 2/10 – Tensy die oorgewig ginger soettand doos jou baas is. Dan 'n 3/10, want mens kry darem nog iets soos die CCMA. En diefstal is diefstal.
4) Toffie appels vir orige kinders
Die victims: Orige kinders (obviously). Liefhebbers van toffie appels, veral beterweterige connoisseurs wat elke fokken resep ken en 'n beter voorstel het vir alles.
Bednodigdhede: 'n pan, waspapier, so paar uie, 'n paar suurlemoene, sosatiestokkies, daai caramel toffie slabs met die lyntjies op wat soos fudge proe wat mens altyd by die drive-in gekry het.
Metode: Smelt daai caramel toffie slabs met die lyntjies op wat soos fudge proe wat mens altyd by die drive-in gekry het in 'n pan. Skil randomly so paar uie en suurlemoene (moenie dat die suurlemoen in jou oog spat nie, jou fokken nool). Gooi die gesmelte caramel toffie slabs met die lyntjies op wat soos fudge proe wat mens altyd by die drive-in gekry het oor die geskilde suurlemoene en uie uit – genoeg dat dit heeltemal gecover word. Druk sosatiestokkies in die suurlemoene en uie in. Versprei hulle randomly op waspapier sodat jyself nie eers weet wat is wat nie. Jy gaan dit in elk geval nie moet eet nie. Laat dit afkoel en stol. Bedien aan orige kinders en beterweterige connoisseurs wat elke fokken resep ken en 'n beter voorstel het vir alles. Vir ekstra aanloklikheid, (veral vir kinders) dip jou "caramel toffie uie of suurlemone" in 'n bak hundreds en thousands net voor dit te veel afkoel of stol.
Graad van danger: 1/10 – Hoe hard kan kinders nou regtig slaan? In die geval waar kinders dodelik super alergies is vir uie of suurlemoene, sal jy die graad van danger moet upgrade na 10/10 en moet hardloop asof jy glad wrap oor 'n toilet gespan het by daai koshuis in Reitz.
5) Die nimmereindigende stort
Die victims: Mense wat gesmeek moet word om 'n stort te vang, stink mense in die algemeen en mense wat handoeke en nat klere laat rondle of enige iemand wat 'n stort besit vir wie jy gatvol is. Of sit 'n total twist in die tail: al ooit bored gewees op 'n Sondag en na skouhuise gaan kyk wat jy nie in Buck Rogers se tyd sal kan bekostig nie? Vat vir jou 'n pak swieties saam …
Benodigdhede: 'n Stort, harde sweets
Metode: Kry vir jou 'n pak harde sweets. Iets soos daai Hall's wat mense suig om kamtig op te hou rook, Strepsils, Humbugs of sommer iets cheap soos 'n sak Sparkles by Makro. Tweedens: verkieslik sal 'n groot stortkop die beste werk. Jy het meeste van die tyd nie tools nodig om die ding los te skroef nie en jy sal heavy suspect lyk met 'n monkey wrench, so noodwendig sal jy ongesiens moet toets of jy die stortkop kan losdraai. Prop so paar van die harde sweets in die stortkop in en skroef dit weer terug. Moenie worry oor goed soos peppermints nie – die victim sal dit noddefok ruik tussen al die seep en shampoo nie. Die warm water sal die sweets geleidelik smelt en die arme drommel sal dit nie agterkom tot hy of sy eers uit die stort uitklim nie. Dit sal wel 'n bitch wees om af te droog. Wat hierdie prank supercool maak is dat die persoon weer terug sal klim in die stort om al die taai kak af te was. At least 3 keer. So maak seker daar is genoeg sweets in die stortkop.
Graad van danger: min of meer 0/10 – Dudes like van draad trek in die stort. Sy hand gaan nog lank aan sy zaber en pubes vasklou. En kom ons face dit: 'n kaal ou wat sy piel vashou en jou met die ander vuis probeer aanrand is net… gay. Dit sal die victim in elk geval poeslank vat om uit te figure waddefok gebeur het.
6) Die tamaties fantasties:
Die victims: Yskas raiders of mense wat gedurig tamatiesous oor alles wil bliksem. Daar is net een plek vir tamatiesous oor alles, en dis in die Wimpy, pappie!
Benodigdhede: 'n bottel tamatiesous (iets in 'n plastic bottel soos Heinz), koeksoda
Metode: Jy moet nou fokken mooi luister. Moenie hierdie met 'n All Gold glasbottel tamatiesous probeer nie. Koeksoda ken nie sy eie krag nie. Hierdie is soos 'n low level al-Qaeda Molotov cocktail en gee 'n groot gemors af. Laat die tamatiesous op sy kop staan (onderstebo vir die stadige mense) sodat die tamatiesous die nek van die bottel daai rooi kleur gee asof die outjie vol is. Chris Angel illusionary vibes. Draai hom om en gooi versigtig soveel koeksoda as moontlik in en sit die doppie terug. Laat ek re-phrase: click die plastic doppie toe. Ons werk mos nie met glas nie. Sit dit versigtig terug in die rak, kas of die yskas, wherever jy dit bere. 'n Tipiese tamatiesous fanatic wat sy koeksoda werd is sal die bottel 'n goeie skud of ses gee. Teen daardie tyd is jy al 'n spikkel op die horison want daar gaan 'n budget van 'n New Freedom pantyliner TV ad nodig wees om daai kombuis skoon te maak.
Graad van danger: 8/10 – As dit werk. Jy wil regtig nie daar wees nie. Seriously, bra.
7) Gee asselbief die peper en peper aan
Die victim: Enige iemand wat saam met jou in die Spur sit. Verkieslik iemand kleiner as jyself. Nie aan jou tafel nie.
Benodigdhede: Sout, peper, 'n servet
Metode: OK, fair enough, hierdie een is nie naastenby so cool nie, maar as mens gesuip is in die Spur is alles mos poes snaaks. Veral daai birthday song. Jy laat mos elke jaar dat die waiters vir jou girlfriend sing as hulle uitkom met daai twee sparkles in die gebakte aartappel wat vrek halpad deur die emosielose song. Mos. Anyway, wat jy doen is om 'n vrye hoeveelheid peper uit te gooi op 'n servet. Skroef die soutpotjie se cap af, plaas dan die servet vol peper soos 'n tipe slap membraan binne-in die soutpot. Skroef die cap terug en skeur die stukkies servet af wat uitsteek aan die kante. O ja, en doen dit tog ook net terwyl niemand vir jou sit en kyk nie.
Graad van danger: 1/10 – Mense in restaurante maak nie sommer scenes met ander patrons nie. Tensy julle oor pielgroottes baklei in die toilets. Dan sterf jy.
8) Kaas dit en geniet dit:
Die victim: Daai ou wat jy met die eertste stort trick uitgevang het (sien bo)
Benodigdhede: Speed Stick, cream cheese (iets soos Philedelphia kaas wat jy by Pick 'n Pay kry, maar dit kan fokken duur wees), 'n kombuismes
Metode: Hierdie kan nogal 'n taai een wees (pardon die pun wat toepaslik is op die vorige stort trick). Jy sien, nie almal gebruik Speedstick nie, so as jy dieselfde persoon met beide tricks wil uitvang moet hy ietwat van 'n sport freak wees. Iemand wat eerder sal praat van "anti-perspirant" as van "deodorant". Met ander woorde 'n student wat prokureerswese swot en clubrugby speel oor naweke. Good luck met jou kak vrienderking. Kom ons beweeg aan… Jy draai die die Speedtick uit, verwyder daai kak wat lyk soos glorified, scented beesvet en skroef die "deodorant" terug na sy oorspronklike posisie toe. Vul dit op met oorgenoeg cream cheese, sit die doppie terug, skroef dit weer effens uit sodat die kaas die binnekant van die doppie se shape aanneem, maak dit oop en shape die kaas en maak dit so bietjie smoof. Sit die doppie terug en wag vir jou tjommie om sy kieliebakkies in kaasbakkies te verander.
Graad van danger: 7/10 – as jy dieselfde vriend met 'n tweede stort prank vang sal hy defnitiek snuf in die neus kry. So 'n halwe semi-sweet kaasreuk. Hy sal sy hande losruk van sy pubes af en dan is nie net PKs nie, maar ook pielewappers aan die orde van die dag, if you catch my drift.
9) Bliksemse blomkool
Die victim: Jou ma, ouma of enige relative wat jou maak blomkool eet het (as jy dit as 'n straf aangesien het). Andersins: mense wat vir seconds en thirds gaan om die etenstafel as jy probeer oordentlik wees maar nog steeds die mashed potatoes eye tot dit te laat is vir gemanierde seconds.
Benodigdhede: Blomkool, 'n slice botter, tandepasta
Metode: Jy sal eerstens die tekstuur van jou algemene kapokaartappels moet verstaan. Die sukses van hierdie dis hang af van jou kombuiskennis en is nie altyd suksesvol nie. Jy wil nie voor die tyd uitgevang word nie, anders kan jy netsowel jou piel uitruk na tafelgebed se "amen" en skree "Kyk na my!". Kook blomkool in 'n pot totdat dit sag genoeg is om te mash. Dit hoef nie supersag te wees nie, want jy gaan 'n hele klomp wit tandepasta uitsqueeze en oor die blomkool uitbliksem en dit meng tot dit soos mashed potatoes lyk. As die kleur nie reg lyk nie, voeg 'n slice botter by. Sit 'n blaartjie pietersielie op vir dekorasie en switch dit met die usual mash wat bedien word.
Graad van danger: ongeveer 4/10 – Net jy weet hoe hard mamma of ouma slaan. As pa sy belt losmaak beter jy hardloop. Jy kan altyd net na jou kamer toe harldoop, die deur toeklap, Metallica op fullblast gooi en skree: "Niemand fokken verstaan my nie!". Jou familie sal weldra agterkom dat blomkool jou tienerjare verwoes het en van agter die geslote deur in trane soebat om jou vergifnis. Al is dit 30 jaar te laat.
10) Rev-rev, poes-poes
Die victim: Bloubulle en hulle ondersteuners. Mense wat hulle karre en bikes afshow. Almal weet dat 'n kar wat nie aan die bank behoort nie die beste kar is. Ander mense skiem weer hoe harder mens 'n kar of 'n bike rev, hoe cooler is dit. Dan kry jy mense in Vereeniging met die Ace Of Spades kaart wat met 'n wasgoedpennetjie vasgmemaak is en TTTtttrrrrrr! deur die speke van 'n BMX of 'n ATB Bomber, maar dis 'n bespreking vir 'n ander kerk…
Benodigdhede: Duct tape, 'n fluitjie (like, 'n sokker- of rugbyflutjie)
Metode: Hierdie een is fokken maklik. Jy kan dit sommer met almal se karre en bikes doen by 'n braai. Of by Loftus op 'n Saterdag as die Rooi Bulle speel, maar dan het jy poesbaie duct tape en fluitjies nodig. Jy weet hoe 'n hippie drom lyk? Jy gaan dit basies met 'n kar se kazozpyp doen. Span daai outjie toe met duct tape toe. Om en om en oor en oor. Maak 'n klein gleufie met 'n mes en druk die fluitjie se bek in dat hy tighter sit as Sannieshof se munispale budget. Maak seker dat die geraas deel van die fluitjie waar daai balletjie op en af hop nie toe ge-tape word nie. Maak daai fluitjie mooi vas soos 'n belegging. Wag dat Loftus hulle karre start. Hoe harder die poes rev, hoe meer klink hy soos 'n poes ref. Dis dalk 'n goeie idee om dit eers by die huis te probeer om die kuns te verfyn.
Graad van danger: Kom ons spekuleer liewer nie oor wat in Bloubulle of hulle ondersteuners se koppe aangaan na 'n paar kappe nie. Die koerante het dit genoeg ge-cover.
Bonus prank: Neem al die bestanddele (gereedskap uitgesluit), bliksem dit in 'n bak en meng op high vir 3 minute lank in 'n industriele voedselverwerker. Poes die mengsel oor jou baas se kar uit.
Emigreer.








Oppikoppi oorlewingsgids vir virgins
Deur M. le Roux – ‘n self-proclaimed coo-girl
Al die karakters in die volgende beskrywing is vlees-en-bloed ‘mens’-mense (alhoewel hul name heel moontlik verkeerd gespel is). En díe kak het regtig gebeur.
Hulle sê ‘moeder natuur sal voorsien’.
Hulle praat kak.
…Sadistiese fokkers!
Moeder natuur skenk vir jou ‘n blank canvas met ‘n strepie snot op om jou metaforiese maagdevlies uitmekaar uit te ruk vir Oppikoppi – and the rest is up to you!
Ek is ‘n coo-girl wat Oppikoppi oorleef het. En hier onder volg ‘n sinopsis van die mees alomvattende voorbereiding vir die belangrikse drie dae van enige wannabe-student se jeug. Eerstens: Daar SAL ‘n roadblock wees. Jy was gewaarsku. Tweedens: As jou brein nie vir die volle drie dae van Oppikoppi voel asof ‘n platanna ‘n suur-kak daarop gepleeg het nie, you’re doing it wrong!
Eksemplaar nommer een: Braai
Daar is net nie ‘n fokken manier dat jy naastenby so baie gaan braai soos wat jy jou verbeel in Checkers se isle nie. Sit die vleis terug, boetie! Jy gaan neentig persent van die tyd te dronk, te uitgepaas of te vêr weg van jou goeters wees om ‘n prima braai aanmekaar te gooi. Maak liewers seker dat mamma vir jou genoeg snoepie geld gegee het om seker te maak dat jou organe nie almal op een slag ingee en jy die soveelste ongeval by die mediese tent aangesleep word deur jou dronk buddies nie.
Neem egter die volgende nota ter hart: ‘n fokken genius het laasjaar ‘n ketel gebring wat ons op die kole kon gesellig maak. Die koffie-toue is langer as jou ouma se oproepe oor haar agteruitgang soggens, so hierdie was ‘n onverbeterlike happie inisiatief wat ons almal met ‘n warm boeretrosie en beskuit in die hand gehad het teen nege uur elke oggend. Gooi sommer ‘n bietjie koffiemoer in ‘n sokkie voor jy uit Pretoria uitvloog met net jou houding en ‘n kief paar shades. Dis ‘n wenner! (Gooi dan liewers die sokkie weg na die naweek se ge-prit en kyk terug op die feit dat ‘n warm glimlag meer werd is as jou gunsteling hokkie sokkie).
Eksemplaar nommer twee: Die mediese tent
Díe hoekie vir eensames is ‘n toeriste trekpleister waarmee jy nou, liewers as gedurende jou naweek, wil kennis maak. Dis sonder twyfel fokken vêr van waarookal jou tent is, so maak seker dat as jy oor ‘n klip gaan trip, ‘n leweroorplantig gaan benodig, of jou meisie jou in ‘n jaloesie woede met ‘n plastiek vurk gaan oorval, die beplanning daarop neerkom dat die klas van ‘ongelukkies’ naby aan die main stage gebeur. Dis net ‘n hoes-en-’n-druk van daar af, en enige tipsy Jan Rap dwaalgees in die omgewing is seker om sy weg oop te sien om skouer-aan-binneboud te sit om ‘n mede Oppikoppi-kint se lastige nier weer onder sy slukderm te kry. As jy dus een van daai’s is wat glo dat lewe só kosbaar is dat elke oomlik ‘n heildronk verdien, vat sommer vroeg-vroeg Vrydag oggend vir die vriendelike tannies by die tent ‘n stukkie melktert dat daar ‘n tikkie verdowing oor die ongemak hang later vannaand.
Eksemplaar nommer drie: Die son
“Liewe jissis, dis donker!” Ja fok, as die son ondergaan vat hy die lig saam met hom poesnees, so let op dat jy aan jou kamp se beligtingsbenodighede wil dink voordat jy die stad en GAME vaarwel heed. Ivan of Rias of een of ander engel by ons kamp laas jaar het ‘n lig aan ‘n battery gekoppel (of iets waarvoor NAS ‘n voorvereiste is), en die ou verdien ‘n Nobel prys vir A-plus inisiatief! Dit bring ons dan by die eerste van die drie belangrikse implimente wat jy nodig het om Oppikoppi te oorleef: ‘n kopliggie! Fok tog Jannie, as jy halfpad is en net duskant Northam iewers besef jy’t jou kopliggie by die huis vergeet, doen ons almal ‘n guns; draai om en gaan huis toe! Jy’s meer in jou moer in as na ‘n bottel warm Klippies. Probeer volgende jaar weer. Jy’t nie die X-factor nie, draadtrekker. Dit is klaar ‘n given dat jy die eerste aand halfpad om die plaas gaan stap en sewe keer vir directions gaan vra voor jy per abuis op jou eie tent kots. Maar teen aand twee, as jou interne GPS warm en op spoed is, gaan jy vir my dankie sê dat jy nou met trots jou ingewande kan aanskou in die kliniese blou lig wat ook die weg tent toe oopbaan. Bring dus elke moontlike vorm van beligting (en die batterye wat daarmee gepaard gaan) saam vir jou naweek op die plaas! (Dankie Juan vir die kopliggie, laasjaar!)
Eksemplaar nommer vier: Seks en Wet Wipes
Maak seker jy’s vroeg Vrydagoggend al by die hekke, Koos. Hoekom? Want vandag is jou laaste kans om te kyk wie jy vannaand agter die storte tot wapperende bevrediging wil vinger. (Dra dalk ‘n effie saam, net so vir die noodlot). Na vannaand is elke siel op die plaas siwwer as die duiwel op Sondag. Dit bring ons dan tot by ‘n uitvindsel wat jou die naaste aan ‘n liefdevolle moeders-speen sal bring gedurende die epic naweek van uitpaas in ander mense se kots op rotse wat nie eers naby jou tent geleë is nie: Wet Wipes. Jy kan nie, onder enige omstandighede, te veel Wet Wipes hê nie! Dis eenvoudig on-fokken-moontlik! Maak hom vol skaap. (Sien latere verwysings na die storte asook skoonmaaktye van die toilette).
Gepraat van nat en vuil: Ivan was ‘n legende en het ‘n laminated line-up saamgebring laas jaar. Só ‘n bek moet jam kry (maar het nie, want hy’s heavy devoted aan sy meisie)! Als om die kamp (insluitende ‘Daisy die shit-box tent’ waarin slegs meisies magtiging gehad het om te piepie as die nood te veel raak) het vergaan, maar nie die gelamineerde lys van optredes en tye nie!
Eksemplaar nommer vyf: Fokken baie water en mediese goeters
Jirre Stevie, jou breinchirurg, het jy gescheme die plaas is van taps gemaak?! Nee my vriend. Onthou dat dit wat jy saamdra, is dít wat jy gaan hê om meer te werk. Vat my woord dat jy donners dankbaar gaan wees vir daai twee vyf-liter kanne water wat jou stukkie saam gesleep het as jy een aand jou tande so hang-hang uit die tent uit wil borsel. Plus, hoe de donner gaan jy koffie-water in jou keteltjie gooi as jy nie water saamgebring het nie, Newton? (Sien ‘Eksemplaar nommer een: Braai’)
Anti-hangover pille en boererate: Bring als wat jy in jou kassie het, tant Sarie! Try dalk sommer borgskap kry by McNabb’s. Ons kamp het elke oggend, boeretroos in hand, almal ons oranje-en-pers sakkies oopgepluk en met trots ‘n tiepe van ‘skriflesing’ gehad met die McNabb’s ‘thought of the day’ kaartjies. (MC het die lot dan bymekaar gemaak om gedurende die dag ons almal te herhinder aan die belangrikse gedagtes vir die dag. “Life is full of obstacle illusions”, gelees met erns en dramatise uitspraak, het die koek gevat vir beste preek van die naweek).
Sonblok: ‘SPF Fokof-Son’ word voorgekryf.
Toiletpapier: Vat fokken baie! Ja, daar is seker in een van die verlate cubicles moer vêr van enige skadu een blokkie half-ply-why-did-you-even-bother oor, maar die realiteit is dat jou squeeze enige tyd gedurende die donker nag ‘n oorweldigende dambreek mag ervaar waarvoor ‘n maraton-pas draf na die feesterrein nie ‘n opsie is nie. (Ek het op die harde manier uitgevind dat daar nie ‘strategically scattered cubicles’ oor die hele plaas geplant is nie). Jy mag vind dat selfs die oulikste poppie wat eens haar mascara-geplakte wimpers al te gretig gewapper het in jou rigting by Dropzone (so tussendeur die jaegerbombs), nie nou die verskil tussen ‘n Toyota Corola se agterband en ‘n genuine Armitage Shanks sal kan spot nie – selfs al hét sy haar kopliggie onthou!
Wat ons dan bring tot by een van die belangrikse oorlewingsreëls in die oorlewingsgids vir virgins: Kies ALTYD die cubicle naaste aan die koelte! Die Afrika son het die genade van ‘n UJ security guard op ‘n powertrip: fokol! So die barmhartige skoonmakers gaan natuurlik die cubicles nader aan ‘hul hoofkantore’, aansienlik varser hou as die res. Dis mos net fokken logika! (Boonop, as jy die moltrein wil molesteer in ‘n plastiek boks met nul lugversorging, gaan ‘n handjie-vol koelte nooit gemis nie).
Let asseblief dat ‘die groot spring clean’ hier rondom elf uur in die oggend in rep en roer spring. Vermy dus die ablusie stasie tot die trok mens-kak by Boom Straat af verdwyn het. Ek vind dat twee weke se inner-bowel-movement training ‘n welkome belegging is in jou dieper geluk as Oppikoppi-ganger. Seriously mense, some things can not be unseen. Train daai sfinkters!
Eksemplaar nommer ses: Ander moers-handige kak
Kom ons val sommer weg met nommer twee van die drie belangrikste implemente van ‘n Oppikoppi-ganger: jou bottel! Die realiteit is dat jy nie glasbottels en kak in die feesterrein in kan vat nie (sien ‘Eksemplaar nommer twee: Die mediese tent’). Jitte – wat nou gemaak!? Oplossing: Jy begin net na Junie ‘n plastiek-bottel versameling bymekaar skraap wat enige rugby jock in sy PT broekie sal laat pre-cum! Want obviously as jy net een bottel vat is jy droeëbek teen die tyd dat die ou by die hek jou meisie se sak gesearch het. (En hulle search elke sak by elke donnerse ingang – die heeltyd – ek sweer – dis ‘n fokken mission – maar ten minste gaan iemand jou nie met ‘n botteltjie pepper spray anaal aanval nie [sien ‘Eksemplaar nommer twee: Die mediese tent’]).
Voetgoed (soos my ma dit noem): Gumboots is ideaal. Enigiets waarmee jy donners vêr kan loop en nie mind om te begrawe op die plaas Sondagoggend nie (RIP my favourite beige boots wat ek vanaf eerste jaar in neentien-toet al dra). En gryp bloeddorstig elke paar sokkies in jou kas!
Moerse baie geduld en liefde vir dronk tieners: the must-have this season!
Earmuffs en alles wat fluffy en warm lyk in jou huis. Liewe fokken Fok, dis koud by Oppikoppi! Jy lag!? Watch hoe chicken jy uit die eerste oggend omdat jy in ‘n milky lollipop van skooljare verander het oornag. Fokken bring ALS wat jy het! Ek sal enige prys betaal vir die naaier wat die jaar ‘n nose-warmer-invensietjie kan uitruk – maak nie saak WAAR hy die ding warm gehou het voor die tyd nie! Op daardie noot: maak seker jou skoene is ook gemaklik om in te slaap. Verwys terug na die nota aangaande al die sokkies in jou kas.
Dit bring ons dan by die slotsom van my gedagtes asook die derde, en dus belanglikste, van die drie implimente wat jou moet vergesel die naweek van 5 tot 7 Augustus 2011: jou golden ticket! For fuck’s sake, hou tog die ding aan jou in die kar as jy oppad is (nie vêr Suid in die boot, onder die coolerbag wat drie dae se ys-vooraad liefdelik omhels en vier sakke houtskool nie)! By die hek is dit ‘n geesdriftige gewemel van angs en jy ry letterlik in, hulle roep ‘tickets and wriiiists’, jy swaai albei laasgenoemde in die vriesende boslug in, en die kaartjie word gescan en ‘n stukkie lap aan jou gewrig vasgemessel wat nie eers ‘n toordokter sal kan afworstel nie. Flink dink manne! Die tou is lank, die pad langer, en almal is ewe dors! Onthou ook asseblief ‘n goeie reël: first in on Friday, last out on Sunday. Jy gaan klaar kak-lank in die tou wag Sondag om uit te kom (dis dalk ‘n lekker wenk om seker te maak daar is genoeg petrol in jou kar vir so vier ure se rush hour traffic), so moet dit nie loop vererger deur aan te dring dat jy tent opslaan reg langs die laaitie wat almal se sakke so fokken aanhoudend search nie. Jy GAAN die meeste stof kry (waarvan daar donners baie is, by the way) en jy GAAN jouself vloek Sondagoggend. Feit-soos-‘n-koei!
O, en mense in die tente rondom jou gaan jou teen dagbreek wakker praat. Dit gaan klink of ‘n ooraktiewe marching band net Noord van jou sklidklier ‘n orgie stig.
Dis standaard.
Jammer om van jou kak te hoor.
Hos ja, Oppikoppie 2011 !!