"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan hoofstuk 1 hier dowload in PDF format…
Hoofstuk 2 – Die span trek saam
“Jirre, Jackie, hoeveel zol het jy al vandag gerook?” vra Danny du Preez terwyl hy die Honda Ballade betrag. 
Jackie Sieberhagen en die span wat hy uitgekies het vir hierdie allerbelangrike tog – Tyler Koekemoer, Danny du Preez en Oscar Oosthuizen – staan rondom die Honda Ballade wat vir hierdie reis rooi gespuitverf is en waarop die woorde “Vrees Fokol” deur Jackie self geskryf is.
Jackie Sieberhagen sê eers niks. Dan, ná ‘n berekende stilte, met ‘n seergemaakte kyk in sy oë: “Ek het lank genoeg in my lewe nié zol gerook nie.” Soos ‘n oud-oorlogsveteraan wat sy oorgawe aan duur biefstukke probeer regverdig deur implisiet te wys op die jare van geblikte boontjies. Die waarheid is dat Jackie vandag reeds drie joints gerook het – soos elke dag vir die afgelope vyf jaar. Dit hou sy kop rustig. Tot onlangs, totdat hy ‘n week gelede in sy kamer gelê en besef het, in ‘n waas van dagga, Klipdrift en die liedjie “running through my head” van die Russiese lesbiër-groep Tatu (indien hy besef het dat die dames lesbiërs is, sou hy dalk selfs meer verwoed gemasturbeer het), dat hy die Suid-Afrikaanse droom moet vind.
“Ek dink jy’s fokken hoog,” sê Danny. “Vrees fokol. Warrefok beteken dit?”
“Dit beteken shut the fuck up,” spoeg Jackie. “Dink bietjie daaroor.”
Tyler staan ‘n tree nader aan die twee. Sy kop is vooroor gebuig, hy boor met die punt van sy Hi-Tech tekkie teen die sement van Jackie se oprit. “Tune my straight, ouens,” sê hy sag. “Is ek vet?”
Jackie kyk hom verstom aan. “Jissis, Tyler, waar val jy uit,” roep hy hard. “Wat dink jy beteken shut the fuck up?”
Tyler kyk op. “Dit beteken…”
“Dit beteken shut the fuck up, dis what the fuck dit beteken.” Jackie sug. “Hierdie is ‘n belangrike oomblik. Julle moet diep dink oor hierdie ding… Danny, wat scheme jy?”
“Ek scheme nog,” sê Danny fronsend terwyl hy nog die woorde Vrees Fokol oorweeg…. LEES DIE RES VAN HOOFSTUK2 VERDER HIER








Vrees Fokol – Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld
"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld
“Waarheen gaan jy, Jackie?” vra Jackie Sieberhagen se meisie, Jackie van Onselen. Dit is vroegoggend in Vanderbijlpark, nog voordat die son sy
misnoeë oor die vaaldriehoek kon kots. Sy kyk na haar kêrel, wat verwoed besig is om omtrent enigiets waarop hy sy hande kan lê, in sy ou HTS Vereeniging-toksak te pak.
HTS Vereeniging, dink Jackie Sieberhagen. Drie jaar se wonderlike herinneringe. Maar was dit regtig wonderlik? Hy het ‘n paar dae terug by ‘n biblioteek ingeloop om op die internet sy Facebook te check en te sien wat sy sewentien Facebook-vriende doen. Toe google hy sommer skole in die Vaal Driehoek en kom af op die webblad van die Hoërskool Vanderbijlpark:
“Hoërskool Vanderbijlpark is a Secondary School schools specialising in Ordinary. The schools is based in Vanderbijlpark, Gt, South Africa. More school details to follow.”
Specializing in ordinary. Warrefok, het Jackie gedink, warrefok laat ‘n skool, of ‘n buurt, of ‘n mens so iets oor homself sê? Of is dit eintlik maar wat elke skool en kollege en fokken alles oor homself móét sê, maar net nie die balls het om dit te doen nie?
Dié nadenke het hom net meer vasberade gemaak vir hierdie tog om die Suid-Afrikaanse droom te vind.
“Ek gaan net vir die naweek weg saam met die ouens,” antwoord hy op Jackie van Onselen se vraag.
Sy betrag hom met vrae in haar oë. Haar Jackie, die stringerige man met die kort humeur en die vreemde gedagtes. “Maar vandag is Woensdag,” sê sy sag.
Jackie Sieberhagen pak sy frokkies, jeans, knipmes (met botteloopmaker) en sokkies bloot met meer haas in. “Môre is ‘n vakansiedag. Dis langnaweek,” brom hy.
Sy wag ‘n rukkie voor sy hierop antwoord. “Ek dink nie daar is môre ‘n vakansiedag nie, my lief,” sê sy geduldig, “watter vakansiedag is dit dan?”
“Dis shut-the-fuck-up-en-hou-op-vrae-vra-dag, dis wat!” roep hy. Hy draai om en gooi ‘n vuil sokkie in Jackie van Onselen se rigting. Sy duik uit die pad en dit mis haar rakelings. Noue ontkoming, dink sy.
Sy staan op en kyk na waar Jackie Sieberhagen voor sy toksak staan, sy vuiste gebol. Sy word oorval deur ‘n dringende liefde vir hom, ‘n drang om hom ondanks alles by haar te hou. Sy lig stadig haar nagjurk oor haar skouers tot sy kaal voor hom staan. Sy draai haar heup na regs, sodat haar naaktheid in sy rigting leun.
Jackie Sieberhagen kyk op en sluk. Sy Jackie, met die glimlag van Charlize Theron gekruis met dié van Laurika Rauch. Hy probeer woorde vind om te beskryf hoe volmaak haar glorieryke borste vir hom is en hoe swaar sy hart is dat hy haar perfek gevormde liggaam en haar sprankelende persoonlikheid moet agterlaat, maar dat hierdie tog allerbelangrik is, ‘n uiteindelike roeping wat hy nie om sy lewe kan verontagsaam nie.
“Jou tiete is cool. Jy ook. Maar ek moet fokof. Seriously.”
Hy tel sy toksak op en stap by die kamerdeur uit, sonder om terug te kyk.
JY KAN DIE RES HIER LEES