Category Archives: Snotstories

Vrees Fokol – Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld

"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2


Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld

“Waarheen gaan jy, Jackie?” vra Jackie Sieberhagen se meisie, Jackie van Onselen. Dit is vroegoggend in Vanderbijlpark, nog voordat die son sy vrees fokol3misnoeë oor die vaaldriehoek kon kots. Sy kyk na haar kêrel, wat verwoed besig is om omtrent enigiets waarop hy sy hande kan lê, in sy ou HTS Vereeniging-toksak te pak.

HTS Vereeniging, dink Jackie Sieberhagen. Drie jaar se wonderlike herinneringe. Maar was dit regtig wonderlik? Hy het ‘n paar dae terug by ‘n biblioteek ingeloop om op die internet sy Facebook te check en te sien wat sy sewentien Facebook-vriende doen. Toe google hy sommer skole in die Vaal Driehoek en kom af op die webblad van die Hoërskool Vanderbijlpark:

“Hoërskool Vanderbijlpark is a Secondary School schools specialising in Ordinary. The schools is based in Vanderbijlpark, Gt, South Africa. More school details to follow.”

Specializing in ordinary. Warrefok, het Jackie gedink, warrefok laat ‘n skool, of ‘n buurt, of ‘n mens so iets oor homself sê? Of is dit eintlik maar wat elke skool en kollege en fokken alles oor homself móét sê, maar net nie die balls het om dit te doen nie?

Dié nadenke het hom net meer vasberade gemaak vir hierdie tog om die Suid-Afrikaanse droom te vind.

“Ek gaan net vir die naweek weg saam met die ouens,” antwoord hy op Jackie van Onselen se vraag.

Sy betrag hom met vrae in haar oë. Haar Jackie, die stringerige man met die kort humeur en die vreemde gedagtes. “Maar vandag is Woensdag,” sê sy sag.

Jackie Sieberhagen pak sy frokkies, jeans, knipmes (met botteloopmaker) en sokkies bloot met meer haas in. “Môre is ‘n vakansiedag. Dis langnaweek,” brom hy.

Sy wag ‘n rukkie voor sy hierop antwoord. “Ek dink nie daar is môre ‘n vakansiedag nie, my lief,” sê sy geduldig, “watter vakansiedag is dit dan?”

“Dis shut-the-fuck-up-en-hou-op-vrae-vra-dag, dis wat!” roep hy. Hy draai om en gooi ‘n vuil sokkie in Jackie van Onselen se rigting. Sy duik uit die pad en dit mis haar rakelings. Noue ontkoming, dink sy.

Sy staan op en kyk na waar Jackie Sieberhagen voor sy toksak staan, sy vuiste gebol. Sy word oorval deur ‘n dringende liefde vir hom, ‘n drang om hom ondanks alles by haar te hou. Sy lig stadig haar nagjurk oor haar skouers tot sy kaal voor hom staan. Sy draai haar heup na regs, sodat haar naaktheid in sy rigting leun.

Jackie Sieberhagen kyk op en sluk. Sy Jackie, met die glimlag van Charlize Theron gekruis met dié van Laurika Rauch. Hy probeer woorde vind om te beskryf hoe volmaak haar glorieryke borste vir hom is en hoe swaar sy hart is dat hy haar perfek gevormde liggaam en haar sprankelende persoonlikheid moet agterlaat, maar dat hierdie tog allerbelangrik is, ‘n uiteindelike roeping wat hy nie om sy lewe kan verontagsaam nie.

“Jou tiete is cool. Jy ook. Maar ek moet fokof. Seriously.”

Hy tel sy toksak op en stap by die kamerdeur uit, sonder om terug te kyk.

JY KAN DIE RES HIER LEES

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in zefshop | Tagged | 8 Comments

Vrees Fokol: Hoofstuk 2 – Die span trek saam

"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan hoofstuk 1 hier dowload in PDF format…


Hoofstuk 2 – Die span trek saam

“Jirre, Jackie, hoeveel zol het jy al vandag gerook?” vra Danny du Preez terwyl hy die Honda Ballade betrag. vrees fokol2

Jackie Sieberhagen en die span wat hy uitgekies het vir hierdie allerbelangrike tog – Tyler Koekemoer, Danny du Preez en Oscar Oosthuizen – staan rondom die Honda Ballade wat vir hierdie reis rooi gespuitverf is en waarop die woorde “Vrees Fokol” deur Jackie self geskryf is.

Jackie Sieberhagen sê eers niks. Dan, ná ‘n berekende stilte, met ‘n seergemaakte kyk in sy oë: “Ek het lank genoeg in my lewe nié zol gerook nie.” Soos ‘n oud-oorlogsveteraan wat sy oorgawe aan duur biefstukke probeer regverdig deur implisiet te wys op die jare van geblikte boontjies. Die waarheid is dat Jackie vandag reeds drie joints gerook het – soos elke dag vir die afgelope vyf jaar. Dit hou sy kop rustig. Tot onlangs, totdat hy ‘n week gelede in sy kamer gelê en besef het, in ‘n waas van dagga, Klipdrift en die liedjie “running through my head” van die Russiese lesbiër-groep Tatu (indien hy besef het dat die dames lesbiërs is, sou hy dalk selfs meer verwoed gemasturbeer het), dat hy die Suid-Afrikaanse droom moet vind.

“Ek dink jy’s fokken hoog,” sê Danny. “Vrees fokol. Warrefok beteken dit?”

“Dit beteken shut the fuck up,” spoeg Jackie. “Dink bietjie daaroor.”

Tyler staan ‘n tree nader aan die twee. Sy kop is vooroor gebuig, hy boor met die punt van sy Hi-Tech tekkie teen die sement van Jackie se oprit. “Tune my straight, ouens,” sê hy sag. “Is ek vet?”

Jackie kyk hom verstom aan. “Jissis, Tyler, waar val jy uit,” roep hy hard. “Wat dink jy beteken shut the fuck up?”

Tyler kyk op. “Dit beteken…”

“Dit beteken shut the fuck up, dis what the fuck dit beteken.” Jackie sug. “Hierdie is ‘n belangrike oomblik. Julle moet diep dink oor hierdie ding… Danny, wat scheme jy?”

“Ek scheme nog,” sê Danny fronsend terwyl hy nog die woorde Vrees Fokol oorweeg…. LEES DIE RES VAN HOOFSTUK2 VERDER HIER

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in zefshop | Tagged | 3 Comments

Die nuutste in extreme sports: “Planking”

Die mens is alewig opsoek na nuwe thrills – bungee jumping, rollerkotsers by Gold Reef City wat jou bietjies-bietjies in jou klere laat kak of sommer cheap thrills soos Benzyne snuif in jou oupa se garage.

Dis ook nou inevitable dat daar kak trends gebore gaan word – trap scooters, daai skoene met die wiele onder die hakke, rip-boards en al daai kak. I'm fine with that. Dit hou hulle van die drugs af, sort of. Dis ook gedurende hierdie soektog wat simpel "sportsoorte" soos extreme ironing uitgedink word. En die fokken weird ding is dis mense in first world countries wat met hierdie kak opkom. Wel, bygesê het Suid-Afrika ook 'n paar van sy eie sinnelose extreme sports soos train surfing, rape, plunder en extreme fokken tyre brand.

dans dans dans

Hierie giere kom en gaan, wel nie laasgenoemde nie – tyres brand is te fokken lekker. Die nuutste kak wat mense nou pull is PLANKING (as jy nie uit maak nie, gaan Google dit. I don't even want to fuckin' go there). Ek lees dit orals so nou wil ek weet: hoekom en waddefok? Ek sien dit word meestal beoefen die UK en Australia. Ons hier in Zuid-Afrika wil ook weet wat die fokken storie is, so as enige van julle lesers daar in die overseas vir ons kan vertel sal ons dit wardeer. Veral julle hensoppers daar in Australia het die kak het blykbaar daar begin.   

Work_Place_Planking-500x375

Gee ons net die basics. Hoe lank moet jy daar lê vir dit om te tel as planking? As ek dronk is en neerpoes op my gesig voor die bar, MAAR ek recover voor iemand my sien, tel dit as planking? Wat maak jy as jy moet pis of poef gedurende 'n killer session van "extreme lying down" (en ek quote WIKIPEDIA)? Hoe reageer jy op vrae soos "Hoekom de fok lê jy op jou gesig in die straat? Is jy versteurd?" Ons weet jy is die dom doos in die foto wat op jou gesig lê, maar wie is die DOMMER doos wat actually bereid was om jou af te neem? Het mense wat "plank" day jobs of loop hulle net heeldag rond en soek plekke om rond te lê en fokol doen? Wat is die verskil tussen 'n session "planking" en 'n session "kaksleg" wees? Ons sien uit om te hoor van julle Planking entoesiaste!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , | 32 Comments

Vrees Fokol. Hoofstuk 1: Die Honda Ballade van Jackie en Jackie

"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan hom hier for free dowload in PDF format…


Hoofstuk 1: Die Honda Ballade van Jackie en Jackie

Die agtermiddagson spoel ‘n gemoedelikheid oor Vanderbijlpark. Hoewel dit hoogsomer is, is daar nie ‘n enkele donderwolk in sig nie. Inteendeel, die vrees fokolwoonbuurt is ‘n poskaartprentjie, die soort waarop ‘n mens nie eens die woorde “Wens jy was hier!” hoef te skryf nie, aangesien die ontvanger reeds sal wens dat hy of sy dáár is. Die gekwetter van voëltjies hang soos ‘n kombers oor die strate, die kinders met hul fietse, die vroeë reuk van braaivleis wat die lug in dwarrel.

“Poes,” sê Jackie Sieberhagen.

Sy meisie, Jackie van Onselen, verskyn in die voordeur, tuur na waar haar kêrel in die oprit staan. Haar hande is verrimpeld van die skottelgoedwater, haar hare vasgemaak in ‘n donker bandana met die handelsmerk “Bad Boy” wat daarop pryk. “Wat is dit, my lief?”

“God, vrou!” roep Jackie Sieberhagen terug, sonder om oogkontak te maak. “Kan jy nie sien ek konsentreer nie? Jy is ‘n fokken hindernis!”

Sy laat sak haar kop in skaamte. Jackie is altyd so as hy aan die kar werk. Sy moes van beter geweet het.

“Ek is jammer, my lief,” sê sy sag. “Is daar iets fout met die motor? Kan ek vir jou iets bring?”

“Goeie fokken bloeiende hoer van Thor, Jackie! Daar is fokol fout met die kar nie. Lyk dit of daar iets fout is? Ek het ‘n krisis in my gemoed en jy vra my oor die poeslike kar!” roep hy en slinger ‘n draaitang in haar rigting. Dit mis haar nouliks, maar reduseer die kombuisvenster tot ‘n blote mooi herinnering.

“Ek is jammer, my lief,” sê sy weer. “Ek het nie besef jy is besig om diep te wees nie.”

Jackie Sieberhagen tuur die verte in. Die son is besig om te daal – nie net oor die buurt nie, maar ook oor sy sekerheid in die betekenis van die lewe, die liefde en alles.

“Ek is fokken diep,” mymer hy sag. “Ek is fokken poes diep.”

‘n Ongemaklike stilte heers tussen die paartjie. Jackie sluk ‘n traan weg en draai weer by die huis in.

Jackie Sieberhagen lê sy rug neer op sy vintage Island Style-skaatsplank en gly onder die motor in. Sweet tap by sy oë in, onder die motor ruik dit na ‘n mengsel van olie, petrol en verlore hoop. Hy sug en kap aan die gedeelte van die uitlaatpyp wat om een of ander onverstaanbare rede aanhou uitglip uit die ander. Hy kap en stoot en trek en pluk, maar niks help nie. Oplaas gee hy op, vee met sy palm oor sy voorkop. Hy maak sy oë toe, en met die veraf geroep van ‘n hadeda raak hy aan die slaap.

“Meisiekind!”

Jackie Sieberhagen voel ‘n liggiese gepluk aan sy mou. Dit wil sê, sy frokkie. Jackie Sieberhagen dra nie hemde met moue nie.

“Meisiekind,” weer.

Hy maak sy oë oop. Dis Tyler van af in die straat. Goeie ou Tyler, die eenvoudige donner, dink Jackie Sieberhagen. Daar staan hy, die dikketjie, met sy groen kosblik wat sy ma elke dag vir hom inpak, onder die linkerarm en ‘n kaas-en-tamatiesous-toebroodjie in die regterhand. Die betreklike bietjie wat daarvan oor is, in elk geval.

Jackie Sieberhagen trek homself onder die kar uit en sit regop op sy vintage Island Style-skaatsplank met die groen wiele. “Jissis, Tyler, ek wens jy wil ophou om my Meisiekind te noem.”

“Maar jy’t ‘n meisienaam,” sê Tyler, met stukkies kaas-en-tamatiesous-toebroodjie wat tussen sy tande deurskiet. “Dis fucked-up.”

“Dis ‘n fokken mansnaam, okay,” sê Jackie. “Hoeveel keer moet ek nog vir jou verduidelik? My pa het my dertig jaar gelede Jack gedoop, maar nadat hy voor die trein ingedonner het, het my ma my Jackie begin noem. Hy kon haar nou nie juis vanuit die graf poes nie, kon hy?”

Tyler dink ‘n oomblik hieroor na en neem nog ‘n hap. “Wat rêrig fucked-up is,” sê hy kou-kou, “is dat jy nie net ‘n meisie-naam het nie, maar dat jy en jou goose dieselfde naam het.” Hy stamp met sy voet teen die sement van die oprit, verloor amper sy balans, maar herwin dit en gooi sy kop agteroor. “DIT is fucked-up,” asof hy pas ‘n politieke debat gewen het.

Jackie Sieberhagen sug. Hy kan nie weer hierdie gesprek hê nie. Nie nou nie. Daar is belangriker dinge om te doen – ‘n epiese tog van onvoorafgegaande proporsies – ‘n soektog na die ware betekenis van die Suid-Afrikaanse droom.

“Het jy ‘n dertien-spanner?” vra hy vir Tyler.

“Of course, dude,” antwoord Tyler. Hy maak sy kosblik oop en krap daarin. Oomblikke later kom ‘n tamatiebesmeerde nommer dertien-draaitang te voorskyn.

“Erm… dankie,” mompel Jackie. Hy seil terug onder die motor in en werkskaf kortliks voordat hy “Aha!” roep, tevrede met die huidige werkende toestand van die uitlaatpyp.

Hy gly weer onder die motor uit, staan op en vroetel in sy oliebesmeerde jean se sak. Daaruit haal hy ‘n permanente pen en stap na die agterkant van die motor. Sy tong steek by die hoek van sy mond uit, sy frons is diep en presies tussen sy oë geleë, met die twee kepe wat soos die Rooi See ‘n presiese gaping van simmetrie vorm.

Hy skryf eers, met ‘n behendige, geoefende hand, aan die linkerkant van die Honda-teken. Dan aan die regterkant. Wanneer hy klaar is, staan hy terug en betrag sy handewerk.

Hy glimlag. Dan lag hy hard, en gooi sy arms in die lug, met sy vuiste gebol. “En die Here het gesê, dit is goed!” roep hy.

Tyler skuifel nuuskierig om die motor en kyk na die twee woorde.

“Vrees fokol,” lees hy dit. “Wat beteken dit, Jackie?”

Jackie lag weer, met sy oë steeds op die geskrif gerig.

“Tyler, my tjom, gaan roep vir Danny en Oscar.” Hy klap Tyler drie maal op die rug met sy plat hand. “Ons lewens verander vandag vir altyd.”

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in zefshop | Tagged | 13 Comments