Category Archives: Snotstories

‘n Paar kakke agter

Die psige van 'n D-list celebrity verbyster my time and again. Foktog wie het hierdie mense in die eerste plek famous gemaak? Big Brother? Survivor? Pop Idol? Dis tyd vir 'n reality check want ek kannie meer nie. Waarna kyk ons?

Die latest kak wat hulle op ITV uitskei is a) heeltemal te vroeg vir die watershed en b) net plein onsmaaklik. Waaroor hanna ek? Dis Celebrity Fit Club, of Fat Club of 'n Paar Kakke Agter wat my so afpis. D-lys Britse celebrities soos Vanessa wide-load Feltz, Freddie poesneus Starr, en nog 'n klomp ander dikkes wat in die eerste plek nie op telly hoort te wees nie… Wat doen hulle? Hulle probeer gewig verloor deur 8 instede van 10 Greggs sausage rolls 'n dag te eet. En hulle maak asof hulle oefening doen maar eintlik beweeg hulle net hulle arms.

Ek het al gehoor televisie add nog 'n klompie kilos maar hoeveel onse is in jou pond ou perd? Dan is daar nog so fucked-up Amerikaanse chickie wat stand-up comedy vir drag queens in Vauxhall probeer doen. Klink soos 'n fokken aflewering van Geraas as jy my vra, fokol snaaks en heeltemal te veel foptossers. Oorle.

Verlede jaar was Rick Waller aka the Fat Bloke op die show. Jinne maar kan hy neul. Aggenee man 'n groot seun huil nie so nie! Rick het ongelukkig bekend geword toe hy die butt-end van die vorige Pop Idol kompetisie was. Skielik het almal op die internet gedink dit sal snaaks wees as iemand vet Pop Idol wen – hy't nie gewen nie maar hy was skielik 'n celebrity toe daar 'n online campaign die rondte doen wat se: "Vote for the fat bloke". Rick het gelyk of hy drie van die ander kont-estants heel ingesluk het terwyl hy shite soos Elton John liedjies gesing het. Hoeveel van hierdie puritypopkak dink hulle kan hulle nog in ons kele afwurg? Hiekomie vliegtuig maak oopie mondjie vrrrrrrrrr.

Die coolste ou in die show is Harvey. Harvey is 'n US Marine en hy vattie kak nie. Hy's hulle trainer en probeer hulle jaag tot hulle hartaanvalle kry. Hy skree die heeltyd op hulle en se vir hulle hoe kak hulle is. Hy raak die moer in en het verlede jaar vir Rick Waller van die show afgejaag omdat hy te veel cornish pasties geeet het.

Ek het 'n vet seun op skool geken. Martin was sy regte naam. Hy't ook semi 'n celebrity in die skool geraak toe die cool ouens hom Vetseun gedoop het. 'n Reality Celebrity. Sy toffies het omgesit in populariteit, sy vetrolle in houding, sy manstiete het ons almal ongemaklik laat rondkyk in LO. Hy was nie regtig cool nie maar dit het nie saak gemaak nie. Skielik was hy 'n homie, soos Fatman Scoop, Heavy D, PM Dawn en Mike Schutte. Hy't 'n character gehad, 'n persona. dis meer as wat ek gehad het. In Boksburg het selfs Pizza Face met sy bad aknee meer creds gehad as ons Hoofseun. Die piekie wat elke wedstryd voor die Eerste Span opgedraf het met die rugbybal en halwe beentjies. mense het hom gelike. Was dit 'n freakshow?

Verlede week was die laaste episode van Back to Reality op Five – die reality show vir al die "celebrities" van reality show. Die crème de la crème van kak met ander woorde. Rick Waller was daar. Die freak. Op een stadium moes hy met 'n bal hardloop terwyl Harvey van ITV se Paar Kakke Agter hom met 'n paintball gun op point blank skiet. Dis nie al waar hy hom getref het nie. Dit het my skielik laat dink aan die opening van ons Eerste Span games. How embarrassing. Ek speel nie meer saam nie.

Gefile in Snotstories | Leave a comment

Vlug van die hel – uit die hel uit.

 

Het julle al die die die lig aan die einde van die tonnel gesien? Ek ook nie, maar ek het ligte gesien. Fokken grotes. Daai tipe ligte wat jy op vliegtuie se neuse sien as ander vliegtuie skiem dis tyd om te naai soos daai skurwe kerkplein duiwe by oom Paul se voete.

Dit was een van daai lekker Vrydae in Nigeria gewees. Vyf-en-dertig grade cel-jissus innie blerrie bedompige skaduwee. Die tipe Vrydag wat jy alles van twee vloere bo en onder jou in die Hilton Hotel so lelik opfok omdat jy weet dat jy in die oggend terugfok SA toe en eers weer in die nuwe jaar met die kinderagtige incompetent staff moet deal wat nie kan verstaan hoekom jy met jou skateboard in alles vasgefok het en die ander guests wakker gemaak het nie.

Dan fok jy Abuja Airport toe om jou connecting flight te kry en vergeet per ongeluk jou pel se turntable by die hotel, maar jy weet jy kan nie terug gaan nie. Want R1000 turntable is nie gelyk aan R6000 hotel skade nie. Ons praat hieso van plante in die bidet en drie vloere se varings, ontbyt en glastafels in een kamer. O ja, en die skateboard storie waarvan ek nie baie onthou nie.

Aangekom by Abuja lughawe, leer ek ongeduldige locals om agter my in die ry te staan, want surprise-surpise: Ons vlug is delayed met 'n fokken uur en hulle idee van in 'n ry staan is min of meer dieselfde as 300 mense bondel voor Ackermans asof hulle klere op sale het vir R5 in plaas van R10.

Small fry.

Klim eventually oppie Bellview aerie wat lyk of hy deur voodoo magic en skietgebedjies aanmekaar gehou word. Ons styg toe maar op en vyf minute later is daar 'n klomp 4-jarige Nigerians wat my fokken pla in pidgin English tot ek vir hulle fluister "I am going to kill you" en vir die ouers glimlag. Needles to say was hulle moerse soet virrie res van die vlug. So midway deur die vlug het ons snacks gekry. Ek praat nou van 'n halwe glasie Fanta Orange in 'n plastic cup. Lekker min vloeistof vir 'n hangover wat even ses liter Nigrian kraanwater sou kon waardeer.

So uur of wat later begin ons sak vir die landing. Ek speck die tarmac so halwe meter onder my en kry daai gevoel van die wiele wat oneweredig, nonetheless gaan land en unstrap my safety belt solank. Dis toe dat ek die lig sien. Die laaste lig. Daai lig wat jy op 'n ander Boeing se neus sien voor jou eie vliegtuig hom 69. Pluk kaptein incompetent gelukkig een van daai ons-fok-nou-70-grade-hemel-toe moves en ons klim weer tot bo die wolke en bly daar virre goeie dertig minute. Toe ek weer om my kyk is daar net wit mense op die vliegtuig. Ek was so liggroen gewees. Meeste van die 419's het darem hulle kleur terug gekry toe ons eventually for real land met skreeuende tyres. Meneer kaptein reken toe dat die control tower hulle nie verwittig het van die ander vliegtuig op die runway nie en dat ons amper in 'n vlammehel gesterf het. Dog ek toe by myself: "I think I'm gonna have have a heart attack and fucking die of not being surprised!" Ek was mos darem al hier vire rukkie and then some.

Kry toe een van die scaly taxi lifts na Lagos International om betyds te wees virrie SA connecting vlug wat 22:00 duik en altyd virre uur delay is. Ek is 21:00 daar. Die SAA desk maak 20:00 toe vir boarding. Daar is niemand nie. Well, daar is kokkerotte wat die bier wegdra so tussen die total power failures en mens sukkel liewer met die korrupte polisie omdat die cochroaches groter van bou is. Gaan baklei toe maar met SAA in hulle kantoor en kom toe agter dat ek met Nigerian SAA mense baklei. Wetend dat ek ek stuck is in Lagos tot ek op standby kan vlieg twee of drie dae later, klap ek weer 'n taxi sommer oppad na die Sheraton Hotel toe, want die jirre weet ek het nie krag om weer in 'n scaly plek te slaap nie. Nie in Lagos na alles so uitfok nie. Het toe maar my roes afgeslaap teen 'n onbillike $320 per aand vir 2 aande. So rukkie in die lift ook gebly. Elektrisiteit is nie jou top tipe prioriteit in daai plek nie.

Op die onheilige Sondag het ek weer my luck gaan try, so ek skiet weer airport toe. Fokken Lagos polisie is anders as die res van die land s'n. Trek die Fire for Fire my mos af omlat ek kamtig American is en verwag Dollars. Toe plak ek die man iets in die lyn van honderd en vyftig Naira in die hand wat sou translate as 8 Rand, vloek hom en klok in by Lagos International.

In die meantime raak ek meer boos, want terwyl ek in die bar sit en met die kokkerotte oor rugby en die greenhouse effek stry, sou ek al innie Kaap gesit het saam met al my gabbas. Ek kan ook niemand bel nie. Hoekom kan ek nie bel nie? Kom outjies, dis maklik. Dis omdat ek 'n Nigerian MTN fokken cell het. In SA werk MTN baie dieselfde. Hulle gee net minder om in SA oor diens, want al die groot geld lê in Wes-Afrika se pre-paid fools. Back home word kredietwaardigheid virre eendvoël aangesien en hulle naai jou boude rou vir twee jaar en renew jou kontrak sodat jou boude weer hulle s'n is vir nog twee jaar. RRRrrrt! Ten minste is daar 'n Blue Chip company wat Truworths 'n run vir hulle geld kan gee in terme van "we-don't-care". Anycase, hieso is daar 'n pre-paid explosion gewees en toe val die netwerk op sy rug soos 'n victim van 'n Hilbrow knocker. Slaan toe maar 'n paar biere weg wat sterk genoeg is lat jy mindgames met jouself kan speel.

Na ek eventually nege ure oppie lughawe spandeer het, mense kak gegee het om my video camera, skateboard en CD player deur te sit en 'n laaste walgbier ingekry het, sit ek oppie aerie en lag toe ek dink aan so ander dude van SA wat ook nie 'n lekker dag gehad het nie. Hulle wou nie sy African kunswerk wat hy gekoop het laat deurgaan gaan nie, want hy moet briewe hê van een of ander museum, 'n dokter, die president en seker Jesus homself ook. Alles net om 'n bribe te instigate. Toe tune die bra hulle in Afrikaans: "Man, ek gee nie 'n fok om nie. Julle wil net weer fokken geld steel. Poes die ding weg as ek hom nie mag saamvat nie! Dis nou julle probleem."

Toe kyk hulle hom aan soos wanneer 'n babahondjie vir jou kyk as jy poep, druk 'n stickertjie op die stuk kunswerk ding en laat dit op die conveyer belt deurgaan.

HAHAHA! Dit was verdomp snaaks!

Toe styg ons op en ek hoop dat die vliegtuig ten minste in Botswana sal crash as hy regtig moet crash .

 

Gefile in Snotstories | Tagged , | Leave a comment

grifF se acid-musical droom op malariapille en nog wat

Mens sukkel altyd om iemand te vertel van iets wat jy die vorige aand gedroom het. Hieso is 'n valiant attempt om die goed uit my kop te skud …

Die eienaar van die bal is die baas van die spel. My lewer en niere opgeswel. My vier rooi oë blind. My enkels trek kromrug, my rugstring vervel.

Ek maak die houtdeurtjie oop en "Favourite Things" van fokken "Sound of music" speel moerse hard in my kop:

Grotes en kleintjies en kleintjies en grotes
Wurms en peste en beeste wat dood is,
'n Man sonder arms, 'n vrou met 'n pens.
Dit is die goed wat ek fokken verwens.

Ape in koutjies en kraaie met kloutjies
Warm bobotie en boneheads met stokies
Hondkak op matte, 'n haar in my sop.
Dit is die goed wat nou fokken moet stop …

As ek stink poep, as my maag kramp of ek voel net goor,
Onthou ek die ander meer faktapper goed en dan wil ek nie meer moor.

Diktators met brille of meisies met trille
'n Paycheck wat bounce of te kort is aan nulle
Rent wat te hoog is, 'n bank sonder diens
Maak hierie kak asseblief ongesiens

Poese en konte en fuckheads en dose
Vuilsiek en kanker en vigs en trombose
Skelms met rollies en pyramid schemes
Tune hierie goed asseblief tog totsiens

Kerk se kollektes en hippies met sektes
Rosyntjies in brode of lewer vir brekfis
Chicks met klein tiete of krimpies met jig
Vat hierie stront net weg voor my gesig.

As die kar rol en my been breek en ek sny my oor
Onthou ek die ander kak goed wat gebeur. Ek gaan nou my kop verloor

(Die musiek fade uit en ek word stadig wakker. Mal. En honger.)

Gefile in Snotstories | Leave a comment

Hotelle, drank en ander grappige dinge – Sinopsis van hoe jou tweede week in Nigeria behoort te wees

Hieso in die land van draks, dobbel met jou lewe en draties kap is iets soos fliek toe gaan uit soos ouma naai. Jy koop vir jouself 'n VCD player vir onder 200 SA skille en fokken alles behalwe DVD's speel op hierdie Walkman affêre. Jy kan CD's of MP3's luister of sommer in jou TV plug vir kykgenot.

Een keer 'n week kom 'n snaar by name van Captain Sam verby en vat jou bestellings van skoene of klere, drugs of die nuutste flieks. Ek kap nie lyne nie, so ek gat vir flieks. Dis befok want a) dit bly joune b)dis goedkoper as om 'n video of DVD in SA uit te neem c)jy leer die local ninja taal met die nca onnerskrifte aan d)jy sien flieks wat nog nie in SA op die circuit wys nie in die gemak van jou eie stoel onderwyl jy drank (wat ook afgelewer word) so bietjie pak slae gee. Ja-nee, Captain Sam sorg vir alles.

So gepraat van faktap name: Ons het een aand so paar happe gaan maak by 'n lanie club na ons die vorige club se speakers vir twee consequtive weke in hulle se poeste in geblaas het met dik tunes. Daar's guest list en alles, maar ons naampies is nie daarop nie. Toe maak ons tjommies met Seargent Slaughter – die grootste fokken Nigerian bouncer wat ek nog in my lewe gesien het – nou het ons VIP membership. Nie dat ons binnekort weer daar sal draai gooi nie.

Daai selfde aand het ek my nuwe unsuspecting hotelmaat so paar klappe teen die linkeroor gevreet in die straat voor ons na die Rockview Hotel toe is (7 uur die oggend, dronker as daai poes wat eenkeer die rugby ref getackle het) om myself te gaan uitcheck. Ek moes in elk geval fokof, want die graft het vir die eerste paar dae betaal.

Die staff van die hotel het byvoorbeeld nie geweet ek moet duik nie. Ons het toe gaan swem met ons dronkgatte en 'n ongoddelike lawaai gemaak voor ons kaalvoet met nat swemklere na die hotel se bar toe is en hulle laaste Jack Daniels geklits het. Het daai enetjie ook sommer op die kamer se bill gelos.

Daar word toe gebitch lat ons nie die hotel se dress code gehoorsaam nie. Tune ek hulle ek gaan my tas vat en fokof as ek nie kaalvoet in die bar mag wees om 'n paar happe te maak nie. Hulle try please explain, maar ek moes in elk geval fokof. Vandaar huur ons lifts op motorbikes en ek klok by die nuwe hotel in: daai een waar ons harder partytjies gooi as wat clubs toelaat om te gooi. Daai een waar jy nie betaal by die bar nie, want hulle sal die geld later in die week by jou kry. Daai een met die chicken en chips. Daai een waar die drug dealers aan jou deur kom klop om die vorige ou se geld te kry. Ja, daai een.

Verder slaan jy maar oudergewoonte by die Hilton hotel uit op Sondae, kap cocktails langs die pool en ry Maandae met hangovers groter as die jirre se genade werk toe in die mal taxis. Jou taxi driver kry oudergewoonte sy daaglikse poesklap deur die venster by die mal vet Nigerian bedelaar in sy onderbroek by die stopstraat (hy laat Mr. Fat van Brasse soos 'n petite ballerina lyk). Dan kom jy by die werk en voor jy die Apollo Fever uit jou oë kan vee is dit klein naweek en jy raak geswaai. Dinsdag word jy wakker met die realisation dat dit na graft weer klein naweek is en jy worry effens, want jy weet die naweek is dit weer superlarge.

Jy worry ook so effens dat jy en jou gabbas se lewers binnekort vir low-cost housing building bricks aangewend gaan word. Maar jy worry net so bietjie.

Die lewe is 'n Psalm.

Gefile in Snotstories | Leave a comment