Category Archives: Snotstories

Arbeid Adel George Costanza

Arbeid Adel
George Costanza

Vertaal deur Chopper Charlie


  1. Moet nooi sonder dokumente in jou hande rondstap nie
    Mense met dokumente in hulle hande lyk soos hardwerkende werknemers op pad na belangrike vergaderings toe. Mense met niks in hulle hande nie lyk of hulle op pad is na die kafeteria toe. Mense met ‘n koerant lyk of hulle op pad is toilet toe. Maak bowenal seker dat jy ‘n klomp dokuments saam met jou in die aand huis toe vat, sodat die indruk geskep word dat jy langer ure werk as wat jy werklik doen.
  2. Gebruik rekenaars om besig te lyk
    Sodra jy ‘n rekenaar gebruik lyk dit soos “werk” vir die meeste leke, waarvan MDs meermale deel van uitmaak. Jy kan persoonlike e-pos stuur en ontvang, klets of in die algemeen ‘n goeie tyd hê sonder om enige iets naby werk te verrig. Hierdie is nie juis die sosiale voordele waaroor die voorstaanders van die rekenaar rewolusie wil praat nie, maar dis ook nie te sleg nie. As die baas jou vang – en jy sal gevang word – is jou beste verweer om vol te hou dat jy besig was om jouself nuwe sagteware te leer en so waardevolle opleidingsfondse help bespaar.
  3. Slordige lessenaar
    Topbestuur (en net topbestuur) kan wegkom met ‘n netjiese lessenaar. Vir die res van ons lyk dit of ons nie hard genoeg werk nie. Stapel groot torings dokumente in jou werkspasie. Die niksvermoedende waarnemer ken nie die verskil tussen vandag en verlede jaar se werk nie, dis volume wat tel. Stapel hulle hoog en wyd. As jy weet iemand is op pad na jou werkspasie, begrawe die dokument wat jy benodig halfpad deur ‘n bestaande stapel en grawe daardeur as die persoon arriveer.
  4. Voice mail
    Moet nooit jou telefoon antwoord as jy voice mail het nie. Mense bel nie net omdat hulle jou iets vir niks wil gee nie – hulle bel want hulle wil hê JY moet werk vir HULLE doen. Dis geen manier om te leef nie. Voice mail is die perfekte manier om al jou calls te screen. Indien iemand ‘n boodskap los wat klink of dit werkverwant kan wees, bel terug gedurende etenstdy wanneer jy seker is dat hulle nie daar is nie – steeds lyk dit dan of jy hardwerkend en oplettend is selfs al is jy besig om ‘n lae bliksem te wees.
  5. Lyk ongeduldig en geïrriteerd
    Probeer altyd ongeduldige en geïrriteerd lyk om jou base te laat dink dat jy altyd besig en onder stress is.
  6. Gaan altyd laat huis toe
    Gaan altyd laat huis toe, veral wanneer die baas steeds daar is. Gebruik hierdie tyd om tydskrifite en storieboeke te lees wat jy altyd wou maar nooit voor tyd gehad het nie. Maak seker dat jy verby die baas se kantoor stap op pad uit. Stuur belangrike e-mails op ongewone ure (bv. 21:35, 07:05 ens.) en op publieke vakansiedae.
  7. Kreatiewe suggeluide vir effek
    Sug uitermatig hard wanneer daar baie mense in die omtrek is, en skep so die indruk dat jy onder geweldige druk verkeer.
  8. Gevorderde stapeltegniek
    Dis nie genoeg om slegs dokumente op jou lessenaar te staple nie. Sit ook baie lêers en boeke op die vloer ens. (dik rekenaar manuals is die beste).
  9. Bou woordeskat
    Lees ‘n paar rekenaartydskrifte en onthou al die buzz words en name van nuwe produkte en uitvindings. Gebruik hierdie frases vrylik in geselskap met veral base. Onthou: Hulle hoef nie verstaan wat jy sê nie, maar dit sal verfokkenseker indrukwekkend klink.
    HEEL BELANGRIKSTE:
  10. MOENIE per ongeluk hierdie na jou baas toe forward nie.
    Woorde om volgens te lewe.
Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , | Leave a comment

Pap, atjar & fiction

Pap, atjar & fiction

Johann en sy bra’s



Die atjar scene:

————< snip <——< snip <——< snip <————

In ‘n geel 3-liter Ford XR6 (beweeg) – Oggend

‘n Swaar ou, vuil, geel 3-liter Ford XR6 drommel by ‘n huislose straat in Benoni af. Voor in sit twee jong knape, een wit een swart. Albei dra goedkoop swart pakke met dun swart dasse onder lang swart stoflap baaitjies. Hulle name is Frikkie Viljoen en Joel Shabalala. Joel is agter die stuur.

Joel: So, vertel my van die dagga kroeë?

Frikkie: Wat wil jy weet?

Joel: Wel dagga is wettig daar reg?

Frikkie: Ja, dis wettig maar dis nie honderd persent wettig nie. Jy kan nie net in ‘n restaurant inloop, ‘n spliff rol en daaraan begin puff nie, Jy’s veronderstel om dit net by sekere aangewyste plekke te rook, of by jou huis.

Joel: Hierdie is die dagga kroeë?

Frikkie: Ja, dit kom op die volgende neer, dis wettig om dit te koop, dis wettig om dit te besit en as jy die eienaar van ‘n dagga kroeg is, is dit wettig om dit te verkoop. Dis wettig om dit by jou te dra, wat nie eintlik saak maak nie, want hoor hier: As nie-Polieste is dit onwettig vir hulle om jou te deursoek. Om jou te deursoek is ‘n reg wat die Polieste in Lenasia nie het nie.

Joel: Dit het dit gedoen – ek fokken gaan, dis al wat daaraan is.

Frikkie: Ja man, jy sal dit die meeste laaik. Maar weet jy wats die snaakse ding van Lenasia?

Joel: Wat?

Frikkie: Die klien verskilletjies. Baie van die selfde kak wat ons hier het, het hulle daar. Maar daar is dit ‘n bietjie anders.

Joel: By voorbeeld?

Frikkie: Wel in Lenasia kan jy ‘n bier by ‘n bioskoop koop. En ek bedoel nie ‘n papier koppetjie nie, hulle gee jou ‘n glas bier, soos in ‘n kroeg. En in Laudium kan jy ‘n bier by die Wimpy koop. Weet jy wat noem hulle ‘n kwart ponder met kaas in Lenasia?

Joel: Noem hulle dit nie ‘n kwart ponder met kaas nie?

Frikkie: Nee, hulle het die metrieke sisteem, hulle sal nie ‘n fok weet wat ‘n kwart ponder is nie.

Joel: Wat noem hulle dit?

Frikkie: ‘n Koninklike met kaas.

Joel: ‘n Koninklike met kaas. Wat noem hulle ‘n Groot Mac?

Frikkie: Groot Mac’s ‘n Groot Mac, maar hulle noem dit ‘n Groot aye Mac.

Joel: Wat noem hulle ‘n Ronder?

Frikkie: Ek weet nie, ek het nie in KFC in gegaan nie. Weet jy wat sit hulle op hulle skyfies in plaas van tamatiesous?

Joel: Wat?

Frikkie: Atjar!

Joel: Jissis!

Frikkie: Ek het gesien hoe hulle dit doen. En ek bedoel nie ‘n bietjie op die kant nie, hulle verdrink die goed in daai kak.

Sny na Ford (bagasiebak) – Oggend

Die bagasiebak van die Ford maak oop, Joel en Frikkie haal twee .45 outomatiese pistole uit, laai hulle en haal hulle oor.

Joel: Ons moes twaalf bore gehad het vir hierdie storie.

Frikkie: Hoeveel van hulle is daar bo?

Joel: Drie of vier.

Frikkie: Insluitende ons nou?

Joel: Ek is nie seker nie.

Frikkie: So daar kan tot vyf ouens daar bo wees?

Joel: Dis moontlik.

Frikkie: Ons moes fokken twaalf bore gehad het vir hierdie storie.

————< snip <——< snip <——< snip <————

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment

Die alewige kak met mielies

Die alewige kak met mielies
‘n Psigologiese verskynsel in die gemeenskap wat die hele wêreld kan opfok as jy nie fokken watch wat jy doen nie.

grifFin



As iemand sê dat hy ‘n groot mielieboer is, draai om en hardloop jou fokken pere af. Hardloop en moenie omkyk nie. Jy is in vir ‘n moerse surprise…

Gewoonlik as iemand vol kak is, sê mense dat hy “af is” of “nie lekker is vandag nie” en ook soms dat hy “issues” het (ek gebruik deesdae meer leestekenes omdat sommige mense heavy “issues” daarvan maak). Daai dae is verby, china. Issues is ‘n mite. Niemand het issues nie. Mense het mielies. Lekker groot koppe mielies.

Sien, die mens het ‘n emosionele balans wat hy try handhaaf deur stupid goed te doen soos yoga, fietsry, tuinmaak, bad, eet, slaap en asemhaal. Sodra iemand ‘n sak mielies op jou emosionele wipplank neermoer, is jy gefok. Lelik gefok. Jou emosionele balans fok uit en die klein mannetjie in jou pineaalklier sê vir jou: “You got knocked the fuck out!”

Dit het ook aan die lig gekom dat mense in Gauteng veral suffer aan mielies. Pretoria op sy eie is die mielievierhoek van Suid-Afrika. Pretorianers is oor die algemeen vol kak en meestal baie ongelukkig omdat hulle sulke kak aksente het soos die ouens van Radio Tuks. Pretorianers ook geneig om makliker te huil en te bloei. Natal het baie piesangs (dis ‘n storie op sy eie). Die Kaap het minder mielies, want daar is minder mense – daar is eerder “beings wat higly tuned is met hulle innerself”, m.a.w. meer daggakoppe wat ‘n plat berg aanbid. Die Vrystaat (soos die ander provinsies) is net ‘n mite en bestaan nie regtig nie. As jy iemand ken wat sê dat hulle familie in hierdie streke het, moet jy hulle asseblief by jou naaste poliskantoor aangee. Hulle is duidelik illegal mense van die oosgrens af wat daarvan hou om kak aan te jaag.

Maar ons hoofbespreking van die dag is mielies. Enige mens kan mielies hê en het dit al onder lede gehad en mens moet fokken watch lat jy dit nie weer kry nie. Maandag is die perfekte dag. Die dag wat die mieliesakke se nate oopbars op jou wipplank. Dit sal my nie verbaas as Maandag se naam verander word na Mieliedag toe nie. Neem ‘n tipiese Maandag in die werksmileu: “Wat’s fout Ben-Adriana? Sleg of alleen geslaap?” “Fokkof! Los my uit, ek het mielies jou poes!”

In die geval met Ben-Adriana kan ons sien dat daar tog ‘n mate van ‘n graadverskil kan intree wat mielies aanbetref. Ben-Adriana is klaarblyklik ‘n ou suurpoes wat permanent kakkerig en kermerig is en duidelik is hy uitgelok deur Satan, sy mede-kollega. Ek blame hom nie glad nie. As my naam Ben-Adriana was sou ek lankal my ouers en die dominees en/of sekte wat my gedoop het vergas het in hulle slaap. En die feit dat hy wel sleg en alleen geslaap het maak nog ‘n groter loser van hom. So ‘n persoon het egter nie mielies nie, maar sit met ‘n meer komplekse probleem: Hierdie ou sit met landerye. Die tipe wat nie reën kry nie. As jy landerye het is jy basically fucked vir ‘n lang tydperk, want sou dit tog reën, sal daar net weer mielies opkom. Groot geel gruwelike mielies. Fok!

Skewe sirkel. Nou sit hy weer met mielies. Gevolglik het hierdie ou ‘n gabba nodig om hom so bietjie wakker te bliksem. So ‘n gabba staan bekend as ‘n stroper. Hierdie ou beter sterker wees as die ou met die landerye anders sit hy met die gebakte mielies en almal wat al ‘n bord gebakte mielies geëet het weet dat dit slegter is as draties kap met facial scrub. Daar is op die oomblik baie min stropers oor in wêreld. Zimbabwe het byvoorbeeld deesdae minder stropers as die Noordelike streek van Lapland Suid-Wes.

Charles Manson, Prins Charles, Marilyn Manson, Prince en Marylin Monroe is seker van die bekendste voorbeelde van mense wat met moerse morge onbewerkte droeë landerye gesit het. Tot dit begin reën het. Hulle kon nie voorbly met die stropers nie en toe strike die die kak die fan: hulle moes begin silo’s bou. Nou kyk ou maat, as jy iemand ken wat silo’s het is daar nie hoop vir hom of jou nie. Mense wat mielies in silo’s opgaar het seriously ‘n kakhuis vol mielies. ‘n Groep van hulle kan ‘n Mielieraad stig en dan sit mens met die tiep van probleem wat homself in Waco, Texas afgespeel het. Sulke mense is uiters suicidal en downright fokken gevaarlik vir enige oningeligte persoon. Vermy ten alle koste kontak met so ‘n suurgat. Mielies is hoogs oordraagbaar en kan noodlottige gevolge inhou. Trust my, jy wil nie mieliemeel wees nie.

Voorsorg is beter as nadors. Daar is so ‘n paar goed waarvoor jy kan ligloop: Chicks het gewoonlik een keer per maand ‘n mieliefees vir ongeveer vyf dae lank. Ongelukkig is daar nooit ‘n spesifieke datum nie en jy word gewoonlik onkant gevang. Dit gebeur regoor die hele fokken wêreld, feitlik elke sekonde van die dag. Aan die ander kant werk dit ook so dat wanneer dit jou chick is en sy nie mieliefees hou nie, jy dalk met silo’s kan opeindig. (Boerdery is wreed). Wees versigtig as iemand jou nooi vir ‘n fliek en popcorn. Popcorn is net ‘n masker waaragter ligte uitkaksessies verskuil word.

As jy vermoed dat jy dalk ‘n mielie of twee aan jou dra, het ek net een voorkomende maatreël: Sluit jouself in ‘n donker kamer toe sonder water vir ten minste ‘n week lank. Mielies like van sonlig en water. Jy sal sien dat jy beter voel na ‘n week. Jy sal sien.

later ouens, ek moet loop plant en die mielie malie maantuig wag…

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment

Groot Broer loer koek Deel een: Die reine waarheid.

Groot Broer loer koek
Deel een: Die reine waarheid.

grifFin



Een huis naby Jo’burg, 12 mense, ‘n paar hoenders en net een kakhuis. Dis mos nou tradisioneel en eg Suid-Afrikaans. Voor iemand nou weer uitfreak (dit was mos nou onlangs diskriminasieweek of iets), is ons besig te praat oor die sogenaamde BigBrother. Ek sê “sogenaamde” omdat Suid-Afrikaners maar oor die algemeen heavy fokken gullible is. Party mense glo mos nie dat dit regtig is nie. Ander dink nou weer dat daar ‘n script is. As daar ‘n script was, steek hulle dit of fokken goed weg of almal loop rond met olifantbrains. Word wakker. Die hele storie is net so on-geoefen soos jou zaber.

Pasop dat dit jou nie intrek nie. TV is amper net so misleidend en gevaarlik soos die watkykjy? websaait. Jy wil nie met rooi oë by die werk aankom omdat jy heel aand sit en draties kap en wag vir ‘n shower scene nie. Die regte tye vir die shower scenes is tussen 8 en 10 in die oggend (wanneer jy by die werk sit en al die kak lees wat ons skryf) en tussen 9:30 en 12 in die aand (wanneer jy in elk geval sit en draties kap). Vir die bietjie meer sieker van gees is ons jammer: Die bra’s kak in privaatheid.

Dis nog lekker in die huis, maar die ouens gaan afkak oor so week of twee. Daar gaan heavy tension wees, maar die mense mag mekaar nie bliksem nie. Groot Broer sê so. Henceforth dan ‘n paar hoogsgeheime feite oor die sogenaamde “BigBrother” (moet dit asseblief nie versprei nie, die Scorpions soek al lankal na ons en volgens ‘n betroubare informant word Bradford hierdie week uitgestem om ons op te spoor en dood te maak).

‘n Paar feite wat die koerante van die (breë) publiek probeer weerhou:

  • Die BigBrother kontrak is eintlik by ons gesteel.
  • Ons het nog net R45 miljoen nodig gehad om die huis met sy 26 kameras te bou.
  • Finansiering sou verkry word van die Danville Metropool Se Raad Van Baardvervaardigers.
  • Die huis was veronderstel om Pretoria Wes opgerig te word naby die Daspoort tonnel.
  • Ons sou ook drie varke ingegooi het en twee skape om die gras te sny.
  • Die hele storie sou met Beta cameras werk omdat dit meer koste effektief is (om nie eers van die tegnologiese voordele te praat nie).
  • Deelnemers sou nie uit die breë publiek kom nie, want breë mense is nie mooi nie.
  • Deelnemers sou gekies word uit plekke soos Teazers en ander plekke waar hulle teen hulle wil sou ontvoer word indien hulle nie uit vrye wil sou saamwerk nie.
  • Mansdeelnemers betaal om deel te neem nadat die chicks bekend gemaak word.
  • Mense mag mekaar donner in die huis – its funnier that way.
  • Daar is ekstra sensitiewe mikrofone in die toilet omdat navorsing wys dat toilethumor snaakser is as byvoorbeeld Felicia en 7de Laan.
  • Die wenner kry ‘n Ford Granada met mags en kokkelolwol.
  • Kos word voorsien deur Fernando’s en Cheers – mainly Blou train en bunnychow. (Sien vorige uitgawe vir resep)
  • Die show se regte naam is eintlik “Watkykjy” – Ons het papiere van die Hoogs Regs hof om dit te staaf.

Nou dat jy die regte feite het kan jy maar met jou gewete probeer saamleef en die sogenaamde “BigBrother” op M-Net of DSTV uitcheck of die regte website besoek by www.grootbroer.kom.

Dit was lekker om julle te ken.

PS: Onthou om vir Bradford uit te stem (julle staan darem nog die kans vir ‘n shower scene met die chick).

Bel 082-2820000. Doen dit fokken nou!

Groot Broer se moer.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment