Category Archives: Snotstories

Bloed, snot en tande – ‘n sportberig deur Eencap

Die bloed gaan loop en die hoere gaan huil Saterdagaand wanneer IBF, WBO en IBO kampioen Wladimir Klitschko en WBA champ David ‘the david_hayeHaymaker’  Haye in die kryt klim om mekaar te bliksem tot die al die groot wêreld swaargewigtitels net een eienaar het. Die twee yskaste met handskoene tune mekaar nou al vir maande kak so dit is nou hoogtyd dat hulle hulle geld neersit en die ding uitsort.

Altwee die boksers het baie impressive rekords maar Klitschko se 55 wins (49 KO’s), 3 losses en 0 draws gaan dalk net bietjie te veel wees vir Hay met  25 wins (23 KO’s), 1 loss en 0 draws. Haye veg ook nou maar eers vir net oor die 3 jaar in die swaargewig afdeling


Actually is een van die enigste drie mense wat al vir Klitschko uitgeslaan het Pretoria se eie Corrie Saunders wat hom in 2003 in die 2de rondte uitgeslaan het om die WBO title huistoe te bring. In sy guns het David Haye daarin geslaag om in 2009 vir Nikolai Valuev ‘the Beast from the East’ (gaan check bietjie die monster op google uit) oor 12 rondtes op punte te klop wat die pom wel bietjie streetcred gee.

Wladimir en sy ouer broer is altwee vegters en hulle het beide Phd grade in Sport Science. Ouboet Vitali is ook huidiglik die WBC swaargewig kampioen. Altwee die Klitscko-broers vra nou al lank vir ‘n kans om vir Haye te moer en uiteindelik is dit kleinboet se kans.

wladimir-klitschkoDie geveg sal Saterdagaand om 20:30 op SS7 en SSHD1 uitgesaai word en ek sal aanraai dat niemand dit mis nie. Ek stel voor dat julle van vroegmiddag dubbel rum en brannas met coke begin drink om in die regte mindset te kom vir die appels swaai bonanza. Die rum sal jou laat vloek soos ‘n matroos en almal weet wat maak die karatewater. Moet nou net nie mekaar begin bliksem sodat julle in die hospitaal opeindig waar daar nie DSTV is en die fight mis nie. Spaar die aggressie vir die Droppas bouncers na die tyd. Hulle verdien dit baie meer as jou tjommies. Die twee vegters is lus vir mekaar so dit is baie onwaarskynlik dat dit vir 12 rondtes sal aangaan so jy en jou pellies sal nog steeds betyds wees om easy Droppas roadkill by Joost se garage te gaan optel vir ‘n dronk score na die fight.

Volgens die meeste bookies is Klitschko die groot gunsteling as iemand dalk ‘n paar velle op die fight wil sit maar ek is nie bereid om ‘n call te maak nie. Een ding is verseker:  sit jou mouth guard in want dit gaan ‘n moerse fight wees…

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 13 Comments

Greenpeace is koolkoppe

En nou, die nuus gelees deur 'n hoogdrawende kont met 'n stok dwars in sy hol:

Greenpeace, die hippie movement wat hulleself dikwels aan bome, bulldozers, bote en bedreigde dierspesies se piele vasketting, het vanoggend 5 toneskom steenkool reg voor Eskom se kantore se main entrance gaan neerdonner by Megawatt Park. Hulle kon actually manage om een van die entrances te blok.

Die hippies probeer protest teen een van die grootste coal-fired power plants wat nog gebou gaan word. Hulle reken “Instead of locking South Africa into a dirty energy future by investing in Kusile, Eskom should be investing in people and green jobs”. Ek neem aan hulle kantore in Melville hardloop op windkrag, solar power en weerlig, want as jy in so 'n tipe movement is moet jy 'n voorbeeld stel deur te lei. Jy kan byvoorbeeld nie tune jy is 'n vegetarian en dan gemarineerde kuduholle skelm eet en daarna jou goose op 'n leeuvel voor 'n kaggel vol geel stinkhout zaber nie.

greenpeace1Ons verstaan julle punt, hippies. Seriosuly, outjies. Niemand van ons wil hê dat Suid-Afrika soos Witbank moet lyk oor 40 jaar nie, nie eers die mense in Witbank self nie, maar fok my luglangs – julle volg die verkeerde roete, kêrels. Al ooit gehoor van PowerPoint presentations? Meetings? Selfone? So fokken lame soos wat dit is, kan dit meer uitrig. In plaas daarvan om met die mense van ESKOM (wat toegegee pateties is) of die Governtment (pateties-in-sy-fuck-you-kwadraat) in gesprek te tree het julle nou 'n klomp mense die poes in gemaak.

greanpeace2Ons praat nie van die ESKOM/regering konte nie. Hulle maak almal behalwe hulleself daagliks die poes in. Ons praat van die gewone man op straat. Julle het 5 ton steenkool gaan dump en 'n ingang geblok. Julle het die steenkool nie in 'n Toyota Prius se boot aangery nie. Julle het drie dumpster trucks gebruik. Daai goed hardloop op diesel of petrol en nie unicorn semen of 'n virgin se trane nie. Een of ander arme doos moes agter julle dumpsters iewers in traffic sit, so meer petrol is uit ge-idle. Julle het tien teen een die traffic in Maxwell Drive opgefok en meer mense het gesit petrol en diesel uit-idle. Dalk het frusteerde motoriste vir mekaar begin zaps kap of poesklappe uitgedeel. Heel moontlik was 'n klomp mense laat vir werk ook. Wag, dis actually fine, want Maandag is die grootste poes naas Hitler, so dankie vir daai een, miksien… O ja, en daai 5 ton steenkool gaan nie opstaan en fokof soos daai Lazarus-mummie dude in die bybel nie. Die kak moet opgeruim en weggery word met masjiene wat diesel en petrol suip en iewers op 'n straat ander voertuie in traffic moet join. Weer.

As julle iets konstruktiefs wil doen, gaan ketting julleself vas aan ons korrupte regeringsamptenare en spring van daai Steve Irwin boot af in die see in.

Ons kan doen met minder fokken suurstofdiewe…

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 35 Comments

Vrees Fokol – Hoofstuk 4: ‘n Afrikaanse ongeluk

"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3



Hoofstuk 4 – 'n Afrikaanse ongeluk

“Ons kap die N12 by Soweto, dan fok ons straight Kimberley toe.”

Jackie Sieberhagen vroetel met die tape-deck wat onder sy sitplek lê. Hy het daarvan vergeet voordat hulle uit Vanderbijlpark vertrek het en probeer vrees fokol4dit sedertdien uitvis – sonder sukses. Hy het nog kwalik vir die snelweg, waarop hulle hul reeds bevind, gekyk en meestal, soos ‘n vlermuis, staatgemaak op geluide om sy rigting te vind – in hierdie geval die geluid van toeters. Die gilgeluid van ‘n niksvermoedende voetganger het om egter ontwyk en Jackie Sieberhagen sal binnekort gesoek word vir strafbare manslag.

“Aha!” roep hy en haal die tape-deck uit. Sy jolyt met die vind van genoemde tape-deck is egter van só ‘n aard dat hy die N12-afrit geheel en al mis. Jackie Sieberhagen kom sy fout eers agter nadat hy reeds die tape-deck in die gepaste gat geplaas het.

“Hoekom het julle my nie fokken gesê van die offramp nie!” skreeu hy op sy passasiers terwyl die klanke van Bles Bridges se ‘Gee haar ‘n roos’ deur die Honda sypel.

Sy passasiers – Tyler, Danny en Oscar – het tot op hierdie punt bloot met die vrees van God in hul oë voor hulle uitgestaar en aan enigiets wat uitgesteek het vasgeklou – handvatsels aan die dak, die cubby-hole, enigiets. Oscar, wat langs Danny op die agtersitplek sit, het selfs in ‘n skrikbeweging ‘n deurhandvatsel gegryp en halfpad uitgeval, maar Danny het hom aan die geel Croc beetgekry en weer by die motor ingetrek.

Met die aanhoor van die lied proes al drie egter gelyktydig. Die geproes ontaard vinnig in ‘n geskater.

Jackie Sieberhagen se nek word rooi. “Dis my ma se fokken tape, okay.” Hy kners op sy tande. “My pa het dit vir haar gesing met sy Yamaha-electric toe hy nog gelewe het.”

LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 4 HIER

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 1 Comment

Moenie dat jaloesie jou opfok nie

Ingestuur deur Werner

Dit is raar maar waar, nee eintlik lieg ek, dit is waar. Dit is ‘n verskynsel by elke verhouding wat nie ontwikkel nie, maar van die begin van tyd daar is. Dit is ‘n vreemde gevoel, onbeheerbaar, onbeskryflik en onverstaanbaar. Ek praat van jaloesie, die groen apie wat op jou skouer sit en kak gooi na die een wat in jou slaai krap.

Die kenners sê dat as jy jou ander halfte vertrou dat dit nie ‘n probleem sal wees nie, kak man dit is daar of jy nou hulle vertrou of nie. Dit hang seker van jou persoonlikheid af hoe gou jy jaloers raak of tot watter uiterste jy jaloers raak. In my opinie is jaloesie niks major nie, ek raak nie so vining jaloers  dat ek my leatherman (all purpose, everyday tool wat in enige situasie gebruik kan word) uitruk en die naai wat met my slaai praat se fokken tand uittrek met die handy tang funksie nie. Nee man ek beheer nie haar lewe nie (sy dalk myne) so ek gaan nie onnodiglik ‘n knieg in die eiers vat omdat ek maybe ongeskik was met die dronk kont wat my meisie try opchat nie.

Fine so ek sal dalk admit dat die kenners reg is, as jy genoeg vertroue in die meisie het weet jy sy sal nie op sy disco stick spring en skandes maak in die middle van Hatfield Square nie. Maar jy moet ook ‘n bietjie dink, niemand, tensy jy in die voortuin van jou Daspoort huis kuier nie, sal ‘n ander ou voor jou seks in ‘n publieke plek nie. Meisies is slim, hulle sal wag tot jy huistoe gaan.

So wat nou? Jy gaan dan altyd jou meisie doubt, jy gaan altyd jouself doubt. As sy op jou verneuk moet dit nie persoonlik opvat nie, vat jou fokken balls skuif dit reg gaan bliksem die ou en los jou meisie. Jirre as jy dalk net nie so slapgat was nie sou sy dalk nie op jou cheat nie. Ja dit is meestal die droëdrol outjies wat se meisies op hulle cheat. As ek nou vir jou advies kan gee, koop ‘n nuwe onderbroek, sit van daai Dr. Rampala se piel room op jou gesig en gaan verras jou meisie.

Ek is self nie ‘n expert oor verhoudings nie, maar tenminste weet ek die basics. Jy is ‘n ou so speel net dom, sy sal pissed raak en jou of sê wat jy nie reg doen nie of jou net los. Indien sy jou los, spring in met jou testosteroon en maak daai shit reg. Ek sê nou nie jy moet haar vasdruk en jou ding in haar oordruk nie.

So ek vra mooi, beheer jouself as jy jaloers raak, moet haar nie verbied om met ander ouens te praat nie, dit is die gouste manier wat jy alleen op jou gat gaan sit… In die tronk… Met fake rape charges… So asseblief moederfokker DINK!!!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | 11 Comments