Dit het als begin toe Facebook nou die dag suggest dat ek ‘n fan word van “Die ou Suid-Afrika”, kort nadat hulle voorstel ek reconnect met iemand wat elke dag langs my by die werk sit. Gods.
Maar regtig Facebook, die ou Suid-Afrika? Are you being fucking serious? Want sien, daar’s ‘n fan page vir die ou Suid-Afrika op Facebook en hy’t toe al op about 30,000 mense gestaan. As logo het die page die ou Suid-Afrikaanse vlag, daai pragtige old-school design met die mitiese Boererepublieke se vlae tussen oranje, blanje blou. Wat anders?
Die ou Suid-Afrika. Daai fokken aaklige tyd voor ’94 wat bles Afrikaner omies in tos suits die land probeer run het, die poes tyd toe wit laities moes kak in die army vir fokkol, toe ons in skole moes bangwees vir kak soos kleefmyne eerder as score by Engelse meisies, toe fokken niemand oorsee iets met ons uit te waai wou hê nie. What’s not to like?
Interessant van die stuk hondkak page is dat heelwat van die “fans” in hulle prille jeug is. Boetman was nog nie eers ‘n steuring in Pa se prostaat destyds nie, maar hy skiem die ou Suid-Afrika is net die piel vir Sannie – maar blanke Sannie hoor, nie die ene wat die kinders oppas nie. Dis Sanna.
Ja-nee, ons wil teruggaan in tyd na waarskuwings oor die fokken allervreeslike Rooi Gevaar, die fokken Kommuniste wat al ons brood uit die winkels gaan vat en die Christelike geloof gaan drop-kick oor die Limpopo. Na waarskuwings oor die nog erger Swart Gevaar, die “swartes” wat niks so baie like as om wittes in ‘n pot te kook nie. Onthou jy necklaces? Jip, ou Suid-Afrika se waaib tjom. Sit hom aan.
Obviously onderskat meeste mense die thrill daarvan om in ‘n polisiestaat te bly. Dit is obviously opwindend om swaargelaaide Caspirs op die suburbs strate te sien, niks maak die hart so warm soos die dowwe knal van ‘n traangas pellet nie, en pragfoto’s van die Rooivalk en Buffel wat op pad is om (swart) terr’s te gaan opblaas in Angola gee alle volwasse (wit) mans horings.
(Natuurlik het die ou Facebook fan page se galery ook heelwat petrette van die Rooivalk en ander militêre wapentuie. Goue herinneringe van ‘n mooi tyd…)
Ek suspect baie van die mense is nie so erg fans van die ou Suid-Afrika as wat hulle net nie fans van swart mense is nie. Plein en simpel, kom ons noem ‘n poes ‘n poes hierso. Hulle verkies om ‘n ekstra enamel bord en gechipte koppie onder die sink te hou vir die ‘staff’. Watwou swart president?
Als was mos beter toe die wittes die land regeer het. Mos. Ons kon nie Kodak kamera’s koop of aan die Tri-Nations deelneem of op ‘n plaaspad ry of ekonomies groei of enige so iets nie, maar fok, wat is progress anyway? Over-rated mos. Kom ons kruip eerder terug agter ons R4 gewere en PW se dreigende wysvinger en die Rooivalk (altyd die Rooivalk). Kom ons trek die ou Suid-Afrika duvet oor ons koppe dan kan die wêreld (en die swartes) nie meer lelik wees met ons nie.
(Nota aan self – besigheidsidee: Produseer en verkoop duvets wat lyk soos die vlag van ou Suid-Afrika. Verkoop by AWB vergaderings, op ou Suid-Afrika Facebook fan page, expat websites en Dis-Chem apteke in wit suburbs.)
Net voor ek gaan, ‘n newsflash vir die fans van die ou Suid-Afrika, daai poestyd in ons geskiedenis wat sommige historici vergelyk met gebeurtenisse in facisme en nazisme (Nice! International recognition). Die ou Suid-Afrika is exactly dit. Oud. Klaar. Verby. Finish. Fin. Dis tyd om op te staan, jou boude af te vee en die ketting te trek. Hy kom nie terug nie. Nooit nie. Fokken vergeet dit, beweeg aan. Dis 2010. Kom by.
Ek sê nie die huidige Suid-Afrika is eksie perfeksie nie. No ways china. Ons het nou ‘n spul ander kak wat verkeerd gaan. Misdaad, Zuma, Malema, VIGS, Eskom, die Lions, Dirk Prinsloo, Nicholis Louw – maar dis ‘n fuckload beter as die ou Suid-Afrika. Geniet hom.
Jy’s ‘n doos as jy wil teruggaan na ‘n tyd waar ‘n paar wittes wil baasspeel oor die res. ‘n Onrealistiese doos. ‘n Fan van die ou Suid-Afrika. Ek stel voor jy koop ‘n one-way ticket to Orania en kry vir jou ‘n bier op pad uit. ‘n Yskoue Zama-Lek quart want dis kak warm daar. O ja, en mail my vir ‘n duvet.








Jags, ek soek erg graag so CD, anders kry julle met Betty Bitter pis te make!!!
Guns n fahcking Roses, met ou rooi jackals Axel! Meantime is ons kak bang die naai cancel! Slat die tent op, die fokker is so pers jy kan hom van space af sommer ook sien. Die moffie dinosaur verras ons, met sy vier slaapkamers, leef area en voorportaal, sweet! SMS die big screen: Kom drink n ou teetjie by die Pers Tent. Donker… vat 'n slukkie …donker …wat ruik so na kak? Strobe light, epileptic fit, vat 'n sluk, bass drum word hard gepoes. My crack sweet, cymbal word gebliksem, al die ligte gat aan op een slag. O doos! Kyk ek die regte kant toe? Fokken alles gebeur gelyk en ek weet nie waar om te kyk nie, dis so fokken mooi ek pik n traan en flash my tiete (met kak timing toe die ligte af was) en toes die kak los!
Axel skiet uit met "Loaded like a freight train" oooo jasses hulle gooi vir Naaaaaaaait train!!!!!!
polkadot nommer, laat hom vry met Trompie vernuf. Ann maak dit tot op die stage, en toe trap Axel ha in ha poes. Te dronk vir tent afslaan, klim op die Night train, raak wakker in Ealing faking Broadway. My bed staan in Epping.





Egoli skop die Garden World blompot.. (Uiteindelik)
As jy gister na graft verby die dopshop gery het, het jy seker 'n celebratory knertsie gaan aanskaf – 'n bier, 'n Ricky Le Roux,
vonkelwyn of selfs 'n fokken panty dropper as jy moes. Solank jy net gisteraand half sewe 'n glasie geklink het, want Egoli se laaste episode was op Mnet uitgepomp. Fok ja!
Maar moenie te vrolik raak nie, daar is 'n Egoli movie in die pyplyn …