Category Archives: Snotstories

Alles Afrikaans – so sinvol soos cup holders op ‘n roller coaster

Ons doen gewoonlik nie hierdie ding nie, maar die ouens by Pressto het nogal 'n moerse raak beskrywing van die tos toestand van Afrikaans popmusiek, so ons syndicate met graagte hierdie post.

Web page: http://www.pressto.co.za
Twitter: https://twitter.com/zapressto


Deur Grobbies

Iemand tune nou die dag op Facebook hoe piele dit moet wees om vir werk musiek te moet luister. Dit klink natuurlik asof jy die hele dag soos ’n wafferse hipster met jou iPod in boetiek-koffiewinkels rondlê, omring met die olfaktoriese suggestie van vanielje en koffiebone, terwyl die klanke van die gode in jou ore stroom en sulke warm skêre jou skouers masseer en jou voete met rooswater was. Raaaait. Dit laat my dink aan daai meme-postertjies oor wat mense dink jy doen vs. wat jy régtig doen. Want ek sit nie tans met ’n latté en tuur uit oor die Kaapse hawe nie. Nee. Ek sit agter my rekenaar en luister “Alles Afrikaans: Die Wêreld se Grootste Treffers in Jou Taal”.

Basies het dié waterkoppies besluit dis sommer ’n kiefpiele idee om ’n spul onlangse Engelse radiotreffers na Afrikaans te vertaal en “kunstenaars” soos ene Veronique, Zahn, Mariechan (?) en…wait for it…Thiart Li te kry om dié stoelgangtreffers vir ewig op CD vas te lê. Dis eintlik so half ’n futiele oefening, want die meeste “treffers” in Afrikaans is in élk geval vertalings van Duitse en Vlaamse popliedjies, of, by gebrek daaraan, enigiets wat gewild is onder geestesversteurdes in Oos-Oesbekistan.

Nommer een is “Ek moet jou hê” (“Need you now” van Lady Antebellum) en hier piep Veronique en kreun Christaan Kritzinger lirieke wat klink asof dit deur Google Translate vertaal is. Nee jirre, man.

Maar wag, Veronique is nog lank nie klaar met jou nie: “Soms wil ek jou klap deur jou gesig…maar als sal suig sonder jou”, basuin sy in “Net Liefde” (“True Love” van P!nk). Die oorspronklike “You’re an asshole” wat P!nk sonder skroom of ironie kon besig, word ’n fatsoenlike “Jy’s ’n skurk” in die allermooiste Moedertaal.

En daarna volg nóg 15 soortgelyke treffertjies wat gaan verseker dat jou sielkundige vir ten minste die volgende drie jaar dik zak uit jou mediese fonds gaan pocket. “Hoogtepunte” sluit in “Bly” (“Dit voel asof ek ’n koors het” – jip, dit doen), “Vir ’n kuier” (“Get lucky” van Daft Punk) en my allergunsteling, “Laat haar gaan” (“Let her go” van Passenger), waarop ene Johan Fourie met ’n bewerige hoërskoolstemmetjie stommiteite kwytraak soos “dalk eendag sal jy ook verstaan waarom alles wat jy raak, moet vergaan”. Nice, nè? Haha. Nee. Norrefok.

Die hele konsep van Alles Afrikaans is omtrent so sinvol soos cup holders op ’n roller coaster. Maar nou ja, ons weet mos smaak verskil: daar is goeie smaak, en dan is daar swak smaak. Maar dit smaak my al die mense met swak smaak, is dié wat die meeste geld maak. En dit, liewe maats, is die hele probleem.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Skakels, kak musiek | 5 Comments

Ramfest 2014: Metal, modder, marabse en monstergees!

Ons het glad nie verwag dat Watkykjy-Suid hulle Ramfest report sou uitrkry voor Watkykjy HQ nie. In die Kaap is dinge heelwat stadiger as hierbo, maar ons haal ons hoed af vir Chopper en sy bende. Hierbo was dinge rof gewees, nie dat ons verskonings maak nie…
0000_Other_DSC_7448_1
Soos met Oppikoppi het Ramfest in een van daai musiekmonsters verander oor die jare en dis vir seker nie 'n entry in jou dagboek om ooit weer te mis nie. Jy sal wel bands mis hier en daar. Soos met drank, is daar 'n oorvloed musiek om in te neem. En dis kakhard. Ek is gewoonlik eerste om vir almal te preek en wenke te gee oor hoe om jouself aan die lewe to hou by plekke soos Koppi en Ramfest, maar soms oortree ekself die basics en 'n hele stel nuwe planne, wenke en reëls word opgetrek.
0000_Other_DSC_8078_1
Ons crew het byvoorbeeld eers by 'n hardware shop gestop op pad na Ramfest en gum boots en reënjasse gekoop. Sulke vieslike geel Paddington Poes reënjas. Sure, ek het soos 'n oversized pielkop met geelsug gelyk, maar jirre maats, daai kak outfit het my gered die Vrydagaand. Sommige revellers se plakkies het kniediep in die modder verdwyn en ander marabse het face plants in die modder gemaak. Die confidence van die pielkopreënjas en bootse het my natuurlik laat dink dat ek sommer dronk kan rondstrompel en oor fokol hoef te worry nie. Dis eers na die laaste band die aand gejol en ek myself in die Kreef Hotel bevind het waar ek agtergekom het dat al die biere deur die dag begin optel het vir 'n groot damage score. Toe probeer ek hulle stemme stilmaak met tjoklit-chilli tequila. Big mistake. Vir almal rondom my. Ek vra dus om verskoning aan al die mense wat ek blykbaar groen gespraypaint het in die bar. Ek is is 'n fokken doos. Ook aan big H en sy goose wat tot 2am moes wag sodat die groen verf waarmee ek myself ook beetgekry het kon droogwoord voordat ons terug huis toe is. Dis mos lekker as jyself nie hoef te bestuur nie. Lekker fokken gerieflik. Ook maar goed so, want dis fokken stupid om dronk te bestuur. Agt laities het hulle (of pappa of mamma) se karre gerol op daai modderige grondpad in Bronkies. Jy moet of fokken stupid, dronk lisensieloos of al drie wees om dit af te pull. Genuine, pik fokken by, my ou!

Saterdag het moerse broos begin. Daai tipe vibe waar jy opstaan en soos fokken Shrek lyk, melk uit die yskas haal vir jou hangover (WTF?), dit in die honde se bakke uitgooi (WTF?) en dan besluit om 'n blik Ideal Milk uit te drink (dubbel WTF?). Not so ideal. Kots alles uit en dit ruik soos shampoo wat jou natuurlik met die vraag los: Wanneer het ek shampoo gedrink? Dit het egter alles in perspektief gesit, gesorg vir so bietjie innerlike monoloog en die gevolgtrekking was om Saterdag NET EEN drink te drink. OK, twee, wat versrpei was oor 8 ure. *stoot bors trots uit*
Ramfest-28
En toe kom die memories terug: Die Vuvuvultures se unapologetic energie op stage, ISO wat 'n groot crowd magnet was, chicks en laities wat hulle kak verloor op Foals en Biffy Clyro (Biffy was befok verby gewees – Skotland mag maar), Pestroy wat hulle laaste gig gejol en vir Bronkies 'n nuwe poepol geskeur het en Black Cat Bones (altyd 'n konstante vir 'n goeie fokken harde party by enige show). 'n Groot persoonlike favourite – en hier het ek myself surprise – was Agro gewees. Die local metalhaeds wat al van die 90s af deurdruk met hulle dik sound. Ek sweer hulle word in headbang credits betaal wat hulle iewers na die tyd vir teddiebeertjies kon uitruil. Ons het ook backstage in Trivium en Killswitch Engage vasgeloop vir interviews. Die manne van Trivium was 'n bietjie meer ernstig (beide op en van die stage af) maar het die crowd solid ge-rock. Dis min dan mens Indiërs voor teen die barriers hulle koppe sien verloor op metal, 'an all.
0205_Trivium_DSC_7656_1
'n Spesiale blykie van waardering moet egter uitgaan aan Killswitch Engage, die marabse van metal, skiem ek. As mens Voortrekker badges kon uitgee vir grootste marabs, sou dit aan hulle guitarist en back-up vocalist, Adam gegee word. Die bra is so fokken mal soos 'n haas op stage en as hy metalscore uit 10 uit moes kry, sal dit hoogstens 2 wees. Lekker in shorts op stage met 'n bandanna, 'n knee guard en die fokken weirdste moves wat mens nie eers onder cock rock sou kon file nie. Hy was fantasties. Fantasties spasties. Soos die Ingilsman sou tune "What a fun bunch of guys". Dit is weereens bewys toe hulle ons Maandag na die harde naweek gejoin het vir 'n moerse braai in Wolmer. Epic se fokken ma.
killswitch braai
Check gerus ons RAMfest highlights package uit. Die tune is In Due Time deur Killswitch Engage. Hy poes lekker hard. En as jy hom klaar gekokkenodge het, check die Watkykjy foto stream uit deur Henry Engelbrecht en Ingrid Swart onderaan.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in ramfest | Tagged , , , | Leave a comment

Dis donners grof in die stof: RAMfest 2014 innie Kaap

RAMfest 2014 was fokken rof en ek praat nie onnodig groot hier nie. Kyk die ram is mos maar 'n duiwelsdier en oor die algemeen fokken bedonnerd soos min. Maar vir twee dae het ons daai mal swart ram hard en aanhoudend gery. Bloots ook. Tot hy ons stukkend, bloeiend en skreeuend terug in die werkweek ingegooi het.

(Blykbaar staan die RAM in RAMFest eintlik vir the Real Alternative Music Festival, so jy het hier te doen met die grofgeskut van musiek china. Rock en metal en harde electronika. En jy moet hard partytjie hou… party… party… party. Ek dink dis 'n reël of iets, al kon ek dit nie in die press release raaklees nie.)
MAINSTAGE
Hierdie jaar was RAMfest innie Kaap op 'n fokken beautiful plaas genaamd Elandskloof naby Villiersdorp, 125 km uit Slaapstad uit. Groen gras, bome oral (lees: koelte) en water net waar jy kyk. 'n Pragtig-idilliese omgewing. Dus net reg om na verskriklike musiek poeshard te luister en baie kak aan te jaag.

Ek en die boys van die 666 crew het weer 'n ding fucked-up geKreef hierdie jaar en dit was dik gees daar, soos altyd. Riverfront property, brekkie in die oggend, fokken lekker mense – die werke pappie! Behalwe vir die beste afterparties, was daar ook kak mal kar partytjies in die parking lot met Slayer en K.O.B.U.S. op die draadloos, en die GTi is sommer vir lekker gerev in die rooi (wenk: dit bring nie girls to the yard nie). Wat Kyk Jy? het weer naam gemaak, dis vir seker.

Net so duskant die Kreef was die Metal Braai, waar ons net 'n rukkie moet stilstaan op pad verhoog toe, ouens. Kyk 'metal' en 'braai' is twee van my favourite goed in die wêreld, maar nie as hy so gedoen word nie.
METAL-BRAAI
A nee a. Die metal is gepomp uit 'n Pentium II PC computer met Noag se geel keyboard op 'n VW Fox se bonnet en die braais was twee klein konkas wat partykeer selfs gelight was. Hulle het darem eenkeer Judas Priest se 'Painkiller' dooshard gejol wat klein bietjie opgemaak het. Klein bietjie.

Baie van my tyd is egter verwyl tussen die Red Heart en Monster stages, asook die Santa Anna Mexican kosstalletjie waar ons saam met bra Piet vark gerook het. True story.
PIET
RAMfest het hierdjie jaar hulle mees diverse stel artists nog bymekaargemaak en die line-up het 50 local en 5 international acts ingesluit waaronder Biffy Clyro, Foals, Trivium, Killswitch Engage en Camo and Krooked.

Met vier stages, 'n spul bars, 'n killer crew en die potensiaal om in dosyne ander pelle en kennisse vas te strompel (letterlik) was dit egter onmoontlik om by al die acts uit te kom. Nie 'n slegte probleem om te hê nie, want dit was pretty much die heeltyd speeltyd met 'n fokken awesome soundtrack wherever jy gaan.

(Behalwe die Metal Braai. Dit was net… Nee.)

Local bands wat my mateloos impress het was Conduit met hulle intense en decadently mesmerising metal (al was dit in die middag), De Wallen met hulle klipharde old school rock en tonne gees, The Very Wicked met 'n melodiese maar donker versnit van psych rock, die Black Cat Bones (beslis die hart en siel van SA rock) en dan PH Fat (surprising vir my, right?) wat al wat wakker is aan die dans gekry het.
BCB-1
Van die internationals was die metal manne meer my vibe, alhoewel Biffy Clyro 'n incredible live band is. Trivium het 'n tight-as-fuck set gespeel van hulle beste tracks (lees: ons het geheadbang soos die Hoenderman) terwyl Killswitch Engage weer impress het met hulle stage performance en onblusbare energie. Jy kan sê hulle het dit horings gegee. Ha. Ha. Ha. Anyway…
TRIVIUM-7
Toe die reën liggies uitsak Sondagoggend was dit so asof God self besluit het dat daar nou genoeg gesondig is vir een naweek op hierdie pragtige stukkie aarde. Leepoog kom ons freaks uit ons tente gekruip en hoor met gedempte stemme of iemand nog sleutels het dat ons asseblief kan huis toe gaan. Asseblief man. Dis nou genoeg.

Ons praat min in die kar, luister laid-back tunes en probeer ons oë op die pad hou. Alles is seer, alles pyn en ons weet die stort by die huis gaan ons nie binne skoonwas nie. Maar dis okay. Die crazy stories en mal herinneringe is net genoeg om ons te hou tot volgende jaar…

Once.

Disclaimer: Ek het nie gedink die comedy was snaaks nie en ek het ook nie by die Olmeca electronic stage uitgehang nie, alhoewel ek verstaan die birds daar was poeshot. Nota vir volgende keer…

Fotos deur The Image Engineer:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in ramfest, reviews | 3 Comments

Die hel van Helsinki

Deur Dratie de Weerdt

Wie sit die HEL terug in Helsinki? Wel, twee slick rappers van Johannesburg en die een fokker is nie eers meer met ons nie.

Huyser Burger (van Battery9) is al meer as twee jaar terug begrawe, maar nóú het daar een van sy video’s soos ‘n doosastrante ou Boerespook op Youtube kom gesigwys. Jy check, min mense weet van ou Huys se side-project, Helsinki (nie uitgespreek soos die Finse hoofstad nie, maar eerder ‘helseuntjie’).

Hierdie nuwe-ou tune se naam is Black Mampatile, en trust ons nou maar as ons vir jou sê jy gaan solidly in jou broek kak as jy dit uitcheck. Of dit mag dalk sommer net maak dat jy sulke eerie hoendervleis kry tot op jou tjommie – eksperimenteer maar self en moet ons asseblief nié laat weet wat was die resultaat nie!

Jy deal hierso met ‘n poescool post mortem, ‘n donker voice uit die graf en ‘n gróót motherfucker wat nie kak gevat het van rympies gooi nie. Fok Jack Parow en fok Die Antwoord. Check hierdie mal fokken kont uit:

Dit is van die mainste local hip-hop wat jy ooit sal sien en dit maak dit nogal moerse jammer hierdie kite het nooit gevlieg nie.

Poesfokkenjammer…

Maar raait, só het Helsinki gebeur:
Huyser het so paar jaar terug moerse rondgehang by ‘n blok flats naby Wespark begraafplaas, net buitekant Melville in Jozie, omdat van sy tjommies daar gebly het (nie daai hoendervleis tjommie van netnou nie – vrinne). Só ontmoet hy toe vir Pateletso William: ‘n hekwag maar ook ‘n man wat ‘n solo-rap onder die naam Papa Monate. Die twee het mekaar instantly gevind en opgehook met Arnaud van Vliet (die ou  wat al kitaar gejol het vir Battery9, Diesel Whores, Radio Lava en Arno Carstens).

Arrie skryf toe die beats, Huys rap in Afrikaans en Pato’s rap in Tswana – ‘n kombinasie wat só uniek is dat dit sommer oombliklik skrik vir absoluut fokôl. Die beats is mal en eksperimenteel. Die lirieke is so bliksemswil windgat soos Huyser self en ‘n ou word nogal vir ‘n ses geslaan oor presies hóé Tswana en Afrikaans met mekaar kan jêl. Klankgewys is daar moerse baie ooreenkomste tussen die twee. Luister gerus mooi!
Kort voor lank skryf Helsinki, sonder dat hulle eers lank saam was, hulle eerste tune genaamd DNA en dít beland toe sommer op MK ook. Die teddiebeer wat so vinnig rondbuzz, vinniger as daai binnepoespienk battery-haas met die simbale, trek nogals die aandag:

Daar is glo nog heelwat meer van Helsinki se tunes wat nog nie almal van ons se ore bereik het nie. Kom ons hoop maar dit vergaan nie in die eindelose fokôl in nie. Dit sal mos nou net kakhartseer wees!

O, en in case jy gewonder het wat die ander Battery9 ouens deesdae aanvang – check gerus Die Menere uit. Paul Riekert (B9 se vocalist) en André van Rensburg (‘n voormalige B9-kitaarslaner) het ‘n lekker depro downcore country vibe aan die gang. ‘n Akoestiese duo wat dalk net-net kan maak dat jy deur jou eie polsies vreet. Hulle het ook al ‘n tune op die interwebs uitgegooi. Oor manne wat braai. Die laaste braai op Rooijakkalsdraai. Dis nostalgies, uitgechill en sommer net poesmooi:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Kief musiek | 2 Comments