Steri Stumpie , die ouens wat die Wedding DJ's (Chopper & SuperDeluxe 3000) se magies mooi line voor elke gig, het vir Watkykjy 'n moerse lang liefdesbrief geskryf en toe sommer vir ons 'n supreza in die pos gedrop:
Hulle timing kon nie beter wees nie. Chopper gaan bietjie by griff kom speel allie pad uit die Kaap uit vir so paar dae. Die maats sal 'n oormat Klippies Premium geniet en vir die derde agtereenvolgende maand in 'n ry dit weer nie regkry om 'n zef podkak podcast te looi nie. Gelukkig sal ons hierdie outjies kan klap vir die babelassies. Hulle het ook 'n klomp stickers en badges in die hampertjies gepak sodat ons die breinaktiwiteite tot op at least kleutervlak kan restore word na die suipsessie. Ek sal kan deal met kleutervlak. Hopelik kan mens ballas krap – ek kan nie so ver terug onthou nie.
O ja, die Wedding DJs gaan ook saam met Die Antwoord toer in SA in Junie. Ons sal julle nader aan die tyd al die details gee. Miskien so paar tickets ook weggee as julle al julle groente eet en agter die ore was.
(thanks vir die melkies, ouens. Gooi volgende keer sommer brannas ook in die pos)







Solidariteit bied aan: ‘n tranetrekker fotoverhaal
Kyk maats, mens kry kak ads op TV, radio en de interwebs en meer as dikwels gaan die boodskap verlore. En soms probeer adverteerders te hard met die booskap en baiekeer werk dit. Hier is vir julle 'n voorbeeld van iets wat nie werk nie…
Ek weet nie wie met die copy vir hierdie ad vir Solidariteit opgekom het nie, maar een ding is verseker – daar was nie baie oortyd gewerk aan hierdie campaign nie.
Check die chick in die fotoverhaal hieronder wat kamtig oortyd werk. Hier kom so paar fails in waar Solidariteit hulle boodskap wil oordra. Maybe sien jy nog meer raak. Ek gaan net 'n paar uitwys, want ek wil nie oortyd hieraan werk nie. Die mees obvious fail is dat die ding omtrent ses jaar te lank is, maar jy moet maar deur dit scroll. It cannot be unseen. Trek die waslappie en die bleach nader vir jou ogies solank…
Ek kan nie wag dat hulle hierdie in 'n TV ad omskep nie.
(shot, Gerhard)