ja.fm
Stempaal
Loading ...Kom-petisies
PARTY! PARTY!
WKJ SuperBru team
-
Die week se top 10
Afdelings
WKJ op jou Garmin
Ouer Koeie
-
Onlangs op WKJ
- Free tunes: Feed The Wolf / Thys Nywerheid
- Laasweek se zefspotters
- Sondag. Skêre met skietgoed.
- Press release: Guma lus om Kings te sponsor
- Rugby exclusive: Kings word geskraap vir groot zak!
- Dis naweek, kom ons fokken duik!
- Soek jy ‘n goeie selfoon deal?
- Rebels pis my nogsteeds af. Sport met Kaptein Kortbroek.
-
Watkykertjies Tune
- Dirk Diggler Diktros on Press release: Guma lus om Kings te sponsor
- # 1 Pisscat on Laasweek se zefspotters
- Dirk Diggler Diktros on Free tunes: Feed The Wolf / Thys Nywerheid
- Dirk Diggler Diktros on Steve Hofmeyr loop deur onder Wikipedia
- vet530d on Sondag. Skêre met skietgoed.
- Annemie on Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou
-
-




Oppikoppi: Willie Smit skud ons fondamente deur ons ornamente
Dit was aand en dit was more en toe is dit op ons – Oppikoppi se April jol op die plaas naby Northam. Sak daar mos 'n lot Urbaanse skifgatte uit vir 'n event wat menige volwassene laat huil het. Met plesier, that is.
Met plesier.
En hoekom presies dit so donners lekker was weet ek self nie. Miskien was dit die DJs se blistering sets wat almal begeester het, maybe die fokken lekker vibe wat oral rondgeloop het en gesê het "Dis OK, ek voel ook so", maybe die bands wat almal ornamente laat tuit het of maybe die feit dat dit Naasfees is met Paas Botha.
Wie weet?
Wat ek wel kan berig is dat die tunes gerule het. Brixton Moord & Roof was sharp, Jack Hammer gemaklik soos 'n lekker paar jeans, Four Ounce Freedom was lekker kwaai en BOO! was net wonderlik en oulik en al daai lekker goed. Dis die wat ek onthou.
Daar's ook heelwat gedrink, ek dink byvoorbeeld die meeste Jagermeister in die heelal ooit, want daar was nie meer stock nie. Tequila het vrylik gevloei op stadiums asook 'n kakhuis vol Savanna en so meer. Dankie vir die bra wat die drankies gesponsor het met die Wat Kyk Jy? militante vleuel reunion.
Baie gaaf.
Die oranje tent (tank parachute) was 'n lekker addition alhoewel dit meeste van die tyd so donners warm was dat mense verspreid tussen bome gelê en kak praat het. Vele ou gesigte is weer raakgedrink in die legendariese klein bar en nog meer simple topics is aangedurf te midde van alkohol-geïnspireerde verbeeldings.
Verder is daar gechill, geswem, geskree, gelag, gestap, gekruip, gekots, genaai, gekoop, gekak, geval, gerol, gery, gestap en sommer baie gesels, Carike. Sommer baie.
Dankie Edwill.
Is dit nie snaaks hoe mens een aand vrolik en strompelend teen 'n berg afbliksem en dan weer nugter voor 'n skerm moet sit en maak of jy werk nie?