Category Archives: oppikoppi

Special Watkykjy Oppikoppi podcast

Sommer vinnige 'n special Oppikoppi podcast aanmekaar gesit. Griff interview Nicol van Oppikoppi vir so paar tips. Ons praat ook met Riaan Cruywagen. Wel, soortvan. Die recording is bietjie kort, maar daar is min tyd oor. Ons fokof oor 2 dae Northam toe.

Shot vir die ouens van Red Stag / Jim Beam  wat sorg vir die sakgeld by Oppikoppi hierdie jaar. Die zak kom fokken handig in, aangesien die beursie plat en leeg is.

Watkykjy Oppikoppi podcast special

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

O ja, voor ons vergeet, Sum41 jol ook by Oppikoppi die jaar en ons sal hulle vir julle interview. As ons nie te veel fles gevat het en dit mis nie. Hulle maak mens lus om sommer vandag al te duik…

 

Lyrics vir Oppikoppi Unkown Brother – Hierdie Jaar (wenner van die Oppikoppi kaartjie)

Ek weet ek kort 'n werk en ek kort 'n salaris, ek is unemployed maar as hierdie liedjie klaar is, dan is ek maybe nader aan wat ek so graag wil he.

Ek soek ook 'n kar en dalk ook 'n meisie, ek kort 'n fokken lewe en die liedjie kort 'n wysie maar meer as alles kort ek nou daai koppi droom van my.

Whoah bietjie met daai wereld vrede, ek bid eers zef gebede, asse-fokken-blieftog vote vir my dat ek die kans kan kry…

Om saam te gaan hierdie keer, want ek was nog nooit by oppikoppi gewees nie.
En stuur my saam hierdie jaar, want ek was nog nooit by daardie fees gewees nie, Miskien sien ek jou daar…

Die tickets op WatKykJy is my laaste hoop, ek sal my kinders Griffin en Chopper doop, en selfs van my organe op die swartmark gaan verkoop.

Vir my longe en my lewer sal ek fokol kry, want drank en sigatette hou te veel van my en jy sal stem dis super kak om by die huis te bly.

Kom bietjie met daai wens masjien dat, ek dalk daai koppi kan sien en, asse-fokken-blieftog WatKykJy sal julle vote vir my…

Om saam te gaan hierdie keer, want ek was nog nooit by oppikoppi gewees nie.
So stuur my saam hierdie jaar, want ek was nog nooit by daardie fees gewees nie, Miskien sien ek jou daar, hierdie jaar…

online flyer opikopie


Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Pot Kak Podcasts | 7 Comments

Wen tickets na Oppikoppi, Unknown Brother: 5-7 Aug

Oppikoppi is al ge-vote as een van die 10 beste festivals op planeet aarde (ons fokken sweer) en oor so 2 weke slat Koppi hulle 17de jaar. Dit betekenoppikoppi7 vir party ouens dat die kind of tweeling wat jy verwek het by daai los goose in jou tent by die eerste festival nog so jaar sal moet wag voor hy/sy/hulle mag drink of kar bestuur.

Ons hoef jou nie te probeer oortuig om saam te kom party nie, want jy was al moontlik in 'n soortgelyke gesprek betrokke:

Vriend/kennis: "Wat? Was jy nog nooit by Oppikoppi nie?!"
Jy: "Nee"
Vriend/kennis: "Fok, jy weet nie wat jy mis nie. Jy moet at least eenkeer in jou lewe Oppikoppi toe gaan. Moenie 'n doos wees nie. Kom net fokken saam"

Ons kan wel vir jou die feite gee:

(3 dae x 24 ure x 80+ bands x 15 000+ tjommies x Organised Chaos) 5 stages = OppiKoppi

Behalwe vir die feite kan ons vir jou nog 'n solid doen – complimentary tickets vir Koppi is skaarser as Julius Malema apologies, maar omdat hulle ons tjommies is, kan ons julle uithelp.

Oppikoppi het vir ons een stel dubbelkaartjies gegee om op Watkykjy weg te gee aan een gelukkige donner. Jy kan jouself en jou nuwe beste vriend festival toe vat as jy wen. Dis meer as R1000 se freebies, so jy kan die zak wat jy op kaartjies sou spend nou op drank en pannekoeke gaan blaas.

Hier is wat jy moet doen om te probeer wen:

Instructions:

1. Maak 'n video (van nie langer as 2 minute lank nie) waarin jy Oppikoppi op 'n kreatiewe manier oortuig dat jy die tickets na die festival moet wen. Gaan slaan die woord "oortuig" na in die woordeboek. Dis nogal 'n belangrike woord in hierdie konteks.
2. Laai jou video op Youtube en gee dit 'n naam in die volgende spesifieke format: "Oppikoppi Unknown Brother – Jou video se titel"
3. Mail vir ons die link na jou YouTube video toe sodat ons dit op Watkykjy kan embed.

Tips:

1. As jy nie weet hoe Youtube of die interwebs werk nie, is hierdie kompetisie ongelukkig nie vir jou beskore nie. Dit moet moeilik wees om jy te wees.
2. Gebruik 'n tjommie of 'n paar tjommies om jou te help om jou video next level te maak.
3. Leen 'n kamera en iemand se interwebs en skills as jy moet.
4. Gee aandag aan video en sound quality sover jy kan. 'n Video wat se orientation gefok is gaan mense net nekpyn gee. As jy praat asof jy souterige ballas in jou mond het, gaan niemand kan hoor wat jy fokken sê nie.
5. Dink aan iets kreatief – jy kan jou eie musiek maak, 'n klein music video of whatever, 'n fokken aap-suit aantrek. Net wat jy wil. Onthou dat jou video 'n motivering is vir Oppikoppi om vir jou tickets te gee.
6. Hou dit relevant. As jy 'n storie vertel oor 'n skoen wat jy gevang het in die Vaaldam en glad by die Oppikoppi tema bly nie is jou vibe obviously heeltemal fokken uit.

Reëls:

1. Lees die fokken instructions, tips en reëls.
2. Die kreatiefste video volgens Oppikoppi se judges sal die kaartjies wen.
3. Jy mag net een inskrwying submit, so moet dit nie opfok en na die tyd huil nie
4. Jou submission sal op Watkykjy verskyn en dit mag deur Oppikoppi gebruik word waar hulle dit goedvind.
5. Jou inskrywing moet ons bereik voor 13:00, Vrydag die 29ste Julie.
6. Oppikoppi se beoordelaars sal die wenners aan ons bekend maak in die daaropvolgende week.
7. Daar is een prys ter waarde van R1200 in die vorm van een stel dubbelkaartjies na die Oppikoppi Unknown Brother Festival wat van 5-7 Augustus plaasvind. Jy moet self tot in Northam kom. Ons gaan nie vir jou 'n vliegkaartjie, 'n Hummer en halfkaal bitches gee nie. Ons gaan ook nie jou kaartjies omruil vir cash, pluimvee of kopkoue nie. Die wenner sal sy en sy tjommie se ID nommers aan Oppikoppi gee vir verification. Dit, in 'n nutshell, is wat non-transferable beteken as jy al ooit gewonder het.
8. Ons gaan nie correspondence entertain van mense af sover dit die kompetisie aanbetref nie. Hier is genoeg info om jou te help om in te skryf. As jy nie verstaan wat om te doen nie, gee jy mense wat wel verstaan 'n beter kans om te wen. So skei mens die kaf van die koring. Die lewe is fokken hard, deal with it.
9. Lees die fokken instructions, tips en reels.
10. Die beoordelaars se besluit is final. Soos die dood.

Hier is 'n volledige line-up van die festival wat jy kan uitprint en hier is die volledige lys van al die acts met links na hulle sites of Facebook pages toe wat jy by Unknown Brother kan speck:

 

Zakes Bantwini
Wrestlerish
World Wrestling PHederation And East Rand Wrestling club
Who Killed Johannes Kerkorrel? (MK Bushveld Cinema)
Voëlvry (MK Bushveld Cinema)
Vinny Da VinciOppikoppi 1
Van der Want/Letcher
Twelv & Thesis
Tumi and the Volume
Tommy Gun
Thibo Tazz
The Wedding DJ's
The Lise Chris Bandoppikoppi2
The La Els
The December Streets
Shannon Hope
Sedge Warbler
Roger Ballen Photographic exhibition
Roger Ballen – Memento Mori (MK Bushveld Cinema)
Riku Latti
Richard The Thirdoppikoppi3
Red Huxley
Purple Sneaker Party
Punk in Africa (MK Bushveld Cinema)
Porselynkas (MK Bushveld Cinema)
Planet Joyoppikoppi5
Oros in 'n Lang Glas
Only When it Rains
Mysterion
Moe Joe
Max Hoba
Liveroppikoppi6
Leighton Moody
Laurie Levine
LARK (electro set)
Kid Fonque
Joint Nation
Johnny en die Maaiers (MK Bushveld Cinema)
James Phillips: Famous for not being famous (MK Bushveld Cinema)
Isochronous
Hyphen
Hot Water
Haggis and Bong and Pipe Bong
Goodluck
Gary Herselman (the legendary Kerels frontman)
Fokofpolisiekar "Forgive them for they know not what they do” (MK Bushveld Cinema)
Famaz Attack
Ef-Eloppikoppi8
DJ Skeelo
DJ Low
DJ ID & Raiko
Deep Sixtyoppikoppi9
David Kramer (feat Jack Parow, Francois v Coke, Laudo Liebenberg and more)
Dance, You're on Fire
Card on Spokes
Binary
Bellville Rock City (MK Bushveld Cinema)
B Team
Ashishi & Greg
Albert Frost & Rob Nagel
Afrikaaps (MK Bushveld Cinema)
2nd Guess'd
 
Check jou by Oppikoppi!
Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kompetisie | 9 Comments

Koppi Quotes

Hier is vir julle so paar one-liners wat so paar mense hierdie jaar by Oppikoppi gehoor het en vir ons ingestuur het. Ons tjommie, Ingrid het ook 'n spul kief fotos ge-snap wat julle hier kan uitcheck. Ons sal later 'n video of twee ook plak. Ons moet net die kamera's laat droog word in die son en check of hulle nog werk.

Pick-up line – "Ek weet jys nie n microwave nie, maar kan ek hom insit vir twee minute?"

Dag na Koppi by die werk – "Ek is by die werk gese ek is die 8ste wonder van die wereld. Slapkak wat regop loop… understatement"

Dronk chick wat voor haar tent sit en meisies tune wat verbyloop – "Julle jong girls moenie dronk raak en unprotected sex met vreemde ouens hê nie – weet jy hoe fokken lyk jou gwhar na jy 'n baba gehad het?!"

Dieselfde chick, wat vir laities wie se broeke halfmas hang en verbyloop wedgies gee – "Fok!! kyk hoe lyk jy – kom hier!! Trek op jou fokken broek broek! En bring vir mamma nog acid!!"

Pick-up line "Wil jy naai? Nee? Nou hoekom bring jy jou poes saam?"

Gehoor by die bar – "Cut off your nose to enhance your face"

Gese vir twee blekerige, donkerkop hipster chicks wat op klippe tussen bome op die opdraende sit oppad na die Klein Bar – "Het jy al Twilight gekyk?"

Gesing saam met Heuwels Fantasties se "Pille vir Kersfees" – "Whaaaack soek piele vir Tertius!"

In die storte – "Ag jissis, ek het het alles behalwe seep saamgebring" Ander ou loer oor die muur: "Daar is Dove op die muur agter jou" Eerste ou: "Dis vol pubes. Ek sal dit maar af was"

Gehoor in die bandcamp area – "Daar kort 'n nuwe band. Pierre van Heuwels saam met 'n klomp dwergies op stage, maar regte dwergies. Die Dwergies Fantasties."

Vir nog dinge wat gehoor is by Oppikoppi, gaan check Channel24 uit. Daar is so paar corkers. Of las jou eies by as jy daar was.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in oppikoppi | 13 Comments

Oppikoppi knak ons.

Ons is nog besig om te huil en stadig vorentoe en agtertoe te wieg terwyl ons die kniee vashou. As jy in die meantime so paar lekker kiekies het van die naweek by Oppikoppi of so paar lekker one-liners, het lob dit oor na ons kant toe.

Ons sal seker so stadigaan probeer om 'n gallery of iets aanmekaar te sit, maar dis maar moelik met die snot en die bloed wat heeltyd oor die keyboard spuit.

OK, ons moet nou eers weer wegstrompel. En verder gaan huil.

Huuuuuuh! Snork-snork!

*ruk-skouer-pisgril*

huilerig

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in oppikoppi | 11 Comments