Smaak my dit reen vandag omtrent oor die hele Suid-Afrika. Hieso is vir julle ‘n lekker tune: November Rain van Guns ‘n Roses. Ek het maar net Slash se solo hieso gegooi wat die jirre weet daai tune is fokken lank en meeste van julle sit seker met end-of-the-month Salty Cracks bandwidth. Ek dink die tune het hier in 1991 of 1992 se kant uitgekom. Onthou jy hom nog? Ja man, jy het nog lekker rondgekrap in jou meisie se panty op daai arries toer. Knopies losgemaak en kleertjies op en af geskuiwe. Ook maar lekker fokken gerieflik gewees ne? Daai hele song is amper blerrie tien minute lank.
(In ‘n Jan Spies stem): Dit was mos meer as genoeg tyd gewees om daai boekie behoorlik te blaai.







Vote vir Albert Frost. Dadelik.
en gaan vote vir ons tjommie Albert Frost. Ons het nie tyd om te verduidelik nie. Hy kort 25 votes om te wen en jyself kan ook ‘n kakhuis vol pryse wen. Moenie nog hier sit en ballas bak nie. Gaan fokken vote!