Category Archives: Koorlog

Koorlog: Bloedskande vs Mc Spike vs Monique

Ons hou die speech kort hierdie week: "I don't care what color you are, so long as you go up there and kill those Kraut sons of bitches"

Kies jou wenner. Dis tyd vir koorlog! Ons gooi sommer 'n threesome.

Bloedskande – Joburg Terug

Spike Mc – Hier's Ek Weer

Monique – Jy't my gehad by hello

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Koorlog | 12 Comments

Koorlog! Andre van Wyngaardt vs Flaming Lips

Julle is laat, manskappe. Daar is nie tyd om te verspeel nie. Die wapens is onder die Hi-Ace se seats weggesteek en die hand grenades is in die cubbyhole. Verdeel dit mooi tussen julleselwers.

En nou vir jou inspirasie:

"Ons is verheug dat ons nou die feite sonder 'n sluier van valse voorwendsels kan kokkenodge en sodoende kan veg vir die uiteindelike vrede van die wêreld en vir die bevryding van sy mense (eienaars van bal-en-klou sitkamerstelle uitgesluit). Jy kom na my toe met stokke en swaarde. Jy beter fokken harldoop, pappie. Dis 2013. Die bybel het gebel, hulle soek hulle stokke en swaarde terug."

Dis tyd vir Koorlog. Kies jou team, en kies oordeelkundig.

koorlog

Andre van Wyngaardt – 24/7

Flaming Lips – Yoshimi Battles The Pink Robots Part 1

Kyk, ons weet vandag se videos is totally onregverdig. Andre Van Wyngaardt het lyrics saam met sy video, so dis net fair dat ons vir julle Flaming Lips se guitar chorsd gee om die song by die huis te jol (dis kaklekker en maklik)

Jy tune hom standard en gebruik hierdie chords:

yoshimi-se-chords

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Koorlog | 38 Comments

Koorlog! Basson Laubscher & The Violent Free Peace vs Penkoppe

Dit was in die dae van die krimpie se voorouers, die sneeudier se jeug, soet en paslik om te sterf vir jou land. In moderne oorlog is daar fokol soet of paslik. Jy sal sterf soos 'n straatbrak vir geen rede nie. Jy sal nie eers tyd kry om jou eie ballas te lek nie – Ernest Hemingway.

Kies waar jou aliansie lê en kry jou kettie en jou kleilat (met sy bruinbeer projektiele) uit. Dis tyd vir Koorlog!

koorlog

Basson Laubscher & The Violent Free

Penkoppe

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Koorlog | 9 Comments

Koorlog! HemelBesem vs Mwah!

Mirrag seuns en dogters, ons het nie tyd om doekies om te draai nie. Die Filistyne staan alweer reg met hulle boombokste vol kak musiek. Welkom by die miershoop. Alwyn, stuur die zol in die rondte sodat almal 'n trek kan kry voor ons aapkak gaan. Fransie, het die voorlaaiers biskruit in? Dis tyd vir Koorlog!

koorlog

Jou inspirational speech vir vandag se battle: "Mag die lighter van jou zol asook jou heerlikheid gesien word en die donder van jou approach gehoor word van Boksburg tot Danville. Julle is die wrekers van edele bloed!"

Chaaarge! (en kies watter tune vandag se koorlog wen)

HemelBesem – Hoe Salla

Mwah! – Harte Breek

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Koorlog | 23 Comments