Dis ons tweede kompetisie vir hierdie befokte Vrydag en daar is later vandag nog een. Ons sal dan ook sommer begin hints gooi van 'n befokte kompetisie wat ons volgende week gaan gooi. Dik fokken pryse!
Maar nou eers vir hierdie enetjie: Vanaand 19:00 skop daar 'n moerse gig af in Joburg (Mary Fitzgerald Square in Newtown om meer presies te wees): Bloc Party is in Suid-Afrika en Die Antwoord gaan ook die stage betree en sal tien teen een goed soos "naai" en "fok" skree.
Ons gee TWEE stelle double tickets weg na hierdie jol toe en die waarde daarvan is R530 times two. Dis R1060 se mahala tickets!
Ons stuur ook 'n under cover Watkykjy agent met 'n kamera na die vibe toe, so as jy jouself in jou fuck-you in gaan drink, gaan jou ass moontlik volgende week op Watkykjy wees. Wyd kyk, ou pellie.
Om die tickets te wen moet jy op Twitter (@watkykjy) mooi daarvoor vra en die hash tag #123BlocMyself gebruik. Ons sal twee wenners kies met die beste Tweets. Vir hierdie enetjie het jy net kans tot 11 uur vanoggend. Die wenners se tickets sal ge-scan word en vir hulle ge-mail word voor lunchtyd.
PS: Ninja het in 'n bak verf gepoes, toe ry Dr Zeus bo-oor hom:







Score The Gaslight Anthem se nuwe CD! Ons gee 3 weg!
As jy nog nie familiar is met The Gaslight Anthem nie, gaan lees gerus hierdie review oor hulle nuwe album, Handwritten.
Ons gee vandag drie copies van hierdie album weg, maar kom ons praat gou eers bietjie oor volgende week se poesgroot kompetisie en gepaardgaande pryse:
Wees Maandag op jou hoede. Wees paraat. Kyk wyd, want ons gaan 'n next level kompetisie afskop en daar gaan tien pryse wees om te wen. Fokken tien, my blaar! Watkykjy in samewerking met Zefhop.com en Interwebsradio.com gaan hierdie outjie Maandag afskop en die wenners sal teen volgende Donderdag weet wie hulle is. Die tweede tot tiende pryse se trek seker hier by die R6k rond in totaal. Ongelukkig weet ons nie wat die eerste prys werd is nie, want die Red Hot Chili Peppers se gigs in Suid-Afrika is uitverkoop en ons gee 'n double ticket weg vir die Joburg show, so wie weet regtig wat die waarde is van twee sulke fokken kak skaars tickets? Ons is poesgaaf. Maar meer daaroor volgende week. Kom ons konsentreer eers op vandag se derde en laaste kompetisie:
Ons gee copies van Gaslight Anthem se Handwritten album weg aan drie gelukkige Watkykertjies. Hier is wat jy moet doen om dit te wen:
1. Skryf "Watkykjy?" op 'n stuk papier of karton.
2. Skryf "Gaslight Anthem" onder dit op dieselfde papier of karton.
3. Hou die papier oor jou boude.
4. Poep terwyl jy jou eie anthem sing en 'n lighter vashou.
5. Neem 'n foto.
6. Mail die foto na griffin-at- watkykjy- dot- co-dot -za
Obviously sal ons nooit weet of jy regtig gepoep en gesing het nie, want dis 'n fokken foto, maar jy sal in jou hart weet dat jy die regte ding gedoen het. Jy hoef ook nie kaalgat te wees nie, maar ons sal nie frons vir kaalgatte nie.
Ons sal die drie beste of snaakste foto's kies, op Watkykjy gooi en jou CD pos. Die kompetisie sluit volgende Woensdag teen 17:00.
May the best ass win…
Hier is American Slang, een van hulle tunes van hulle vorige album met dieselfde naam. Fokken lekker tune!