Category Archives: kompetisie

So you fink you can rap? Vote, bitch!

Die zef rap track kompetisie se inskrwyings is overs ke-dovers. Gelukkig hoef ons nie vir Die Antwoord of Jack Parow te vra om vir ons die drie finaliste te kies nie, want ons het net drie entries gekry. Julle kan sommer straight vir die ouens gaan vote op die stempaal hier regs op die site se navigation panel. Elkeen van hullle het rofweg 'n 33% kans om al hierdie kak te wen

Dis hoe kakmaklik dit is om stuff op Watkykjy te wen. Onthou dat jy omtrent net 'n week het om tickets na Oppikoppi te wen.

Luister na die drie tracks en gaan gooi jou vote. Die meeste votes teen duiktyd volgende Vrydag vat die groot vis huistoe:

Kokkerot se track

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

marabs rapper kont

Diesel se track

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Dirk se track

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in kompetisie | 16 Comments

Wen tickets na Oppikoppi, Unknown Brother: 5-7 Aug

Oppikoppi is al ge-vote as een van die 10 beste festivals op planeet aarde (ons fokken sweer) en oor so 2 weke slat Koppi hulle 17de jaar. Dit betekenoppikoppi7 vir party ouens dat die kind of tweeling wat jy verwek het by daai los goose in jou tent by die eerste festival nog so jaar sal moet wag voor hy/sy/hulle mag drink of kar bestuur.

Ons hoef jou nie te probeer oortuig om saam te kom party nie, want jy was al moontlik in 'n soortgelyke gesprek betrokke:

Vriend/kennis: "Wat? Was jy nog nooit by Oppikoppi nie?!"
Jy: "Nee"
Vriend/kennis: "Fok, jy weet nie wat jy mis nie. Jy moet at least eenkeer in jou lewe Oppikoppi toe gaan. Moenie 'n doos wees nie. Kom net fokken saam"

Ons kan wel vir jou die feite gee:

(3 dae x 24 ure x 80+ bands x 15 000+ tjommies x Organised Chaos) 5 stages = OppiKoppi

Behalwe vir die feite kan ons vir jou nog 'n solid doen – complimentary tickets vir Koppi is skaarser as Julius Malema apologies, maar omdat hulle ons tjommies is, kan ons julle uithelp.

Oppikoppi het vir ons een stel dubbelkaartjies gegee om op Watkykjy weg te gee aan een gelukkige donner. Jy kan jouself en jou nuwe beste vriend festival toe vat as jy wen. Dis meer as R1000 se freebies, so jy kan die zak wat jy op kaartjies sou spend nou op drank en pannekoeke gaan blaas.

Hier is wat jy moet doen om te probeer wen:

Instructions:

1. Maak 'n video (van nie langer as 2 minute lank nie) waarin jy Oppikoppi op 'n kreatiewe manier oortuig dat jy die tickets na die festival moet wen. Gaan slaan die woord "oortuig" na in die woordeboek. Dis nogal 'n belangrike woord in hierdie konteks.
2. Laai jou video op Youtube en gee dit 'n naam in die volgende spesifieke format: "Oppikoppi Unknown Brother – Jou video se titel"
3. Mail vir ons die link na jou YouTube video toe sodat ons dit op Watkykjy kan embed.

Tips:

1. As jy nie weet hoe Youtube of die interwebs werk nie, is hierdie kompetisie ongelukkig nie vir jou beskore nie. Dit moet moeilik wees om jy te wees.
2. Gebruik 'n tjommie of 'n paar tjommies om jou te help om jou video next level te maak.
3. Leen 'n kamera en iemand se interwebs en skills as jy moet.
4. Gee aandag aan video en sound quality sover jy kan. 'n Video wat se orientation gefok is gaan mense net nekpyn gee. As jy praat asof jy souterige ballas in jou mond het, gaan niemand kan hoor wat jy fokken sê nie.
5. Dink aan iets kreatief – jy kan jou eie musiek maak, 'n klein music video of whatever, 'n fokken aap-suit aantrek. Net wat jy wil. Onthou dat jou video 'n motivering is vir Oppikoppi om vir jou tickets te gee.
6. Hou dit relevant. As jy 'n storie vertel oor 'n skoen wat jy gevang het in die Vaaldam en glad by die Oppikoppi tema bly nie is jou vibe obviously heeltemal fokken uit.

Reëls:

1. Lees die fokken instructions, tips en reëls.
2. Die kreatiefste video volgens Oppikoppi se judges sal die kaartjies wen.
3. Jy mag net een inskrwying submit, so moet dit nie opfok en na die tyd huil nie
4. Jou submission sal op Watkykjy verskyn en dit mag deur Oppikoppi gebruik word waar hulle dit goedvind.
5. Jou inskrywing moet ons bereik voor 13:00, Vrydag die 29ste Julie.
6. Oppikoppi se beoordelaars sal die wenners aan ons bekend maak in die daaropvolgende week.
7. Daar is een prys ter waarde van R1200 in die vorm van een stel dubbelkaartjies na die Oppikoppi Unknown Brother Festival wat van 5-7 Augustus plaasvind. Jy moet self tot in Northam kom. Ons gaan nie vir jou 'n vliegkaartjie, 'n Hummer en halfkaal bitches gee nie. Ons gaan ook nie jou kaartjies omruil vir cash, pluimvee of kopkoue nie. Die wenner sal sy en sy tjommie se ID nommers aan Oppikoppi gee vir verification. Dit, in 'n nutshell, is wat non-transferable beteken as jy al ooit gewonder het.
8. Ons gaan nie correspondence entertain van mense af sover dit die kompetisie aanbetref nie. Hier is genoeg info om jou te help om in te skryf. As jy nie verstaan wat om te doen nie, gee jy mense wat wel verstaan 'n beter kans om te wen. So skei mens die kaf van die koring. Die lewe is fokken hard, deal with it.
9. Lees die fokken instructions, tips en reels.
10. Die beoordelaars se besluit is final. Soos die dood.

Hier is 'n volledige line-up van die festival wat jy kan uitprint en hier is die volledige lys van al die acts met links na hulle sites of Facebook pages toe wat jy by Unknown Brother kan speck:

 

Zakes Bantwini
Wrestlerish
World Wrestling PHederation And East Rand Wrestling club
Who Killed Johannes Kerkorrel? (MK Bushveld Cinema)
Voëlvry (MK Bushveld Cinema)
Vinny Da VinciOppikoppi 1
Van der Want/Letcher
Twelv & Thesis
Tumi and the Volume
Tommy Gun
Thibo Tazz
The Wedding DJ's
The Lise Chris Bandoppikoppi2
The La Els
The December Streets
Shannon Hope
Sedge Warbler
Roger Ballen Photographic exhibition
Roger Ballen – Memento Mori (MK Bushveld Cinema)
Riku Latti
Richard The Thirdoppikoppi3
Red Huxley
Purple Sneaker Party
Punk in Africa (MK Bushveld Cinema)
Porselynkas (MK Bushveld Cinema)
Planet Joyoppikoppi5
Oros in 'n Lang Glas
Only When it Rains
Mysterion
Moe Joe
Max Hoba
Liveroppikoppi6
Leighton Moody
Laurie Levine
LARK (electro set)
Kid Fonque
Joint Nation
Johnny en die Maaiers (MK Bushveld Cinema)
James Phillips: Famous for not being famous (MK Bushveld Cinema)
Isochronous
Hyphen
Hot Water
Haggis and Bong and Pipe Bong
Goodluck
Gary Herselman (the legendary Kerels frontman)
Fokofpolisiekar "Forgive them for they know not what they do” (MK Bushveld Cinema)
Famaz Attack
Ef-Eloppikoppi8
DJ Skeelo
DJ Low
DJ ID & Raiko
Deep Sixtyoppikoppi9
David Kramer (feat Jack Parow, Francois v Coke, Laudo Liebenberg and more)
Dance, You're on Fire
Card on Spokes
Binary
Bellville Rock City (MK Bushveld Cinema)
B Team
Ashishi & Greg
Albert Frost & Rob Nagel
Afrikaaps (MK Bushveld Cinema)
2nd Guess'd
 
Check jou by Oppikoppi!
Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in oppikoppi | 9 Comments

Score tickets: Twee van Prime Circle se gigs!

Hou jou hoed vas, want jy moet nou mooi kophou. Ons gee klomp kak weg hierdie maand, lyk dit my.

Jy weet reeds van die Zef rapsong kompetisie waarin jy R2500 se Zefshop stuff kan wen soos shirts, caps, posters, boeke, stickers ensovoorts. Dit primesluit einde Julie en sover is dit 'n one-horse race. Ons kan al amper byvoorbaat geluk sė aan die enigste bra wat ingeskryf het.

Ons het nog 'n vinnige kompetisie vir Watkykertjies in Gauteng wat sal smaak om SAMA wenners, Prime Circle te gaan check. Dis 'n lekker Sondag piekniek en drink vibe.

Daar is twee gigs:

Pretoria Botanical Gardens – 17 Julie 2011 (dis hierdie Sondag)
Walter Sisulu Botanical Gardens in Johannesburg – 24 of Julie (dis volgende Sondag)

Ons gee 'n double ticket weg vir elkeen van die gigs, met ander woorde jy wen 'n kaartjie vir jou en 'n tjommie of 'n flossie om jou te join. Either in Pretoria of in Joburg.

Hier is al wat jy hoef te doen:

1) Spel die woorde "Prime Circle" in 'n kreatiewe manier uit, neem 'n foto daarvan en mail dit aan griffin – at – watkykjy dot co dot za. Jy kan dit met Jelly Tots, of hondekak uitpak, of whatever jy meeste van in jou huis het. Dui ook aan vir watter show jy kaartjies wil wen – Joburg of Pretoors.
2) Jy mag meer as eenkeer inskryf.
3) Kompetisie vir die Pretoria kaartjies sluit Vrydag, 15 Julie, 12:00.
4) Kompetisie vir die Joburg Kaartjies sluit Vrydag, 22 Julie, 12:00.
5) Mense van Witbank mag ook deelneem aan die kompetisie.

Om op te som: Die totale waarde van die prys is R400. (R100 per kaartjie) en ons gee twee dubbelkaartjies weg. Een dubbelkaartjie vir Joburg en een dubbelkaartjie vir Pretoria.

Hou hierdie space dop as jy moerse graag Oppikoppikaartjies ook wil score, want ons looi dit ook binnekort.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in WKJ gigs | 7 Comments

Wen tickets om World Cup Rugby in New Zealand te gaan kokkenodge!

Aandag almal wat rugby-befok is en 'n verniet trip na die overseas toe soek…

Check, jy kan tickets score om New Zealand toe gaan om die rugby daar te gaan check! Al wat jy hoef te doen is om 'n video te neem waar jy Shosholoza sing en dan te upload na Vodacom se site toe. Al die info is hier

Ons vertel julle maar daarvan in die meantime omdat ons weet dat die wenner heel moontlik een van julle zefgat Watkykertjies sal wees. Vir geriefliksheidsonthalwe het ons sommer vir julle Shosholoza se lyrics ook onder die video gegooi om jou aan die gang te kry. Kyk byvoorbeeld na hierdie bra se entry. Dis fokken mal:

Ons sal die entries wat Vodacom inkry hier op Watkykjy ook bietjie kom rotate soos hulle inkom, sodat julle bietjie julle gatte vir die marabse kan af lag. Hier is Shosholoza se lyrics.:

Shosholoza South Africa!

Shosholoza
Shosholoza
Ku lezontaba
Stimela siphum' eSouth Africa
Shosholoza
Shosholoza
Ku lezontaba
Stimela siphum' eSouth Africa
Wen' uyabaleka
Wen' uyabaleka
Ku lezontaba
Stimela siphum' eSouth Afrika!
Go Bokke!!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken zef videos | 5 Comments